top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


In 2022 speel my gebede nie in ’n geriefsone af nie
Dit is reg dat ons gereeld en getrou bid. Paulus beveel ons juis in 1 Tessalonisense 5:17 om te bid sonder ophou. Maar een gevaar, wat hiermee gepaard gaan, is dat ons later so gewoond raak aan gebed dat ons onnadenkend en oorgemaklik met die Here begin praat. Miskien is ons almal te familiêr met God. Ons gesprekke met die Here het reeds tot kamertemperatuur afgekoel. Hoor dan net hoe maklik sê mense deesdae dinge soos: “God het vir my dit of dat gesê…”
Stephan Joubert
Jan 13, 2022


Hoe verander jy ‘n gevestigde kultuur in ‘n gemeente?
In gevestigde gemeentes is die kultuur ook goed gevestig. Hoe verander ‘n mens hierdie gevestigde kultuur? Jy moet ‘n proses volg.
Coen Slabber
Jan 12, 2022


Nuwejaar? Nuwe krag?
Jesaja 40:31 Maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie,...
Alet Gardner
Jan 12, 2022


Alles in 'n naam
Gister ontmoet ek toe mos vir Khanyisa. Sy het ons bestelling vir ons ontbyt kom neem. Ons is besig met allerhande feesvierings. Ek voel altyd so in my skik as ek die betekenis van iemand se naam kan herken, want dit is gewoonlik lekker om dan daaroor te gesels. “You are the one who brings light wherever you go,” glimlag ek. Ja, sowaar, daar doen haar gesig presies dit. Dit is eers haar oë wat onmiddellik begin glinster. Dan breek haar mond trots oop en haar tande glinster sa
Siegfried Louw
Jan 11, 2022


Vyf boustene vir 2022
Hier aan die begin van 2022 kies ek van voor af om my lewe op God se Woord te bou. Met alles in myself gaan ek in hierdie nuwe jaar die volgende glo en uitleef:
Stephan Joubert
Jan 10, 2022


Liefde verander my
Die liefde van die Gees verander die manier waarop ons na ander kyk. Terwyl hierdie wêreld vir die meeste mense na ’n tronk lyk, verstel die Heilige Gees ons visie sodat ons die wêreld as ’n kunsgalery begin sien, met die mense rondom ons as God se eie handewerke. Ongelukkig het die sonde groot skade aan baie mense aangerig, maar die Heilige Gees help ons om verby dit alles te kyk. In hierdie proses raak ons dan ook betrokke by mense. Ons dien hulle ten einde die lewe se krap
Stephan Joubert
Jan 7, 2022


In 2022 bid ek nie “outomaties” nie
In 2013 het ’n ervare rotsklimmer, Susan Mailloux, tragies in Amerika gesterf. Sy het vergeet om haar klimharnas aan die reddingstou vas te maak, toe sy teen ’n rotsmuur in ’n gimnasium uitgeklim het. Een kenner het na die tyd gesê sy was so gewoond aan hierdie manier van klim dat sy dit op “autopilot” gedoen het. Sulke noodlottige foute kan insluip as ons vir jare lank iets oor en oor doen. Ons lees die Bybel outomaties. Ons ry outomaties dieselfde roetes werktoe. Ons sê out
Stephan Joubert
Jan 6, 2022


COVID-19 en kie doof nie Jesus se helder lig uit in 2022 nie
Kan jy dit glo, nog ’n feesseisoen is agter ons! Kersfees en die Nuwejaar is oor en verby. Party mense sal egter dadelik vra: Was daar ooit so iets soos ’n feesseisoen? Sedert die Covid-pandemie ons almal se onwelkome metgesel is, is daar al hoe minder redes vir feesviering. Die afgelope jaar of twee was vir derduisende nie vreugdevol nie. Werkloosheid, armoede en ander probleme het baie mense se laaste bietjie hoop in die sand laat wegsyfer.
Stephan Joubert
Jan 3, 2022


Die liefde dra alles
Ons het reeds twee belangrike beginsels geleer oor die regte gebruik van die gawes. Die eerste een is dat die Gees se gawes veroorsaak dat ons bely Christus is die Here. Tweedens word dit aan ons gegee tot voordeel van ander gelowiges. Derdens is dit die doel van die gawes om te gedy en te groei binne die bedding van God se liefde.
Stephan Joubert
Dec 31, 2021


Die lewe is kort - laat joune tel!
In 2007 het die kontemporêre Christelike sanger, Steven Curtis Chapman, ’n lied geskryf genaamd Cinderella. Dit moes hom herinner om baie tyd deur te bring saam met sy twee klein dogtertjies. ’n Paar maande later is sy een dogtertjie, Maria, in ’n fratsongeluk dood toe sy seun haar met sy voertuig omgery het. Chapman vertel dat hy nie gedink het hy kan ooit weer Cinderella sing na sy kind se dood nie. Genadiglik hy het hy dit later weer reggekry. Hy het homself daaraan herinn
Stephan Joubert
Dec 30, 2021


My leefpad is op die tafel
Mag ek gou ’n paar vrae vir jou vra oor jou eie lewensroetes gedurende die afgelope jaar: WAAR HET JY IN 2021 ’N PRAKTIESE IMPAK VIR CHRISTUS GEMAAK? HOEVEEL KEER WAS JY DIE VERSKIL VAN EEN IN IEMAND SE LEWE? WATTER MENSE SAL KAN GETUIG DAT JY IN 2021 OP KONKRETE MANIERE VIR HULLE HOOP GEBRING HET?
Stephan Joubert
Dec 27, 2021


Maak tee vir Christus!
Een van die grootste lesse van my lewe het ek as ‘n jong outjie by ‘n kerklike kongres geleer. ‘n Klompie belangrike sprekers het ons oor nuwe maniere van kerkwees toegespreek. Tussendeur het ‘n vriendelike tannie elke dag vir ons almal daar by die kongres tee gemaak. Op die laaste dag gaan sê een van my vriende toe vir haar dankie. Haar antwoord het hom (en my) skoongeboul: “Ag Meneer, ek het net een gawe by God ontvang en dis om lekker tee te maak. Daarom maak ek oral vir m
Stephan Joubert
Dec 24, 2021


Kom kyk wat is in Jesus se hand
Terwyl die dissipels besig was om weg te kruip agter geslote deure op daardie Sondagaand na Jesus se dood, daag Hyself by hulle op met ‘n oop hand, ‘n hand vol hemelse vrede. Soos wat dit die Joodse gebruik in daardie tyd was, sou Hy Sy regterhand in die lug opgesteek het, terwyl Hy Sy dissipels groet met die woorde: “Vrede vir julle!” Maak seker dat jy ook hier in Kersfeestyd Jesus se oop hand raaksien, Sy hand vol genade,liefde en beskerming. Dit is hierdie einste hand, wat
Stephan Joubert
Dec 23, 2021


Kersgeskenk – ‘n Pa!
Ons is alweer in die tyd van Kersgeskenke uitsoek en toedraai vir veral kinders, wat met verwagting uitsien na die oopmaak van hulle...
Alet Gardner
Dec 22, 2021


Kom na my toe
Op 27 November 2021 word SA wakker met die nuus dat daar ‘n nuwe variant van die coronavirus is. Dit voel vir my of ek op ‘n ander planeet wakker word. Corona, Delta en Omnikron klink soos ver planete in ‘n afgeleë sonnestelsel. Vriende van Down Under laat weet hulle kan nie meer kom kuier nie. ‘n Dierbare vriendin uit Londen sit gestrand, want sy kan nie terugvlieg na haar gesin nie. Alles klink soos ‘n fliek uit die buitenste ruimte. Op Sondagaand, 28 November, hou ons pres
Marietjie Joubert
Dec 21, 2021
bottom of page
