top of page

Uitbranding is nie verpligtend nie

Stephan Joubert

Stephan Joubert skryf in sy nuutste midweek Goeie Nuus oor wat die Bybel sê oor uitbranding.
Uitbranding is nie verpligtend nie

By te veel toegewyde mense in en om die kerk sien ek tekens van oorwerktheid, stres en uitbranding. Toegegee, party mense brand uit nog voordat hulle vlam gevat het. Maar hulle is die uitsonderings. Uitbranding is dodelik. Kathleen Kendall-Tackett omskryf uitbranding

“…as a loss of enthusiasm, energy, idealism, perspective, and purpose; it has been described as trying to run a marathon at full speed.

Te veel ‘uitbranders’ probeer om op te leef aan al die verwagtinge van almal wat hulle salarisse betaal, of wie se goedkeuring hulle verlang. Die gevolg - hulle hou hulleself besig met te veel dinge wat hulle energie steel. Dikwels bly hulle geloof ook in die slag want God sien al hoe minder van hulle gesig en al hoe meer van hulle rug.


Briek uitbranding op jou eie voorstoep. Hou op om alles vir almal te probeer wees. Weet wie jy is voor die Here en gaan wees daardie mens vir Hom en vir ander. Leer ook om nee te sê. Onthou Annie Lamotte se woorde:

“No” is a complete sentence.”

“Dit is nie so eenvoudig nie,” dink jy. Wel, as dit was, het niemand uitgebrand nie! Nogtans is dit wat ons moet doen as ons enduit bruikbaar vir God en ander wil wees.

Comments


bottom of page