• ekerk

Die Here is my Herder – ook met Covid

deur Elmarie van der Westhuizen

Die Here is my Herder - ook met Covid

Dis in tye van swaarkry wat die diepte van my geestelike wortels blootgelê word. Is die Bybelse waarhede waaraan ek vashou ‘n werklikheid vir my en is my lewe werklik daarin geanker? Of hou ek net daaraan vas as my omstandighede rooskleurig is? So was dit ook toe ek vroeg in April wakker word met ‘n geweldige hoë koors nadat ek vir ‘n paar dae grieperig gevoel het. Ek het besef dat ek Covid 19 het.


Is die woorde van die gesang “The faithfulness of the Lord is new every morning”, vir my nog steeds ‘n werklikheid wanneer ek worstel met koors in die nag en wonder of ek ook ‘n statistiek gaan wees? As ek sê die Here is my Herder en niks sal my ontbreek nie, is dit vir my nog waar as ek moedeloos raak en voel asof die swaarkry te lank aanhou ?

Die vraag is nie of God my hierdeur kan dra nie, maar of ek Hom kan bly vertrou. Of sy liefde en faithfulness nog steeds vir my ‘n werklikheid is ongeag of ek gesond gaan word of nie.


Ek het opnuut die waarheid besef dat God se liefdevolle teenwoordigheid nie afhanklik is van my omstandighede en emosies nie. Hy het my in Sy hand gehou. Sy liefde en trou is werklik ‘n onbreekbare belofte. Dawid prys God in Psalm 144:2 “U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil, wat my volk aan my onderdanig maak” terwyl hy vasgekeer in die grot van Adullam is, sy lewe in gevaar.


Terwyl ek en my man Dana deur hierdie swaar gegaan het, het Hy ons versterk en toegevou in Sy liefde deur die liefdevolle belangstelling en ondersteuning van vriende en Christen-boeties en -sussies. Ons het ervaar dat Hy waarlik die Een is wat sy kinders deur swaarkry heen beskerm en troos.

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: