top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Skryf in vir ’n taalkursus by die Here
Dit is moeilik om ’n nuwe taal aan te leer. Dit vra jare se inoefening om dit reg te kry. Wel, ons moet aanhoudend ‘n ou taal afleer en ’n nuwe een aanleer. Ons moet ophou om dwaasheid te praat en wysheid baasraak. Spreuke leer ons dat dwase lief is vir haatpraatjies en vir skinder (10:18). Hulle verwoes ander mense met hulle woorde (11:9). Hulle maak mense seer met hulle venynige woorde (12:6). Van vroeg tot laat het hulle hul monde vol oor ander mense (18:2). Daarom is hull
Stephan Joubert
Oct 24


’n Onding genaamd "vryheid van spraak"
Die reg op vryheid van spraak is ’n konstitusionele reg, wat in menige internasionale dokument en instrument vervat is. Ons Grondwet maak ook vir die reg op vryheid van uitdrukking in die Handves van Regte voorsiening. Mense beroep hulle tot vervelens op dié reg. Hulle gebruik dit nie net nie, maar misbruik die vryheid en buit dit uit. Die wêreld, demokrasie en internet het dit moeiteloos gemaak om my opinie te lug en ander aan te vat wat van my mening verskil. Dit is belagli
Liezel Lüneburg
May 27


‘n Goeie standpunt is nie ‘n goeie vervanging vir liefde nie
Ek dink die era het aangebreek vir ‘n behoefte aan stilte. Die lawaai, die hoeveelheid opinies, die hoeveelheid geraas raak net te veel. Dis net my opinie. Ek weet - nóg een! Dié nuwe insig het op my neergedaal, terwyl ek ‘n diep teologiese ervaring gehad het. Ek het ‘n episode van Star Trek gekyk. Die “regte” oorspronklike Star Trek met William Shatner as kaptein Kirk. Die episode was getiteld The Ampath. Die bemanning van die Enterprise het op ‘n vreemde planeet iewers in d
Roedolf Botha
May 6


My woorde soet soos heuning
In April 1865 is Abraham Lincoln, die Amerikaanse president, by ‘n teateruitvoering vermoor. Van die persoonlike items, wat later in sy jas
Elmarie van der Westhuizen
Apr 23


Jy hoef nie altyd woorde te gebruik nie
Die bekende komponis, Joseph Haydn (1732-1809), se orkes was by geleentheid oorwerk en tot die dood toe moeg. Die hertog, in wie se diens hu
Stephan Joubert
Mar 14


Liefdelose woorde maak 'n oorverdowende geraas
Simbale van verskillende groottes (daar is meer as tien soorte) speel ʼn belangrike rol in ʼn simfonie-uitvoering, veral om “groot oomblikke”
Liezel Lüneburg
Jul 11, 2023


Drie Honde
By die swart traliehek gewaar ek die hond, wat so wild en wakker vir my blaf. Die Jack Russell staan op sy agterpote en gluur my aan. Sy een
Siegfried Louw
May 2, 2023


Vanaf geraasbesoedeling tot musiek vir ander se ore
Almal praat deesdae oor lugbesoedeling en waterbesoedeling. Onlangs het ek ’n vreemde ander vorm van besoedeling beleef. Dit was naamlik toe iemand in ’n ry voor my by die lughawe homself vervies het vir ‘n personeellid, wat blykbaar te hard met haar kollega gesels het. Kliphard het hy vir haar verduidelik sy pleeg geraasbesoedeling, of “noise pollution”, soos wat hy dit in Engels genoem het. Bygesê, ons almal was verstom oor die man se klipharde vermaning. “Van geraas tot ge
Stephan Joubert
Mar 20, 2023


Moenie maklik praat nie
“Dis maklik vir jou om te praat …” Hierdie refrein is altyd gewild. In ’n stukkende wêreld, waar mense hulleself graag in terme van hulle eie tekorte en hulle eie benadeeldheid verstaan, is dit nie vreemd dat iemand, wat opbouend praat, gou-gou uitgehaal word nie. “Dis maklik vir jou om dit of dat te sê, maar jy staan nie in my skoene nie!” Dit hoor jy soms as jy vir iemand sê om moed te hou. Of wanneer jy vir mense sê hulle moenie toelaat dat moeilike omstandighede hulle ond
Stephan Joubert
Feb 27, 2023


Eerlikheid versus takt
Onlangs luister ek na iemand, wat aan terminale kanker ly, wat oor die TV praat van sy laaste paar maande. Veral een van sy opmerkings het d
Stephan Joubert
Feb 17, 2023


Moenie agter onkunde skuil nie
“Jy kan nie verwag iemand moet jou punt snap, wat ‘n salaris betaal word om dit juis nie te snap nie,” sê iemand onlangs. Ware woorde. Hoe j
Stephan Joubert
Feb 10, 2023


Jesus mors nie met woorde nie
In my kinderdae het dominees togas gedra, wanneer hulle preek. In sommige kerke het hulle ook ’n seremoniële lappie, bekend as ’n beffie, om hul nekke gedra. Toe iemand een keer vir ’n leraar vra hoekom hulle dit om hul nek dra, het hy droogweg opgemerk dat dit eintlik ’n servet is, “want ons is morsig met ons woorde!” Ongelukkig doen baie mense dit vandag nog - ek bedoel hulle mors met woorde. Hulle glo daardie persepsie: “Langer is beter!” Langer navorsing, langer nadenke,
Stephan Joubert
Apr 25, 2022


In 2022 bid ek nie “outomaties” nie
In 2013 het ’n ervare rotsklimmer, Susan Mailloux, tragies in Amerika gesterf. Sy het vergeet om haar klimharnas aan die reddingstou vas te maak, toe sy teen ’n rotsmuur in ’n gimnasium uitgeklim het. Een kenner het na die tyd gesê sy was so gewoond aan hierdie manier van klim dat sy dit op “autopilot” gedoen het. Sulke noodlottige foute kan insluip as ons vir jare lank iets oor en oor doen. Ons lees die Bybel outomaties. Ons ry outomaties dieselfde roetes werktoe. Ons sê out
Stephan Joubert
Jan 6, 2022


Gebruik minder woorde
Toe Dr Seuss sy kinderboek The Cat in the Hat geskryf het, het sy uitgewer 225 woorde aan hom gegee, wat hy deurgaans kon gebruik. Met die skryf van Dr Seuss se volgende boek het sy uitgewer Bennet Cerf hom $50 gewed dat hy nie ’n boek kon skryf, waarin hy slegs 50 woorde deurgaans gebruik nie. Toe doen hy dit. Green Eggs and Ham het 200 miljoen kopieë verkoop! Ons dink gewoonlik dat baie woorde die ding vir ons moet doen. Dit is egter nie nodig nie.
Stephan Joubert
Nov 11, 2021


My taal is my wêreld
“The limits of my language means the limits of my world,” het die bekende denker, Ludwig Wittgenstein, een keer gesê. Ware woorde! As die woorde op jou lippe destruktief, afbrekend en negatief is, is jou wêreld baie klein. O ja, en ook lewensgevaarlik. Dan maak jou woorde jou van binne af siek, asook vir elkeen binne trefafstand daarvan. Jou tong moet tot bekering kom, daagliks en aanhoudend! Jou woorde moet aanhoudend deurdrenk wees met die sagtheid en deernis van die Heilig
Stephan Joubert
Nov 4, 2021


Woorde wat genees
Wanneer ‘n mens elke dag met tieners werk, kan dit soms ‘n uitdaging wees. Ons ken almal tieners se nukke en grille. Ons ken ook hulle humeure en vry sê. Om met ‘n klaskamer vol van tieners te werk, bly daagliks ‘n voorreg, maar ook ‘n geweldige uitdaging. Jy weet hoe dit soms in jou huis gaan, wat nog te sê in ‘n klaskamer vol van daardie ouderdom. ‘n Mens moet mooi dink en mooi praat om nie leerders te beledig of jou humeur te verloor nie.
Marietjie Joubert
Nov 2, 2021


Doen ook daardie tweede 50%
Spreuke is nie slegs mooiklinkende waarhede nie. Vat maar Spreuke 10-15 se 183 verse. ’n Volle 163 hiervan is teenstellings. Hierdie 163 verse werk met twee teenoorgestelde waarhede en twee maniere van leef. In gewone taal: “’n Dwaas maak só, maar ‘n wyse mens maak só.” Ons is goed daarmee om die eerste kant raak te sien, dwase en skelms s’n. Saam met Spreuke 10 se eerste kant, weet ons baie goed dat dwase se oorhaastige woorde moeilikheid bring (Spreuke 10:14). Of dat dit le
Stephan Joubert
Oct 28, 2021


Luister meer, praat minder
My ma het dit graag gesê, al my onderwysers ook. Gereeld sê mense dit ook vir mekaar. Ek praat van daardie woord “luister!” - ek bedoel daardie “luister” met ’n groot uitroepteken. Aanhoudend word ons daaraan herinner dat ons na die Here en na mekaar moet luister. Dit is ook reg so. Om te luister is broodnodig. Stilte en heilige eerbied voor die Here is lewensbelangrike geestelike dissiplines, wat in ons lewens aanwesig moet wees. Tog sukkel ons hiermee. Ons bly nie so maklik
Stephan Joubert
Oct 21, 2021


Soos wat Hy wil
Wat is nie alles opgesluit in hierdie enkele paar woorde van Paulus oor die Gees se werk nie: “Soos wat Hy wil.” Dis lewensbelangrike woorde hierdie, woorde, wat te dikwels in die kerk geïgnoreer word, wanneer daar oor die gawes van die Gees gepraat word. Hoor dit weer: die een Gees gee aan elkeen afsonderlik daardie gawes, wat nodig is, soos wat Hy wil. Nee, jy kan nie daardie gawes naboots, wat jy nie het nie. As jy nie die gawe van geestelike leierskap het nie, dan kan jy
Stephan Joubert
Oct 8, 2021


Oppas vir “ligte troos”
Iemand vertel by ’n groot ete hy het pas sy beursie verloor met baie geld daarin. Almal simpatiseer met hom. Iemand sê toe iets goeds sal hieruit voortspruit. “Wat nogal?” vra iemand anders. “Alles werk maar ten goede uit,” kom sy antwoord. “Ja, jy is reg. Iets goed sal hieruit voortspruit as jy uit jou sak die geld vir hierdie arme man teruggee,” sê die omgekrapte. Toe is “alles wat ten goede moet werk” ook daarmee heen. Hierdie voorstel is gou-gou doodgepraat.
Stephan Joubert
Sep 30, 2021


Praat reg, praat met wysheid
Praat eerlik. Jy skuld ander mense altyd ’n stuk eerlikheid, veral as daar fout is in hulle lewe. Prediker 7:5 sê die eerlike woorde van ’n wyse is kosbaarder as die vleitaal van ’n dwaas. Nee, jy praat nie eerlik op ongeskikte maniere nie. Met sagmoedigheid wys jy ander tereg, as dit nodig is.
Stephan Joubert
Sep 23, 2021
bottom of page
