top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Gee al die spasie vir die hemelse Binnehuisversierder
Dit was die skrywer Franz Kafka, wat gesê het ’n goeie boek moet soos ’n byl wees om daardie bevrore oseaan binne-in ons elkeen oop te breek. Op sy beurt skryf Paulus in 2 Korintiërs 3:2-3 dat dit God se Gees is wat ons harde harte verander en oopbreek. Hy doen dit wanneer Hyself ons harte as Sy nuwe skryfpapier gebruik. Die Gees skryf nie meer op harde klip, soos daar in Moses se dae toe die wet nog op kliptafels was nie. Hy skryf hier binne-in ons. Met die Woord as Sy rigsn
Stephan Joubert
May 10, 2021


Beseël vir die groot fees!
Die voorregte uit God se hand, waaraan ons nou reeds deel het, is maar net ’n voorsmakie van dit wat nog voorlê. Hiervan is die Gees die persoonlike waarborg. Hy sal sorg dat ons die wenstreep haal. Hy het ons beseël as God se persoonlike eiendom. Hy is die deposito, wat ons Hemelse Vader as vooruitbetaling op ons elkeen se lewe inbetaal het om ons te verseker dat niks of niemand sal keer dat ons die groot feesbanket in die hemel haal nie. Ons is mense met die toekoms in ons
Stephan Joubert
May 7, 2021


Staan jy in jou eie pad?
Partykeer is jyself jou eie grootste vyand en kritikus. Jy ooranaliseer alles wat jy doen. Jy is net nooit tevrede met dit wat jy sien nie. Jy kom net nooit oor jou eie dwarslat nie. Jy dink nooit jy is slim genoeg, oulik genoeg, of wat ook al genoeg nie. Die feit bly staan, dit is nie goed om so ’n vlymskerp kyk na jouself te hê nie. Aan die ander kant is dit ook nie goed om traak-my-nie-agtig te leef nie.
Stephan Joubert
May 6, 2021


God bederf ons met vriendskap
Elmarie van der Westhuizen skryf in haar nuutste artikel vir ekerk oor God wat ons bederf met vriendskap.
Elmarie van der Westhuizen
May 5, 2021


Watter troetelsondes bring skeiding tussen jou en God?
In die gelykenis van die verlore seun (Lukas 15:12 - 31) lees ons van ‘n jong man, wat nie tevrede met sy huidige omstandighede is nie. Hy vra vir sy erfporsie en gaan dan na ‘n ver land. Die Joodse gehoor, wat na hierdie gelykenis geluister het, het besef dat “ver land” na baie meer verwys as net ‘n ver plek. ‘n Ver land sou beteken dat dit ‘n plek was waar heidense nasies gewoon het. Dit was dus duidelik: hierdie seun het nie net sy rug op sy pa gedraai nie - hy het sy rug
Helena Smith
May 4, 2021


Hoe moet ons dit verstaan dat Jesus “na drie dae” opgestaan het uit die dood?
In Matteus 12 sê Jesus vir ’n klomp godsdienstige leiers, wat wondertekens van Hom vra, dat Hyself drie dae en drie nagte in die aarde se hart sal wees. Baie mense gebruik vandag hierdie woorde om die tydperk van die kruisiging en opstanding anders te bereken as hoe die Nuwe Testament dit doen. Hulle kom na vore met nuwe dae, waarop sowel die kruisiging as die opstanding plaasgevind het. Groot fout! Markus 15:42 beskryf die dag, waarop Jesus gekruisig is, glashelder in Grieks
Stephan Joubert
May 3, 2021


Die Gees as waarborg
In Efesiërs 1:14 skryf Paulus dat die Gees die waarborg of deposito van God se kant af is, dat ons vorentoe alles van Hom sal ontvang, wat Hy in Sy twee Testamente aan ons belowe het. Die woord, wat Paulus hier in die Grieks vir ’n deposito gebruik, dui op ’n kooptransaksie, waar die eerste bedrag op ’n bepaalde item betaal word met die veronderstelling dat die res van die geld later oorbetaal sal word. Hoekom is dit so ‘n belangrike beeld van die Gees se werk? Wel, omdat dit
Stephan Joubert
Apr 30, 2021


In die Here se nabyheid gee die spoke pad
‘n Vrou het een keer vir die Engelse digter, Samuel Taylor Coleridge, gevra of hy in spoke glo. Toe antwoord hy so ewe: “With truth and simplicity – no, madam. I have seen far too many myself.” Dit herinner my vir ’n oomblik ook aan die dissipels se reaksie in Matteus 14. Terwyl hulle in die middel van die nag in ’n storm op die See van Galilea vasgekeer is, kom Jesus op die water na hulle toe aangeloop. Hulle verwar Hom egter met een of ander spookagtige figuur uit die onder
Stephan Joubert
Apr 29, 2021


Mislukte planne – hoe hanteer ek dit?
In haar nuwe artikel skryf Elmarie van der Westhuizen oor hoe ons mislukte planne kan hanteer.
Elmarie van der Westhuizen
Apr 28, 2021


Woede maak jou blind, liefde maak jou redelik
Roedolf Botha skryf in sy nuutste My Wêreld nuusbrief oor woede wat ons blind maak, en liefde wat ons redelik maak.
Roedolf Botha
Apr 27, 2021


God kyk ons raak
Ander mense se oë is altyd op ons. Of ons in ‘n tou staan by die winkel en of ons in ‘n geselskap sit - ander sien raak wat ons sê en doen. Ons is altyd binne mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself darem ook nie aan elke liewe kyk te steur nie. As party mense ons uitkyk, of as hulle ons op en af kyk, of as hulle ons middeldeur kyk, of as hulle stukkend kyk, is dit nie nodig om eindelose stres hieroor te hê nie. Anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Apr 26, 2021


God se amptelike stempel
Paulus gebruik ‘n merkwaardige beeld of twee vir die Heilige Gees hier in 2 Korintiërs 1:22 en later ook in Efesiërs 1:13 - 14. Die beeld van ‘n seël, wat die apostel eerstens aanroer, hou verband met die seëls of stempels van hooggeplaastes, soos goewerneurs of die keiser, wat in Paulus se dag op amptelike dokumente geplaas is. Watter belangrike boodskap dra dit aan ons oor? Ja, natuurlik vertel dit dat ons beseëldes van die Here self is. God waarborg self die egtheid van Sy
Stephan Joubert
Apr 23, 2021


Jesus het ons reg ingeëent
Onreinheid het reinheid elke keer uitgestof in die wêreld waarbinne Jesus opgetree het. Onreinheid was uiterlik. Liggaamlike siektes soos melaatsheid, menstruele siektes en ander infeksies het mense outomaties gediskwalifiseer vir deelname aan formele godsdiens. Al was hulle harte so rein soos sneeu, het dit net mooi niks gehelp nie. Enige kontak met heidene en sondaars en enige eet van kos, wat nie aan godsdienstige standaarde voldoen het nie, het mense ook gediskwalifiseer
Stephan Joubert
Apr 22, 2021


Leierskapslesse geleer uit ‘n pandemie
Ons ken die speletjie van toutrek. Daar is duidelike wenners en verloorders. Toutrek is nie die manier om sake tydens ‘n globale pandemie te hanteer nie. Tog lyk dit asof ons land en die wêreld in ‘n globale toutrekkompetisie is. Kerkleiers word in verskillende rigtings getrek as gevolg van verskillende sienings oor waar ons tans in die pandemie is en hoe om daarop te reageer.
Coen Slabber
Apr 21, 2021


Gerubs op wiele
Esegiël is nie ’n maklike teks om te verstaan nie. Dit is nie soseer die boodskap wat moeilik is nie, maar eerder die beskrywings van die kragtige visioene, wat my maag op ’n knop laat trek. Tog breek die Gees dikwels ook die moeilike verse soos ’n ryp granaat oop, sodat ek die sappige vrug kan eet en persoonlike betekenis in ’n spesifieke gedeelte vind. So is dit ook met Esegiël 1.
Liezel Lüneburg
Apr 20, 2021
bottom of page
