top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Nie sieldodend nie, maar lewegewend
Ben Hecht (1894-1964) was op sy dag ‘n bekende skrywer en regisseur in Hollywood-kringe. In sy outobiografie vertel hy dat dit ’n groot ontnugtering vir hom was om te besef baie bekendes hul sukses op die feit skoei dat hulle nooit hulleself was nie. Hulle sukses was geleë in verskillende rolle wat hulle vertolk het. Hulleself was egter brandarm wat hul eie karakter betref. In Hecht se eie woorde: “They had borrowed identity from the world and not out of their own souls.”
Stephan Joubert
1 day ago


Moenie alles aanvaar wat jou aangebied word nie
In Fellowship of the Ring is daar ‘n insiggewende toneel wat aandui hoe paraat ons elkeen moet wees oor ons eie vermoë om die bose te kan hanteer. Frodo, die klein onskuldige hobbit (dwergagtige mensies van Middle Earth) besit die towerring. Dis vir hom gegee juis omdat hy daarmee kan vertrou word. Maar dan kom Frodo agter dat die magtige swart ruiters op pad is om hom te kom vermoor en die ring by hom af te neem. Dan bied hy die ring aan vir Gandalf, sy wyse geestelike mento
Roedolf Botha
Jun 16


Moenie oneties onthou nie
Ons almal het al die volgende woorde kwytgeraak: “Ek het vergeet.” Wanneer geheue ter sprake is, kom ons almal tekort. Ons almal meen ons kort ’n beter geheue. Nogtans word ’n massa informasie elke dag in ons kop gestoor sonder dat ons dit eens weet. Ons herinneringe word hier verpak by wyse van assosiasies, verhale, smake, geure, kleure en belewenisse.
Stephan Joubert
May 11


Wat is jou “teddiebeertjies”?
Prins Andrew van die Britse koningshuis was die afgelope paar jare ‘n paar keer in die media as gevolg van sy moontlike onderduimse kontak met Jeffrey Epstein. Nou onlangs weer. Daar is selfs gepraat van moontlike geestelike afwykings en ander dinge wat onder die mat ingevee is omdat hy magtig en ‘n persoon van invloed is. Die ding wat my egter die meeste aangaande Prins Andrew gefassineer het, was nie een van hierdie populêre aantygings teen hom nie. Ek was baie meer geamuse
Roedolf Botha
Mar 24


Kersfees en Kersgeskenke
Kersfees kom nader en dis tyd vir wenslysies. Die opdrag: “Enigiets van ‘n rubberballetjie tot ‘n Ferrari.” Ons begin dink aan nodige, sinvolle items, of sommer net iets uitspattigs vir die lekkerte. Party se begroting kan ‘n rubberballetjie vir elk haal, ander kan die hand dieper in die sak steek (of die kredietkaart verder laai) en dalk halfpad tot by die Ferrari kom. Ons beplan aan ‘n tradisionele Kersboom, of dalk liewer ‘n meer moderne, minimalistiese draadboom of ‘n dr
Alet Gardner
Dec 3, 2025


Ek is nie besig met een of ander sonde-rehabilitasie program nie
n Efesiërs 4:28 skryf Paulus dat gelowiges, wat gesteel het, dadelik daarmee moet ophou. Hulle moet hard werk sodat hulle ook iets het om met die armes te deel. Nee, Paulus sê nie mense, wat steel, moet deel word van ‘n steel-minder-rehabilitasieprogram nie. Sy opdrag is eenvoudig: Stop dit! Staak dit! Daar is géén middelgrond nie. Daar is geen alternatief nie. Daar bestaan nie een of ander godsdienstige kursus, wat Paulus aanbeveel om gelowiges te help om jaarliks minder en
Stephan Joubert
Jun 9, 2025


Ongehoorsaamheid maak ons broos
Met menslike begeertes, as sulks, is daar niks verkeerd nie. Ons is mos emosioneel aanmekaar gesit, met diep verlangens. Ons begeertes is eg
Roedolf Botha
Mar 25, 2025


Vergelykings en geheime begeertes
Hoe meet ‘n mens jou eie groei en vordering in die lewe? Die meeste mense doen dit deur vergelykings. Ervaring leer ons dat die meeste mense
Roedolf Botha
Mar 11, 2025


Om te kry wat ons nie wil hê nie
Ek kyk weer nou die dag een van die episodes van die ou Star Trek-reeks, met William Shatner in die hoofrol. Daar’s so baie wyshede in sommi
Roedolf Botha
Jan 28, 2025


Die bokshandskoene vir die hemelse bokskryt is weggepak
“God het die verkeerde persoon uitgesoek vir ’n geveg met Homself.” Dit het iemand op sosiale media kwytgeraak, toe hy vir God aangevat het. Die meeste mense, wat sulke mondgevegte met die Here aanknoop, ken Hom nie regtig nie. Hulle veg teen ’n karikatuur. Sulke veglustiges beskou God as ’n tipe “Bruce Almighty”, soos wat Hy uitgebeeld word in die 2003 film met dieselfde naam. In hierdie film, waarin Jim Carrey en Morgan Freeman die hoofrolle speel, word God juis voorgestel
Stephan Joubert
Mar 13, 2023


Verbruikers
Nou die dag praat ‘n internasionale kerkleier in die Ooste by ‘n samekoms van kerkleiers en waarsku die mense teen die gevare van globalisas
Stephan Joubert
Jan 13, 2023


Dit gaan oor Jesus, nie oor ons nie
Die feesseisoen het reeds ’n paar weke gelede afgeskop, maar tans versnel dinge behoorlik. Tafels moet in gereedheid gebring word vir die groot Kersfeesete. Kos moet voorberei word en geskenke moet toegedraai word. Dis geen wonder dat hierdie dae vir party mense ’n spanningsvolle tyd is nie. Ma’s moet van vroeg tot laat vir familie en vriende regstaan; pa’s moet braai dat dit klap; kinders moet help huis skoonmaak… Miskien is dit nodig dat ons almal vandag net een tree terugs
Stephan Joubert
Dec 26, 2022


Kersfees is nie altyd ’n mens se speelmaat nie
Kersfeestyd is vir baie mense gelyk aan spandeertyd. Dan loop al daardie swaarverdiende geldjies soos stroop. Vreesloos bestorm mense die winkels asof dit die laaste keer is dat hulle dit ooit sal doen. Terwyl kasregisters op die maat van bekende Kersfeesmusiek oortyd werk, is mense in ’n kooplustige bui. Elke jaar gaan dit so. Elke jaar waarsku party predikers ook teen ’n “wêreldse" Kersfees. Party ander gaan selfs jaar na jaar so ver om te sê ons moenie eens hierdie fees vi
Stephan Joubert
Dec 19, 2022


Wees versigtig wat jy liefhet
“Amor mundi!” “Liefde vir die wêreld!” So het die kerkvader Augustinus gesê. In dieselfde asem het hy ook gesê ons moet versigtig wees wat ons liefhet. Hierdie einste woorde van Augustinus het die denker Hannah Arendt (1906-1975) so besig gehou dat sy uiteindelik ’n boek hieroor geskryf het. Volgens haar kan sulke liefde nooit geskoei wees op selfsug of haat nie. Onder andere omskryf Arendt boosheid as doelbewuste keuses om ander mense as oorbodig of irrelevant te verklaar. I
Stephan Joubert
Dec 12, 2022


Nie behoefte-aangedrewe nie
“You can’t always get what you want.” So sing Mick Jagger en die Rolling Stones. Inderdaad! Ons kan nie altyd kry wat ons wil hê nie. Daarom is baie mense ongelukkig, want hulle is “wants and needs driven”, soos wat die Engelse dit sou sê. Hulle leef behoeftegedrewe. So ’n leefwyse is ’n bodemlose put. Behoeftegedrewe mense het nooit genoeg nie. Daar is altyd nog iets, wat hulle kortkom voordat hulle regtig gelukkig in hulle eie oë kan wees. Hulle glo dat die volgende item op
Stephan Joubert
Oct 24, 2022


Oppas vir daardie GEVAARLIKE VYF
In die gelykenis van die saaier in Markus 4 waarsku Jesus dat sommige mense hulle geloof langs die lewenspad sal prysgee. Vyf geloofsdiewe is die rede hiervoor. Jesus noem hierdie GEVAARLIKE VYF by die naam: (a) lyding, (b) ernstige teenstand teen die evangelie, c) bekommernisse oor alles, wat verkeerd gaan in die lewe, (d) liefde vir besittings en (e) die suigkrag van vernietigende begeertes.
Stephan Joubert
Oct 20, 2022


Ek het oorgenoeg van alles wat saak maak
Wanneer laas het jy gehoor dat mense sê hulle het genoeg? Ek bedoel genoeg geld, genoeg kos, genoeg inkomste, genoeg klere, veiligheid, vriende, tyd, vakansie, geloof, besittings, geleenthede, kennis, vryheid, geluk, gesondheid ...? Elke keer wanneer die vraag van genoeg ter sprake is, het niemand genoeg nie. Mense kort altyd nog iets … net nog ’n bietjie meer geld … net nog ’n bietjie meer tyd … net nog ’n ekstra kans. Net nog iets.
Stephan Joubert
Sep 19, 2022


Ons word dit, wat ons najaag
Hercule Poirot, die bekende speurder in die skryfster, Agatha Christie, se speurverhale, sê op ’n keer vir iemand: “Understand this, I mean to arrive at the truth. The truth is always curious and beautiful to seekers after it.”
Stephan Joubert
Aug 15, 2022


Hoe om vir langer as 14 dae gelukkig te wees
Abd al-Rahman III was die leier van Cordoba tussen die jare 912-961. Sy onderdane was baie lief vir hom. Sy vyande het hom gevrees. Hy was skatryk en magtig. Toe hy egter op 70 jarige ouderdom al die dae van sy lewe bymekaar tel wat oorgeloop het van geluk, kon hy slegs veertien sulke dae identifiseer. Wag! Briek net vir ’n oomblik en lees dit weer: Abd al-Rahman III kon net veertien super-gelukkige dae identifiseer in sy lewe, ten spyte van al sy rykdom en mag!
Stephan Joubert
Jul 25, 2022


Hoe meer jy wil hê, hoe meer is jy ’n slagoffer van jou besittings
Prediker 5:9-14 deel agt lesse oor die goor gevolge van ‘n eindelose najaag van besittings. Nee, die Prediker is glad nie gekant teen geld of rykdom nie. Alles behalwe. Hyself was welvarend, maar hy weet hoe gevaarlik dit is wanneer geld ons baas word. Dan verander ons in lewenslange slawe hiervan.
Stephan Joubert
Jun 20, 2022


Dit het tyd geword om te ontrommel
Ons kinders is almal uit die huis en binne ‘n paar jaar is dit tyd vir aftrede. Ek en my man het besluit dat dit tyd is om kleiner te gaan. Ons wil graag verhuis na ‘n meenthuis. Die gedagte maak my effens benoud, want ons sal van baie goed ontslae moet raak. Hier sal ‘n grootskaalse “decluttering” moet plaasvind. As ‘n mens nog jou eie skoolrapporte van ongeveer 50 jaar gelede opgaar, weet jy dat daar baie ontrommeling sal moet gebeur! Ons woon in ‘n samelewing met ‘n ver
Helena Smith
Feb 8, 2022
bottom of page
