top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Christene en verhoudings
Verhoudings het ‘n betekenisvolle impak op ons lewens. Ongesonde verhoudings laat ons gedreineer, eensaam en ontevrede voel. Tydens die COVID-pandemie het ons selfs meer bewus geword van hierdie negatiewe gevolge.
Coen Slabber
Nov 18, 2020


Dubbele burgerskap
Terwyl Brink net oor die twintig jaar gelede heen en weer gevlieg om ‘n besigheid in die VK te vestig, het ‘n Britse medepassasier op die...
Alet Gardner
Nov 18, 2020


Volumeknoppie
Ek het gehoor van ʼn spreker wat in sy toespraak vir homself by een plek ʼn kantaantekening gemaak het: “Swak argument. Praat harder”. Verloor is vir niemand lekker nie. Of dit jou sportspan of die party is waarvoor jy gestem het, wen is net altyd lekkerder. Ons voel natuurlik dieselfde oor ʼn argument. Wie het nou lus om verkeerd bewys te word, wanneer jy ʼn argument verloor? Voeg ʼn skeut adrenalien by ʼn lewendige argument en die volumeknoppie van die gesprek word gou-gou oopged
Siegfried Louw
Nov 17, 2020


God giet nie alles in klipharde sement nie
“Kan ek jou teekoppie lees?” vra ‘n tannie my jare gelede. “Hoe bedoel tannie?” wou ek dadelik weet. “Die teeblare onder in die koppie vertel jou toekoms,” sê sy.
Stephan Joubert
Nov 16, 2020


Goddelike hulp
Christenskap verander nie jou lewe met die swaai van ‘n towerstaf in ‘n maklike opsie nie. As jy dink dat die Gees se inwoning in jou lewe bedoel is om dit vir jou probleemloos en veilig te maak om die Here te dien, dan mis jy die punt. Dít doen Hy beslis nie. Inteendeel, die Gees gaan jou dalk nog op plekke bring, waar jy nie wil wees nie, soos Petrus en die ander apostels, wat in die tronk beland het, omdat hulle openlik oor Jesus praat.
Stephan Joubert
Nov 13, 2020


Oom, kan God huil?
“Oom, kan God huil?” vra ‘n kindjie. Terwyl die ma half verskonend probeer verduidelik dat dit maar net kinderlike gedagtes is, dink ek dit is so opreg as wat kan kom. Net dalk is die vraag nog moeiliker as dit: kan God ly? Inderdaad! Lyding is ‘n langdurige eerstehandse belewenis van slegte gebeure. Dit is om self uit die beker van swaarkry te moet drink.
Stephan Joubert
Nov 12, 2020


Maskers
Ewe skielik, vanaf ‘n paar maande gelede, word ons samelewing gekenmerk deur die dra van maskers. Dis maskers net waar jy kyk: in...
Roedolf Botha
Nov 10, 2020


Leer ’n nuwe taal aan, Jesus s’n
Die taal wat jy gebruik om die werklikheid mee te beskryf, verander gou-gou in jou eie werklikheid. Kyk maar na ’n uitdrukking soos: “Die corona-virus gaan nog die land vernietig.” Of: “Ons land sit op ’n tydbom.” As jy dit gedurig as hoofopskrifte vir jou eie opinies of ervarings gebruik, dan dwing dit jou om gedurig nuwe probleme te identifiseer, wat hoort onder sulke opskrifte.
Stephan Joubert
Nov 9, 2020


Jaloesie is die Gees se vyand
Waar die Gees werk, raak mense magneties. Hulle liefdevolle woorde en Geesgevulde dade gryp ander aan die hart. Hulle nederigheid en opregtheid is magneties. Presies dit het in Jerusalem met die apostels gebeur. Mense van oraloor het begin praat oor die groot dinge, wat hulle in die Here se Naam doen. Ook het hulle gemeente aanhou met groei. Toe gebeur die onvermydelike: jaloesie het sy aaklige kop uitgesteek! Die Joodse Raad het weer kennis geneem van die groot invloed van d
Stephan Joubert
Nov 6, 2020


Die regte afstand is omgee
“Is COVID-19 dalk die Here se manier om die wêreldbevolking in toom te hou?” vra iemand. Hulle Bybelstudiegroep wil graag weet. Ek sukkel om my skok weg te steek, terwyl ek sê: “Dit klink amper of hulle God sien as ’n regsien-God.”
Stephan Joubert
Nov 5, 2020


Eers omgee dan inspraak
“Nobody cares how much you know, until they know how much you care.” Theodore Roosevelt Jare gelede het my sussie saam met my ma by die...
Elmarie van der Westhuizen
Nov 4, 2020


Die wedloop van die lewe
Tydens die grendeltydperk was ek een van daardie mal mense wat elke dag in die tuin geoefen het. Dit het begin met ‘n bietjie draf en dan ‘n bietjie stap. Later kon ek vir ongeveer ‘n uur lank stadig draf. Ek bedoel STADIG, want, glo my, ek is geen Olimpiese atleet nie.
Helena Smith
Nov 3, 2020


God se pad met jou het begin toe jou naam op die gastelys geplaas is
Geen pad gaan maar net iewers heen nie. Alle paaie kom ook van êrens af. Op ’n bepaalde punt sluit jy altyd aan by ’n bestaande pad. Jou eie geloofspad kom ook van iewers af. Dit het nie eers begin toe jy ’n Christen geword het nie. Nee, dit het al begin toe jou naam op God se gastelys geplaas is. Nog lank voor jyself dit geweet het, was jy reeds ’n genooide na die hemelse feesmaal.
Stephan Joubert
Nov 2, 2020


Bid en gebruik medisyne
Ons bid graag vir groot siektes, soos kanker en hartprobleme, maar vir ‘n kopseer of ‘n maagkramp drink ons sommer ‘n pilletjie en vergeet daarvan. Wat gaan ons maak as die slim mense op ‘n dag medikasie ontwikkel, wat kanker kan klop? Gaan ons dan nog ernstig daarvoor bid? Of gaan ons sommer net die medikasie gebruik en daarvan vergeet, terwyl ons dan weer vir ander “groot” siektes bid?
Stephan Joubert
Oct 30, 2020


As dinge beter raak, word jy nie vanself blyer nie
Mense is van nature probleem-raaksieners. Dit bevind die bekende Amerikaanse navorser Dan Gilbert. In een van sy studies oor geluk kom hy tot die gevolgtrekking mense is oor die algemeen slegte beoordelaars van dit wat hulle gelukkig maak en wat nie. Selfs wanneer probleme binne enige situasie verminder, soek mense dadelik na ’n paar nuwe moeilikhede. Of hulle skep sommer ’n paar nuwes. Of hulle maak klein probleme skielik groter as wat dit tevore was.
Stephan Joubert
Oct 29, 2020
bottom of page
