top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


So raak vrees uit die mode
"Ek is bang." Dit is die daaglikse ervaring van derduisende mense. Vrees is 'n goor realiteit. Vrees maak jou blind en irrasioneel. Vrees laat jou vries, veg of vlug. Vrees haal die mooi uit jou lewe. Dit los net al die skerpkante oor, wat seermaak. Die Here weet dit. Daarom dat Hy keer op keer in die Bybel vir Sy mense sê: "Moenie bang wees nie!” Hierdie woorde geld vandag ook vir jou. Ook jý is vandag 'n aangespreekte deur die Here. God self sê vir jou: “MOENIE BANG WEES NI
Stephan Joubert
Jul 4


Die afstand het drasties gekrimp
Afstand speel ’n groot rol in ons elkeen se lewe. Sommige plekke waarheen ons op pad is, is naby en ander bestemmings is ver. Van afstand ge
Stephan Joubert
Nov 20, 2023


Christus is dieselfde, al verander alles
Geen handboek kon ons voorberei het op hierdie nuwe wêreld, waarbinne ons tans leef nie. Die Corona-virus het ons deel gemaak van ’n wêreld van konstante verandering. Die Europese denker, Zygmunt Baumann, het juis die term “liquid modernity” gebruik om ons onseker tydsgees mee te beskryf. Hiermee bedoel hy alles is aan’t vloei. Niks in die samelewing hou meer vir lank nie. Stelsels raak gouer in onbruik as die tyd wat dit geneem het om hulle op te rig.
Stephan Joubert
Sep 26, 2022


Vandag is ’n nuwe dag in Jesus se nabyheid
Vandag is ’n nuwe dag. Vandag verskuif die wêreld in die regte rigting. Vandag is die Here se nuwe dag. So vertel die Lukas-evangelie ten minste vier keer vir ons. Hierdie nuwe vandag breek aan, wanneer die engele in Lukas 2:10 bokant Betlehem uitroep: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” Jesus se koms lei God se vandag in. Die Messias en die Verlosser van die wêreld se koms is gelyk aan God se nuwe vandag!
Stephan Joubert
Aug 22, 2022


Sit dit af, sit dit af!
So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te e
Stephan Joubert
Aug 8, 2022


Krag vir daardie groot moegheid
Die lewe het nogal ‘n manier om krapmerke op jou liggaam en jou gees agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer terwyl die lewensjare meer word. Jy herstel nie so vinnig soos altyd na ‘n groot siekte nie. Jy beweeg ’n klein bietjie stadiger. Dit voel ook of jou geheue jou te veel kere in die steek laat. Tog gebeur dit nie net met mense wat ouer word nie. Jesaja 40 vertel vir ons dat selfs die jongmanne moeg en afgemat raak. Moe
Stephan Joubert
Aug 1, 2022


Aandag, vandag is ’n goeie Maandag!
Skietvoorvalle waar indiwidue losbrand op skares, neem by die dag toe regoor die wêreld. Dit is veral Amerika wat deurloop. Na vyf agtereenvolgende naweke dat sulke skietvoorvalle plaasgevind het, is die naweek van 24-26 Junie 2022 gekenmerk deur tien afsonderlike voorvalle. Gedurende hierdie wilde naweek is 7 mense doodgeskiet en 46 gewond. Sulke skietvoorvalle vind ook gereeld plaas in Suid Afrika. In die laaste week van Junie is vier mense in Kaapstad doodgeskiet in vermee
Stephan Joubert
Jul 4, 2022


Al is jy al een, is jy nie alleen nie
Verlede week het ons juis saam nagedink oor hoe duur Josef se integriteit hom gekos het. Hy het in die tronk beland, omdat hy nie toegegee het aan Potifar se vrou se versoekings nie. Josef was al een daar in die Egiptiese tronk wat in die lewende God geglo het, maar hy was definitief nie alleen nie. Genesis 39:20-23 vertel vir ons dat, terwyl Josef in die tronk was, was die Here by hom. Nog meer, Hy het Josef Sy troue liefde daar laat ondervind. Dit het gemaak dat die tronkbe
Stephan Joubert
May 30, 2022


Het Jesus dalk afgetree?
Toe ek een keer in my kinderdae vir my oupa vra wat hy doen, het hy geantwoord: “Nie te veel nie, want ek is met pensioen.” Ek het nie verstaan wat dit beteken nie. Toe verduidelik my oupa vir my dat hy afgetree het. Dadelik vra ek toe vir hom of Jesus ook op pensioen is. Hy wou weet hoekom ek so iets vra. Ek het toe verduidelik dat dominee vir ons vertel het Jesus se werk was afgehandel, nadat Hy aan die kruis gesterf het. “Dit is hoekom Hy nou met pensioen in die hemel moet
Stephan Joubert
Jun 14, 2021


Om dapper by die dood verby te stap
Feodor Dostoyevski (1821-1881) was ’n beroemde Russiese skrywer en denker. 23 Desember 1849 was amper die einde van sy lewe. As lid van ‘n vereniging, wie se publikasies die Russiese tsaar bedreig het, is hy ter dood veroordeel. Saam met ander gevangenes sou Dostoyevski in St. Petersburg deur ’n vuurpeleton tereggestel word. Minute voor sy teregstelling het ’n amnestiedokument van die tsaar egter daar opgedaag en sy lewe is gespaar. Kort hierna skryf Dostoyevski ’n brief vir
Stephan Joubert
Jun 7, 2021


Net seker van die Gees
Ons is so in beheer van ons lewens en ons wêreld as wat kan kom. Ons selfone maak ons op enige plek bereikbaar. Ons GPS keer dat ons verdwaal. Ons rekenaars sorg vir seepgladde toegang tot die super-informasie hoofweg. Vandag se wêreld is meer effektief as ooit. Tog is die mensdom diep ongelukkig. So bevind die tydskrif Time onlangs. Meer huwelike spat uitmekaar, meer kinders gebruik dwelms en meer gesinne verbrokkel as ooit –ten spyte van ons tegnologie, terapeute en kerklik
Stephan Joubert
Aug 14, 2020


God se nabyheid is eindeloos belangrik
In Psalm 73 praat die musiekleier Asaf van ‘n welbekende observasie wat moontlik van tyd tot tyd in die lewe van elke gelowige kop uitsteek.
Ivor Swartz
May 5, 2020


Die Here is by jou
Ek het al so baie beleef dat mense in ‘n tyd wat hulle swaarkry, baie vrae het of vra. Hoe meer antwoorde hulle kry, hoe meer
Marietjie Joubert
Feb 25, 2020
bottom of page