top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vreeslike genade
Ek vra nou die dag vir ‘n vriend van my wat ook ‘n professor in Nuwe Testament is, hoe ons die “vrees van die Here” in die Ou en Nuwe Testament moet verstaan. Was die mense regtig bang vir die Here? Of moet ons die woord “vrees” anders interpreteer? Sy antwoord was eenvoudig: “Ja, natuurlik was hulle bang. Hoe sal jy voel wanneer die Here Homself in Sy mag en heerlikheid aan jou openbaar? Dink jy miskien dat jy in die teenwoordigheid van soveel mag kan staan en nie vrees nie?
Roedolf Botha
Jun 2


Daal af in die Here se grootheid in
Die kruis van Jesus leer vir ons baie dinge. Een van die belangrikste hiervan is nederigheid. Ons hou egter nie van nederigheid nie. Geestelike boeke oor nederigheid verkoop nie altyd goed nie. Ek onthou nog hoe ‘n Amerikaanse boekuitgewer vir Bill Hybels, een van hulle gewildste skrywers, gevra het om ‘n boek oor nederigheid te skryf.
Hy’t hulle egter gewaarsku dat hierdie boek nie goed gaan verkoop nie, aangesien selfs Christene in die Westerse wêreld nie aanklank vind by
Roedolf Botha
May 19


Die hemele verkondig God se lof
Die Grieke en die Romeine het saam met die ou Babiloniërs geglo die hemelligame se bewegings oefen ’n groot impak op mense se lewens uit. Hulle het selfs geglo dat hulle gode, soos Jupiter, Mars en Venus direk verbind was met daardie planete, wat hulle name dra. Daarom is dit nie vreemd dat ons in Matteus 2 lees van sterrekykers wat die Messias se geboorte in die hemelruim raaksien nie. Hulle het geglo die hemelligame lewe.
Stephan Joubert
Dec 22, 2025


God se grootse magsvertoon
Die magtige Skepper het miljoene jare gelede die aarde se kragtige fondamente gelê, die ingewikkelde afmetings wiskundig bepaal en die ewenaar oor die breedte gespan. Terwyl die sterre saamsing en die hemelliggame jubel, het God die wêreld, soos ons dit ken, aanmekaargesit en die see opgedam toe die water woedend begin uitborrel het. Hy alleen weet waar die oorsprong van die oseane is en wandel gemaklik in die wonderbaarlike tuine, wat Hyself op die seebodem uitgelê het.
Liezel Lüneburg
Nov 11, 2025


Hemelse lig in my lewe
‘n Paar dekades gelede kon ek, soos menige pasverloofde jong vrou, my verlustig in die talle klein liggies, wat die ring aan my vinger teen die oppervlaktes om my kon sprinkel. Die skoonheid van hierdie weerkaatste sonlig was vir my ‘n bewys van die wonder van sonlig, wat ek so maklik daagliks as vanselfsprekend aanvaar.
Alet Gardner
May 21, 2025


Sien die Skepper in die skepping
Volgens 1 Konings 4 het Salomo “meer wysheid gehad as enigiemand anders”. Die skrywer beskryf dan in die volgende verse hoe die wyse koning
Liezel Lüneburg
Mar 5, 2024


Groter as die son
Elke keer as ek saam met sy kneg Job daar vanaf Job 38 stilstaan by God se besigtingstoer, dan staan ek van vooraf verstom - dit vertel oor
Stephan Joubert
Nov 10, 2023


God werk nie regtig op geheimsinnige maniere nie
Dit het ’n gewilde uitdrukking geword om te sê God werk op ’n geheimsinnige manier. Ek wonder hoekom? Vir seker is Sy werke nie ten volle vi
Stephan Joubert
Aug 17, 2023


Heerlikheid groei
Dit is verstommend dat God se heerlikheid in ons lewens nie ‘n statiese toestand is nie. Die Here red ons nie net en laat staan ons dan net
Stephan Joubert
Jul 14, 2023


Weerkaatsers
Sekerlik een van die heel mooiste tekste in die ganse Bybel oor die Gees se werk is 2 Korintiërs 3:18. Dit vertel dat jy en ek, wat deel is
Stephan Joubert
Jul 7, 2023


In 2022 speel my gebede nie in ’n geriefsone af nie
Dit is reg dat ons gereeld en getrou bid. Paulus beveel ons juis in 1 Tessalonisense 5:17 om te bid sonder ophou. Maar een gevaar, wat hiermee gepaard gaan, is dat ons later so gewoond raak aan gebed dat ons onnadenkend en oorgemaklik met die Here begin praat. Miskien is ons almal te familiêr met God. Ons gesprekke met die Here het reeds tot kamertemperatuur afgekoel. Hoor dan net hoe maklik sê mense deesdae dinge soos: “God het vir my dit of dat gesê…”
Stephan Joubert
Jan 13, 2022


Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus
In “Prince Caspian,” die tweede boek in die Narnia-reeks van die bekende skrywer C. S. Lewis, vind daar ‘n mooi gesprek tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies in hierdie verhaal plaas. As sy vir Aslan na ‘n lang tyd raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan haar: “That is because you are older, little one.” “Is jy dan nie groter nie?” vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy: “I am not. But every year you gr
Stephan Joubert
Feb 25, 2021


Om die son vas te hou
Elke keer as ek aansluit by God se besigtigingstoer deur die skepping saam met sy kneg Job vanaf Job 38, is ek van vooraf verstom. Hier hoor ek oor en oor hoe genadig en groot God is. Ek lees hier hoe Hy met Sy eie hande die aarde en die hemele kunstig aanmekaar gesit het. Sy almag en sy liefde skitter en skyn helderder as die son in al sy reuse handewerke.
Stephan Joubert
Feb 18, 2021


God laat ons snak na ons asem
In sy boek, The arithmetic of life and death (2001), kyk George Shaffner vanuit ‘n wiskundige hoek na die lewe. Hy bereken onder andere dat die wiskundige moontlikheid vir jouself om daardie 23 kromosome, waaroor jyself beskik, van jou ma te geëerf het, gelyk is aan een in tien miljoen. Dieselfde geld vir die 23 kromosome wat jy van jou pa gekry het. As jy hierdie twee vermenigvuldig, kom jy tot die slotsom dat vir jou, om jyself te kon wees, gelyk is aan die wiskundige moont
Stephan Joubert
Feb 1, 2021


Oppas, God se Naam is gekloon
God se naam is op almal se lippe, maar Hy is nie in almal se lewens nie. Om elke hoek en draai gebruik mense deesdae die Here se naam in die openbaar. Wag, hulle het dit afgewater na ’n stopwoord wat net soos Sy naam klink. Hollywood doen dit. Sportstrerre doen dit. Kuiergaste doen dit. Werksmense doen dit. God se naam is gekloon. Dit het ’n stopwoord vir derduisende mense geword. Of ’n uitroepteken. Of selfs nog erger - 'n lelike woord. Hierdie lippetaal het te veel mense se
Stephan Joubert
Oct 8, 2020


Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders
Om te buig voor God vra ’n kniebuiging. Om Hom te volg vra ’n totale koersverandering van jou ganse lewe. Om te buig voor God is ’n verklaring. Om Hom te volg is ’n voltydse manier van leef.
Om te buig voor die Here vra ’n oomblik of twee van jou tyd. Om Hom te volg vra al jou tyd en jou voltydse lojaliteit.
Stephan Joubert
Oct 5, 2020


Laat staan daardie babakos
Babatjies is die wonderlikste mensies denkbaar. Daarom dat grootmense so bekommerd is wanneer babas siek word. Dan moet die dokters kom help! Maar in die kerk gee ons nie so baie om dat gelowiges lewenslank geestelike babas bly nie. Trouens, baie gemeentes se strukture is so ingerig dat kerkleiers van vroeg tot laat baba-oppassers is. Dit is hulle werk om geestelike bottels aan te dra.
Stephan Joubert
Apr 27, 2020
bottom of page
