top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Jou lewe maak ‘n verskil
“Terwyl ons nog tyd oor het, moet ons elke geleentheid benut om goed te doen aan almal wat op ons pad kom, maar veral aan ons broers en...
Elmarie van der Westhuizen
Oct 8


Dit wat jy weggee, maak jou lewe ryk
‘n Vriend deel onlangs ‘n onderhoud wat ‘n radiostasie met ‘n bekende Nigeriese sakeman gevoer het op Facebook. Hy is gevra wat hom die gelukkigste maak. Hy sê toe dat alles in sy jonger lewe oor geld en besittings gegaan het. Later het hy waardevolle dinge begin versamel. Toe het groot internasionale projekte gevolg. Niks van hierdie dinge het egter blywende geluk gebring nie. Maar toe nooi een van sy vriende hom om rolstoele aan verlamde kinders te gaan uitdeel. Hy vertel h
Stephan Joubert
Oct 3


Wees uitdelers in die Here se Naam, nie vatters nie!
Die Amerikaanse bio-etikus en skrywer, Stephen G. Post, vertel dat wanneer hy as kind verveeld was, het sy ma graag vir hom gesê: “Go do so something good for someone else.” Dan het hy oorgestap na die bure toe en gevra of hy iets vir hulle kan doen. Post sê sulke dade van goeddoen was later so deel van sy lewe dat dit spontaan gebeur het. Hy het geleer om heel eerste te vra wat kan hy doen vir ander mense, voordat hy enigiets van hulle wil hê.
Stephan Joubert
Sep 19


Nie net praat, praat nie - ook doen, doen
“All we ever do is talk, talk!”- het ’n bekende popgroep ’n paar jaar gelede gesing. Net so! Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos om te sit sonder om te loop. Of soos om rond te staan sonder om ooit iewers heen op pad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there - do something!” Te veel praat lei tot te min doen. In ons as gelowiges se lewe moet woorde gedurig in dade verander, in die régte soort dade. Ons dade en gedrag moet liefde-aang
Stephan Joubert
Aug 22


Kry ‘n gratis ete by my
Daar’s nie regtig iets soos ’n gratis ete, of “a free meal,” soos wat die Engelse dit noem nie. Die meeste van die tyd soek mense iets in ru
Stephan Joubert
Apr 28


Dit gaan oor die regte keuses én die regte dade
Dit is nie elke dag maklik om ander mense lief te hê nie, selfs nie eens die oulikes nie. Soms irriteer mense jou. Partykeer werk hulle op j
Stephan Joubert
Feb 22, 2024


Die liefde
Wanneer ek hierdie gedeelte in die Bybel lees, besef ek net hoe belangrik verhoudings vir ‘n gelowige mens moet wees. As ek na vandag se sam
Marietjie Joubert
Aug 8, 2023


Klein is groot
Klein is nou die nuwe groot in God se koninkryk. Ek besef dit opnuut, toe ek onlangs die Britse liedjieskrywer, Martyn Joseph, se woorde oor
Stephan Joubert
Mar 31, 2023


Mors jy jou tyd?
“Jy mors jou tyd!” sê iemand by ‘n kerk onlangs vir ‘n jongmens, wat ‘n jaar van sy lewe afstaan saam met ‘n jeugspan van ‘n groot kerk om i
Stephan Joubert
Mar 24, 2023


Doen partykeer niks nie
“Doen net iets!” Jy hoor dit gereeld. Om niks te doen nie, is vir baie mense sinoniem met lui wees. Of met die ontduiking van verantwoordelikhede. Nogtans is niksdoen partykeer die regte opsie. Partykeer moet jy eers die kat uit die boom kyk, voordat jy enigiets doen. Jou dade het dikwels onvoorsiene gevolge. Soms draai goedbedoelde dade sleg uit. Hoe lui daardie Engelse gesegde nou weer: “No good deed goes unpunished.”
Stephan Joubert
Mar 9, 2023


Nie reg nie
Ek het grootgeword met die ongeskrewe maar gevestigde idée dat net leraars en sendelinge voltyds geroep is om vir God te werk. Die res van o
Stephan Joubert
Jan 6, 2023


Aanwesig
‘n Geprivatiseerde godsdiens waar ek my geloof in isolasie van die daaglikse werklikhede bedryf, is gevaarlik. Kort voor lank laat dit my glo dat die ganse wêreld boos is en te alle koste vermy moet word. Dan sien ek God later maar net as ‘n afwesige Huiseienaar wat eintlik nog net opdaag vir Bybelstudies en eredienste by die kerk, maar wat nie omgee wat elke dag in die wêreld gebeur nie. Wel, feit is dat God sy wêreld met oorgawe liefhet. Elke mense op planeet aarde het ‘n e
Stephan Joubert
Dec 9, 2022


Almal doen dit
Jy ken die nuwe wagwoorde: “Almal doen dit; daarom kan ek ook.” “As niemand by stopstrate of verkeersligte stop nie, hoekom moet ek dit doen?” “As niemand hulle aan iemand anders steur nie, hoekom moet ek dit doen?” Hierdie vrae is die nuwe wagwoorde, die nuwe manier van leef vir te veel mense in ons land. Hoekom moet ek dit dan vandag oorweeg om heeltemal anders as “almal” te wees. Wel, omdat ek nie “almal” se slaaf is nie en ook omdat “almal” dikwels verkeerd is.
Stephan Joubert
Nov 25, 2022


Maandag ook
Terwyl die wêreld 27 triljoen SMS’e elke jaar rondstuur, 60% jongmense hulle verhoudings via selfone en Instagram bou en beoefen en rekenaarverkope in Suid-Afrika met meer as 12% per jaar groei, is ons iewers langs die pad besig om ‘n stukkie menswees in te boet. Ons eindelose beheptheid met nuwe tegnologiese speelgoed en ons gedurige behoefte om vermaak te word, veroorsaak dat ons, ons Godgegewe verstandelike vermoëns en ons dienbare verkwansel.
Stephan Joubert
Oct 21, 2022


Nie regrukkers nie maar oorvertellers
“Pa, jy preek my ore pap!” Jare gelede het my jongste een oggend na kerk dit kwytgeraak. Dit was nogal ’n waterskeidingopmerking. Toe ek na die tyd hieroor nadink, het ek besef dat ekself dit my voltydse besigheid gemaak het om ander mense uit te sorteer, reg te ruk, en te “fix.” Ek vermoed baie ander gelowiges doen dit ook. Ons is gedurig besig om vir ander te vertel wat fout in hulle lewe is. Of wat fout met Suid Afrika en met die res van die wêreld is. “Help dit ooit?” he
Stephan Joubert
Oct 10, 2022


Piesangs maak soms die verskil
Chris Seay, ‘n Amerikaanse leraarsvriend van my sit op ‘n keer in ‘n vliegtuig. Hy hoor hoe ‘n man agter hom vir die lugwaardin vra of hulle ‘n piesang vir sy kind het, maar hulle kon hom nie help nie. Chris het egter ‘n piesang in sy handbagasie gehad. Dadelik het hy toe sy piesang aan die onbekende gesin agter hom weggegee. Die pa kon dit nie glo nie. Hy het oor en oor vir hom dankie gesê. Later vind hy uit my vriend is ‘n leraar. Toe was hy eers in ekstase en vertel vir a
Stephan Joubert
Oct 7, 2022


Vergeet van ontruiming
Die Gees van God is nie tans besig met ‘n groot aardse ontruimingsaksie om ons hier weg te kry nie. Sy doel is nie om ons elkeen, wat voor Christus buig, so gou as moontlik uit die wêreld te kry nie, maar om die hemel juis hier tussen ons op aarde te laat grond raak. Die beste plek in die hemel is nou op aarde. Die Gees het God se koninkryk na ons toe gebring sodat ons juis hier en nou volspoed vir God kan leef. Nie een van ons is geroep om pad te gee uit die wêreld en by een
Stephan Joubert
Sep 23, 2022


Aanbidding: Wie of wat?
Een deel van ‘n kerkdiens, wat vir my heerlik is, is die lofprysing en aanbidding. Ek sing hartlik saam en geniet die kalmte en rustigheid, wat dit vir my bring. Nadat ek onlangs die boek, “The air I breathe”, van Louie Giglio gelees het, het ek agtergekom dat ek nie regtig geweet het waaroor lofprysing en aanbidding regtig gaan nie. Ek het agtergekom dat lofprysing en aanbidding nie net net tot die kerk beperk is nie, maar dat ek ‘n lewe van aanbidding moet lei.
Helena Smith
Jul 26, 2022


Liefde gebeur
Het jy agtergekom dat die liefde, soos wat Paulus dit beskryf, nie ‘n klompie vroom emosies is nie. Dis ook nie soetsappige gevoelens nie. Nee, liefde is werkwoorde. Liefde, die Here se soort, word gedoen. Dit gebeur. Liefde wat van God se Gees afkomstig is, is selfloos. Dit is op ander mense gerig. Dis leeg van myself. Dit wil nie ontvang nie, maar weggee. Die Here se soort liefde wil nie inpalm nie, maar ander laat wen. Dit wil nie voor in die koor staan nie, maar daardie p
Stephan Joubert
Jan 28, 2022


Staan op... uit jou gemakstoel
Niemand het nog ooit vanuit ‘n gemakstoel die wêreld andersom laat draai nie. Dis juis diegene, wat kies om uit hul geriefstoele op te staan en stroomop in plekke in te stap wanneer die res daaruit vlug, wat van die wêreld ‘n beter plek maak. Gemakstoele skep selfsugtige harte. God is egter op soek na mense, wat uit hulle gevaarlike gemakstoele opstaan en vir diens by Hom aanmeld. Hy soek manne en vroue, jonk en oud, wat bereid is om elke dag een gebed vir iemand anders te bi
Stephan Joubert
Jan 21, 2022


Maak tee vir Christus!
Een van die grootste lesse van my lewe het ek as ‘n jong outjie by ‘n kerklike kongres geleer. ‘n Klompie belangrike sprekers het ons oor nuwe maniere van kerkwees toegespreek. Tussendeur het ‘n vriendelike tannie elke dag vir ons almal daar by die kongres tee gemaak. Op die laaste dag gaan sê een van my vriende toe vir haar dankie. Haar antwoord het hom (en my) skoongeboul: “Ag Meneer, ek het net een gawe by God ontvang en dis om lekker tee te maak. Daarom maak ek oral vir m
Stephan Joubert
Dec 24, 2021
bottom of page
