top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Trek die voorskoot aan!
O die luukse gevoel om in ‘n weelderige hotel in te stap… Ek was nog nie baie keer in so ‘n hotel nie, maar iets wat vir my fantasties is, is daardie dik, wit japonne en die bypassende pantoffels. As ek dit aantrek, voel ek skatryk! Dit voel vir my asof ek net die telefoon kan oplig vir kamerdiens en verder kan ek terugsit en ontspan.
Helena Smith
Jul 14, 2020


Moenie mense se ore pap praat nie
William Jennings Bryan (1860-1925) was ’n Amerikaanse politikus. Op ’n dag het sy ma na een van sy toesprake geluister. Na die tyd sê sy toe vir hom: “You missed several good opportunities to sit down.”
Stephan Joubert
Jul 13, 2020


Diens tel
Kerkwees beteken vir Geesgevuldes nie om nog meer betrokke te raak by die eredienste en Bybelstudies van hul plaaslike kerk nie. Te veel mense dink dat groter toewyding aan die Here in dieselfde asem beteken dat jy nog meer dinge elke week by die kerk moet bywoon. Nou ja, daars niks mee verkeerd om sulke kerklike aksies te ondersteun nie. Inteendeel! Maar dis nog lank nie genoeg nie. Eers wanneer Christene wegstap van kerklike persele af en in die regte wêreld daarbuite begin
Stephan Joubert
Jul 10, 2020


Hoe aansteeklik is mense?
Godsdienstige onreinheid was soos die korona-virus in die wêreld waarbinne Jesus God se koninkryk verkondig het. Onreinheid was altyd uiterlik. Liggaamlike siektes soos melaatsheid, menstruele siektes en ander infeksies het mense outomaties gediskwalifiseer vir deelname aan formele godsdiens in sinagoges of in die tempel. Al was hulle harte so rein soos sneeu - dit het net mooi niks gehelp nie. Enige assosiasie met nie-Jode, asook die eet van kos wat nie aan godsdienstige sta
Stephan Joubert
Jul 9, 2020


Die woestyn van inperking
Night Prayer: Lord, thank you that, through your grace always at work in our lives, what knocks us sideways sometimes becomes the...
Alet Gardner
Jul 8, 2020


Wat maak ons met ons gevoelens?
Ons het in ons gemeente ‘n empiriese studie gedoen oor wat die dinge is waarmee ons mense die meeste worstel in hierdie vreemde tyd. Meer as vyf- en tagtig persent het aangedui dat hulle nie aldag weet wat om met hulle gevoelens te maak tydens lockdown nie. Emosies speel sokker met hulle eienaars in so ‘n mate dat sommige van die geliefdes rondom ons slagoffers word van ons innerlike worstelinge. Hierdie aanduiding word relatief sterk bevestig wanneer mens die media en sosial
Roedolf Botha
Jul 7, 2020


Oppas vir “the look”
Ons almal ken dit. Ek praat van daardie kyk! Of soos wat die Engelse dit noem: “the look!” Dit is wanneer iemand jou middeldeur kyk. Of jou stukkend kyk. Of jou vuil kyk. Of jou aanstaar. Of jou op en af kyk. Of jou uitkyk. Die Franse denker, Jean Paul Sartre, het gesê sulke kyke bring ’n diep verleentheid, “a sense of shame,” oor jou. Jy weet sulke kyke beoordeel jou. Dit weeg jou.
Stephan Joubert
Jul 6, 2020


Raak Gees-vol
As jy vir krag, impak of resultate gekies het, dan het jy die gewilde keuses gemaak. Meeste gelowiges kies dit as hulle ‘Christelike sukses’ omskryf. Diensbaarheid, persoonlike toewyding en aanbidding kom hierna. Die hartseer is dat definisies van sukses, voorspoed en geluk in die wêreld soms net so deur kerklikes oorgeneem en op hulleself toegepas word. Dink daaraan, in die wêreld rondom ons gaan dit net oor krag, impak en sigbare resultate. Ons volg egter ‘n ander Heer met
Stephan Joubert
Jul 3, 2020


“UNLESS…” “TENSY…!”
The Lorax is ’n kinderboek uit die pen van Dr Seuss. Dit vertel van ’n seuntjie wat met “The Oncler” gesels. Laasgenoemde het al die Trufulla bome in ’n vallei afgekap om “Thneeds” te maak, kledingstukke wat almal wou hê. Die Lorax was een van die bewonertjies van hierdie vallei wat gesmeek het dat die “Oncler” dit nie alles afkap nie. Maar hy het nie geluister nie. Toe die laaste boom afgekap is, het die Lorax in die lug verdwyn. Daar waar hy gestaan het ’n hopie klippie agt
Stephan Joubert
Jul 2, 2020


Jy is toe al die tyd jouself
’n Paar koerante in die 1920’s het die storie vertel dat Charlie Chaplin een keer ingeskryf het vir ‘n kompetisie iewers in die VSA vir mense wat die meeste na Charlie Chaplin lyk. Een koerant het berig dat hy uiteindelik ’n 20ste plek losgeslaan het, maar ’n ander een het vertel dat hy 27ste gekom het. Hoe dit ook al sy, Charlie Chaplin lyk toe nie soos homself nie. Sulke dinge gebeur egter nie net in kompetisies nie.
Stephan Joubert
Jun 29, 2020


Hoe meet jy Geesvervuldheid?
Die meetinstrument vir egte lewe in die kerk is nie geleë in die aantal programme of aksies wat kerke aanbied om nog meer mense op hul perseel te kry nie, maar in die vraag of diegene wat al hierdie aktiwiteite bywoon bedienings van hul eie in plek het as hulle die kerkgebou verlaat. Dis juis buite die kerk se deure waar Geesvervuldheid wys… of nie! Die vraag is dus hoeveel kerkgangers is deurlopend betrokke by selfstandige aksies soos die versorging van armes; ondersteuning
Stephan Joubert
Jun 26, 2020


Ek wens dit was 2019…
Ek wens dit was 2019 sê iemand. “Regtig? Hoekom?” wonder ek. Het almal vergeet van laasjaar se misdaad, grondgevegte, armoede en wat nog alles? Is Prediker 7:10 nie meer waar nie? Dit sê dat ons moenie sê die ou dae was beter as nou nie. Dan voeg hy by dat dit nie wysheid is om agteruit te leef in die rigting van die verlede nie. Ware woorde. Soos wat ek aldag vir myself sê: die verlede is ook net goed solank onsself nie daar hoef te leef nie. Ja, tye is hard, maar dit is alt
Stephan Joubert
Jun 25, 2020


Wat staan op jou geestelike CV?
Hoe waardevol voel jy? Ons leef in ‘n samelewing wat ons so maklik laat waardeloos voel. Voordat ons egter van ons eie waarde kan praat moet ons eers praat oor dit wat vir ons in die algemeen waarde het. Mense heg waarde aan verskillende dinge. Die een persoon sal byvoorbeeld heelwat betaal vir ‘n waardevolle skildery, terwyl ander mense veel eerder geld sal uithaal vir ‘n oorsese reis. Sommige mense koppel meer waarde aan sosio-ekonomiese status, terwyl ander mense weer eerd
Roedolf Botha
Jun 23, 2020


Ons oortredings is nie ons stokperdjies nie
“Jy stel my teleur.” Hoeveel keer het jy nie al sulke woorde gehoor nie? Dalk het jy dit al self gebruik. Wel, ons almal doen dit met God. Ons stel Hom teleur. Ons breek sy hart. Maar die goeie nuus is dat Hy dit lankal verreken het. Hy weet alles van ons af, ook dat ons Hom maar weer iewers op die pad vorentoe in die steek sal laat. Die Here weet ons is net mense wie se ja teenoor Hom nie aldag ja is nie.
Stephan Joubert
Jun 22, 2020
bottom of page


