top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Almal deel in die fees
Almal is ingesluit. Christenskap is inklusief. Dit is nie net vir ‘n paar uitgesoektes bedoel nie. Nee, almal is in Jesuse se genade visier - jonk en oud, naby en ver, Jode en nie-Jode. Jesus sluit niemand uit nie. As die Gees kom, moet almal eenvoudig in sy feesvierings deel. Daarom dat die hele wêreld na die moeder van alle partytjies uitgenooi is. Daar is nog genoeg plek oor by hierdie feesmaal, soos wat Jesus in Lukas 14 vertel.
Stephan Joubert
May 8, 2020


As jy vir twee dinge moet bid…
Spreuke 30:7-9 bevat een van die min gebede in die boek Spreuke. Die Spreukeskrywer bid net vir twee dinge. Die eerste een is opregtheid. Hy weet God kan leuens en onwaarhede nie uitstaan nie. Of valsheid nie. Tweedens bid hy ook vir ’n doodgewone lewe- hy wil nie te arm of te ryk wees nie. Die rede: rykes steun graag op hulle rykdom. Hulle het niks of niemand nodig nie, ook nie vir God nie. Daarom verloën party van hulle die Here. Armes, daarteenoor, kry dikwels so swaar dat
Stephan Joubert
May 7, 2020


Skild van geloof vir die toegeruste soldaat
My pa, destyds ‘n jong Suid-Afrikaanse polisieman, het na ‘n liefdesteleurstelling besluit om saam te gaan veg teen Hitler en sy magte....
Alet Gardner
May 7, 2020


Lesse vir kerkleiers van Martin Luther King Jr
Martin Luther King was seker een van die verdelendste leiers in die VSA. Sy bekende toespraak “I have a dream” word vandag aanvaar as ‘n waterskeidingstoespraak. Hy is later in Memphis vermoor.
Coen Slabber
May 6, 2020


God se nabyheid is eindeloos belangrik
In Psalm 73 praat die musiekleier Asaf van ‘n welbekende observasie wat moontlik van tyd tot tyd in die lewe van elke gelowige kop uitsteek.
Ivor Swartz
May 5, 2020


’n Vinnige meesterklas oor die liefde
God is liefde. Hy het ons heel eerste lief. Hy het ons al die pad lief. Dit kos Hom ’n kruis om sy liefde vir ons te wys. Die Here vra dat ons Hom terug moet liefhê met alles in ons. Ook vra Hy dat ons mekaar moet liefhê. Om lief te hê, behoort vir ons maklik te wees. Dit is tog deel van ons identiteit as kinders van God. As ons nie liefhet nie, dan maak ons ’n bespotting van God se liefde vir ons en ons geloof in Hom. Die eerste Johannesbrief sê sommer padlangs dat ons leuen
Stephan Joubert
May 4, 2020


Glo en ontvang
Nee, hierdie vers is nie ‘n volgorde van gebeure soos wat party mense dit graag wil verstaan nie. Ons kan nie die Gees se werk vasvang in ons skemas nie. Onthou, Hy is soos wind, Hy waai waar en soos en hoe Hy wil. Niks of niemand kan die Gees vasvang nie. Wat Petrus wel hier aan die groot skare sê wat wil weet hoe hulle gered moet word, is dat hulle hul bestaande leefwyse moet laat staan en God in die oë kyk. Mens noem dit bekering! Hulle sondes en foute sal weggewas word de
Stephan Joubert
May 1, 2020


Alleenheid is nie alleen nie
Alleenheid is nie dieselfde as om alleen te wees nie. Om alleen te wees is soms goed en nodig, veral vir die introverte tussen ons. Alleenheid of eensaamheid is egter iets anders. Dit is daardie pynlike gevoel van sosiale isolasie. Dit is om gediskonnekteerd te wees van ander mense. Drie navorsers genaamd Holt-Lunstad, Smith en Layton het in ’n onlangse studie bevind dat iets soos ernstige oorgewig jou kans op ‘n vervroegde dood met 20% verhoog; dat ernstige alkoholverbruik j
Stephan Joubert
Apr 30, 2020


Christene en die Korona-virus
Hierdie nuusbrief verskil van die gewone nuusbriewe. Prof N. T. Wright het ‘n brief in Time Magazine geskryf oor Christene en die Korona-virus. Omdat dit heelwat opslae gemaak het, het ek besluit om ‘n samevatting daarvan te maak. Weens sy klem op klaaglied/lament het ek oor ‘n artikel oor klaagliedere/lament aangeheg.
Coen Slabber
Apr 29, 2020


Is óns betroubaar?
So baie gelowiges en gemeentes doen soveel betekenisvolle goed in hierdie weird Corona-tyd waarin ons onsself bevind. So baie mense se hande, harte en beursies is oop, somtyds ten koste van hulleself. So baie gemeentes doen van hulle beste werk in hierdie tyd. So baie is betrokke by goeie en sinvolle noodverligtingsprojekte. Wat ‘n inspirasie is dit nie!
Roedolf Botha
Apr 28, 2020


Laat staan daardie babakos
Babatjies is die wonderlikste mensies denkbaar. Daarom dat grootmense so bekommerd is wanneer babas siek word. Dan moet die dokters kom help! Maar in die kerk gee ons nie so baie om dat gelowiges lewenslank geestelike babas bly nie. Trouens, baie gemeentes se strukture is so ingerig dat kerkleiers van vroeg tot laat baba-oppassers is. Dit is hulle werk om geestelike bottels aan te dra.
Stephan Joubert
Apr 27, 2020


Jesus doen sy beloftes!
Die Gees is Jesus se geskenk aan ons in sy plek. Soos wat Hy beloof het toe Hy op aarde was, sou Hy by die Vader die Gees ontvang as Hy sy ereplek langs die Vader inneem. Dan sou Jesus die Gees oor al sy mense uitgiet. Presies dit het op Pinksterdag gebeur. Ook vir jou en my geld hierdie aangrypende geskenk uit die hemel. God se Gees is die grootste gawe van God hier in die eindtyd om die kerk op koers te hou. Die Gees waarborg Christus se persoonlike teenwoordigheid by ‘n ie
Stephan Joubert
Apr 24, 2020


Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie
Die wêreld waarbinne die Bybel ontstaan het was ’n wêreld propvol dooie gode en godinne. Dit was vir baie mense in daardie tyd vreemd om te moes hoor daar is net een ware God. Tog is dit nie net die reine waarheid nie; dit is ook bevrydend. Om ’n horde gode te moet dien is sieldodend. Letterlik! Jesus het gesê ons kan nie vir twee here tegelyk werk nie. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie regtig oor sulke kapasiteit nie.
Stephan Joubert
Apr 23, 2020


Die Meesterbakker en geloof
Terwyl ek versigtig is om te veel waarde aan drome te heg, het ek hierdie keer gewéét dat dit die droom van die Meesterbakker ‘n boodskap...
Alet Gardner
Apr 22, 2020


Het jy Herdersklere in jou kas?
Die woorde van Psalm 23 gryp nog altyd aan die hart. Ek glo volkome in die woorde. Die Here is waarlik my herder. Hy versorg my. Soek vir my weivelde. Hy lei my na waters waar daar rus en vrede is. Hierdie herder beskerm en bewaar my van gevaar. Hy is met my elke oomblik.
Marietjie Joubert
Apr 21, 2020
bottom of page
