top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Nie net praat, praat nie - ook doen, doen
“All we ever do is talk, talk!”- het ’n bekende popgroep ’n paar jaar gelede gesing. Net so! Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos om te sit sonder om te loop. Of soos om rond te staan sonder om ooit iewers heen op pad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there - do something!” Te veel praat lei tot te min doen. In ons as gelowiges se lewe moet woorde gedurig in dade verander, in die régte soort dade. Ons dade en gedrag moet liefde-aang
Stephan Joubert
Aug 22


Laat die regte afdrukke agter
Ons almal laat afdrukke agter. Meestal is dit ons vingerafdrukke. Ons laat egter meer as sulke fisiese afdrukke agter. Ons laat ook herinnerings as afdrukke agter. Soms is sulke afdrukke pynlik. Iewers langs die lewenspad het ons ander mense seergemaak of goor behandel. Soms weet ons dit, maar soms ook nie. Hoe dit ook al sy, sover dit van ons afhang, moet ons dinge weer gaan regmaak. Die Here vra dit van ons. Om afgebrande brûe te herbou, is altyd die regte ding om te doen.
Stephan Joubert
Jun 16


Wees die Here se lig, al word jy nie waardeer nie
“Omring jouself net met mense wat jou waardeer. Maak daardie mense jou vriende wat aan jou die nodige erkenning gee wat jy verdien.” Hierdie
Stephan Joubert
Mar 24


Jy hoef nie altyd woorde te gebruik nie
Die bekende komponis, Joseph Haydn (1732-1809), se orkes was by geleentheid oorwerk en tot die dood toe moeg. Die hertog, in wie se diens hu
Stephan Joubert
Mar 14


Bestuur gelowig
Sowat 3 000 mense sterf per dag wêreldwyd in motorongelukke. Nalatigheid, spoed, alkohol en padwoede speel ’n groot rol in die slagtings op
Stephan Joubert
Jan 31


Ambassadeur vir Christus
Toe Brink op ‘n stadium onderburgemeester van Verwoerdburg (nou Centurion) was, het ons geleentheid gehad om belangrike amptenare, diplomate
Alet Gardner
Oct 11, 2023


Ek het nie lelik gepraat nie, nie eens amper nie
“Ek was so kwaad dat ek amper nie lelik gepraat het nie.” Vir ’n oomblik moes almal mooi dink toe iemand dit opmerk in ’n geselskap. “Met an
Stephan Joubert
Oct 9, 2023


God is ’n goeie Vader
Wanneer ’n bekende TV-persoonlikheid, soos Piers Morgan, begin lag vir sommige kerklike manewales, dan moet jy weet daar’s ’n paar skroewe
Stephan Joubert
Sep 18, 2023


Nederig genoeg om op te kyk na God en na mekaar
Ek onthou ‘n verhaaltjie van ‘n koning, wat baie omgekrap was, omdat hy niks by enigiemand kon leer nie, wat ek een keer raakgelees het. Almal was volgens hom te dom. Uiteindelik bring sy raadgewers ’n jong seun na hom toe. “Wat kan ek by jou leer?” wou die koning dadelik weet. Toe vra die seuntjie vir die koning of hulle twee vir ’n oomblik plekke kan omruil. Hy wil graag op die koning se troon sit en die koning moet vir ’n paar oomblikke op die grond voor hom sit. Huiwerig
Stephan Joubert
Jun 12, 2023


Gesonde families is gelyk aan ’n gesonde samelewing
Op ’n dag is die beroemde psigiater, Viktor Frankl (1905-1997), in kennis gestel dat sy visum gereed was om na die VSA toe te emigreer. Dit was gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe hy en sy familie in Wenen gewoon het. Vervolging van Jode was toe daar in Oostenryk aan die orde van die dag. Op pad terug huis toe met sy visum, kom daar toe groot twyfel in sy hart. Wat sal van sy ouers word? Moet hy hulle oorlaat aan hulle eie lot daar in Wenen? Toe hy tuiskom, tref hy sy pa in
Stephan Joubert
Jun 5, 2023


Sien die groot “Ander” in ander raak
“Each is responsible for each, and I more so than all the others.” Hierdie woorde van die Russiese skrywer, Fyodor Dostoevsky, het vasgesteek in die hart van die denker, Emmanuel Levinas. Na die Tweede Wêreldoorlog het Levinas in Europa vir sy filosofie van “die Ander” bekend geword. Mense se andersheid en kosbaarheid word volgens hom sigbaar in gesig-tot-gesig interaksies. As ons mense met deernis raaksien en behandel, verander hulle kosbare ander.
Stephan Joubert
Feb 23, 2023


Vanaf outomaties na bewustelik
Hoeveel dinge doen ons elke dag outomaties, terwyl ons gedagtes eintlik op ander plekke ronddwaal? Die meeste van die tyd is ons nie eens be
Stephan Joubert
Feb 3, 2023


My uitkenningslied voor die Here
Die skryfster, Maria Popova, vertel hoe haar familie gedurende haar kinderjare ’n melodieuse uitkenningsteken vir mekaar gehad het. Wanneer een van hulle in ’n groot skare verlore geraak het, moes hulle net hierdie uitkenningsteken hardop fluit. Dan het ander familielede dadelik geweet waar hulle is. Sy sê haar pa se uitkenningsteken was die Beatles se “Yellow submarine.” Hierdie kenwysie het later verander in meer as ‘n uitkenningslied. Dit het verander in haar ouers se iden
Stephan Joubert
Apr 21, 2022


Amper is nie stamper nie
“Jy het my amper tot aksie beweeg,” sê iemand droogweg vir my na ‘n preek. Later, toe ek hieraan terugdink, skiet koning Agrippa se woorde in Handelinge 26:28 deur my kop. Dit was terwyl hy na Paulus geluister het, toe hy ’n gevangene in Sesarea-Maratima was. Toe het Agrippa gesê Paulus beweeg hom byna om ’n Christen te word. “Amper is nog nie stamper nie,” sou my oupa dadelik gesê het.
Stephan Joubert
Feb 24, 2022


Vyf boustene vir 2022
Hier aan die begin van 2022 kies ek van voor af om my lewe op God se Woord te bou. Met alles in myself gaan ek in hierdie nuwe jaar die volgende glo en uitleef:
Stephan Joubert
Jan 10, 2022


Jou familie kyk vir jou
“Don’t worry that children never listen to you; worry that they are always watching you.” Hierdie woorde van Robert Fulghum is tydloos waar. Ouers is altyd lewende preke vir hulle kinders - goed of sleg. Uiteraard wil alle ouers, wat op die Here se pad leef, graag goeie voorbeelde vir hulle kinders, kleinkinders en vir die res van die familie wees. Daarom dat sulke ouers gedurig vir hulle kinders leer daar is iets soos reg en verkeerd. Daar is baie ja’s in sulke Godvresende o
Stephan Joubert
May 27, 2021


My geestelike nalatenskap
Watter geestelike erfporsie laat jy na aan almal, wat met jou te doen het? Teveel mense werk hulle morsdood om ‘n aardse erfporsie na te laat, wat slegs met materiële dinge te doen het. Wat laat ons egter na as navolgers van Jesus? Kyk net na die nalatenskap van Petrus en die ander apostels in Handelinge 5. Hulle lewens het getuig dat Christus die Here is. Dit het almal dadelik besiel.
Stephan Joubert
Dec 4, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Hoe lyk jou voetspore?
Op sy oupa se begrafnis se 'n kleinseun: "My oupa het nie modderspore gelaat nie..." Ek voel dadelik skaam en die aan die tye waar ek modderspore agtergelaat het.
Helena Smith
Mar 24, 2020


Nuusmakers versus meningsvormers - kies jou kant!
Jare gelede het die redakteur van een koerant vir my gesê hy dink nie juis aan die kerk as meningsvormers nie. Hulle is egter nuuswaardig wa
Stephan Joubert
Feb 24, 2020
bottom of page