top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die evangelie vra jou telefoonnommer
'n Onderwyseres vertel my van ’n briefie, wat sy een keer van ‘n skolier gekry het, wat nie sy huiswerk gedoen het nie. Hy het egter ‘n huilende gesiggie bo-aan die briefie geteken en geskryf dat hulle geen kos in die huis oorhet om te eet nie. Sy ma het nie ‘n kar nie en hyself moet elke dag ver stap skool toe. Toe besef die juffrou dat dit niks sal help om iets te sê soos: “Ek dink aan julle” nie. Ook sal dit nie help om te sê: “Ek sal vir julle bid” nie. Sy het geweet sys
Stephan Joubert
Jun 27


Toe lewer God ‘n regsuitspraak in die hemel
Toe lewer God Sy uitspraak daar op Sy regterlike troon in die hemel. Boonop het dit ook lank voor die wederkoms gebeur. O ja, Psalm 82 vertel vir ons hiervan. Die Here het naamlik daar tussen die hemelwesens opgestaan om Sy uitspraak te lewer. Wat het aanleiding gegee tot hierdie regsgeding en tot die hemelse beslissing? Psalm 82 gee ook die antwoord. God het aardse leiers en regters, wat onregverdige beslissings fel, na Sy hemelse hof toe gevat. Hy het hulle gedaag om voor H
Stephan Joubert
Jun 6


Ek mag my lot bekla by God
Die skrywer van Psalm 88 verkeer in groot nood. Hy beskryf sy swaarkry as ’n diep, donker put. Op ’n soortgelyke manier verwoord Psalm 69 se skrywer sy eie nood as stormwaters waarin hyself vasgevang is. Dit het reeds tot by sy keel gestyg. Hy is boonop ook nog vasgekeer in die modder. Hy kan nie meer regop staan nie. Tussendeur skree hy aanhoudend om hulp. Hy is al moeg gepleit en stokflou gebid, want sy nood hou net nie op nie.
Stephan Joubert
May 4, 2023


Moenie dat nood jou leer bid nie, laat die Here jou leer
“Nood leer bid.” So lui die spreekwoord. Moenie dit met toe oë glo nie, want dan gaan jy altyd bid soos wat jy in tye van nood bid. Dan gaan al jou gebede eintlik net om jou eie nood draai. Of om jou behoeftes. Doen eerder wat Jesus se dissipels in Lukas 11 gedoen het. Gaan vra vir Jesus om jou te leer bid. Hy is die regte Leermeester. Hy sal vir jou die “Ons Vader”-gebed leer bid. Dan sal jy weet gebed gaan heel eerste oor God se eer en oor sy koninkryk. Dan sal jy elke dag
Stephan Joubert
Nov 24, 2022


Skyn teen volsterkte
My oupa het dikwels na sekere kerkmense verwys as “diep” gelowiges. Toe ek hom eenkeer vra wat ‘n “diep” gelowige is, sê hy dis mense wat reguit hemel toe gaan, omdat hulle groot dinge vir die Here doen. Met respek aan my oupa, ‘n mens ken nie diep gelowiges so maklik uit nie. Groot gelowiges werk agter die skerms. Hulle werksterrein is ander mense wat nood en seer het. Tussen armes, verwerptes en verdwaaldes loop hulle stilweg tweede myle. Daar dien en help hulle gereeld. Hu
Stephan Joubert
Dec 17, 2021


Omgee: So maak mens
‘Wat is daarin vir my?’ Dis die eerste vraag wat mense gewoonlik vra, as hulle ‘n transaksie sluit. Soms word mense se geloof ook beïnvloed deur sulke vrae. Paulus het egter ‘n ander roete gekies. Hy het die vraag verander van: “Wat gaan ek daaruit kry?” na “Watter voordeel gaan ander uit my gawes kry?” Dis ‘n reuse skuif. Paulus was nie in diens van die evangelie ter wille van homself nie. Dit het oor God gegaan en oor ander mense. Hulle het meer as hyself saak gemaak. As hy
Stephan Joubert
Dec 10, 2021


Kyk die gawes van die Gees reguit in die oë
Daar is geen teenvoeter vir ‘n deeglike kennis van God se Woord nie. Om sinvol oor die Gees se gawes te praat en dit reg in jou eie lewe aan te wend, is dit noodsaaklik dat jy op hoogte moet wees met wat die Bybel hieroor sê. Daarom moet jy die volgende Bybeltekste asseblief deeglik gaan deurlees: 1 Petrus 4:6 - 8, Romeine 12:7 - 8; 1 Korintiërs 12:28 - 31; Efesiërs 4:11, en 1 Petrus 4:6 - 8. Hierdie is die vier vernaamste teksgedeeltes in die Bybel oor die gawes van die Gees
Stephan Joubert
Aug 20, 2021


2.5 miljoen geleenthede
Hongerte is ’n gevoel, wat ek goed ken: ’n Maag wat luid protesteer, hongerpyne en dan gevoelens van lighoofdigheid, naarheid en bewerasie. Gelukkig kreun die yskas, spensrakke en vrugtebakke onder die kos. Daar is egter ’n gevoel, wat ek, dank die Vader, glad nie ken nie: Om permanent dood van die honger toe te kyk hoe my kinders huil, omdat daar nie kos in die huis is nie.
Liezel Lüneburg
Jun 15, 2021


Is óns betroubaar?
So baie gelowiges en gemeentes doen soveel betekenisvolle goed in hierdie weird Corona-tyd waarin ons onsself bevind. So baie mense se hande, harte en beursies is oop, somtyds ten koste van hulleself. So baie gemeentes doen van hulle beste werk in hierdie tyd. So baie is betrokke by goeie en sinvolle noodverligtingsprojekte. Wat ‘n inspirasie is dit nie!
Roedolf Botha
Apr 28, 2020
bottom of page