• deur Alet Gardner

Skild van geloof vir die toegeruste soldaat


My pa, destyds ‘n jong Suid-Afrikaanse polisieman, het na ‘n liefdesteleurstelling besluit om saam te gaan veg teen Hitler en sy magte. Soos elke ander soldaat was hy uitgereik met uniform, noodrantsoen en later ook ‘n gasmasker. Hy het vertel dat daar op elk van hierdie items ‘n etiket of merk was.

As Christen is ek ook ‘n soldaat, uitgereik met wapenrusting vir die geestelike geveg waarin ek my gaan bevind. Die baie spesiale brandmark op my skild van geloof is “Die Here die Almagtige.”

Terwyl die Corona-virus soos ‘n nader-marsjerende oormag die wêreld om my oorneem, kan ek veilig wees in sy beskerming, kan ek Hom vertrou, staatmaak op Hom, met vrymoedigheid op Hom steun. Hy wat belowe het Hy sal nooit sy kinders verlaat of in die steek laat nie (Hebreërs 13:5). Hy is by my ook wanneer ek of een van my dierbares sou siek word.

Wanneer ek my geloofsoog op die Here hou, deurentyd myself daaraan herinner dat Hy by my is, kan ek rustig gaan slaap en soggens wakker word met “Great is thy faithfulness” in my hart. Ek kan die onbekende dag sonder vrees ingaan. En wanneer die storm om my woed en angs dreig om my te oorval, is dit die tyd om te onthou dat die geestelike “natuurwet” vas staan, soos die vliegterm sê: “Houding bepaal hoogte.” (Attitude determines altitude.) Die manier waarop ek my geloofsvlerke draai gaan bepaal of hierdie sterk wind my gaan oplig of my gaan vernietig.

When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it! (Henry Ford)

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: