top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


God sê iets moois oor ons
In Engels praat hulle van die “impostor syndrome,” die nabootser sindroom. Dit is daardie gevoel dat jy eintlik maar ’n klug is. Jy voel iemand gaan nog eendag jou bluf roep. Jy is toe nie so oulik, slim, suksesvol, gelowig, of wat ook al soos wat almal dalk dink nie. Jy voel altyd jy skiet te kort. Selfs ’n suksesvolle persoon soos Albert Einstein het soms so gevoel. Hy het een keer opgemerk: “I feel compelled to think of myself as an involuntary swindler.”
Stephan Joubert
Aug 17, 2020


Net seker van die Gees
Ons is so in beheer van ons lewens en ons wêreld as wat kan kom. Ons selfone maak ons op enige plek bereikbaar. Ons GPS keer dat ons verdwaal. Ons rekenaars sorg vir seepgladde toegang tot die super-informasie hoofweg. Vandag se wêreld is meer effektief as ooit. Tog is die mensdom diep ongelukkig. So bevind die tydskrif Time onlangs. Meer huwelike spat uitmekaar, meer kinders gebruik dwelms en meer gesinne verbrokkel as ooit –ten spyte van ons tegnologie, terapeute en kerklik
Stephan Joubert
Aug 14, 2020


Dit is nie so maklik nie, maar…
Dit is nie so maklik soos wat jy dink nie. Of so eenvoudig nie. Gereeld hoor mens sulke uitdrukkings. Hulle wat sulke dinge sê is heeltemal reg. As dit so maklik of so eenvoudig was, dan was dit! Dan het almal dit reggekry. Tereg het die Franse filosoof Jacques Derrida gesê: “If things were simple, word would have gotten around.”
Stephan Joubert
Aug 13, 2020


RARE leiers is, wel… raar!
Daar bestaan vandag talle bronne wat die effektiwiteit van leiers meet. Hierdie effektiwiteit hang ook natuurlik af van die tyd waarin ‘n mens leef en wat werklik nodig is in elke fase van die geskiedenis. Vanaf die begin van Modernisme was daar baie klem gelê op die oordrag van inligting. Leiers was mense met die regte kennis. Later was die fokus op resultate en aanspreeklikheid weer in die mode gewees. Die laaste klompie jare is daar geweldig klem gelê op emosionele intelli
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Aug 12, 2020


Sywurms
“Nee, Pappa, ek soek meer van die kleiner blare,” beduie sy met haar wysvingertjie. Ek het self gereken dat die groter blare beter is, maar Wysvingertjie weet duidelik beter. Haar pa skud sy kop en begin eerder nader aan die takke se punte pluk. “Hulle is sagter en sappiger vir die wurmpies,” verduidelik sy blinkoog vir my. Die kuiltjie in haar linkerwang duik op. “Hulle los heeltemal op in die kokon,” giggel sy.
Siegfried Louw
Aug 11, 2020


So maak jy jou lewe eenvoudiger
Dit is een ding om te sê die Here is jou Herder, soos wat Psalm 23 leer. Maar dit is iets anders om te sê jy kom niks kort nie. Moenie met ’n verbruikersmentaliteit opgeskeep sit nie. Moenie ’n voltydse tekort-kommer wees nie - nie as Psalm 23 jou leef-psalm is nie. Hoe? Wel, verwyder ’n klomp onnodige “stuff” uit jou lewe. Kom klaar met minder dinge.
Stephan Joubert
Aug 10, 2020


Twee dinge
Maarten Luther het gesê daar is twee dinge wat elke mens alleen moet doen. Om te glo en om dood te gaan. Niemand anders kan namens jou glo of sterf nie. Op die ou end is dit jy wat met jou eie lewe voor God moet staan. Geloof is die enigste sleutel om die lewe én die dood te oorleef! Maar tog is geloof ten diepste ook ‘n gawe van die Gees. Dis Hy wat die saad van die Woord op goeie grond in my hart laat val het. Dis ook Hy wat gekeer het dat die aasvoëls vanuit die doderyk di
Stephan Joubert
Aug 7, 2020


Om nie die laaste woord in te kry nie
“If you can’t win an argument, you must win the fight,” lees ek iewers. Lyk my, party vat dit ernstig op. As ek luister hoe mense mekaar soms in die publiek behandel, en hoe hulle met mekaar en oor mekaar praat, wys dit dat afbrekende taal maklik wen. Dan herinner ek my weer aan die verhaal van Dallas Willard, die Amerikaanse denker wat ’n paar jaar gelede oorlede is. As professor in filosofie is hy een keer tydens ’n lesing woes uitgehaal deur ’n student oor sy eie geloofsoo
Stephan Joubert
Aug 6, 2020


Talente - soos wonderlike musiekinstrumente
David Fulton is die stigter van Fox Software en 'n amateur violis. Hy versamel ook sedert die vroeë 1980’s skaars Stradivarius viole en het op ‘n stadium 22 viole gehad. Een van sy gunsteling Stradivarius viole is "La Pucelle", ‘n goeie viool wat goed bewaar is. Toe Vuillaume, een van die vorige eienaars in die middel van die 1800’s die viool gekoop het, het hy gesien dat dit nog nooit gebruik is sedert dit die hande van Stradivarius verlaat het nie.
Elmarie van der Westhuizen
Aug 5, 2020


Connecting is die nuwe fixing
Vandag se mense is fixers! Ons wil alles regmaak en herstel. Alle probleme moet nóú opgelos word. Ons is korttermyn gefokus en kitsgedrewe. Ons microwave alle probleme reg. Ons het nie baie tyd nie en ons het nie veel geduld met lang uitgerekte stories nie. Dit maak seker aan die een kant sin. Die ontwikkeling van die stoomenjin in die agtiende eeu, en ander masjinerie en die geweldige groei in huidige tegnologiese ontwikkeling het dit vir ons oor die jare die vermoë gegee om
Roedolf Botha
Aug 4, 2020


Tel ’n slag jou eie mat op
In ‘n ou Amerikaanse sepie, “The king of Queens,” besoek die hoofkarakter Doug, en sy vrou een keer sy ouers. Hulle gaan vier sy hond Rocky se 28ste verjaarsdag. As Doug wonder hoe Rocky so oud geword het, erken sy ouers dat hy eintlik al ‘n paar keer vervang is met ‘n hond wat presies soos die eerste Rocky lyk. Hulle trek eintlik nou by Rocky IV.
Stephan Joubert
Aug 3, 2020


Geesvervuldes omhels die wêreld
Geesgevulde mense beskou die wêreld nie as ‘n vyandige plek nie. Hulle sien alle ander mense as beelddraers van God. Hulle weet ook dat God mense liefhet, al het sonde hulle lewens pikswart bekrap. Hulle wil hierdie goeie nuus met almal deel sonder om ooit te veroordeel. As navolgers van Jesus, en ook propvol met die nuutmakende krag van die Gees wil hulle ander mense bewus maak van God se liefde en nie teen alles en almal in die samelewing wees wat “Christelike waardes” bedr
Stephan Joubert
Jul 31, 2020


God laat Homself vind
Die boek Job is juis ’n lewensgrootte worsteling met lyding en met God se rol hierbinne. Nadat Job self al sy kinders aan die dood verloor het, saam met al sy aardse besittings, worstel hy om sin te maak van die lewe en van God. Dan ontdek Job vir God op ’n nuwe manier in sy lyding. Hy loop in God vas, nie in rasionele antwoorde nie. Of is dit andersom? God loop in Job vas! Job ontdek dan dat die Here hom nie afgeskryf het nie. Hy leer God ken as die Een wat sy liefde en alma
Stephan Joubert
Jul 30, 2020


Geen beter wêreld anderkant COVID-19, tensy…
Party buig. Ander dink dit is uitverkopery. Almal baklei met almal oor wie se lewens maak die meeste saak. O ja, en dan is daar ook nog die immer gewilde “vir of teen die president” gesprekke. Om nie van die Amerikaanse president te praat nie. Die temperatuur styg. Amper niemand hoor mekaar nie. So voel dit as jy na publieke media en sosiale media kyk. Nog erger: presies dieselfde tipe debatte herhaal net so tussen baie Christene. Oor en weer maak godsdienstiges mekaar af as
Stephan Joubert
Jul 27, 2020


Geesvervulde gemeenskappe groei
Christus waarborg dat waar Hy deur sy Gees aan die werk is, daar groei sal plaasvind. Nee, nie in die eerste plek numeriese groei nie, maar groei in mense se verhouding met God. Om geestelike te groei, beteken om te vorder in jou liefde vir God en jou toewyding aan Hom. Dit beteken ook om te vorder in jou verhoudings met ander. Maar groei beteken ook dat nuwe mense gereeld tot inkeer kom, soos wat Handelinge 2:47 vertel.
Stephan Joubert
Jul 24, 2020
bottom of page
