top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Studente van die begin af
Een van die bekendste tekste oor die Gees se werk is Handelinge 2:42. Dit vertel van die radikale verandering wat die Gees te weeg gebring het in die Christelike gemeenskap in Jerusalem. Wat my veral aangryp van hierdie Geesvervulde gemeenskap, is dat hulle hulleself eerstens toewy aan die leer van die apostels. In gewone Afrikaans gesê, hulle het dadelik aangemeld as studente in die apostels se Bybelskool!
Stephan Joubert
May 22, 2020


Gewone mense maak ook saak vir Jesus
Jesus het sy lewe verruil aan die kruis vir stukkendes, uitgeworpenes, gevallenes, dwelmgebruikers, misdadigers, duiwelaanbidders, randfigure en kie. Dit is waar. Maar Hy het ook die kruispad geloop vir gewone mense wat gewone lewens leef. Jy hoef regtig nie ’n baie groot sondaar te wees voordat God jou liefhet, of voordat Jesus kans sien om jou laste op sy skouers te tel nie. Ook hoef jy nie ‘n verloste duiwelaanbidder te wees, of ‘n gewese dwelmslaaf voordat jy ‘n kragtige
Stephan Joubert
May 21, 2020


Heilig-wees, voorbeeld wees
Nickie Gumble sê: “When God’s hand is on you, you are like a light on a hill (Matt 5:15). His light shines out of you and it will attract...
Alet Gardner
May 19, 2020


Help, ek sit op die ashoop!
In Paraguay is daar ‘n arm gemeenskap wat letterlik op ‘n vullishoop bly. Daagliks word daar meer as 1500 ton vullis op hierdie ashoop gegooi. Die arm mense van hierdie gemeenskap maak ‘n lewe daaruit om weggooigoed wat herwin kan word, bymekaar te maak en te verkoop. Hierdie gemeenskap is ook baie bekend vir hulle orkes. Ja, jy het reg gehoor! Dit is nie ‘n gewone filharmoniese orkes met duur Stradivarius viole nie, maar ‘n kinderorkes wat op instrumente speel wat van afvalm
Helena Smith
May 19, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Orals en altyd
Iemand vra onlangs vir ‘n vriend van my waar’s een of ander kerk. “Sien jy die dame wat daar in die koffiewinkel sit?” vra hy. “Sy’s ‘n volgeling van Jesus. As jy die kerk soek, gaan praat met haar!” Aangrypend! Te veel mense se eerste assosiasie met die woord “kerk” is met kerkgeboue, nie met diegene in daardie geboue nie.
Stephan Joubert
May 15, 2020


Jy leef. Jy het die dood geklop.
Feodor Dostoyevski (1821-1881), die bekende Russiese skrywer se eie lewe was op 22 Desember 1849 amper verby. Hy is ter dood veroordeel as lid van ‘n literêre vereniging wie se publikasies bedreigend was vir die Tsar. Hy sou op ‘n plein in St Petersburg tereggestel word saam met ander gevangenes. Toe word daar aangekondig dat die tsar besluit het om hulle lewens te spaar.
Stephan Joubert
May 14, 2020


Besembos geleentheid in lockdown
Die wêreld het versnel. Jare se tegnologiese ontwrigting, politieke onstuimigheid, en werkplekke wat nie ‘n “offline” knoppie geken het nie, het ons uit asem gelos. Die stof lê dik op leiers se emosionele gesondheid- en veral dié in die kerk. Omtrent elke predikant is geïnteresseerd in afskaal, in Minimalisme, in eenvoud, of om soos Elia die fluistering in die windstilte te hoor of beleef. Maar die inperking het ‘n sterk ontnugtering vir baie leiers gebring: “we have made bus
Roedolf Botha en Ivor Swartz
May 13, 2020


Benodig: ‘n ballingskapsteologie
Ballingskap is om te wees waar jy nie wil wees nie, so praat teoloog Eugene Peterson. Indien hierdie definisie waar is dan is ons almal tans in ballingskap. Ons almal se ganse wêrelde het geskuif. Wanneer dit gebeur dan moet enige persoon hoop dat hy/sy die innerlike kapasiteit het om hierdie veranderinge die hoof te kan bied en gesond aan die ander kant uit te kom. Die belangrikste is egter nie wat ons uiterlik doen om alles te probeer regmaak nie, maar veel eerder hoe ons a
Roedolf Botha
May 12, 2020


Jy het oorgenoeg kapasiteit
Alles het ’n sekere kapasiteit. Enige motor kan net soveel bagasie neem. Selfone en rekenaars het net soveel geheue en spasie. Dieselfde gebeur met ons as mense. Ons raak vol. Dit lei ek af as ek opmerkings hoor soos: “Ek is nou behoorlik keelvol.” Dan weet ek iemand se geduld-spasie is min of meer opgebruik. As iemand iets sê soos: “My beker loop oor van dankbaarheid,” dan weet ek hulle blydskap-kapasiteit is oorskry. Dit lek selfs al uit oor hulle lippe.
Stephan Joubert
May 11, 2020


Almal deel in die fees
Almal is ingesluit. Christenskap is inklusief. Dit is nie net vir ‘n paar uitgesoektes bedoel nie. Nee, almal is in Jesuse se genade visier - jonk en oud, naby en ver, Jode en nie-Jode. Jesus sluit niemand uit nie. As die Gees kom, moet almal eenvoudig in sy feesvierings deel. Daarom dat die hele wêreld na die moeder van alle partytjies uitgenooi is. Daar is nog genoeg plek oor by hierdie feesmaal, soos wat Jesus in Lukas 14 vertel.
Stephan Joubert
May 8, 2020


As jy vir twee dinge moet bid…
Spreuke 30:7-9 bevat een van die min gebede in die boek Spreuke. Die Spreukeskrywer bid net vir twee dinge. Die eerste een is opregtheid. Hy weet God kan leuens en onwaarhede nie uitstaan nie. Of valsheid nie. Tweedens bid hy ook vir ’n doodgewone lewe- hy wil nie te arm of te ryk wees nie. Die rede: rykes steun graag op hulle rykdom. Hulle het niks of niemand nodig nie, ook nie vir God nie. Daarom verloën party van hulle die Here. Armes, daarteenoor, kry dikwels so swaar dat
Stephan Joubert
May 7, 2020


Skild van geloof vir die toegeruste soldaat
My pa, destyds ‘n jong Suid-Afrikaanse polisieman, het na ‘n liefdesteleurstelling besluit om saam te gaan veg teen Hitler en sy magte....
Alet Gardner
May 7, 2020


Lesse vir kerkleiers van Martin Luther King Jr
Martin Luther King was seker een van die verdelendste leiers in die VSA. Sy bekende toespraak “I have a dream” word vandag aanvaar as ‘n waterskeidingstoespraak. Hy is later in Memphis vermoor.
Coen Slabber
May 6, 2020


God se nabyheid is eindeloos belangrik
In Psalm 73 praat die musiekleier Asaf van ‘n welbekende observasie wat moontlik van tyd tot tyd in die lewe van elke gelowige kop uitsteek.
Ivor Swartz
May 5, 2020
bottom of page
