top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vind ‘n veilige spasie saam met God
’n Engelse pa het op ’n dag agtergekom sy seun gaan stap gereeld na skool in ‘n woud naby hulle huis. Later het hy bekommerd geraak oor sy t
Stephan Joubert
Apr 25, 2024


Bemeester die regte ritme van vergeet en onthou
Ons vergeet maklik. Ons onthou moeilik. Dit voel altans die meeste van die so. Maar om te vergeet, is nie altyd so sleg nie. Trouens, ons mo
Stephan Joubert
Nov 30, 2023


Aanbidding: Wie of wat?
Een deel van ‘n kerkdiens, wat vir my heerlik is, is die lofprysing en aanbidding. Ek sing hartlik saam en geniet die kalmte en rustigheid, wat dit vir my bring. Nadat ek onlangs die boek, “The air I breathe”, van Louie Giglio gelees het, het ek agtergekom dat ek nie regtig geweet het waaroor lofprysing en aanbidding regtig gaan nie. Ek het agtergekom dat lofprysing en aanbidding nie net net tot die kerk beperk is nie, maar dat ek ‘n lewe van aanbidding moet lei.
Helena Smith
Jul 26, 2022


My uitkenningslied voor die Here
Die skryfster, Maria Popova, vertel hoe haar familie gedurende haar kinderjare ’n melodieuse uitkenningsteken vir mekaar gehad het. Wanneer een van hulle in ’n groot skare verlore geraak het, moes hulle net hierdie uitkenningsteken hardop fluit. Dan het ander familielede dadelik geweet waar hulle is. Sy sê haar pa se uitkenningsteken was die Beatles se “Yellow submarine.” Hierdie kenwysie het later verander in meer as ‘n uitkenningslied. Dit het verander in haar ouers se iden
Stephan Joubert
Apr 21, 2022


Leer ons bid, asseblief!
“Gebed werk.” Al hierdie stellings bevat ’n stuk waarheid. Maar die feit is nie almal beleef hierdie krag, wat in gebed versteek is nie, of dat gebed aldag so effektief “werk” soos wat sulke aansprake lui nie, of dat dit elke keer die antwoord is nie. Ook bid die meeste mense nie meer male nie, al stem almal saam dit is ’n goeie ding om meer te bid. Baie studies toon aan dat mense gefrustreerd is met hulle gebedslewe. Gebed is eintlik maar net vir vele ‘n gepaste kniebuiging
Stephan Joubert
Jan 17, 2022


In 2022 speel my gebede nie in ’n geriefsone af nie
Dit is reg dat ons gereeld en getrou bid. Paulus beveel ons juis in 1 Tessalonisense 5:17 om te bid sonder ophou. Maar een gevaar, wat hiermee gepaard gaan, is dat ons later so gewoond raak aan gebed dat ons onnadenkend en oorgemaklik met die Here begin praat. Miskien is ons almal te familiêr met God. Ons gesprekke met die Here het reeds tot kamertemperatuur afgekoel. Hoor dan net hoe maklik sê mense deesdae dinge soos: “God het vir my dit of dat gesê…”
Stephan Joubert
Jan 13, 2022


In 2022 bid ek nie “outomaties” nie
In 2013 het ’n ervare rotsklimmer, Susan Mailloux, tragies in Amerika gesterf. Sy het vergeet om haar klimharnas aan die reddingstou vas te maak, toe sy teen ’n rotsmuur in ’n gimnasium uitgeklim het. Een kenner het na die tyd gesê sy was so gewoond aan hierdie manier van klim dat sy dit op “autopilot” gedoen het. Sulke noodlottige foute kan insluip as ons vir jare lank iets oor en oor doen. Ons lees die Bybel outomaties. Ons ry outomaties dieselfde roetes werktoe. Ons sê out
Stephan Joubert
Jan 6, 2022


Mirjam se lied
Op verskeie plekke in die Bybel lees ons van vroue, wat die Here se lof besing. Ons lees van die lofsang van Maria, nadat sy gehoor het sy is swanger met die seun van God. Ons lees van die lofsang van Hanna, nadat sy Samuel na die tempel toe gebring het om saam met Eli agter te bly. Hanna het hom afgebid van die Here en uit dankbaarheid kom offer by die tempel.
Marietjie Joubert
Sep 7, 2021


Sing om te onthou
Musiek roer ons diepste emosies. Dis dus geen wonder dat dit so ‘n groot rol in ons verhouding met die Here speel nie. Musiek, wat uit ons harte kom, wys dat ons Geesvervuld is. As Moses byvoorbeeld aan die einde van sy lewe van die Israeliete afskeid neem en God se pad vir oulaas aan hulle voorhou, dan doen hy dit singend. Moses maak God se wil melodieus in Deuteronomium 32 bekend. Hy sing as hy leer. Hy maak musiek as hy God se wil vir die Here se mense oopbreek.
Stephan Joubert
Jun 25, 2021


Geesvervuldheid maak musiek, die regte soort!
God se Gees se werking en musiek loop ook hand aan hand. Dit leer Paulus my in Efesiërs 5:19. Om Geesvervuld te wees beteken om nuwe liedere te sing. Dit beteken om God se lof vanuit my hart te laat opbruis oor my lippe. Die Gees maak my tot oorlopens toe vol met dankbaarheid. Hy laat lof en vreugde oor my stroom. Daarom kan ek nie anders as om te sing nie. Daarom wil ek van die bergtoppe af uitroep dat God groot en goed is. Daarom wil ek op elke straathoek uitbasuin dat die
Stephan Joubert
Jun 18, 2021
bottom of page
