top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Van ver af is enige iemand vlak
Flieks soos Shrek het vir my soveel sosiale kommentaar van hoe vandag se mense stereotipes maak van mense en dinge wat ons nie verstaan nie. Die voor-die-hand-liggende voorbeeld in die fliek is Shrek self. Hy is ‘n ogre, ‘n monster. Almal in die dorpie wil hom net uitwis of doodmaak want monsters is mos almal sleg. Dis wat almal hulle kinders leer van kleins af. ‘n Mens moet immers jou vyande ken. Van ver af lyk die optrede van enige iemand verdag en die persoon word as sleg
Roedolf Botha
6 days ago


Soms is sang beter as praat
Hoe verduidelik ‘n mens die goedheid van God vir die wêreld? Hoe praat ‘n mens oor God, wat so liefdevol en asemrowend heilig is dat ‘n mens dit byna nie in woorde kan omskryf nie? Baie mense dink dat hulle in debatte moet tree, harder moet praat of nog ‘n keer logies verduidelik. Hoekom dink ons altyd dat nog ‘n verduideliking sal werk, wanneer ons al soveel keer probeer het? Daar is ‘n sterk stuk sosiale kommentaar hierop in die wetenskapsfiksiefliek, Contact. Die storie ha
Roedolf Botha
Jun 3


‘n Goeie standpunt is nie ‘n goeie vervanging vir liefde nie
Ek dink die era het aangebreek vir ‘n behoefte aan stilte. Die lawaai, die hoeveelheid opinies, die hoeveelheid geraas raak net te veel. Dis net my opinie. Ek weet - nóg een! Dié nuwe insig het op my neergedaal, terwyl ek ‘n diep teologiese ervaring gehad het. Ek het ‘n episode van Star Trek gekyk. Die “regte” oorspronklike Star Trek met William Shatner as kaptein Kirk. Die episode was getiteld The Ampath. Die bemanning van die Enterprise het op ‘n vreemde planeet iewers in d
Roedolf Botha
May 6


Hardkoppigheid is nie ’n deug nie
Jare gelede gaan kuier ek by ’n vriend in die hospitaal. Daar vertel hy my toe hoe die persoon in die bed langs hom pas op sy krukke buitekant toe gestrompel het om daar te gaan rook. Dit was kort nadat ’n deel van sy been afgesit is as gevolg van gangreen, wat veroorsaak is deur sy rookgewoontes. Daardie ou was dus letterlik besig om sy liggaam op te rook. Nogtans het hy hardkoppig hiermee volhard.
Stephan Joubert
Apr 6, 2023


Doen meer as om net op te staan vir die waarheid
’n Oorsese vriend sê een keer vir my ons is te veel daarop ingestel om op te staan vir die waarheid, maar te min om vir die Here te leef. “We don’t need a standpoint, we need a walking point,” was sy presiese woorde.
Stephan Joubert
Feb 9, 2023


Oppas dat stereotipes jou lewe oorneem
Iemand vertel nou die dag op ‘n openbare platform dat ’n bekende filmster arrogant is. Hierdie ster het geweier om met ’n jong meisie te praat, terwyl hy saam met iemand geëet het. Sy het ongevraagd afgestap op die ster en haar selfoonnommer in sy hand gestop. Hy wou egter nie haar selnommer aanvaar nie. Nou is daardie “Top Gunner” blykbaar ongeskik op grond van een insident. Toe ek dit lees, dink ek by myself dis presies hoe stereotipes gevorm word. ’n Enkele interaksie met
Stephan Joubert
Nov 14, 2022


Onbedreigd
Ons leef in ‘n tyd waar verdraagsaamheid die wagwoord is en waar die waarheid altyd ‘n paar ekstra kante het. Nou ja, wanneer die Gees in ons lewens werk, is ons nie bang vir ander opinies nie. Ons word nie uit ons geloof geskud elke keer wanneer iemand die Christendom aanvat, of wanneer ateïste hulle ongeloof in ons omgewing bely nie.
Stephan Joubert
Aug 12, 2022


Aan wie se kant is God?
Al lyk sportbyeenkomste by skole deesdae anders, weet jy sommer gou-gou watter ouers is aan watter skool of span se kant. So van anderkant die heining moet hulle skree. Vlae, pette en krete verseker ons aan wie se kant watter ouers is. Af en toe is ‘n mens dankbaar vir die fisiese afstand wat mense moet handhaaf, want nie al die ouers lyk asof hulle hulself kan inhou wanneer nodig nie.
Siegfried Louw
Jun 1, 2021


Staan op vir dit waarin jy glo
Marietjie Joubert skryf in haar nuwe My Lewe nuusbrief hoe dit sal lyk as ons opstaan vir ons geloof.
Marietjie Joubert
May 18, 2021


Vermy binnegevegte
Konflik is ‘n onnodige maar lastige probleem in die kerk. Soms is dit direk, openlik en ander kere weer onder die oppervlak, latent. Daar’s te veel hiervan in kerklike kringe. Dit hoort nie tussen Geesgevulde mense tuis nie. Nee, Christene hoef nie altyd saam te stem nie. Dis vals. Mense verskil een of ander tyd. Maar die vraag is hoe ons verskil. Gee ons aan mekaar ruimte om ons opinies te lug en op ‘n geestelik volwasse manier vir mekaar te sê ons stem nie saam nie? Of gaan
Stephan Joubert
Feb 26, 2021


Respek (of eerder ‘n verlies daaraan)
Ek wonder die laaste ruk oor respek. Seker maar omdat respek so dun gesaai is in ʼn samelewing, waar ons daagliks gekonfronteer word met erge misdaad, korrupsie, lippetaal sonder konstruktiewe optrede, rassehaat, xenofobie en nog meer as wat enige mens kan verduur. Volg maar net die skokkende getuienis voor die Zondo-kommissie en dit is genoeg om enige gevoelens van respek te blus.
Liezel Lüneburg
Feb 23, 2021


Volumeknoppie
Ek het gehoor van ʼn spreker wat in sy toespraak vir homself by een plek ʼn kantaantekening gemaak het: “Swak argument. Praat harder”. Verloor is vir niemand lekker nie. Of dit jou sportspan of die party is waarvoor jy gestem het, wen is net altyd lekkerder. Ons voel natuurlik dieselfde oor ʼn argument. Wie het nou lus om verkeerd bewys te word, wanneer jy ʼn argument verloor? Voeg ʼn skeut adrenalien by ʼn lewendige argument en die volumeknoppie van die gesprek word gou-gou oopged
Siegfried Louw
Nov 17, 2020


Om nie die laaste woord in te kry nie
“If you can’t win an argument, you must win the fight,” lees ek iewers. Lyk my, party vat dit ernstig op. As ek luister hoe mense mekaar soms in die publiek behandel, en hoe hulle met mekaar en oor mekaar praat, wys dit dat afbrekende taal maklik wen. Dan herinner ek my weer aan die verhaal van Dallas Willard, die Amerikaanse denker wat ’n paar jaar gelede oorlede is. As professor in filosofie is hy een keer tydens ’n lesing woes uitgehaal deur ’n student oor sy eie geloofsoo
Stephan Joubert
Aug 6, 2020


Soms is daar eenvoudig nie goeie besluite nie
Ek is al so moeg vir almal se opinies, insluitend my eie. Elke dag op sosiale media deel mense hulle wyshede links en regs uit. As daar een ding waaroor ons almal beskik is dit opinies. Hier is daar geen tekort nie. Opinies oor dit en opinies oor dat. Iets het nog skaars gebeur of ons het ‘n opinie daaroor. Omdat wesens met intelligensie dink oor dinge, kritiseer ons ook maklik en aanhoudend. Ons kritiseer veral besluite wat ander mense neem. Ons kritiseer veral vandag die re
Roedolf Botha
Jun 9, 2020
bottom of page