top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Leierskap in tye van weerstand
Daar is een ding waarmee alle leiers te make kry, ongeag die spesifieke industrie waarin hulle werk, en dit is weerstand. Trouens, die punt kan gemaak word dat ‘n leier se metaal eers werklik getoets word wanneer daar teenstand is. ‘n Veteraan-leier sal vir jou kan sê dat dit juis hier is, te midde van weerstand en teëstand, waar jou vaardighede as leier gevorm word. Daarom word daar deur baie kundiges oor die relevansie en belangrikheid van weerstandsbestuur gepraat. Tod Bol
Roedolf Botha
Jul 9


Leiers moet mense gereed maak vir die dag van môre
Ek is geen doemprofeet nie. Ek was nog nooit een nie. Doemprofesieë kom en gaan en tog is ons nog steeds hier. Van jongs af al hoor ek...
Roedolf Botha
Nov 13, 2024


Nie ‘n ontsnappingsroete nie
Die Here is nie besig om ons in watte toe te draai met die oog op die nuwe wêreld, wat Hy vir ons voorberei nie. Hy wil ons nie hier wegkry
Stephan Joubert
Sep 15, 2023


“Wat as?”
Jy ken daardie dodelike duo. Ek praat van daardie gevaarlike twee woorde: “Wat as..?” Wat as Eskom nie regkom nie? Wat as beurtkrag toeneem? Wat as die onderwys in duie stort? Wat as misdaad nog toeneem? Wat as my gemeente krimp en moet toemaak? Wat as my geld nie gaan hou nie? Wat as daar nie werk vir my kinders of kleinkinders gaan wees nie?
Stephan Joubert
May 29, 2023


Kry jou kop reg
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raaksieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s
Stephan Joubert
Nov 19, 2021


Nog eens - die toekoms word gewaarborg!
Die Gees is God se waarborg dat ons elkeen, wat aan Hom behoort, se toekoms veilig is. Om dit te onderstreep, noem Paulus in 2 Korintiërs 5 die Gees nog eens die waarborg van God. Hier is hy besig om te vertel van die nuwe lewe anderkant die dood, wat God tans besig is om vir ons voor te berei. Dan onderstreep hy die absolute sekerheid dat dit wel sal aanbreek deur die Gees se rol as hemelse waarborg uit te lig. Net soos in Efesiërs 1:13-14 en vroeër in 2 Korintiërs 1:22, bev
Stephan Joubert
May 21, 2021


Beseël vir die groot fees!
Die voorregte uit God se hand, waaraan ons nou reeds deel het, is maar net ’n voorsmakie van dit wat nog voorlê. Hiervan is die Gees die persoonlike waarborg. Hy sal sorg dat ons die wenstreep haal. Hy het ons beseël as God se persoonlike eiendom. Hy is die deposito, wat ons Hemelse Vader as vooruitbetaling op ons elkeen se lewe inbetaal het om ons te verseker dat niks of niemand sal keer dat ons die groot feesbanket in die hemel haal nie. Ons is mense met die toekoms in ons
Stephan Joubert
May 7, 2021


Jazz en Vonke
Lank gelede het ek Sondae tydens middagete in ʼn hotel by die see klavier gespeel. Ek kon nooit lekker uitvind of ek die mense rustig gemaak het en of ek hulle vinniger laat eet het nie. Maar een ding het ek oor foute agter die klawers geleer: As jy ʼn fout maak, herhaal dit ʼn paar keer. Dan noem jy dit “jazz”.
Siegfried Louw
Feb 9, 2021


Gelukkige Nuwe Jaar
Ag, ek is so lief vir ABBA se musiek. Vanaand, terwyl ek hier in Desember skryf, dink ek oor die jaar wat verby is. Ons almal het soos gewoonlik uitgesien na die nuwe jaar en die beloftes wat dit inhou. Met Nuwejaarsdag het ons almal die mooiste wense vir ons familie en vriende uitgespreek.Ons sou dalk selfs na ABBA se liedjie “Happy new year” geluister het.
Marietjie Joubert
Jan 26, 2021


2020: Lesse vir die toekoms
“Life is difficult.” So begin dr. M. Scott Peck, ‘n psigiater, sy boek, The road less travelled. Ek dink almal van ons kan na 2020 sê dat die lewe inderdaad moeilik is. Ons is almal geraak deur Covid 19. Almal van ons het die inperking beleef. Sommige mense het dalk hul werk verloor en ander se salaris is dalk dramaties gesny. Party van ons het geliefdes aan die dood afgestaan. Sommiges was vir lank afgesny van hul geliefdes, wat ver woon.
Helena Smith
Jan 12, 2021
![Wat Tenet ons oor Kersfees leer [Spoiler alert!]](https://static.wixstatic.com/media/nsplsh_47697657744f6747794159~mv2_d_6000_4000_s_4_2.jpg/v1/fill/w_443,h_250,fp_0.50_0.50,q_30,blur_30,enc_avif,quality_auto/nsplsh_47697657744f6747794159~mv2_d_6000_4000_s_4_2.webp)
![Wat Tenet ons oor Kersfees leer [Spoiler alert!]](https://static.wixstatic.com/media/nsplsh_47697657744f6747794159~mv2_d_6000_4000_s_4_2.jpg/v1/fill/w_310,h_175,fp_0.50_0.50,q_90,enc_avif,quality_auto/nsplsh_47697657744f6747794159~mv2_d_6000_4000_s_4_2.webp)
Wat Tenet ons oor Kersfees leer [Spoiler alert!]
Christopher Nolan se nuutste fliek, Tenet, het mense aan die gons. Soos met sy ander flieks, durf jy dit nie waag om die fliek te onderbreek vir ʼn glasie water nie. Elke oomblik tel, as jy die legkaart teen die einde wil verstaan.
Siegfried Louw
Dec 15, 2020
bottom of page