top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Stel hulle vroeg-vroeg teleur
“Disappoint them early.” “Stel hulle vroeg teleur.” Ek het al ’n paar keer in my lewe hierdie woorde van ’n Amerikaanse skrywer vir myself
Stephan Joubert
Mar 21


Vol van jouself of vol van die Here?
Tydens ’n staatsbesoek aan Moskou ’n paar jaar gelede het die goue roltrap van die koning van Saudi-Arabië se vliegtuig skielik onklaar geraak. Ja, jy het reg gelees. Sy vliegtuig het ’n ingeboude roltrap. Toe moes die arme koning op eie stoom verder teen die trappe afstap. Dit was glo ’n groot publieke verleentheid vir al sy amptenare. Genadiglik is so ’n goue-roltrap-lewe darem nie alle vername mense se lot nie. Dink maar aan die oud-Amerikaanse president, Jimmy Carter, wie
Stephan Joubert
Mar 30, 2023


Deur watter bril kyk jy na jouself en ander?
Tydens ‘n onlangse vakansie pak ek my sak langs my swembadstoel en sien ‘n lens van ‘n sonbril op die stoel lê. Ek sê vir my man: “Siestog, iemand se sonbril se lens het uitgeval.” Hy reageer toe deur vir my te sê dat ek my sonbril moet afhaal en daarna kyk. Groot was my verrassing toe ek sien dat ek net een lens in my sonbril het. Ek weet glad nie vir hoe lank ek so deur die een sonbrillens gekyk het nie!
Helena Smith
Sep 20, 2022


Dit maak nie saak wat ander mense van my dink nie, of doen dit?
Ek het al baie mense hoor sê hulle gee nie om wat ander van hulle dink nie. Dit is nie heeltemal waar nie, want die meeste doen. Studie op studie toon aan dat die meeste mense ’n diepgewortelde behoefte aan aanvaarding deur ander het, soveel so dat dit selfs onbewustelik gebeur. Iewers vertel Timothy Wilson, ’n Amerikaanse akademikus, wat navorsing oor groepsdruk gedoen het, hoe hy en sy vrou besluit het om hulle kind Christopher te noem, omdat hulle graag wou. Toe vind hulle
Stephan Joubert
Sep 1, 2022


Mrs. Harris Goes to Paris (“Spoiler alert”)
In Mrs. Harris Goes to Paris (2022) is daar ʼn oomblik wanneer die fliek twee bekende landmerke in Frankryk vir ons wys. Die een is die Eiffel-toring, wat seker die bekendste konstruksie in Parys is. Die ander gebou is die Sacré Coeur, ʼn kerkgebou op een van die hoogste plekke in die stad.
Siegfried Louw
Aug 23, 2022


Laat staan daardie minderwaardigheidskompleks
“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dit het ek ’n onderwyser een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Dit het vir my na ’n baie ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of ‘n mens daaraan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as wat jy aan jouself behoort te heg, is pure lyding. Boonop is dit ook onnodig. Hierdie kompleks steel die vreugde van die lewe onder jou uit.
Stephan Joubert
Mar 10, 2022


Staan jy in jou eie pad?
Partykeer is jyself jou eie grootste vyand en kritikus. Jy ooranaliseer alles wat jy doen. Jy is net nooit tevrede met dit wat jy sien nie. Jy kom net nooit oor jou eie dwarslat nie. Jy dink nooit jy is slim genoeg, oulik genoeg, of wat ook al genoeg nie. Die feit bly staan, dit is nie goed om so ’n vlymskerp kyk na jouself te hê nie. Aan die ander kant is dit ook nie goed om traak-my-nie-agtig te leef nie.
Stephan Joubert
May 6, 2021


Wie se opinies tel in ons lewe?
Iemand skryf ‘n mens hoef nie insig of kennis te hê om ’n opinie te hê nie. Inderdaad! Maar dit is juis die probleem - almal het opinies. Maar moet ons onsself aan almal se opinies steur? Moet ons ons ore aan almal uitleen? Kom ons sê net eers vir mekaar ons moet minstens bereid wees om te luister. God het vir ons twee ore en een mond gegee. Hy wil hê ons moet dit dienooreenkomstig gebruik. Nogtans moet ons kies wie se stemme en wie se menings wen in ons lewe.
Stephan Joubert
Mar 18, 2021


Jy is toe al die tyd jouself
’n Paar koerante in die 1920’s het die storie vertel dat Charlie Chaplin een keer ingeskryf het vir ‘n kompetisie iewers in die VSA vir mense wat die meeste na Charlie Chaplin lyk. Een koerant het berig dat hy uiteindelik ’n 20ste plek losgeslaan het, maar ’n ander een het vertel dat hy 27ste gekom het. Hoe dit ook al sy, Charlie Chaplin lyk toe nie soos homself nie. Sulke dinge gebeur egter nie net in kompetisies nie.
Stephan Joubert
Jun 29, 2020


Ons bou nie ons lewens in ‘n fabriek nie
Ons lewe is nie ’n produk wat iewers in ‘n fabriek op ‘n vervoerband aanmekaar gesit word nie. Ons ontwerp dit nie haarfyn op ‘n tekenbord, en daarna bou ons dit stelselmatig van hierdie plan af nie. Ons lewens speel af in die regte lewe. Ons het al baie kere beleef ons maak ons planne, maar dan gebeur daar onvoorsiene dinge op die lewenspad. Daarom weet ons dat ons met God moet rekening hou.
Stephan Joubert
Jun 1, 2020
bottom of page