top of page

Om die son vas te hou

Stephan Joubert

In hierdie Goeie Nuus, skryf Stephan Joubert hoe dit lyk om die son vas te hou.
Om die son vas te hou

Elke keer as ek aansluit by God se besigtigingstoer deur die skepping saam met sy kneg Job vanaf Job 38, is ek van vooraf verstom. Hier hoor ek oor en oor hoe genadig en groot God is. Ek lees hier hoe Hy met Sy eie hande die aarde en die hemele kunstig aanmekaar gesit het. Sy almag en sy liefde skitter en skyn helderder as die son in al sy reuse handewerke.

Van die son gepraat, net om hierdie reuse ster in aansyn te roep, was ‘n fenomenale wonderwerk. Het jy geweet die son is sowat 109 keer groter as die aarde en amper 150 miljoen kilometer ver van ons af? Dit sorg dat lewe, soos wat ons dit hier op aarde ken, kan voortbestaan. Een geleerde bereken dat die son meer energie in 1 sekonde produseer as wat nog ooit in die geskiedenis van die aarde deur die mensdom verbruik is. Agter dit alles staan God, die Almagtige. Die son, die planete en al die biljoene sterre in die heelal pas in sy handpalm. Hy is almagtig en groot. Maar God is ook ‘n genadige Vader. In Christus is Hy baie naby aan elkeen wat Hom aanroep. Wat ’n genade en ’n voorreg om Hom te mag ken.

Comments


bottom of page