• Stephan Joubert

Kop eerste, woorde tweede


Iemand skryf iewers ons beursie is die laaste ding in ons lewe wat tot bekering kom. Dalk is daar iets wat nog moeiliker tot bekering kom. Ek praat van ons tong. Jakobus sê dis ontembaar en lewensgevaarlik. Ons woorde is wapens. Wag! Dit hang van onsself af of dit wapens van opbou is, of wapens van massa vernietiging. Die krag van opbouende taal, asook die gevare van mond-sondes word gereeld aangeroer in die Bybel. Ten minste moet jy die volgende doen(!) om jou tong te belyn met God se Woord:

  • Gebruik eerste jou kop voordat jy woorde gebruik. Dink wat jy sê. Kry ’n hemelse wag voor jou mond (Psalm 141:3). Praat minder maar meer sinvol, as meer maar minder betekenisvol. Bly stil as jy kwaad is, anders gaan jy net dinge sê waaroor jy later spyt is. Jy hoef nie altyd die laaste sê te hê nie. Jy hoef nie elke woordestryd te wen nie. Wees bereid wees om die minste te wees wat jou woorde betref, soos wat die evangelie vra.

  • Praat altyd opbouend. Moenie ’n vleier wees nie. Dis skynheilig. Sien God se mooi werke in mense se lewens raak en sê dit opreg vir hulle. Praat mense nader aan God. Praat hooploosheid flou.

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: