• Stephan Joubert

Raak Gees-vol


Raak Gees-vol

Lees Handelinge 4:34

Wat sou jy kies as jy geestelike sukses moet beskryf?

  • Groter krag in jou geestelike lewe, of groter diensbaarheid

  • Groter impak of groter persoonlike toewyding

  • Meer sigbare resulate of meer persoonlike aanbidding.

As jy vir krag, impak of resultate gekies het, dan het jy die gewilde keuses gemaak. Meeste gelowiges kies dit as hulle ‘Christelike sukses’ omskryf. Diensbaarheid, persoonlike toewyding en aanbidding kom hierna. Die hartseer is dat definisies van sukses, voorspoed en geluk in die wêreld soms net so deur kerklikes oorgeneem en op hulleself toegepas word. Dink daaraan, in die wêreld rondom ons gaan dit net oor krag, impak en sigbare resultate. Ons volg egter ‘n ander Heer met ander waardes wat deur sy Gees in ons harte ingebrand word.


Die eintlike vraag wat ons as navolgers van Jesus behoort te vra, is nie hoe ons sukses sien nie, maar hoe die Here dit sien. Jesus se ‘skokkende’ aanbeveling vir jou en my in Lukas 17 is om knegte te word. Dan eers raak ons suksesvol in sy oë. Dan skuif die fokus weg van onsself na die Heer as Eregas by elke maaltyd, elke gesprek en elke verhouding waarin ons onsself bevind. Dan is sy wens ons enigste bevel. Maar om hierin te slaag moet die Gees ons eers stroop van ons eie arrogansie. Kom ons vra Hom om dit te doen


Gebed

Heer maak my heeltemal leeg van myself en dan vol van Uself. Amen

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: