top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ons kan onsself nie elke slag “fix” of herstel nie
Wanneer ons motor stukkend is, neem ons dit na ’n werktuigkundige toe vir herstelwerk. Dieselfde geld vir al die toebehore in ons huis. Maar wanneer onsself stukkend raak, steek ons dit soms goed weg. Ons dink ons kan onsself fix. Wel, ons kan nie aldag nie. Ons is te trots of te skaam om daaroor met iemand te praat. Dan verstaan ons nie hoekom ons angstig of terneergedruk is nie. Ons meen ’n vinnige wegbreek kan dit alles regmaak. Of ’n vakansie. Maar dit doen nie. Soms krui
Stephan Joubert
Jul 28


Wees vir ’n slag die uitsondering - wees gelukkig!
Geleerdes praat van toksiese positiwiteit, wat nadelig is vir ons geestesgesondheid. Dit gebeur wanneer negatiewe gevoelens ontken of onderdruk word. Enige vorm van kunsmatige positiwiteit is ongesond. Maar dis dalk nie die grootste probleem van ons dag nie. Ons leef in ’n wêreld, wat so oorbewus van indiwidue se “issues” en benadeeldheid geraak het dat dit onnatuurlik is om te sê jy is gelukkig. Of om te sê jy is nie oorwerk, uitgebrand, bekommerd, angstig of gestres nie.
Stephan Joubert
Jun 23


Bekommernis is ‘n beslommernis
O, ek dink ek sou heel moontlik die wêreldkampioenskap vir kommerkouse kon wen! As daar niks is om my oor te bekommer nie, wonder ek wanneer
Helena Smith
Sep 19, 2023


Geloof en bekommernis is nie vriende nie
Bekommernis is ‘n geloofdief. Dit blus die kragtige werking van die Heilige Gees al te gou uit. Psalm 37 bied ‘n paar belangrike beginsels o
Stephan Joubert
Aug 25, 2023


Bekommernis - so maak mens
Moenie dat bekommernis jou lewe bederf nie. Kry dit dadelik uit jou lewe uit. Nee, nie later nie, sommer nou dadelik! Bekommernis is ‘n gelo
Stephan Joubert
Aug 18, 2023


Lag gelowig
In ’n onlangse boek oor die impak van humor vertel Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas van ’n stukkie navorsing wat bevind ’n gemiddelde vierjarige kind lag amper 300 keer per dag, terwyl dit ’n veertigjarige ’n volle tien weke neem om 300 keer te lag. Eina! Hoor weer: dit neem ’n volwassene 70 dae om soveel te lag soos wat ’n klein kindjie in een dag lag.
Stephan Joubert
Jun 26, 2023


“Wat as?”
Jy ken daardie dodelike duo. Ek praat van daardie gevaarlike twee woorde: “Wat as..?” Wat as Eskom nie regkom nie? Wat as beurtkrag toeneem? Wat as die onderwys in duie stort? Wat as misdaad nog toeneem? Wat as my gemeente krimp en moet toemaak? Wat as my geld nie gaan hou nie? Wat as daar nie werk vir my kinders of kleinkinders gaan wees nie?
Stephan Joubert
May 29, 2023


Oppas vir daardie GEVAARLIKE VYF
In die gelykenis van die saaier in Markus 4 waarsku Jesus dat sommige mense hulle geloof langs die lewenspad sal prysgee. Vyf geloofsdiewe is die rede hiervoor. Jesus noem hierdie GEVAARLIKE VYF by die naam: (a) lyding, (b) ernstige teenstand teen die evangelie, c) bekommernisse oor alles, wat verkeerd gaan in die lewe, (d) liefde vir besittings en (e) die suigkrag van vernietigende begeertes.
Stephan Joubert
Oct 20, 2022


Hoe meer jy wil hê, hoe meer is jy ’n slagoffer van jou besittings
Prediker 5:9-14 deel agt lesse oor die goor gevolge van ‘n eindelose najaag van besittings. Nee, die Prediker is glad nie gekant teen geld of rykdom nie. Alles behalwe. Hyself was welvarend, maar hy weet hoe gevaarlik dit is wanneer geld ons baas word. Dan verander ons in lewenslange slawe hiervan.
Stephan Joubert
Jun 20, 2022


Jesus kry jou veilig tuis
Michael Murphy was ’n Navy Seal in die Amerikaanse weermag. Op 28 Junie 2005 het hy sy eie lewe opgeoffer om ‘n medesoldaat, Marcus Luttrell, se lewe te red, toe hulle deur 40 Taliban soldate in Afghanistanvasgekeer is. Op 13 Julie is hy in die VSA in die Calverton National Cemetry begrawe. Terwyl sy ma, Maureen, daardie dag na haar motor teruggestap het, het ’n teksboodskap skielik op haar selfoon verskyn. Dit was ’n teksboodskap, wat haar einste seun Michael vier maande tev
Stephan Joubert
Jun 6, 2022


God laat Homself vind
Die boek Job is juis ’n lewensgrootte worsteling met lyding en met God se rol hierbinne. Nadat Job self al sy kinders aan die dood verloor het, saam met al sy aardse besittings, worstel hy om sin te maak van die lewe en van God. Dan ontdek Job vir God op ’n nuwe manier in sy lyding. Hy loop in God vas, nie in rasionele antwoorde nie. Of is dit andersom? God loop in Job vas! Job ontdek dan dat die Here hom nie afgeskryf het nie. Hy leer God ken as die Een wat sy liefde en alma
Stephan Joubert
Jul 30, 2020


Gee jou bekommernis vir God
As daar nou iemand is wat 'n berg van 'n molshoop kan maak, is dit ek. Ek kan my vreeslik bekommer en soms snags wakker lê en my pro
Helena Smith
Jan 28, 2020
bottom of page