top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Skryf in vir ’n taalkursus by die Here
Dit is moeilik om ’n nuwe taal aan te leer. Dit vra jare se inoefening om dit reg te kry. Wel, ons moet aanhoudend ‘n ou taal afleer en ’n nuwe een aanleer. Ons moet ophou om dwaasheid te praat en wysheid baasraak. Spreuke leer ons dat dwase lief is vir haatpraatjies en vir skinder (10:18). Hulle verwoes ander mense met hulle woorde (11:9). Hulle maak mense seer met hulle venynige woorde (12:6). Van vroeg tot laat het hulle hul monde vol oor ander mense (18:2). Daarom is hull
Stephan Joubert
2 days ago


’n Onding genaamd "vryheid van spraak"
Die reg op vryheid van spraak is ’n konstitusionele reg, wat in menige internasionale dokument en instrument vervat is. Ons Grondwet maak ook vir die reg op vryheid van uitdrukking in die Handves van Regte voorsiening. Mense beroep hulle tot vervelens op dié reg. Hulle gebruik dit nie net nie, maar misbruik die vryheid en buit dit uit. Die wêreld, demokrasie en internet het dit moeiteloos gemaak om my opinie te lug en ander aan te vat wat van my mening verskil. Dit is belagli
Liezel Lüneburg
May 27


Waak teen ‘n kultuur van vrees
Vrees is ongesond. Vrees is sleg. Dis sleg vir die persoon, wat vrees. Dis sleg vir mense rondom die persoon, wat vrees. Dis sleg vir ‘n gesinskultuur. Dis beslis sleg vir die kultuur van enige besigheid of gemeente.
Roedolf Botha
May 14


Saai vreugde en bemoediging met jou woorde
Benjamin West was die amptelike skilder vir koning George die derde van Engeland. Hy was onder meer bekend vir die historiese tonele, wat hy geskilder het. Toe hy klein was, het hy eendag verf geneem en ‘n prentjie van sy sussie begin verf. Sommer gou was dit ‘n groot gemors. Toe sy ma egter sy “skildery” sien, het sy hom gesoen en geprys. Later in sy lewe het hy gesê dat daardie soen van sy ma van hom ‘n skilder gemaak het. Een kompliment van sy ma het hom laat glo dat hy
Helena Smith
May 13


‘n Goeie standpunt is nie ‘n goeie vervanging vir liefde nie
Ek dink die era het aangebreek vir ‘n behoefte aan stilte. Die lawaai, die hoeveelheid opinies, die hoeveelheid geraas raak net te veel. Dis net my opinie. Ek weet - nóg een! Dié nuwe insig het op my neergedaal, terwyl ek ‘n diep teologiese ervaring gehad het. Ek het ‘n episode van Star Trek gekyk. Die “regte” oorspronklike Star Trek met William Shatner as kaptein Kirk. Die episode was getiteld The Ampath. Die bemanning van die Enterprise het op ‘n vreemde planeet iewers in d
Roedolf Botha
May 6


Ek het nie lelik gepraat nie, nie eens amper nie
“Ek was so kwaad dat ek amper nie lelik gepraat het nie.” Vir ’n oomblik moes almal mooi dink toe iemand dit opmerk in ’n geselskap. “Met an
Stephan Joubert
Oct 9, 2023


Om stil te bly vir die Waarheid, of nie
Spreuke 26:4 sê jy moenie ’n dwaas antwoord op dieselfde dwase manier, as hoe hy met jou praat nie. Dan is die grap op jou. Maar vers 5 sê d
Stephan Joubert
Oct 2, 2023


Liefdelose woorde maak 'n oorverdowende geraas
Simbale van verskillende groottes (daar is meer as tien soorte) speel ʼn belangrike rol in ʼn simfonie-uitvoering, veral om “groot oomblikke”
Liezel Lüneburg
Jul 11, 2023


Boelies bring lyding
Nabal was ʼn skoorsoeker en bullebak. Hy het een en elk beledig en word in 1 Samuel 25 beskryf as ʼn “regte korrelkop en onbeskof” en ʼn verkee
Liezel Lüneburg
May 16, 2023


Vanaf geraasbesoedeling tot musiek vir ander se ore
Almal praat deesdae oor lugbesoedeling en waterbesoedeling. Onlangs het ek ’n vreemde ander vorm van besoedeling beleef. Dit was naamlik toe iemand in ’n ry voor my by die lughawe homself vervies het vir ‘n personeellid, wat blykbaar te hard met haar kollega gesels het. Kliphard het hy vir haar verduidelik sy pleeg geraasbesoedeling, of “noise pollution”, soos wat hy dit in Engels genoem het. Bygesê, ons almal was verstom oor die man se klipharde vermaning. “Van geraas tot ge
Stephan Joubert
Mar 20, 2023


Moenie maklik praat nie
“Dis maklik vir jou om te praat …” Hierdie refrein is altyd gewild. In ’n stukkende wêreld, waar mense hulleself graag in terme van hulle eie tekorte en hulle eie benadeeldheid verstaan, is dit nie vreemd dat iemand, wat opbouend praat, gou-gou uitgehaal word nie. “Dis maklik vir jou om dit of dat te sê, maar jy staan nie in my skoene nie!” Dit hoor jy soms as jy vir iemand sê om moed te hou. Of wanneer jy vir mense sê hulle moenie toelaat dat moeilike omstandighede hulle ond
Stephan Joubert
Feb 27, 2023


Eerlikheid versus takt
Onlangs luister ek na iemand, wat aan terminale kanker ly, wat oor die TV praat van sy laaste paar maande. Veral een van sy opmerkings het d
Stephan Joubert
Feb 17, 2023


Moenie agter onkunde skuil nie
“Jy kan nie verwag iemand moet jou punt snap, wat ‘n salaris betaal word om dit juis nie te snap nie,” sê iemand onlangs. Ware woorde. Hoe j
Stephan Joubert
Feb 10, 2023


Hoeveel onse in jou pond?
“Hoeveel onse is daar in jou pond?” Dit is die vraag wat my ma gewoonlik vir my gevra het wanneer ek besluit het ons behoort iets te doen. My kinders verstaan nog minder van onse en ponde as ek, so hulle het die vraag vereenvoudig: “Wie almal?”
Siegfried Louw
Dec 13, 2022


Doen die evangelie “laagdrempelig”
Onlangs moes ek ’n draai in Nederland maak. Toe gaan loer ek in by vriende, wat onlangs soontoe verhuis het. Hulle leer my toe ‘n mooi Nederlandse woord, wat ek nog nooit gehoor het nie: “laagdrempelig.” Hierdie woord beteken iets soos toeganklik of maklik verstaanbaar. In elk geval, Nederlandse gemeentelede het vir my vriend, wat self nou ook ‘n leraar daar is, vertel dat sy preke altyd “laagdrempelig” moet wees. Die teenoorgestelde hiervan is sekerlik dan hoogdrawend. Daari
Stephan Joubert
Oct 27, 2022


Praat nadat jy gedink het
Gebruik jou kop voordat jy jou mond gebruik. Dit klink na wyse raad. Wag, dit is nie net goeie raad nie - dis die waarheid. Praat sonder om te dink is pure dwaasheid. Die Spreukeboek sê oor en oor ons moet ons woorde in toom hou. Ons moet ons woorde se skerpheid stomp vyl.
Stephan Joubert
Oct 13, 2022


Jesus mors nie met woorde nie
In my kinderdae het dominees togas gedra, wanneer hulle preek. In sommige kerke het hulle ook ’n seremoniële lappie, bekend as ’n beffie, om hul nekke gedra. Toe iemand een keer vir ’n leraar vra hoekom hulle dit om hul nek dra, het hy droogweg opgemerk dat dit eintlik ’n servet is, “want ons is morsig met ons woorde!” Ongelukkig doen baie mense dit vandag nog - ek bedoel hulle mors met woorde. Hulle glo daardie persepsie: “Langer is beter!” Langer navorsing, langer nadenke,
Stephan Joubert
Apr 25, 2022


Die liefde dra alles
Ons het reeds twee belangrike beginsels geleer oor die regte gebruik van die gawes. Die eerste een is dat die Gees se gawes veroorsaak dat ons bely Christus is die Here. Tweedens word dit aan ons gegee tot voordeel van ander gelowiges. Derdens is dit die doel van die gawes om te gedy en te groei binne die bedding van God se liefde.
Stephan Joubert
Dec 31, 2021


Woorde wat genees
Wanneer ‘n mens elke dag met tieners werk, kan dit soms ‘n uitdaging wees. Ons ken almal tieners se nukke en grille. Ons ken ook hulle humeure en vry sê. Om met ‘n klaskamer vol van tieners te werk, bly daagliks ‘n voorreg, maar ook ‘n geweldige uitdaging. Jy weet hoe dit soms in jou huis gaan, wat nog te sê in ‘n klaskamer vol van daardie ouderdom. ‘n Mens moet mooi dink en mooi praat om nie leerders te beledig of jou humeur te verloor nie.
Marietjie Joubert
Nov 2, 2021


Luister na die eggo’s van jou woorde
Het jy al in ‘n kloof gestaan en geluister na die eggo van jou eie woorde? Dit laat my net besef wat die effek van my woorde is. Sodra dit my lippe verlaat, eggo my woorde in ander se ore. My woorde het oneindige moontlikhede. Ek kan kies, soos die dwaas na wie Spreuke 12:18 verwys, om my woorde as messteke te gebruik om ander mense se lewe vol gate te maak, presies soos wat die Korintiërs aangevang het deur mekaar voor die hof te daag. Of ek kan kies, soos die wyse, om my wo
Stephan Joubert
Mar 12, 2021


Is lelike taal die nuwe normaal?
Toe ek onlangs deur ’n boekwinkel stap, sien ek dit is die nuwe modegier om kragwoorde in boektitels te gebruik. Daar is darem nog ’n paar ** tussen die letters, maar almal weet tog wat daar staan. Toe dink ek baie mense praat in elk geval so - politici, sportafrigters, filmsterre, komediante, gewone mense (sic!) … Is sulke taal nou die nuwe normaal?
Stephan Joubert
Mar 11, 2021
bottom of page
