top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ons bou nie ons lewens in ‘n fabriek nie
Ons lewe is nie ’n produk wat iewers in ‘n fabriek op ‘n vervoerband aanmekaar gesit word nie. Ons ontwerp dit nie haarfyn op ‘n tekenbord, en daarna bou ons dit stelselmatig van hierdie plan af nie. Ons lewens speel af in die regte lewe. Ons het al baie kere beleef ons maak ons planne, maar dan gebeur daar onvoorsiene dinge op die lewenspad. Daarom weet ons dat ons met God moet rekening hou.
Stephan Joubert
Jun 1, 2020


Ontsag wys die Gees is hier
Toe die Gees die Jerusalemgemeente oorspoel het, het daar ‘n nuwe leefstyl tussen hulle posgevat. Hulle was van meet af toegewyd aan God en aan mekaar. Hulle liefde vir die Here en ander mense was voelbaar, proebaar en sienbaar. Maar dit was veral hulle ontsag vir God wat soos ‘n paal bo water uitgestaan het.
Stephan Joubert
May 29, 2020


Kop eerste, woorde tweede
Iemand skryf iewers ons beursie is die laaste ding in ons lewe wat tot bekering kom. Dalk is daar iets wat nog moeiliker tot bekering kom. Ek praat van ons tong. Jakobus sê dis ontembaar en lewensgevaarlik. Ons woorde is wapens. Wag! Dit hang van onsself af of dit wapens van opbou is, of wapens van massa vernietiging. Die krag van opbouende taal, asook die gevare van mond-sondes word gereeld aangeroer in die Bybel. Ten minste moet jy die volgende doen(!) om jou tong te belyn
Stephan Joubert
May 28, 2020


‘n Kosbare waarheid vir geestelike oorwinning
Ons vrees soms die presiese dinge wat vir ons kan bevryding bring. Die alkoholis vrees rehabilitering want sy besef hoeveel opoffering en moeite dit gaan beteken. Die pasiënt vrees die operasie alhoewel hy weet dit sal hom gesond maak. Die roker vrees die opgee van sigarette want hy weet hy gaan verlies beleef, ten spyte van ‘n gesonder lewe.
Roedolf Botha
May 26, 2020


Systap daardie dodelike twee
Wat as daar nie gou ’n teenmiddel teen die korona virus gevind word nie?” “Wat as ek ook alles gaan verloor in hierdie tyd?” “Wat as laer vlakke van grendeltyd nie binnekort aanbreek nie?” “Wat as die onderwys in duie stort; misdaad toeneem; kerke liberaal word…? Te veel mense bou hulle lewe op sulke “wat as” of “what-if” scenarios. Hoe meer jy egter met negatiewe scenarios soos hierdie werk, hoe meer wen bekommernis en onsekerheid in jou lewe.
Stephan Joubert
May 25, 2020


Studente van die begin af
Een van die bekendste tekste oor die Gees se werk is Handelinge 2:42. Dit vertel van die radikale verandering wat die Gees te weeg gebring het in die Christelike gemeenskap in Jerusalem. Wat my veral aangryp van hierdie Geesvervulde gemeenskap, is dat hulle hulleself eerstens toewy aan die leer van die apostels. In gewone Afrikaans gesê, hulle het dadelik aangemeld as studente in die apostels se Bybelskool!
Stephan Joubert
May 22, 2020


Gewone mense maak ook saak vir Jesus
Jesus het sy lewe verruil aan die kruis vir stukkendes, uitgeworpenes, gevallenes, dwelmgebruikers, misdadigers, duiwelaanbidders, randfigure en kie. Dit is waar. Maar Hy het ook die kruispad geloop vir gewone mense wat gewone lewens leef. Jy hoef regtig nie ’n baie groot sondaar te wees voordat God jou liefhet, of voordat Jesus kans sien om jou laste op sy skouers te tel nie. Ook hoef jy nie ‘n verloste duiwelaanbidder te wees, of ‘n gewese dwelmslaaf voordat jy ‘n kragtige
Stephan Joubert
May 21, 2020


Heilig-wees, voorbeeld wees
Nickie Gumble sê: “When God’s hand is on you, you are like a light on a hill (Matt 5:15). His light shines out of you and it will attract...
Alet Gardner
May 19, 2020


Help, ek sit op die ashoop!
In Paraguay is daar ‘n arm gemeenskap wat letterlik op ‘n vullishoop bly. Daagliks word daar meer as 1500 ton vullis op hierdie ashoop gegooi. Die arm mense van hierdie gemeenskap maak ‘n lewe daaruit om weggooigoed wat herwin kan word, bymekaar te maak en te verkoop. Hierdie gemeenskap is ook baie bekend vir hulle orkes. Ja, jy het reg gehoor! Dit is nie ‘n gewone filharmoniese orkes met duur Stradivarius viole nie, maar ‘n kinderorkes wat op instrumente speel wat van afvalm
Helena Smith
May 19, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Orals en altyd
Iemand vra onlangs vir ‘n vriend van my waar’s een of ander kerk. “Sien jy die dame wat daar in die koffiewinkel sit?” vra hy. “Sy’s ‘n volgeling van Jesus. As jy die kerk soek, gaan praat met haar!” Aangrypend! Te veel mense se eerste assosiasie met die woord “kerk” is met kerkgeboue, nie met diegene in daardie geboue nie.
Stephan Joubert
May 15, 2020


Jy leef. Jy het die dood geklop.
Feodor Dostoyevski (1821-1881), die bekende Russiese skrywer se eie lewe was op 22 Desember 1849 amper verby. Hy is ter dood veroordeel as lid van ‘n literêre vereniging wie se publikasies bedreigend was vir die Tsar. Hy sou op ‘n plein in St Petersburg tereggestel word saam met ander gevangenes. Toe word daar aangekondig dat die tsar besluit het om hulle lewens te spaar.
Stephan Joubert
May 14, 2020


Besembos geleentheid in lockdown
Die wêreld het versnel. Jare se tegnologiese ontwrigting, politieke onstuimigheid, en werkplekke wat nie ‘n “offline” knoppie geken het nie, het ons uit asem gelos. Die stof lê dik op leiers se emosionele gesondheid- en veral dié in die kerk. Omtrent elke predikant is geïnteresseerd in afskaal, in Minimalisme, in eenvoud, of om soos Elia die fluistering in die windstilte te hoor of beleef. Maar die inperking het ‘n sterk ontnugtering vir baie leiers gebring: “we have made bus
Roedolf Botha en Ivor Swartz
May 13, 2020


Benodig: ‘n ballingskapsteologie
Ballingskap is om te wees waar jy nie wil wees nie, so praat teoloog Eugene Peterson. Indien hierdie definisie waar is dan is ons almal tans in ballingskap. Ons almal se ganse wêrelde het geskuif. Wanneer dit gebeur dan moet enige persoon hoop dat hy/sy die innerlike kapasiteit het om hierdie veranderinge die hoof te kan bied en gesond aan die ander kant uit te kom. Die belangrikste is egter nie wat ons uiterlik doen om alles te probeer regmaak nie, maar veel eerder hoe ons a
Roedolf Botha
May 12, 2020


Jy het oorgenoeg kapasiteit
Alles het ’n sekere kapasiteit. Enige motor kan net soveel bagasie neem. Selfone en rekenaars het net soveel geheue en spasie. Dieselfde gebeur met ons as mense. Ons raak vol. Dit lei ek af as ek opmerkings hoor soos: “Ek is nou behoorlik keelvol.” Dan weet ek iemand se geduld-spasie is min of meer opgebruik. As iemand iets sê soos: “My beker loop oor van dankbaarheid,” dan weet ek hulle blydskap-kapasiteit is oorskry. Dit lek selfs al uit oor hulle lippe.
Stephan Joubert
May 11, 2020
bottom of page
