Heilig-wees, voorbeeld wees
- Alet Gardner
- May 19, 2020
- 2 min read

Nickie Gumble sê: “When God’s hand is on you, you are like a light on a hill (Matt 5:15). His light shines out of you and it will attract people to Him. He will use you as a leader, equipping you with all the courage and authority you need.”
My eersteling het kleintyd bene probeer kruis presies soos ma. En vriende se twee dogtertjies het baklei oor wie “tannie Alet” kan wees wanneer hulle speel. Hoeveel te meer gaan dit vir enigeen wat my voorbeeld volg, die moeite werd wees wanneer ek gestroop van self en “geklee” is met Jesus.
God het bedoel dat elk van sy kinders ‘n simbool en bron van seën sal wees, dat ander sal sê: “Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle (ons kan sien en ervaar dat God by julle is).” (Sagaria 8:13b) Dit gaan by uitstek gebeur wanneer ek my gereeld ‘n bietjie afsonder om met God te ontmoet, Hom beter te leer ken deur die Bybel (sy liefdesbrief aan sy kinders), te groei in my verhouding met Hom sodat ek sy heerlikheid en heiligheid kan weerkaats. Die resultaat kan dan wees dat ander Hom raaksien/in kontak met Hom kom wanneer ek tyd met hulle spandeer. So is my lewe dan soos suurdeeg in die wêreld, kan ek ongesiens en dikwels sonder erkenning gebruik word om wonderlike resultate vir die Here te bereik.
Die Message sê juis: Our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him. (2 Korintiërs 3:18)
My verantwoordelikheid is om in nederige afhanklikheid van God self te lewe – dan kan sy heiligheid in en deur my elke persoon wat oor my pad kom, meer begeesterd (alive) laat nadat ons tyd saam spandeer het. Nie omdat ek so goed is nie, maar omdat God se goedheid, sy genade deur my skyn.
Ek moet net altyd onthou om nederig te wees, of ek gaan neerslaan!
Comments