• Stephan Joubert

Nie ‘n honderd nie, dan een!


Nie ‘n honderd nie, dan een!

Lees Handelinge 4:37

As jy nie ‘n honderd mense kan kos gee nie, doen dit dan vir een persoon.
Nie ‘n honderd nie, dan hopelik een!
Nie ‘n honderd nie dan ten minste een.
Nie ‘n honderd nie, dan defintief een!

Is dit regtig so moeilik om vir een ander persoon gedurende die volgende 24 uur om te gee? Is dit so swaar om Jesus se verteenwoordiger by een van sy geliefdes te wees as Hy jou vra om dit te doen? Is dit onmoontlik om Spreuke 19:17 se woorde waar te maak dat om vir iemand in nood te help is om ‘n lening aan die Here te maak? Natuurlik nie. Dis wat Geesgevulde mense doen. Hulle harte en hande is oop.


Ek kan een goeie vraag uit ‘n miljoen vir een ander mens vra: “Hoe kan ek jou dien?” En dan kan help om dit te bewaarheid. Ek kan vandag ‘n lewensgrootte verskil van een vir een ander persoon wees. My skouers is breed genoeg vir nog een mens se nood as ek vandag na God toe gaan om te bid. My hande is sterk genoeg om een ander mens se las namens hulle te dra. My voete is vinnig genoeg om tot by een ander mens in pyn, nood of eensaamheid te loop en hulle met die liefde van die Here te dien. Nou waarvoor wag ek? Die son trek water.


Gebed

Verander my in ‘n dienskneg, Heer. Gee dat ander Christus se liefde in my sal sien. Amen.

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: