top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Krag vir daardie groot moegheid
Die lewe het nogal ‘n manier om krapmerke op jou liggaam en jou gees agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer terwyl die lewensjare meer word. Jy herstel nie so vinnig soos altyd na ‘n groot siekte nie. Jy beweeg ’n klein bietjie stadiger. Dit voel ook of jou geheue jou te veel kere in die steek laat. Tog gebeur dit nie net met mense wat ouer word nie. Jesaja 40 vertel vir ons dat selfs die jongmanne moeg en afgemat raak. Moe
Stephan Joubert
Aug 1, 2022


Al is jy al een, is jy nie alleen nie
Verlede week het ons juis saam nagedink oor hoe duur Josef se integriteit hom gekos het. Hy het in die tronk beland, omdat hy nie toegegee het aan Potifar se vrou se versoekings nie. Josef was al een daar in die Egiptiese tronk wat in die lewende God geglo het, maar hy was definitief nie alleen nie. Genesis 39:20-23 vertel vir ons dat, terwyl Josef in die tronk was, was die Here by hom. Nog meer, Hy het Josef Sy troue liefde daar laat ondervind. Dit het gemaak dat die tronkbe
Stephan Joubert
May 30, 2022


Dit gaan nie oor die krag van gebed nie; dit gaan oor God
“Gebed het krag.” Baie mense sê dit. Tog is dit nie die eintlike punt van gebed nie. As gebed bloot net krag sou hê, dan verskuif dit die fokus na onsself, wat hierdie krag gedurig moet ontsluit. Dan handel die “krag” van gebed eintlik net oor die effek wat gebed hier aan ons kant van die draad moet hê. Kort voor lank verskraal ons God dan tot die Een wat moet regstaan om ons gebede te verhoor.
Stephan Joubert
Jan 31, 2022


In 2022 bid ek nie “outomaties” nie
In 2013 het ’n ervare rotsklimmer, Susan Mailloux, tragies in Amerika gesterf. Sy het vergeet om haar klimharnas aan die reddingstou vas te maak, toe sy teen ’n rotsmuur in ’n gimnasium uitgeklim het. Een kenner het na die tyd gesê sy was so gewoond aan hierdie manier van klim dat sy dit op “autopilot” gedoen het. Sulke noodlottige foute kan insluip as ons vir jare lank iets oor en oor doen. Ons lees die Bybel outomaties. Ons ry outomaties dieselfde roetes werktoe. Ons sê out
Stephan Joubert
Jan 6, 2022


Luister meer, praat minder
My ma het dit graag gesê, al my onderwysers ook. Gereeld sê mense dit ook vir mekaar. Ek praat van daardie woord “luister!” - ek bedoel daardie “luister” met ’n groot uitroepteken. Aanhoudend word ons daaraan herinner dat ons na die Here en na mekaar moet luister. Dit is ook reg so. Om te luister is broodnodig. Stilte en heilige eerbied voor die Here is lewensbelangrike geestelike dissiplines, wat in ons lewens aanwesig moet wees. Tog sukkel ons hiermee. Ons bly nie so maklik
Stephan Joubert
Oct 21, 2021


Kan ek U net een keer sien, Here!
“Kan ek U net een keer sien!” So klink Moses se versoek aan die Here in Eksodus 33. Op sy beurt vra Filippus in Johannes 14 vir Jesus: “Wys vir ons die Vader en dit is vir ons genoeg!” Nee, hulle het dit nie ligsinnig bedoel nie. Dit is nie asof hierdie een van hulle “bucket list”-wense was, voordat hulle eendag sterf nie. Moses en Filippus se versoek weerspieël iets van gelowiges se dieper dors na die Here regdeur die eeue.
Stephan Joubert
Oct 14, 2021


God is ook daar waar deernis afwesig is
“Ubi caritas et amor, Deus ibi est.” “Waar daar mededeelsaamheid en liefde is, daar is God.” So lui die woorde van ’n ou bekende Christelike lied. Inderdaad! Ons sien God se genade raak, wanneer gelowiges Sy liefde teenoor mekaar uitleef en medelye aan ander bewys. Maar beteken dit God is slegs op daardie plekkeaanwesig, waar sy liefde gesien en ervaar word? Nee! Hy is ook daar waar Hy nie raakgesien word nie. Hy is ook daar waar haat en dood aanwesig is. Jesus se kruis vert
Stephan Joubert
Oct 7, 2021


Elke dag tel!
Charles Francis Adams was die Amerikaanse ambassadeur in Brittanje gedurende Abraham Lincoln se presidentskap. ’n Inskrywing in sy dagboek, gedateer 4 Junie, het gelui: “Wasted the whole day fishing with Jimmy. Didn't catch a thing.” Sy seun, Jimmy, se inskrywing in sy eie dagboek op daardie dag het egter die volgende gesê: “Went fishing with my dad. Best day of my life.” Wat ’n verskil tussen ’n pa en seun se belewenis van dieselfde dag. Een persoon se mislukte dag was ’n a
Stephan Joubert
Aug 9, 2021


My hande mag dalk afgekap wees, maar ekself is nie…
“My hande is afgekap.” Mense, wat dit sê, probeer eintlik vir jou sê hulle kan jou nie help nie. Wel, dalk moet ons vir mekaar sê dat ons nie net ons hande nodig het om mekaar te help nie. Dikwels is die heel beste hulp, wat ons kan gee, om net daar te wees vir mekaar. Nie ons woorde nie, nie ons dade nie, nie ons opinies nie - slegs ons daarwees is die meeste van die tyd nodig. Ek het dit geleer by ‘n leraarsvriend, wat reeds afgetree het. Ek onthou hoe almal in sy gemeente
Stephan Joubert
Jul 8, 2021


Die Stormloper is naby
Een van die vroegste simbole wat die eerste Christene gebruik het, was dié van ’n visserskuit. Jesus se stilmaak van die storm en sy waterloop daar in Mattheus 14 was diep in hulle geheue ingeprent. Hulle het geweet die kerk is nie ’n veilige hawe doer eenkant, doer ver buite die storm nie. Hulle het geweet hulle almal was aan boord van ’n klein skuitjie op die stormsee van die lewe. En Jesus, hulle Heer, was steeds hier op die stormwaters aan die soek na drenkelinge orals ro
Stephan Joubert
Jan 21, 2021


“Carpe Manana”
Carpe diem - Gryp die dag! Ons het dit al baie kere gehoor. Maar hier teen die einde van ’n ontstuimige 2020 moet ons ook ’n ander uitdrukking hoor: carpe manana: Gryp die dag van môre! Môre hierdie tyd is dit volgende jaar. Die sand het regdeur 2020 se Korona-aangedrewe uurglas geloop. Nou word ons uitgedaag om vorentoe te stap. Die beste manier om dit te doen, is om ons hande in God se sterk hand te sit.
Stephan Joubert
Dec 31, 2020


Gelukkig is die Here nie slegs per afspraak beskikbaar nie
“Mag jy ’n ontmoeting met die Here hê!” Dit word soms aan die begin van eredienste gesê. Maar dit help my nie so baie nie. Meen diegene wat dit sê dalk God is slegs per afspraak bereikbaar? En gebeur dit net tydens eredienste? Of in deesdae se taal - slegs tydens virtuele samekomste van gelowiges? Ontmoet die Here slegs sommiges in die kerklike gehoor? Of staan almal darem ’n gelyke kans om Hom te ontmoet? Wat gebeur as hierdie “ontmoeting” verby is? Gaan ons elkeen dan voort
Stephan Joubert
Sep 10, 2020


Ek wens dit was 2019…
Ek wens dit was 2019 sê iemand. “Regtig? Hoekom?” wonder ek. Het almal vergeet van laasjaar se misdaad, grondgevegte, armoede en wat nog alles? Is Prediker 7:10 nie meer waar nie? Dit sê dat ons moenie sê die ou dae was beter as nou nie. Dan voeg hy by dat dit nie wysheid is om agteruit te leef in die rigting van die verlede nie. Ware woorde. Soos wat ek aldag vir myself sê: die verlede is ook net goed solank onsself nie daar hoef te leef nie. Ja, tye is hard, maar dit is alt
Stephan Joubert
Jun 25, 2020


Moenie van geluk ’n bewegende teiken maak nie
C.K. Chesterton het gesê daar is net twee maniere om genoeg te hê:
a. jy moet nog meer dinge op jou naam kry,
b. jy moet minder nodig hê.
Stephan Joubert
Mar 19, 2020
bottom of page
