top of page

God laat Homself vind

  • Stephan Joubert
  • Jul 30, 2020
  • 1 min read

In hierdie Goeie Nuus praat Stephan Joubert oor wat ons by Job kan leer oor pyn en lyding wat ons in Suid Afrika ervaar.
God laat Homself vind
“Die wreedaards het my pa doodgeskiet vir ’n selfoon.” “Daar was alweer ’n spul nuwe plaasmoorde.”

So klink grepe uit die hartseer stories wat daagliks in Suid Afrika afspeel.

“Wat help dit ons bid?”

vra baie.

“Ons moet nog meer bid,”

sê ander. Hoe gemaak? Die Bybel systap nie sulke pyn-vrae nie. Die boek Job is juis ’n lewensgrootte worsteling met lyding en met God se rol hierbinne. Nadat Job self al sy kinders aan die dood verloor het, saam met al sy aardse besittings, worstel hy om sin te maak van die lewe en van God. Dan ontdek Job vir God op ’n nuwe manier in sy lyding. Hy loop in God vas, nie in rasionele antwoorde nie. Of is dit andersom? God loop in Job vas! Job ontdek dan dat die Here hom nie afgeskryf het nie. Hy leer God ken as die Een wat sy liefde en almag ten toon stel in sy skepping. Hy is glad nie ’n manipulerende God wat eensydig al die toutjies trek nie. Hy boelie niemand tot geloof nie. Ook kry God nie mense graag terug deur hulle te laat ly nie. Die Here wys sy genadehart aan soekers en lydendes, sodat hulle uiteindelik in gevindes verander. God laat Homself altyd vind deur soekers.

Comentarios


bottom of page