top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Bemoediging – ‘n gawe van die Gees
“Hy bemoedig ons wanneer ons swaarkry, dit maak nie saak wat die swaarkry is nie. Dan kan ons ook ander mense bemoedig wat swaarkry, dit...
Elmarie van der Westhuizen
Dec 9, 2020


Downton Abbey en die krag van tevredenheid
Downton Abbey is ‘n Britse TV-reeks wat een van die mees gewilde produksies ooit op BBC was. Dit vertel die storie van ‘n ryk...
Roedolf Botha
Dec 8, 2020


Lag, dit is ’n opdrag!
Jordin Sparks skryf iewers: “If I don't laugh at least 20 times a day, it hasn't been a good day.” aie mense sal dadelik sê dit is naïef. Nogtans kry die meeste volwassenes dit sonder veel inspanning reg om 20 keer per dag te kla, te bekommer, of negatief te praat. In ’n nuwe boek oor die impak van humor (“Humour, Seriously”, 2020) verwys Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas juis na navorsing wat bevind dat vierjariges sowat 300 keer per dag lag, terwyl dit veertigjariges ’n voll
Stephan Joubert
Dec 7, 2020


My geestelike nalatenskap
Watter geestelike erfporsie laat jy na aan almal, wat met jou te doen het? Teveel mense werk hulle morsdood om ‘n aardse erfporsie na te laat, wat slegs met materiële dinge te doen het. Wat laat ons egter na as navolgers van Jesus? Kyk net na die nalatenskap van Petrus en die ander apostels in Handelinge 5. Hulle lewens het getuig dat Christus die Here is. Dit het almal dadelik besiel.
Stephan Joubert
Dec 4, 2020


Jesus se groot uitdaging: Word kleiner!
Een van Jesus se uitdagendste leringe is dat as ons eerste wil wees, dan moet ons laaste wees. As ons groot wil wees, dan moet ons klein wees. Dit sê Hy onder andere vir sy dissipels in Markus 10:42 - 45. Van nature glo ons groot is groot en klein is klein, ook op geloofsterrein. Baie meen selfs dit is belangriker om ’n beroemde prediker of evangelis te wees as iemand wat tee skink by die kerk of wat die besoekers verwelkom. Die Here kies om te verskil. In sy oë is die belang
Stephan Joubert
Dec 3, 2020


Nadenke in ‘n besige lewe
Om tyd vir nadenke te maak, is belangriker as ooit. Ons leef in ‘n wêreld wat nooit tot rus kom nie. Daar is inligtingoorlading, met 24/7 toegang.
Coen Slabber
Dec 2, 2020


Waarheid of nie?
As ‘n onskuldige klein dogtertjie het ek een middag vir my ma ‘n leuen vertel. Ek het heerlik by maatjies gaan speel en heeltemal van die tyd vergeet. Dit was in veilige tye -dit was nie die probleem nie. Ek het gejok oor waar ek gaan speel het. Toe my ma my uiteindelik opspoor en my by die verkeerde dam se eende vind, was daar groot moeilikheid. Ek onthou hoe ek die aand op my bed gesit en gebid het dat my ma nooit weer so vreeslik kwaad vir my moet wees nie. Ek vra toe vir
Marietjie Joubert
Dec 1, 2020


Bou ’n brug
Baie min mense hou meer stil om ’n motoris te help, wat langs die pad gestrand is nie. Dis te gevaarlik. Tog hoor ‘n mens orals van sulke goeie Samaritane. Ek onthou van iemand, wat my een keer vertel het hoe hy van sy bakkie deur gewapendes beroof is. Nadat hulle met sy voertuig daar weg is, het hierdie man hulpeloos rondgestaan. 'n Taxibestuurder het van sy moeilikheid gehoor. Toe stap hy nader en sê: “Ek het al my passasiers laat uitklim. Sê net waarheen jy wil gaan, dan n
Stephan Joubert
Nov 30, 2020


Maak ‘n verskil van een
Vandag is alweer op ons. Nee, dit het nie uit die bloute op ons afgekom nie. Ons het dit eintlik lankal sien aankom - gister reeds. Gaan dit ‘n opwindende dag wees? Gaan jy vandag die hele dag lank ‘n lewende verskil van een wees, soos Petrus en die ander apostels voor die Joodse Raad? Gaan jy in die Naam van die Here as ‘n een-man-weermag of ‘n een-vrou-weermag aanmeld?
Stephan Joubert
Nov 27, 2020


Stil getrap!
“Ek het eintlik maar net geterg…” “Dit was alles in ’n goeie gees bedoel…” “Sy het nooit gekla nie…” Hierdie is tipiese reaksies wat kwyt geraak word, as mense soms van teistering beskuldig word. Ek lees juis van ’n dame wat in ’n anonieme brief in die koerant vertel sy het jare lank sulke teistering beleef, want haar baas het vir haar gesê sy sit sonder werk as sy hieroor sou kla.
Stephan Joubert
Nov 26, 2020


Leierskap November 2020 deel 3
Daar is seker min mense wat nie weet wie Brené Brown is nie. Haar Ted Talk oor ‘Vulnerability’ het groot reaksie op die internet veroorsaak en het vinnig een van die program se video’s geword, waarna die meeste mense gekyk het. Ek grap altyd met vriende dat Brené Brown my spirit animal is, omdat daar nie ‘n boek van haar is wat ek nog nie gelees of geluister het nie. Ek is tans besig met “Dare to Lead” vir ‘n tweede keer, hierdie keer as ‘n audioboek. Die tema is hoe om met b
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Nov 25, 2020


My waarheid of jou waarheid of dié waarheid?
‘n Hele paar jaar gelede al het mense begin te kenne gee dat ons in ‘n post-waarheid-samelewing leef. Om vas te stel wat werklik waar is...
Roedolf Botha
Nov 24, 2020


Twee belangrike koersaanduidings vir die regte pad
Hy was op pad Heidelberg toe daar van East Rand Mall se kant af. Maar hy was nie heeltemal seker van die pad nie. Toe stop hy iewers en vra hoe hy moet ry. “Wel, Meneer, jy draai daar by die volgende robot links. Ry dan tot by die vulstasie ... ” sê die man toe vir hom. Net daar onderbreek hy homself: “Nee, wag. Draai liewers regs by die robot en ry weer by daardie winkelsentrum verby ... ” Nadat die man weer vir ’n rukkie stilbly, sê hy toe: “Ek is jammer, Meneer, maar van h
Stephan Joubert
Nov 23, 2020


Dit kos guts om alleen te staan
Petrus se lewe na Pinksterdag was radikaal anders. Hy het dapper in die openbaar opgestaan om oor die Here Jesus te getuig, selfs voor die Joodse Raad! In die teenwoordigheid van al die Joodse leiers vertel hy van Jesus wat gesterf het, maar ook opgewek is. Petrus sê trouens dat hy nie anders kan as om te doen wat hy doen nie, omdat hy meer gehoorsaam aan God as aan mense moet wees. Ware woorde! Ongelukkig leef vele kerklikes hierdie woorde van vers 29 nie elke dag uit nie, w
Stephan Joubert
Nov 20, 2020


Moenie so baie aandag aan die “bad stuff” gee nie
In die film Pretty Woman raak Julia Roberts se karakter, Vivian, iewers die volgende woorde kwyt: “The bad stuff is easier to believe. You ever notice that?”
Stephan Joubert
Nov 19, 2020
bottom of page
