top of page

Gekoop!

  • Stephan Joubert
  • Jan 1, 2021
  • 1 min read

Updated: May 7


Paulus gebruik ‘n aantal aangrypende beelde oor Jesus en die Gees se werk in 1 Korinthiërs 6:18 - 20. Hy sê eerstens in vers 20 dat ons gekooptes is. Ons behoort nie langer aan onsself nie. Dis presies wat dit beteken as jy iets vir jouself gekoop het, nie waar nie? Dan is daardie item die eiendom van jouself as die nuwe eienaar. Nou ja, Jesus het ons op ‘n dag op die markplein van die sonde raakgeloop, toe ons bankrot in ons eie sondes daar uitgehang het. Toe het Hy ons met Sy eie bloed gekoop. Nou is ons Syne. Jesus het nou volledig beheer oor ons lewe. Daarom kan ons nie langer maak wat ons wil nie.

Jesus is die spesialis-redder van sondaars. Trouens, Hy koop slégs sondaars en maak hulle lewens splinternuut. Dit is sy belangrikste werk. Daarom tref ons vir Jesus veral op die markplein van die sondaars aan, op soek na nog stukkende mense wat Hy kan koop. Wanneer Jesus ons gekoop het, begin die Gees se nuutmaakwerk. Sy werksterrein is diegene wat deur Jesus se kooptransaksies op die markplein van die sonde vir God teruggewen is. Wat ‘n eer dat die Here ons kom koop het, toe niemand anders behalwe die dood en die Bose ons wou hê nie. ‘n Mens noem dit onverdiende genade!

Gebed:

Heer Jesus, ek eer U as koper van stukkende lewens, ook van myne! Amen.

댓글


더 이상 게시물에 대한 댓글 기능이 지원되지 않습니다. 자세한 사항은 사이트 소유자에게 문의하세요.
bottom of page