top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Nie sieldodend nie, maar lewegewend
Ben Hecht (1894-1964) was op sy dag ‘n bekende skrywer en regisseur in Hollywood-kringe. In sy outobiografie vertel hy dat dit ’n groot ontnugtering vir hom was om te besef baie bekendes hul sukses op die feit skoei dat hulle nooit hulleself was nie. Hulle sukses was geleë in verskillende rolle wat hulle vertolk het. Hulleself was egter brandarm wat hul eie karakter betref. In Hecht se eie woorde: “They had borrowed identity from the world and not out of their own souls.”
Stephan Joubert
Jul 6


As God ’n een-lyner oor ons moet skryf
Toe is die skrif teen die muur - letterlik en figuurlik. Ek praat van daardie dag toe God die of one liner oor koning Belsasar teen sy paleis se muur geskryf het terwyl hy en sy vriende partytjie gehou het. Ons lees in Daniël 5:25-28 hoe sy ganse lewe in ’n paar woorde saamgevat word: “Mene, mene, tekel, ufarsin.” Oftewel: “Getel, getel, geweeg, verdeel.”
Stephan Joubert
Mar 16


Skryf in vir ’n taalkursus by die Here
Dit is moeilik om ’n nuwe taal aan te leer. Dit vra jare se inoefening om dit reg te kry. Wel, ons moet aanhoudend ‘n ou taal afleer en ’n nuwe een aanleer. Ons moet ophou om dwaasheid te praat en wysheid baasraak. Spreuke leer ons dat dwase lief is vir haatpraatjies en vir skinder (10:18). Hulle verwoes ander mense met hulle woorde (11:9). Hulle maak mense seer met hulle venynige woorde (12:6). Van vroeg tot laat het hulle hul monde vol oor ander mense (18:2). Daarom is hull
Stephan Joubert
Oct 24, 2025


‘n Ander soort selfversorging
In vandag se veeleisende en besige lewe val die klem baie op selfversorging. In tydskrifte en op die internet kry ‘n mens raad oor hoe om jouself fisies en geestelik goed te versorg. Ons lees wenke soos oefen gereeld, eet gesond, neem ‘n borrelbad, gaan stap met jou hond en vele meer.
Helena Smith
Jul 8, 2025


Selfbeheersing
Selfbeheersing is om my eie behoeftes, veiligheid, gerief, planne, beroep en wat nog alles ondergeskik aan God te stel. Dis om teen alles in
Stephan Joubert
Jan 17, 2025


Leef eg, dan leef jy reg
Om skynheilig te wees, is om voor te gee wat jy nie regtig is nie. Die Encyclopedia Britannica beskryf ’n skynheilige as “a person who claim
Stephan Joubert
Aug 29, 2024


Hoe Jesus ‘n lewe meet
Hoeveel is ‘n lewe werd? Dis in wese die vraag waarmee die prokureur, Kenneth Feinberg, net na die 911 gebeurtenis moes worstel. In die flie
Roedolf Botha
Aug 13, 2024


Selfbejammering
Die Oxford English Dictionary definieer selfbejammering as “excessive, self-absorbed unhappiness over one’s own troubles”. Selfbejammering b
Elmarie van der Westhuizen
Jul 24, 2024


Moenie die Bybel gebruik soos wat jy wil nie
Mense se eindelose vermoë om elke denkbare kolletjie in die lewe te verbind, net soos wat hulle wil, om antwoorde te kry, is stokoud. Dit is
Stephan Joubert
Jul 11, 2024


Leierskap en selfondersoek
Op ‘n stadium is daar baie oor selfleierskap gepraat. Wat daarmee bedoel word, is dat dit soms heelwat eenvoudiger is om ander mense te lei,
Roedolf Botha
Feb 21, 2024


Rowwe diamante kan ook hulle diamantstatus verbeur
Soms word daar na sekere mense as rowwe diamante verwys. Sulke rowwe diamante het goeie harte, maar hulle kort blykbaar nog ’n bietjie fines
Stephan Joubert
Sep 7, 2023


Nederig genoeg om op te kyk na God en na mekaar
Ek onthou ‘n verhaaltjie van ‘n koning, wat baie omgekrap was, omdat hy niks by enigiemand kon leer nie, wat ek een keer raakgelees het. Almal was volgens hom te dom. Uiteindelik bring sy raadgewers ’n jong seun na hom toe. “Wat kan ek by jou leer?” wou die koning dadelik weet. Toe vra die seuntjie vir die koning of hulle twee vir ’n oomblik plekke kan omruil. Hy wil graag op die koning se troon sit en die koning moet vir ’n paar oomblikke op die grond voor hom sit. Huiwerig
Stephan Joubert
Jun 12, 2023


Geen “pity party” nie, want Jesus is terug
In Engels praat mense soms van ’n “pity party”. Dit gebeur wanneer jy jouself eindeloos jammer kry. Dit gebeur wanneer jy begin glo niemand se lot is so swaar soos joune nie. Dit gebeur wanneer jy voel niemand kry jou jammer genoeg, terwyl jyself in jammerkry-laagte vasgeval het nie. Presies so-iets gebeur met die dissipels daardie eerste Sondagaand na Jesus se kruisiging. Hulle eerste “aanddiens” het maar droewig afgeskop, soos wat Johannes 20:19-24 vir ons vertel. Hulle het
Stephan Joubert
Apr 10, 2023


Hardkoppigheid is nie ’n deug nie
Jare gelede gaan kuier ek by ’n vriend in die hospitaal. Daar vertel hy my toe hoe die persoon in die bed langs hom pas op sy krukke buitekant toe gestrompel het om daar te gaan rook. Dit was kort nadat ’n deel van sy been afgesit is as gevolg van gangreen, wat veroorsaak is deur sy rookgewoontes. Daardie ou was dus letterlik besig om sy liggaam op te rook. Nogtans het hy hardkoppig hiermee volhard.
Stephan Joubert
Apr 6, 2023


Vlug reg as jy die slag moet!
“Ek het niks om weg te steek nie,” sê iemand in ’n film. “Jy is gelukkig,” antwoord iemand anders, “want almal steek iewers ’n paar geheime weg.” Dit het my herinner aan ’n verhaal, wat op 16 Junie 1901 in die Washington Post verskyn het. George D. Aldrich het hier ’n storie gedeel wat hy by Arthur Conan Doyle gehoor het. Conan Doyle het een keer vir sy vriende gesê almal het teen ouderdom 40 'n geraamte in die kas. Toe besluit hulle om hierdie stelling te toets. Hulle het 'n
Stephan Joubert
Mar 16, 2023


Moenie foutvinderig leef nie
In ‘n onlangse omvattende studie in die VSA, waarin daar gevra is na die verskil tussen Christene en nie-Christene se optrede, het die meeste respondente gesê: “Christene is te veroordelend en liefdeloos.” Hoe jammer dat diegene, wat veronderstel is om die wêreld met liefde te verower, soms selfaangestelde regters oor ander mense geword het. Luister maar net na sommige gelowiges se skerp tonge in die kerk, dan besef jy dit opnuut.
Stephan Joubert
Sep 2, 2022


Mrs. Harris Goes to Paris (“Spoiler alert”)
In Mrs. Harris Goes to Paris (2022) is daar ʼn oomblik wanneer die fliek twee bekende landmerke in Frankryk vir ons wys. Die een is die Eiffel-toring, wat seker die bekendste konstruksie in Parys is. Die ander gebou is die Sacré Coeur, ʼn kerkgebou op een van die hoogste plekke in die stad.
Siegfried Louw
Aug 23, 2022


Swak keuses wat jou naam skade doen
As Christen word ‘n mens soms onder ‘n vergrootglas dopgehou. Elke ding wat jy doen, word gesien en bespreek. Hierdie besprekings gaan definitief nie oor hoe oulik jy as Christen optree nie. Jy word aan flarde geskeur en nog geskop vir die doodskoot ook. Kortom, jou dade en optrede word dopgehou. Die slegte is dat ons verkeerde keuses maak en dan dra ons die gevolge van ons dade.
Marietjie Joubert
Aug 9, 2022


Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 vC), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het hoekom hy dit doen, het hy geantwoord hy is op soek na ’n man. Diogenes het bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. Nêrens kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie.
Stephan Joubert
Jun 30, 2022


Weet waarheen jy op pad is
Ek het iewers op Facebook die verhaal gedeel, wat ek raakgelees het, oor ’n kort toespraak, wat Billy Graham in Charlotte, North Carolina gehou het. Dit was kort voor sy 93ste verjaarsdag. Hy het vir die mense van Albert Einstein vertel, wat eendag op ’n trein nie sy kaartjie kon kry toe die kondukteur by hom aangekom het nie. Die kondukteur het egter geantwoord: “Dr. Einstein, I know who you are. I’m sure you bought a ticket. Don’t worry about it.” Toe het hy aangestap.
Stephan Joubert
Jun 27, 2022


Rassisme: Kaktus in die vrugteslaai
Daar is min dinge so lekker soos vrugteslaai: Mango, papaja, spanspek, kersies, bloubessies, macadamianeute en mintblare, bedruip in tropiese vrugtesap. Voeg nou ʼn paar kaktusse by en meng dit goed en die sappige, stroopsoet vrugteslaai verander in ʼn oneetbare spul op die komposhoop…
Liezel Lüneburg
May 17, 2022
bottom of page
