top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


’n Vinnige meesterklas oor die liefde
God is liefde. Hy het ons heel eerste lief. Hy het ons al die pad lief. Dit kos Hom ’n kruis om sy liefde vir ons te wys. Die Here vra dat ons Hom terug moet liefhê met alles in ons. Ook vra Hy dat ons mekaar moet liefhê. Om lief te hê, behoort vir ons maklik te wees. Dit is tog deel van ons identiteit as kinders van God. As ons nie liefhet nie, dan maak ons ’n bespotting van God se liefde vir ons en ons geloof in Hom. Die eerste Johannesbrief sê sommer padlangs dat ons leuen
Stephan Joubert
May 4, 2020


Glo en ontvang
Nee, hierdie vers is nie ‘n volgorde van gebeure soos wat party mense dit graag wil verstaan nie. Ons kan nie die Gees se werk vasvang in ons skemas nie. Onthou, Hy is soos wind, Hy waai waar en soos en hoe Hy wil. Niks of niemand kan die Gees vasvang nie. Wat Petrus wel hier aan die groot skare sê wat wil weet hoe hulle gered moet word, is dat hulle hul bestaande leefwyse moet laat staan en God in die oë kyk. Mens noem dit bekering! Hulle sondes en foute sal weggewas word de
Stephan Joubert
May 1, 2020


Alleenheid is nie alleen nie
Alleenheid is nie dieselfde as om alleen te wees nie. Om alleen te wees is soms goed en nodig, veral vir die introverte tussen ons. Alleenheid of eensaamheid is egter iets anders. Dit is daardie pynlike gevoel van sosiale isolasie. Dit is om gediskonnekteerd te wees van ander mense. Drie navorsers genaamd Holt-Lunstad, Smith en Layton het in ’n onlangse studie bevind dat iets soos ernstige oorgewig jou kans op ‘n vervroegde dood met 20% verhoog; dat ernstige alkoholverbruik j
Stephan Joubert
Apr 30, 2020


Christene en die Korona-virus
Hierdie nuusbrief verskil van die gewone nuusbriewe. Prof N. T. Wright het ‘n brief in Time Magazine geskryf oor Christene en die Korona-virus. Omdat dit heelwat opslae gemaak het, het ek besluit om ‘n samevatting daarvan te maak. Weens sy klem op klaaglied/lament het ek oor ‘n artikel oor klaagliedere/lament aangeheg.
Coen Slabber
Apr 29, 2020


Is óns betroubaar?
So baie gelowiges en gemeentes doen soveel betekenisvolle goed in hierdie weird Corona-tyd waarin ons onsself bevind. So baie mense se hande, harte en beursies is oop, somtyds ten koste van hulleself. So baie gemeentes doen van hulle beste werk in hierdie tyd. So baie is betrokke by goeie en sinvolle noodverligtingsprojekte. Wat ‘n inspirasie is dit nie!
Roedolf Botha
Apr 28, 2020


Laat staan daardie babakos
Babatjies is die wonderlikste mensies denkbaar. Daarom dat grootmense so bekommerd is wanneer babas siek word. Dan moet die dokters kom help! Maar in die kerk gee ons nie so baie om dat gelowiges lewenslank geestelike babas bly nie. Trouens, baie gemeentes se strukture is so ingerig dat kerkleiers van vroeg tot laat baba-oppassers is. Dit is hulle werk om geestelike bottels aan te dra.
Stephan Joubert
Apr 27, 2020


Jesus doen sy beloftes!
Die Gees is Jesus se geskenk aan ons in sy plek. Soos wat Hy beloof het toe Hy op aarde was, sou Hy by die Vader die Gees ontvang as Hy sy ereplek langs die Vader inneem. Dan sou Jesus die Gees oor al sy mense uitgiet. Presies dit het op Pinksterdag gebeur. Ook vir jou en my geld hierdie aangrypende geskenk uit die hemel. God se Gees is die grootste gawe van God hier in die eindtyd om die kerk op koers te hou. Die Gees waarborg Christus se persoonlike teenwoordigheid by ‘n ie
Stephan Joubert
Apr 24, 2020


Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie
Die wêreld waarbinne die Bybel ontstaan het was ’n wêreld propvol dooie gode en godinne. Dit was vir baie mense in daardie tyd vreemd om te moes hoor daar is net een ware God. Tog is dit nie net die reine waarheid nie; dit is ook bevrydend. Om ’n horde gode te moet dien is sieldodend. Letterlik! Jesus het gesê ons kan nie vir twee here tegelyk werk nie. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie regtig oor sulke kapasiteit nie.
Stephan Joubert
Apr 23, 2020


Die Meesterbakker en geloof
Terwyl ek versigtig is om te veel waarde aan drome te heg, het ek hierdie keer gewéét dat dit die droom van die Meesterbakker ‘n boodskap...
Alet Gardner
Apr 22, 2020


Het jy Herdersklere in jou kas?
Die woorde van Psalm 23 gryp nog altyd aan die hart. Ek glo volkome in die woorde. Die Here is waarlik my herder. Hy versorg my. Soek vir my weivelde. Hy lei my na waters waar daar rus en vrede is. Hierdie herder beskerm en bewaar my van gevaar. Hy is met my elke oomblik.
Marietjie Joubert
Apr 21, 2020


Jy kies nie die kaarte nie, maar jy kies hoe jy speel
Do all you can, with what you have, in the time you have, in the place where you are - Nkosi Johnson het dit gesê. Hy is op 12 jarige ouderdom dood. Tot op daardie stadium was hy ’n kampvegter vir kinders wat HIV slagoffers is, soos hyself. Aan sy eie klein lyfie het hy beleef die lewe is nie regverdig nie. Ongelukkig was dit nog nooit regverdig nie. Dit sal ook nooit wees nie. Nie almal kry gelyke kanse nie. Nie alle kaarte in die pak is eweredig uitgedeel nie. Party mense d
Stephan Joubert
Apr 20, 2020


Jesus in die fokus
Wanneer die Gees werk, val die klem altyd op Jesus. Dis 'n beginsel wat ek regdeur die Nuwe Testament raakloop. Jesus self het beloof dat dit sal gebeur. Die Gees sal Hom verheerlik as Hy weggaan (Johannes 16:14). Die Heilige Gees is nie ‘n aandagtrekker nie. Hy skuif graag agter Jesus in. Sy werk is om die fokus op Jesus te hou. Daarom sien ek dat die Gees kliphard aan die werk is in kerke waar Jesus vreesloos verkondig word.
Stephan Joubert
Apr 17, 2020


Anderkant die kruis
Jesus se aardse sending het spoedig ontaard in ’n lewensgevaarlike sending. Sy ontmaskering van die godsdienstiges se doodsheid, asook sy omgee vir onreines en sondaars het Hom uiters ongewild gemaak in die kringe van die magshebbers van die dag. Nogtans het Jesus se radikale boodskap van genade sondaars, verlorenes en randfigure se harte op elke plek aangeraak. Verlore mense is opgespoor. Siekes is genees. Bose magte het die wyk geneem. Die hemele het oopgegaan bokant stukke
Stephan Joubert
Apr 16, 2020


Die afgewaterde evangelie
In ‘n nuwe studie deur die Barna-groep ‘State of the Church 2020” het hulle onderhoude met 500 senior pastore in die VSA gehou oor hulle grootste bekommernisse.
Coen Slabber
Apr 15, 2020


Wat Batman ons kan leer oor vrees
As daar een emosie is wat mense in hierdie Corona-Lockdown-tyd moet leer verwerk is dit ons vrese. Diegene van ons wat nie tans verlammende vrees beleef nie, is tog diep besorg oor sekere verwikkelinge in hierdie tyd. Maar selfs onder die grootste optimiste onder ons, fluktueer ons gevoelens maar baie tussen gesonde besorgdheid en toksiese vrees. Ons vrees die toekoms en veral die ekonomiese impak wat Covid 19 op die horison vir ons laat wag.
Roedolf Botha
Apr 14, 2020
bottom of page
