top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Het jy al ‘n plan om die wêreld te verander?
Almal wil die wêreld verander. Almal wil hê dinge moet anders wees. Almal wil hê die kerk moet vol lewe wees en die land moet ’n beter plek wees. Tog het min mense ooit ‘n plan, wat nog te praat van ’n werkbare een! Diegene wat wel sulke planne het, voer dit selde deur. Dit lyk my iets meer is nodig as net om goeie planne in plek te hê. Ek praat van 'n dinamiese plan wat so groot en lewensverskuiwend is dat jy bereid is om jou hele lewe eksklusief daaraan te wy.
Stephan Joubert
4 days ago


Oud en jonk is goud werd vir God
George McGovern sê iewers: “I’m fed up to the ears with old men dreaming up wars for young men to die in.” Van oud en jonk gepraat - die woord teenager verskyn vir die eerste keer in 1673 in ‘n Engelse leksikon, terwyl die idee van generasiegapings eers vanaf die negentiende eeu af opduik. Tog dink die Bybel nooit in terme van ouderdom of generasies wanneer die regte en relevante uitleef van geloof ter sprake is nie. Anders gesê, nie een van ons is ooit te jonk of te oud om v
Stephan Joubert
Mar 2


Jy kan nie deeltyds vir die Here werk nie … Nee, jy kan nie!
“Ek is geroep om voltyds vir die Here te werk,” sê 'n teologiestudent eendag vir my. “Bestaan daar enige ander opsies wanneer die Here jou roep tot Sy diens?” vra ek dadelik. Miskien was dit oorhaastig aan my kant, maar te veel mense dink ’n roeping is sinoniem met predikantwees. Of om ‘n sendeling of ’n jeugwerker te wees. Dit is amper asof sulke voltyds betaalde kerklike werkers die alleenreg het op “voltydse” roepings in die Here se diens. Tog is Jesus se basiese oproep aa
Stephan Joubert
Feb 27


Is jy ‘n weerkaatser van die Lig?
‘n Ruk gelede het ek ‘n storie oor twee vuurtorings gelees. Langs ‘n ruwe stuk kuslyn, wat baie rotsagtig was, het vele skepe gestrand. Die owerhede het toe besluit om twee vuurtorings te bou. Een was ‘n gewone vuurtoring met ‘n helder lig daarin. Die tweede vuurtoring het geen lig van sy eie gehad nie, maar ‘n groot spieël. Dit het die lig van die eerste vuurtoring perfek op die see weerkaats. So het die gekombineerde lig van die twee torings die skepe deur veilige waters ge
Helena Smith
Feb 17


Ons is voorprente van wat kom
Ek is ‘n flieksnob, maar nie weens die rede wat julle dalk dink nie. Dis nie omdat ek slegs al die hoogdrawende of somber kunsflieks kyk nie. Ek hou ook van die meeste van die populêre flieks wat op 𝘕𝘦𝘵𝘧𝘭𝘪𝘹 of 𝘗𝘳𝘪𝘮𝘦 𝘝𝘪𝘥𝘦𝘰 vertoon word of in teaters draai. Ek is ‘n flieksnob, nie omdat ek slegs van sekere akteurs of regisseurs hou nie. Ek is ‘n flieksnob omdat ek ‘n groot probleem het met mense wat laat kom. Nou praat ek natuurlik van wanneer ‘n mens na ‘n tea
Roedolf Botha
Jan 13


Nie net praat, praat nie - ook doen, doen
“All we ever do is talk, talk!”- het ’n bekende popgroep ’n paar jaar gelede gesing. Net so! Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos om te sit sonder om te loop. Of soos om rond te staan sonder om ooit iewers heen op pad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there - do something!” Te veel praat lei tot te min doen. In ons as gelowiges se lewe moet woorde gedurig in dade verander, in die régte soort dade. Ons dade en gedrag moet liefde-aang
Stephan Joubert
Aug 22, 2025


Laat die regte afdrukke agter
Ons almal laat afdrukke agter. Meestal is dit ons vingerafdrukke. Ons laat egter meer as sulke fisiese afdrukke agter. Ons laat ook herinnerings as afdrukke agter. Soms is sulke afdrukke pynlik. Iewers langs die lewenspad het ons ander mense seergemaak of goor behandel. Soms weet ons dit, maar soms ook nie. Hoe dit ook al sy, sover dit van ons afhang, moet ons dinge weer gaan regmaak. Die Here vra dit van ons. Om afgebrande brûe te herbou, is altyd die regte ding om te doen.
Stephan Joubert
Jun 16, 2025


Wees die Here se lig, al word jy nie waardeer nie
“Omring jouself net met mense wat jou waardeer. Maak daardie mense jou vriende wat aan jou die nodige erkenning gee wat jy verdien.” Hierdie
Stephan Joubert
Mar 24, 2025


Jy hoef nie altyd woorde te gebruik nie
Die bekende komponis, Joseph Haydn (1732-1809), se orkes was by geleentheid oorwerk en tot die dood toe moeg. Die hertog, in wie se diens hu
Stephan Joubert
Mar 14, 2025


Bestuur gelowig
Sowat 3 000 mense sterf per dag wêreldwyd in motorongelukke. Nalatigheid, spoed, alkohol en padwoede speel ’n groot rol in die slagtings op
Stephan Joubert
Jan 31, 2025


Ambassadeur vir Christus
Toe Brink op ‘n stadium onderburgemeester van Verwoerdburg (nou Centurion) was, het ons geleentheid gehad om belangrike amptenare, diplomate
Alet Gardner
Oct 11, 2023


Ek het nie lelik gepraat nie, nie eens amper nie
“Ek was so kwaad dat ek amper nie lelik gepraat het nie.” Vir ’n oomblik moes almal mooi dink toe iemand dit opmerk in ’n geselskap. “Met an
Stephan Joubert
Oct 9, 2023


God is ’n goeie Vader
Wanneer ’n bekende TV-persoonlikheid, soos Piers Morgan, begin lag vir sommige kerklike manewales, dan moet jy weet daar’s ’n paar skroewe
Stephan Joubert
Sep 18, 2023


Nederig genoeg om op te kyk na God en na mekaar
Ek onthou ‘n verhaaltjie van ‘n koning, wat baie omgekrap was, omdat hy niks by enigiemand kon leer nie, wat ek een keer raakgelees het. Almal was volgens hom te dom. Uiteindelik bring sy raadgewers ’n jong seun na hom toe. “Wat kan ek by jou leer?” wou die koning dadelik weet. Toe vra die seuntjie vir die koning of hulle twee vir ’n oomblik plekke kan omruil. Hy wil graag op die koning se troon sit en die koning moet vir ’n paar oomblikke op die grond voor hom sit. Huiwerig
Stephan Joubert
Jun 12, 2023


Gesonde families is gelyk aan ’n gesonde samelewing
Op ’n dag is die beroemde psigiater, Viktor Frankl (1905-1997), in kennis gestel dat sy visum gereed was om na die VSA toe te emigreer. Dit was gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe hy en sy familie in Wenen gewoon het. Vervolging van Jode was toe daar in Oostenryk aan die orde van die dag. Op pad terug huis toe met sy visum, kom daar toe groot twyfel in sy hart. Wat sal van sy ouers word? Moet hy hulle oorlaat aan hulle eie lot daar in Wenen? Toe hy tuiskom, tref hy sy pa in
Stephan Joubert
Jun 5, 2023


Sien die groot “Ander” in ander raak
“Each is responsible for each, and I more so than all the others.” Hierdie woorde van die Russiese skrywer, Fyodor Dostoevsky, het vasgesteek in die hart van die denker, Emmanuel Levinas. Na die Tweede Wêreldoorlog het Levinas in Europa vir sy filosofie van “die Ander” bekend geword. Mense se andersheid en kosbaarheid word volgens hom sigbaar in gesig-tot-gesig interaksies. As ons mense met deernis raaksien en behandel, verander hulle kosbare ander.
Stephan Joubert
Feb 23, 2023


Vanaf outomaties na bewustelik
Hoeveel dinge doen ons elke dag outomaties, terwyl ons gedagtes eintlik op ander plekke ronddwaal? Die meeste van die tyd is ons nie eens be
Stephan Joubert
Feb 3, 2023


My uitkenningslied voor die Here
Die skryfster, Maria Popova, vertel hoe haar familie gedurende haar kinderjare ’n melodieuse uitkenningsteken vir mekaar gehad het. Wanneer een van hulle in ’n groot skare verlore geraak het, moes hulle net hierdie uitkenningsteken hardop fluit. Dan het ander familielede dadelik geweet waar hulle is. Sy sê haar pa se uitkenningsteken was die Beatles se “Yellow submarine.” Hierdie kenwysie het later verander in meer as ‘n uitkenningslied. Dit het verander in haar ouers se iden
Stephan Joubert
Apr 21, 2022


Amper is nie stamper nie
“Jy het my amper tot aksie beweeg,” sê iemand droogweg vir my na ‘n preek. Later, toe ek hieraan terugdink, skiet koning Agrippa se woorde in Handelinge 26:28 deur my kop. Dit was terwyl hy na Paulus geluister het, toe hy ’n gevangene in Sesarea-Maratima was. Toe het Agrippa gesê Paulus beweeg hom byna om ’n Christen te word. “Amper is nog nie stamper nie,” sou my oupa dadelik gesê het.
Stephan Joubert
Feb 24, 2022


Vyf boustene vir 2022
Hier aan die begin van 2022 kies ek van voor af om my lewe op God se Woord te bou. Met alles in myself gaan ek in hierdie nuwe jaar die volgende glo en uitleef:
Stephan Joubert
Jan 10, 2022


My taal is my wêreld
“The limits of my language means the limits of my world,” het die bekende denker, Ludwig Wittgenstein, een keer gesê. Ware woorde! As die woorde op jou lippe destruktief, afbrekend en negatief is, is jou wêreld baie klein. O ja, en ook lewensgevaarlik. Dan maak jou woorde jou van binne af siek, asook vir elkeen binne trefafstand daarvan. Jou tong moet tot bekering kom, daagliks en aanhoudend! Jou woorde moet aanhoudend deurdrenk wees met die sagtheid en deernis van die Heilig
Stephan Joubert
Nov 4, 2021
bottom of page
