top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Het jy al ‘n plan om die wêreld te verander?
Almal wil die wêreld verander. Almal wil hê dinge moet anders wees. Almal wil hê die kerk moet vol lewe wees en die land moet ’n beter plek wees. Tog het min mense ooit ‘n plan, wat nog te praat van ’n werkbare een! Diegene wat wel sulke planne het, voer dit selde deur. Dit lyk my iets meer is nodig as net om goeie planne in plek te hê. Ek praat van 'n dinamiese plan wat so groot en lewensverskuiwend is dat jy bereid is om jou hele lewe eksklusief daaraan te wy.
Stephan Joubert
Mar 6


Oud en jonk is goud werd vir God
George McGovern sê iewers: “I’m fed up to the ears with old men dreaming up wars for young men to die in.” Van oud en jonk gepraat - die woord teenager verskyn vir die eerste keer in 1673 in ‘n Engelse leksikon, terwyl die idee van generasiegapings eers vanaf die negentiende eeu af opduik. Tog dink die Bybel nooit in terme van ouderdom of generasies wanneer die regte en relevante uitleef van geloof ter sprake is nie. Anders gesê, nie een van ons is ooit te jonk of te oud om v
Stephan Joubert
Mar 2


Hier is twee dinge wat God wel vir ewig oor jou onthou
God het ’n langtermyngeheue. Hy onthou alles wat Hy wil onthou vir ewig. In die Bybel leer ek dat daar ten minste twee dinge is wat God tot in ewigheid oor ons as Sy kinders wil onthou. Die eerste ding is dat Hy vir altyd sal onthou om ons as Sy kinders styf in Sy hand vas te hou. Jesus vertel in Johannes 10:28-30 dat niemand ons ooit uit God se hand sal wegruk nie. Hoor weer: God onthou ons nie net vir ewig nie; Hy hou ons ook vir ewig styf vas! Hy sorg dat ons Syne is, vir
Stephan Joubert
Jan 16


Geloof gebeur só in 2026
Sê vanjaar meer dankie en vra minder wanneer jy bid. Loof en dank God meer. Kla minder.Skuif vanjaar jou manier van kyk. Sien God se goedheid heel eerste in ander mense raak, nie dit wat hulle verkeerd doen nie. Moenie ’n voltydse foutvinder wees nie. Wees eerste ’n genade-raaksiener. Sien eerste raak hoe God Sy kinders verander om Sy heerlikheid te weerspieël (2 Korintiërs 3:18). Sê ook heel eerste vir Hom dankie vir die geloofsgroei wat jy in hulle lewe opmerk (1 Tessalonis
Stephan Joubert
Jan 12


Jou lewe maak ‘n verskil
“Terwyl ons nog tyd oor het, moet ons elke geleentheid benut om goed te doen aan almal wat op ons pad kom, maar veral aan ons broers en...
Elmarie van der Westhuizen
Oct 8, 2025


Dit wat jy weggee, maak jou lewe ryk
‘n Vriend deel onlangs ‘n onderhoud wat ‘n radiostasie met ‘n bekende Nigeriese sakeman gevoer het op Facebook. Hy is gevra wat hom die gelukkigste maak. Hy sê toe dat alles in sy jonger lewe oor geld en besittings gegaan het. Later het hy waardevolle dinge begin versamel. Toe het groot internasionale projekte gevolg. Niks van hierdie dinge het egter blywende geluk gebring nie. Maar toe nooi een van sy vriende hom om rolstoele aan verlamde kinders te gaan uitdeel. Hy vertel h
Stephan Joubert
Oct 3, 2025


Wees uitdelers in die Here se Naam, nie vatters nie!
Die Amerikaanse bio-etikus en skrywer, Stephen G. Post, vertel dat wanneer hy as kind verveeld was, het sy ma graag vir hom gesê: “Go do so something good for someone else.” Dan het hy oorgestap na die bure toe en gevra of hy iets vir hulle kan doen. Post sê sulke dade van goeddoen was later so deel van sy lewe dat dit spontaan gebeur het. Hy het geleer om heel eerste te vra wat kan hy doen vir ander mense, voordat hy enigiets van hulle wil hê.
Stephan Joubert
Sep 19, 2025


Nie net praat, praat nie - ook doen, doen
“All we ever do is talk, talk!”- het ’n bekende popgroep ’n paar jaar gelede gesing. Net so! Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos om te sit sonder om te loop. Of soos om rond te staan sonder om ooit iewers heen op pad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there - do something!” Te veel praat lei tot te min doen. In ons as gelowiges se lewe moet woorde gedurig in dade verander, in die régte soort dade. Ons dade en gedrag moet liefde-aang
Stephan Joubert
Aug 22, 2025


Kry ‘n gratis ete by my
Daar’s nie regtig iets soos ’n gratis ete, of “a free meal,” soos wat die Engelse dit noem nie. Die meeste van die tyd soek mense iets in ru
Stephan Joubert
Apr 28, 2025


Dit gaan oor die regte keuses én die regte dade
Dit is nie elke dag maklik om ander mense lief te hê nie, selfs nie eens die oulikes nie. Soms irriteer mense jou. Partykeer werk hulle op j
Stephan Joubert
Feb 22, 2024


Die liefde
Wanneer ek hierdie gedeelte in die Bybel lees, besef ek net hoe belangrik verhoudings vir ‘n gelowige mens moet wees. As ek na vandag se sam
Marietjie Joubert
Aug 8, 2023


Klein is groot
Klein is nou die nuwe groot in God se koninkryk. Ek besef dit opnuut, toe ek onlangs die Britse liedjieskrywer, Martyn Joseph, se woorde oor
Stephan Joubert
Mar 31, 2023


Mors jy jou tyd?
“Jy mors jou tyd!” sê iemand by ‘n kerk onlangs vir ‘n jongmens, wat ‘n jaar van sy lewe afstaan saam met ‘n jeugspan van ‘n groot kerk om i
Stephan Joubert
Mar 24, 2023


Doen partykeer niks nie
“Doen net iets!” Jy hoor dit gereeld. Om niks te doen nie, is vir baie mense sinoniem met lui wees. Of met die ontduiking van verantwoordelikhede. Nogtans is niksdoen partykeer die regte opsie. Partykeer moet jy eers die kat uit die boom kyk, voordat jy enigiets doen. Jou dade het dikwels onvoorsiene gevolge. Soms draai goedbedoelde dade sleg uit. Hoe lui daardie Engelse gesegde nou weer: “No good deed goes unpunished.”
Stephan Joubert
Mar 9, 2023


Nie reg nie
Ek het grootgeword met die ongeskrewe maar gevestigde idée dat net leraars en sendelinge voltyds geroep is om vir God te werk. Die res van o
Stephan Joubert
Jan 6, 2023


Aanwesig
‘n Geprivatiseerde godsdiens waar ek my geloof in isolasie van die daaglikse werklikhede bedryf, is gevaarlik. Kort voor lank laat dit my glo dat die ganse wêreld boos is en te alle koste vermy moet word. Dan sien ek God later maar net as ‘n afwesige Huiseienaar wat eintlik nog net opdaag vir Bybelstudies en eredienste by die kerk, maar wat nie omgee wat elke dag in die wêreld gebeur nie. Wel, feit is dat God sy wêreld met oorgawe liefhet. Elke mense op planeet aarde het ‘n e
Stephan Joubert
Dec 9, 2022


Almal doen dit
Jy ken die nuwe wagwoorde: “Almal doen dit; daarom kan ek ook.” “As niemand by stopstrate of verkeersligte stop nie, hoekom moet ek dit doen?” “As niemand hulle aan iemand anders steur nie, hoekom moet ek dit doen?” Hierdie vrae is die nuwe wagwoorde, die nuwe manier van leef vir te veel mense in ons land. Hoekom moet ek dit dan vandag oorweeg om heeltemal anders as “almal” te wees. Wel, omdat ek nie “almal” se slaaf is nie en ook omdat “almal” dikwels verkeerd is.
Stephan Joubert
Nov 25, 2022


Maandag ook
Terwyl die wêreld 27 triljoen SMS’e elke jaar rondstuur, 60% jongmense hulle verhoudings via selfone en Instagram bou en beoefen en rekenaarverkope in Suid-Afrika met meer as 12% per jaar groei, is ons iewers langs die pad besig om ‘n stukkie menswees in te boet. Ons eindelose beheptheid met nuwe tegnologiese speelgoed en ons gedurige behoefte om vermaak te word, veroorsaak dat ons, ons Godgegewe verstandelike vermoëns en ons dienbare verkwansel.
Stephan Joubert
Oct 21, 2022


Nie regrukkers nie maar oorvertellers
“Pa, jy preek my ore pap!” Jare gelede het my jongste een oggend na kerk dit kwytgeraak. Dit was nogal ’n waterskeidingopmerking. Toe ek na die tyd hieroor nadink, het ek besef dat ekself dit my voltydse besigheid gemaak het om ander mense uit te sorteer, reg te ruk, en te “fix.” Ek vermoed baie ander gelowiges doen dit ook. Ons is gedurig besig om vir ander te vertel wat fout in hulle lewe is. Of wat fout met Suid Afrika en met die res van die wêreld is. “Help dit ooit?” he
Stephan Joubert
Oct 10, 2022


Piesangs maak soms die verskil
Chris Seay, ‘n Amerikaanse leraarsvriend van my sit op ‘n keer in ‘n vliegtuig. Hy hoor hoe ‘n man agter hom vir die lugwaardin vra of hulle ‘n piesang vir sy kind het, maar hulle kon hom nie help nie. Chris het egter ‘n piesang in sy handbagasie gehad. Dadelik het hy toe sy piesang aan die onbekende gesin agter hom weggegee. Die pa kon dit nie glo nie. Hy het oor en oor vir hom dankie gesê. Later vind hy uit my vriend is ‘n leraar. Toe was hy eers in ekstase en vertel vir a
Stephan Joubert
Oct 7, 2022


Vergeet van ontruiming
Die Gees van God is nie tans besig met ‘n groot aardse ontruimingsaksie om ons hier weg te kry nie. Sy doel is nie om ons elkeen, wat voor Christus buig, so gou as moontlik uit die wêreld te kry nie, maar om die hemel juis hier tussen ons op aarde te laat grond raak. Die beste plek in die hemel is nou op aarde. Die Gees het God se koninkryk na ons toe gebring sodat ons juis hier en nou volspoed vir God kan leef. Nie een van ons is geroep om pad te gee uit die wêreld en by een
Stephan Joubert
Sep 23, 2022
bottom of page
