top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Jy kies nie die kaarte nie, maar jy kies hoe jy speel
Do all you can, with what you have, in the time you have, in the place where you are - Nkosi Johnson het dit gesê. Hy is op 12 jarige ouderdom dood. Tot op daardie stadium was hy ’n kampvegter vir kinders wat HIV slagoffers is, soos hyself. Aan sy eie klein lyfie het hy beleef die lewe is nie regverdig nie. Ongelukkig was dit nog nooit regverdig nie. Dit sal ook nooit wees nie. Nie almal kry gelyke kanse nie. Nie alle kaarte in die pak is eweredig uitgedeel nie. Party mense d
Stephan Joubert
Apr 20, 2020


Jesus in die fokus
Wanneer die Gees werk, val die klem altyd op Jesus. Dis 'n beginsel wat ek regdeur die Nuwe Testament raakloop. Jesus self het beloof dat dit sal gebeur. Die Gees sal Hom verheerlik as Hy weggaan (Johannes 16:14). Die Heilige Gees is nie ‘n aandagtrekker nie. Hy skuif graag agter Jesus in. Sy werk is om die fokus op Jesus te hou. Daarom sien ek dat die Gees kliphard aan die werk is in kerke waar Jesus vreesloos verkondig word.
Stephan Joubert
Apr 17, 2020


Anderkant die kruis
Jesus se aardse sending het spoedig ontaard in ’n lewensgevaarlike sending. Sy ontmaskering van die godsdienstiges se doodsheid, asook sy omgee vir onreines en sondaars het Hom uiters ongewild gemaak in die kringe van die magshebbers van die dag. Nogtans het Jesus se radikale boodskap van genade sondaars, verlorenes en randfigure se harte op elke plek aangeraak. Verlore mense is opgespoor. Siekes is genees. Bose magte het die wyk geneem. Die hemele het oopgegaan bokant stukke
Stephan Joubert
Apr 16, 2020


Die afgewaterde evangelie
In ‘n nuwe studie deur die Barna-groep ‘State of the Church 2020” het hulle onderhoude met 500 senior pastore in die VSA gehou oor hulle grootste bekommernisse.
Coen Slabber
Apr 15, 2020


Wat Batman ons kan leer oor vrees
As daar een emosie is wat mense in hierdie Corona-Lockdown-tyd moet leer verwerk is dit ons vrese. Diegene van ons wat nie tans verlammende vrees beleef nie, is tog diep besorg oor sekere verwikkelinge in hierdie tyd. Maar selfs onder die grootste optimiste onder ons, fluktueer ons gevoelens maar baie tussen gesonde besorgdheid en toksiese vrees. Ons vrees die toekoms en veral die ekonomiese impak wat Covid 19 op die horison vir ons laat wag.
Roedolf Botha
Apr 14, 2020


Die grootste evangelis in Japan is…
Die vroeë kerk, en miljoene ander Christene deur die eeue, se helder geloof was magneties mooi. Hulle het inderdaad ’n gesonde infeksie veroorsaak, daardie soort waaroor C. S. Lewis skryf in sy klassieke werk ‘Mere Christianity:’ (1952) “He (Christ) came to this world and became a man in order to spread to other men the kind of life He has—by what I call ‘good infection.’” Die uitdaging voor ons is hoe ons almal ’n gesonde infeksie kan veroorsaak vir die Here. En hoe ons dit
Stephan Joubert
Apr 13, 2020


Ek wou nie vanoggend opstaan nie
Vanoggend wou ek nie opstaan nie. Dit is nou al die hoeveelste dag en alles lyk grys en onbekend. Die afsondering smokkel met my brein en...
Liezel Lüneburg
Apr 13, 2020


Gebruik dit, of verloor dit!
Die vervulling met die Gees werk in ‘n sekere sin soos daardie “use it, or loose it” reël in rugby. Ja, ek weet die Gees is ten volle by my en dat Hy my nie verlaat nie. Ek glo ook met my hele lewe dat Christus my veilig tot anderkant die doodlyn dra. Maar ek weet ook ek kan nie eindeloos bly vasklou aan laasweek se opgebruikte geloof nie. My pad saam met die Gees gaan oor hoe ek hier en nou, vandag, oop is vir sy werk. My verhouding met Christus moet vandag ‘n impak op my le
Stephan Joubert
Apr 10, 2020


Toe gaan die Seun van God dood
Kan die Kind van God doodgemaak word? Dit is eintlik ’n skrikwekkende vraag, om die minste te sê. Tog is dit die realiteit waarmee die kruis van Golgota ons elkeen konfronteer. Dit wat daar by die kruis gebeur het met Jesus, is in een woord skrikwekkend. Geen twyfel hieroor nie. Jesus se kruisdood is haarfyn georkestreer deur die godsdienstige en politieke magshebbers van die dag. Sy stem moes met geweld stilgemaak word. Presies dit het hulle ook reggekry, - totdat Jesus die
Stephan Joubert
Apr 9, 2020


Hiersonder kan géén leier lei nie
Daar is inderdaad één onontbeerlike eienskap waaroor ‘n leier moet beskik om effektief te kan lei. In vorige briewe het ons gepraat van Gregory Berns se boek Iconoclast, waar hy veral praat oor drie karaktereienskappe van die mees effektiewe beïnvloeders in die geskiedenis. Eerstens het Berns gesê dat leiers realiteite letterlik anders sien en observeer as ander mense. Tweedens kan effektiewe leiers hulle eie vrees beheer en oorkom sodat hulle nie verlam word daardeur nie.
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Apr 8, 2020


Alleenheid
lleenheid. Loneliness. Dit is een van die oorsake én gevolge van baie van ons uitdagings vandag. Alleenheid maak dat jy besig bly, sodat jy kan ervaar jy het ʼn konneksie met iets of iemand. ʼn Projek of ʼn kliënt, ʼn kuier of die volgende cappuccino. Eensaamheid kan ʼn kernkrag-masjien in jou binneste wees wat sy eie krag opwek. En dan vuur dit jou aan om buitentoe te kyk. Jy soek mense en ervarings op. Jy skep, raak kreatief, soek nog betekenisvolle oomblikke. Die lekkerte van s
Siegfried Louw
Apr 7, 2020


God se liefde het ’n lyf
Hy het die wêreld vir altyd andersom laat draai- hierdie Man wat geen boek geskryf het nie, geen land regeer het nie, geen weermag rondom Homself geskaar het nie, en geen politieke of ekonomiese mag besit het nie. Ek praat van Jesus. Sy dissipels was eenvoudige mense. Sy aanhangers het uit sondaarskringe gekom. Sy vyande het hom afgeskryf as ’n godslasteraar, maar sy navolgers het bely Hy is die Messias, die Seun van God. Met sy woorde het Jesus bose magte laat vlug en siekte
Stephan Joubert
Apr 6, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020


Kommunikasie in isolasie
Soos wat kleintjies maar maak, het ons jongste op ‘n dag met groot vrymoedigheid die gesprek tussen my en ‘n vriendin gemonopoliseer. Toe...
Alet Gardner
Apr 3, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020
bottom of page
