top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Haal asem!
Ek het deur die narkose newels heen die dokter wat die operasie gedoen het (toevallig ook ‘n huisvriend) hoor roep: “Haal asem!” en ‘n...
Alet Gardner
Aug 26, 2020


Vriendskap
Ons leef in vreemde tye. Die Korona virus het ons lewens omgekeer. Ons worstel met verlange na baie dinge. Vir party is dit ‘n ou wyntjie of ‘n koue bier om die braaivleisvuur. Vir ander is dit die verlange na geliefdes, kinders of ouers. Een ding is egter gemeenskaplik. Ons verlang na ons vriende. In Eksodus 33 praat die Here met Moses. Hulle praat van aangesig tot aangesig soos vriende. Moses het nie die Here se gesig gesien nie. God het Moses egter so hoog aangeslaan as Sy
Marietjie Joubert
Aug 25, 2020


Is jy deel van die ge-dreigdes en die be-dreigdes?
Ek het agtergekom min of meer elke tweede preek, praatjie en plasing op sosiale media platforms dreig ons om iets te doen vir die Here, so asof niemand dit reeds doen nie. Ons moet opstaan, uitstaan, aanmeld, praat… Dis al. Geen getuienis word ooit gehoor van gelowiges wat elke dag volspoed aan diens is vir Christus nie. Geen dreiger sien hulle ooit raak nie.
Stephan Joubert
Aug 24, 2020


Hy sorg dat dit werk
As mens so rondom jou kyk en sien hoedat kerke by die dag kwyn, dan wil jy vra: “Waar gaan dit alles heen?” En dan wonder jy dalk ook in jou hart hoe jyself sal staande bly tot op die einde? Maar die goeie nuus is dat God nooit die werke van sy hande laat los nie. Hyself bring mense tot geloof en Hyself bly enduit deur sy Gees by ons elkeen. In Filippense 1:6 skryf Paulus op ‘n treffende manier dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal deurvoer tot op die dag
Stephan Joubert
Aug 21, 2020


Uitbranding is nie verpligtend nie
By te veel toegewyde mense in en om die kerk sien ek tekens van oorwerktheid, stres en uitbranding. Toegegee, party mense brand uit nog voordat hulle vlam gevat het. Maar hulle is die uitsonderings. Uitbranding is dodelik. Kathleen Kendall-Tackett omskryf uitbranding “…as a loss of enthusiasm, energy, idealism, perspective, and purpose; it has been described as trying to run a marathon at full speed.”
Stephan Joubert
Aug 20, 2020


Mense twyfel aan jou leierskap
Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het (Matteus 28: 16 – 17). Daar is verskillende redes waarom mense jou leierskap betwyfel. Hierdie elf mense was drie jaar saam met Jesus. Hulle het gesien hoe Hy duisende mense voed met enkele broodjies en ‘n paar vissies. Hulle was daar toe Hy aan blinde mense hulle sig teruggegee het, toe Hy mense met melaatshei
Coen Slabber
Aug 19, 2020


Elkeen, letterlik elkeen, is belangrik
Ons leef in ‘n tyd wat mense geen agting meer vir mekaar het nie, veral nie vir jou teenstaanders of vyande nie. Dis tog jammer, ek het nog altyd gedink dat dit juis een van die aantreklike dinge van die Goeie Nuus van Jesus is: dat mens onder leiding van die Heilige Gees die kapasiteit kan ontwikkel om liefde te openbaar, selfs vir jou vyand. Lyk my egter nie alle Christene voel so nie.
Roedolf Botha
Aug 18, 2020


God sê iets moois oor ons
In Engels praat hulle van die “impostor syndrome,” die nabootser sindroom. Dit is daardie gevoel dat jy eintlik maar ’n klug is. Jy voel iemand gaan nog eendag jou bluf roep. Jy is toe nie so oulik, slim, suksesvol, gelowig, of wat ook al soos wat almal dalk dink nie. Jy voel altyd jy skiet te kort. Selfs ’n suksesvolle persoon soos Albert Einstein het soms so gevoel. Hy het een keer opgemerk: “I feel compelled to think of myself as an involuntary swindler.”
Stephan Joubert
Aug 17, 2020


Net seker van die Gees
Ons is so in beheer van ons lewens en ons wêreld as wat kan kom. Ons selfone maak ons op enige plek bereikbaar. Ons GPS keer dat ons verdwaal. Ons rekenaars sorg vir seepgladde toegang tot die super-informasie hoofweg. Vandag se wêreld is meer effektief as ooit. Tog is die mensdom diep ongelukkig. So bevind die tydskrif Time onlangs. Meer huwelike spat uitmekaar, meer kinders gebruik dwelms en meer gesinne verbrokkel as ooit –ten spyte van ons tegnologie, terapeute en kerklik
Stephan Joubert
Aug 14, 2020


Dit is nie so maklik nie, maar…
Dit is nie so maklik soos wat jy dink nie. Of so eenvoudig nie. Gereeld hoor mens sulke uitdrukkings. Hulle wat sulke dinge sê is heeltemal reg. As dit so maklik of so eenvoudig was, dan was dit! Dan het almal dit reggekry. Tereg het die Franse filosoof Jacques Derrida gesê: “If things were simple, word would have gotten around.”
Stephan Joubert
Aug 13, 2020


RARE leiers is, wel… raar!
Daar bestaan vandag talle bronne wat die effektiwiteit van leiers meet. Hierdie effektiwiteit hang ook natuurlik af van die tyd waarin ‘n mens leef en wat werklik nodig is in elke fase van die geskiedenis. Vanaf die begin van Modernisme was daar baie klem gelê op die oordrag van inligting. Leiers was mense met die regte kennis. Later was die fokus op resultate en aanspreeklikheid weer in die mode gewees. Die laaste klompie jare is daar geweldig klem gelê op emosionele intelli
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Aug 12, 2020


Sywurms
“Nee, Pappa, ek soek meer van die kleiner blare,” beduie sy met haar wysvingertjie. Ek het self gereken dat die groter blare beter is, maar Wysvingertjie weet duidelik beter. Haar pa skud sy kop en begin eerder nader aan die takke se punte pluk. “Hulle is sagter en sappiger vir die wurmpies,” verduidelik sy blinkoog vir my. Die kuiltjie in haar linkerwang duik op. “Hulle los heeltemal op in die kokon,” giggel sy.
Siegfried Louw
Aug 11, 2020


So maak jy jou lewe eenvoudiger
Dit is een ding om te sê die Here is jou Herder, soos wat Psalm 23 leer. Maar dit is iets anders om te sê jy kom niks kort nie. Moenie met ’n verbruikersmentaliteit opgeskeep sit nie. Moenie ’n voltydse tekort-kommer wees nie - nie as Psalm 23 jou leef-psalm is nie. Hoe? Wel, verwyder ’n klomp onnodige “stuff” uit jou lewe. Kom klaar met minder dinge.
Stephan Joubert
Aug 10, 2020


Twee dinge
Maarten Luther het gesê daar is twee dinge wat elke mens alleen moet doen. Om te glo en om dood te gaan. Niemand anders kan namens jou glo of sterf nie. Op die ou end is dit jy wat met jou eie lewe voor God moet staan. Geloof is die enigste sleutel om die lewe én die dood te oorleef! Maar tog is geloof ten diepste ook ‘n gawe van die Gees. Dis Hy wat die saad van die Woord op goeie grond in my hart laat val het. Dis ook Hy wat gekeer het dat die aasvoëls vanuit die doderyk di
Stephan Joubert
Aug 7, 2020


Om nie die laaste woord in te kry nie
“If you can’t win an argument, you must win the fight,” lees ek iewers. Lyk my, party vat dit ernstig op. As ek luister hoe mense mekaar soms in die publiek behandel, en hoe hulle met mekaar en oor mekaar praat, wys dit dat afbrekende taal maklik wen. Dan herinner ek my weer aan die verhaal van Dallas Willard, die Amerikaanse denker wat ’n paar jaar gelede oorlede is. As professor in filosofie is hy een keer tydens ’n lesing woes uitgehaal deur ’n student oor sy eie geloofsoo
Stephan Joubert
Aug 6, 2020
bottom of page
