top of page

Die woestyn van inperking

Alet Gardner

Alet Gardner skryf in haar nuutste artikel oor wat ons vanuit die Bybel kan leer van die inperking.
Die woestyn van inperking
Night Prayer: Lord, thank you that, through your grace always at work in our lives, what knocks us sideways sometimes becomes the surprising beginning of something new that we never ever imagined. – Trevor Hudson

Na feitlik 3 maande in lockdown (inperking) moes ek aan myself erken dat my huis en tuin vir my na ‘n woestyn in die kleine begin voel – ek verdwaal in die onsekerheid van die onbekende, van die ongelooflike ongemak wat so ‘n klein ou virussie kan veroorsaak. Ek het nou net mooi genoeg gehad van hierdie onwerklike werklikheid! Wat dit nog slegter maak is die feit dat ons tussen naastes en naaste begin stry oor wat nou eintlik nodig is om veilig te kan wees. Verhoudings is onder stres.


Nêrens in die Bybel lees ek van woestyn-ervarings wat ‘n aangename tydverwyl is nie. Die voordeel van so ‘n woestynervaring is egter dat ek opnuut kan ontdek dat God by my is, intiem tyd met my maak, opnuut in my inbou. En dit is eintlik sóveel meer werd as die gemak van enige oase-ervarings wat ek al beleef het.


Die les wat ek self in hierdie tyd leer, is om nooit op te hou om God te loof en prys nie. Ek kan Hom loof en prys omdat Hy goed is, omdat Hy my sal uitred uit hierdie krisis waarin ek my bevind – selfs al sou dit soos in Stefanus, die eerste martelaar, se geval ‘n kortpad hemel toe wees.


In vorige woestynervarings het ek ook al geleer dat die Here my voorberei vir ‘n nader, meer intieme verhouding met Hom. EN dat Hy wel elke nou en dan tog ‘n oase voorsien: die rusplekkie van ‘n besonder geseënde stiltetyd of virtuele byeenkoms van gelowiges, die verkwikking van ‘n liefdevolle oproep van ‘n vriend of familielid, ‘n onverwagte boodskap van bemoediging van iemand met wie ek in jare nie kontak gehad het nie. Ek is nie ‘n magtelose slagoffer nie; ek kan self hierdie tipe oasetjies skep – om net weer ‘n Jesus-perspektief op my omstandighede te kry en iets van daardie seën met ander te deel.


(Jesaja 35)

Comments


bottom of page