top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Wat is die maklikste?
Jeff Bezos, die bekend Amerikaanse biljoenêr, vertel ’n paar jaar gelede by Princeton Universiteit se besigheidskool dat sy oupa hom een keer een van die grootste lesse van sy lewe geleer het. Toe hyself nog ’n kind was, het hy op ’n dag vir sy ouma padlangs die waarheid vertel. Hulle het in die kar gery en sy het gerook. Jeff kon haar kettingrokery nie vir een oomblik langer uitstaan nie. Hy het vir haar vertel dat dit haar lewe met nege jaar verkort. Jeff se ouma was baie o
Stephan Joubert
Aug 29


Respek is nie my reg nie - dis wel my lewenslange opdrag
Ek herinner myself graag aan Aretha Franklin se lied, “ Respect ”, wanneer ek tussen mense is, wat die slegste in my te voorskyn bring....
Stephan Joubert
Nov 4, 2024


Vol van jouself of vol van die Here?
Tydens ’n staatsbesoek aan Moskou ’n paar jaar gelede het die goue roltrap van die koning van Saudi-Arabië se vliegtuig skielik onklaar geraak. Ja, jy het reg gelees. Sy vliegtuig het ’n ingeboude roltrap. Toe moes die arme koning op eie stoom verder teen die trappe afstap. Dit was glo ’n groot publieke verleentheid vir al sy amptenare. Genadiglik is so ’n goue-roltrap-lewe darem nie alle vername mense se lot nie. Dink maar aan die oud-Amerikaanse president, Jimmy Carter, wie
Stephan Joubert
Mar 30, 2023


Respek onbeperk
Respek vir God en respek vir mense is een van die pilare, waarop die evangelie rus. Die Bybel omskryf dit ook met die meer bekende woord: liefde. Liefde is sinoniem met respek. Liefde is agting vir God en vir ander. Tog sukkel baie gelowiges hiermee, veral as hulle te doene kry met mense, wat nie in God glo nie of wat die Bybel afkraak. Hoe dan gemaak? Moet ons dan stilbly en maak asof sulke verkeerde dinge ons nie pla nie? Of moet ons sulke mense daar en dan op hulle plek si
Stephan Joubert
Aug 4, 2022


Respek (of eerder ‘n verlies daaraan)
Ek wonder die laaste ruk oor respek. Seker maar omdat respek so dun gesaai is in ʼn samelewing, waar ons daagliks gekonfronteer word met erge misdaad, korrupsie, lippetaal sonder konstruktiewe optrede, rassehaat, xenofobie en nog meer as wat enige mens kan verduur. Volg maar net die skokkende getuienis voor die Zondo-kommissie en dit is genoeg om enige gevoelens van respek te blus.
Liezel Lüneburg
Feb 23, 2021


Respek vir die Here - het jy dit?
Nee, geloof is nie iets wat ek net in my vryetyd beoefen nie. Ek doen nie net Christenskap wanneer ek die dag daarna voel nie. My lewe is voltyds die Here se eiendom. Daar is geen middelgrond nie. Die Here duld nie ‘n halfgebakte 50/50 geloof waar ek die helfte van die tyd doen wat God sê en die ander helfte doen wat ekself wil nie.
Stephan Joubert
Sep 4, 2020


RARE leiers is, wel… raar!
Daar bestaan vandag talle bronne wat die effektiwiteit van leiers meet. Hierdie effektiwiteit hang ook natuurlik af van die tyd waarin ‘n mens leef en wat werklik nodig is in elke fase van die geskiedenis. Vanaf die begin van Modernisme was daar baie klem gelê op die oordrag van inligting. Leiers was mense met die regte kennis. Later was die fokus op resultate en aanspreeklikheid weer in die mode gewees. Die laaste klompie jare is daar geweldig klem gelê op emosionele intelli
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Aug 12, 2020


Jy het oorgenoeg kapasiteit
Alles het ’n sekere kapasiteit. Enige motor kan net soveel bagasie neem. Selfone en rekenaars het net soveel geheue en spasie. Dieselfde gebeur met ons as mense. Ons raak vol. Dit lei ek af as ek opmerkings hoor soos: “Ek is nou behoorlik keelvol.” Dan weet ek iemand se geduld-spasie is min of meer opgebruik. As iemand iets sê soos: “My beker loop oor van dankbaarheid,” dan weet ek hulle blydskap-kapasiteit is oorskry. Dit lek selfs al uit oor hulle lippe.
Stephan Joubert
May 11, 2020
bottom of page