top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Al wat saak maak, is Christus
Om mense tevrede te hou, is een van die vermoeiendste dinge, wat daar is. Vra maar vir onderwysers, verkoopsassistente, leraars, werktuigkundiges, sjefs, tuinwerkers, huiswerkers … Baie mense is eintlik met niks tevrede nie. Jesus self het op ‘n dag in Matteus 11 gesê dat nóg Hyself, nóg Johannes die Doper dit kon regkry om mense tevrede te stel - nou hoe sal jy en ek dit dan ooit regkry? Maar dis gelukkig ook nie ons werk as ons Jesus se volgelinge is nie. Hy roep ons daarom
Stephan Joubert
Nov 26, 2021


Ek kan nie ander mense se lewensbeker volmaak nie, maar…
Op ’n dag het ek besef ek kan nie ander mense se lewensbekers volmaak nie. Vir baie lank in my lewe het ek geglo dit is wat ek moet doen. Toe besef ek dit is my roeping om slegs my eie lewensbeker aanhoudend leeg te maak in God se diens. Ek is geroep om myself te gee, afgesien van die resultate hiervan. In Jesus se woorde in Johannes 7:38-39 is ek geroep om die Gees se lewende water vanuit my binneste te laat vloei en nie om resultate na te jaag nie. As sulke leegmaakaksies a
Stephan Joubert
Nov 25, 2021


Mentors
‘n Mentor loop voor en leer sy / haar leerlinge eerstens deur voorbeeld. Daarom is die Lewis Carroll-aanhaling voor op my dagboekie vir...
Alet Gardner
Nov 24, 2021


Lyding wys ons is eg, God is eg
Wat my onlangs opgeval het, was die woorde van die ateïstiese Yuval Noah Harari, ‘n briljante Israeliese historikus en futuris. Hy het...
Roedolf Botha
Nov 23, 2021


Van bekering een tot bekering twee (deel 2)
Bekering een het gebeur toe ek na God toe gedraai het. Dit was toe ek met my stukkende lewe voor Christus kom buig het. Dit was toe ek in Hom begin glo het as die Here van my lewe. Bekering twee het begin toe ek agterkom God het ‘n totaal ander telbord as daardie een, waarmee ek myself na “bekering een” mee besig gehou het. Vir Hom gaan dit oor die voltydse navolging van Jesus en oor impak in die wêreld, nie oor instandhouding van kerkgeboue en formele strukture nie. Impak ge
Stephan Joubert
Nov 22, 2021


Kry jou kop reg
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raaksieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s
Stephan Joubert
Nov 19, 2021


Jy is die Heilige Gees se spesialisasie terrein
Die drie-enige God is in die lewensveranderingsbedryf. Dit alles begin by die God van liefde. Hy wil Sy verlore aardse eiendom vir Homself terughê. Dit is hoekom Jesus graag bankrot mense se lewens kom opkoop. Meer korrek gesê: Hy kom red verlore mense. Daarom is sondaars altyd en orals op Sy radarskerm. Jesus soek God se verlore eiendom op, koop hulle terug en verlos hulle. Hierna gee Hy diegene, wat Hy vrygekoop het, oor in die hande van die Heilige Gees. En, soos wat Paulu
Stephan Joubert
Nov 18, 2021


Wanneer jy besef jý is die probleem!
Een van ‘n leier se grootste nodige tydverdrywe is die identifiseer en uitsorteer van probleme. Leiers het allerhande soorte probleme, soos tanende effektiwiteit, moeilike lidmate of werknemers, geestelike oppervlakkigheid, operasionele struikelblokke, eie skadelike gewoontes, eie gebrek aan selfdissipline, veeleisende aandeelhouers, dalende inkomstes, begrotings wat nie klop nie en nog baie meer.
Roedolf Botha
Nov 17, 2021


Sampioene
Ek is baie lief vir sampioene. Een van die mooiste geluide in die kombuis, is die ptsjhhhhh-geluid wat opgekerfde oestersampioene maak wanneer hulle die warm pan se bodem tref. My liefde vir sampioene het veroorsaak dat ek ʼn spesiale emmertjie aangeskaf het waarin ek kweekmedium, soos strooi, moet sit. Ek moet met groot geduld en afwagting deur ʼn hele proses gaan om uiteindelik die vrug van die organisme te kan geniet: die sampioen self.
Siegfried Louw
Nov 16, 2021


Van bekering een tot bekering twee (deel 1)
My eerste bekering was belangrik, léwensbelangrik. Maar my tweede bekering is lewenstransformerend. Die eerste een, toe ek kop-aan-Kop in Jesus vasgeloop het, het my bevry van my eie verlorenheid. Toe het Jesus oor al my skuld geskryf: AFBETAAL. Van toe af het geglo dat ek die ewige lewe het.
Stephan Joubert
Nov 15, 2021


Hoe werk die Gees se gawes?
Om te keer dat gelowiges nie hulle gawes tot hul eie voordeel gebruik nie, bied Paulus in 1 Korintiërs 12-14 ‘n omvattende “handleiding” oor hoe die Here se gawes reg gebruik moet word. Hierdie beginsels is só belangrik dat Paulus sê dat ons liewers moet ophou om ons gawes te beoefen, as ons dit nie hiervolgens gebruik nie. Gedurende die volgende paar dae gaan ons hierby stilstaan. Hoor egter weer wat Paulus se uitgangspunt is: ons moet ons gawes reg gebruik. Vir die Here is
Stephan Joubert
Nov 12, 2021


Gebruik minder woorde
Toe Dr Seuss sy kinderboek The Cat in the Hat geskryf het, het sy uitgewer 225 woorde aan hom gegee, wat hy deurgaans kon gebruik. Met die skryf van Dr Seuss se volgende boek het sy uitgewer Bennet Cerf hom $50 gewed dat hy nie ’n boek kon skryf, waarin hy slegs 50 woorde deurgaans gebruik nie. Toe doen hy dit. Green Eggs and Ham het 200 miljoen kopieë verkoop! Ons dink gewoonlik dat baie woorde die ding vir ons moet doen. Dit is egter nie nodig nie.
Stephan Joubert
Nov 11, 2021


Wie is besig om my knoppies te druk?
‘n Vriendin het onlangs ervaar dat iemand haar “knoppies druk”: ‘n winkelassistent se onbehulpsame en onbeskofte houding het daartoe...
Elmarie van der Westhuizen
Nov 10, 2021


Die oersonde wat ons vrede steel
‘n Bietjie vrees kan goed wees. ‘n Klein dosis tydige vrees kan ons help om in ‘n gevaarlike omgewing op die uitkyk te wees vir gevaar en...
Roedolf Botha
Nov 9, 2021


Kry die regte kwalifikasie
Toe ek een keer deur Facebook blaai, kom ek op ’n "suggested post" af, oftewel 'n advertensie, wat vertel hoedat jy deesdae 'n PhD kan verwerf vir jou bydraes tot die mensdom. Nou ja, ek het al met indiwidue te make gehad wat "be-doktord" geraak het via oorsese universiteite, wat sulke kwalifikasies per spoedpos weggee. Dan wonder ek by myself: is sulke kwasi-nagraadse kwalifikasies so belangrik dat sommige kerklikes hulle gewete hiervoor sal rek?
Stephan Joubert
Nov 8, 2021
bottom of page
