top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Verskeidenheid en eenheid
Die groot les wat Paulus vir ‘n verskeurde kerk in Korinte wil leer, is dat die liggaam van Christus hier op aarde, oftewel Sy kerk, soos wat ons dit noem, een is. Christus se kerk is ‘n organiese eenheid. Hier val die klem nie op elke afsonderlike ledemaat nie, maar op die liggaam as geheel. Daarom is dit elke ledemaat se funksie om die groter prentjie raak te sien en in diens te staan van die ganse liggaam. Tussen Christus se mense gaan dit nie oor elkeen se uniekheid, wat
Stephan Joubert
Aug 6, 2021


As die dood te volop raak…
Vroeër was die dood nie so volop en so naby as tans met die derde golf van die Covid-pandemie nie. Ons almal beleef skielik hoe geliefdes en vriende rondom ons sterf. Ons beleef hoe baie mense veg vir hulle lewens. Daarom is dit nodig dat ons as gelowiges in hierdie tyd reg oor die lewe en die dood moet dink, soos wat die Nuwe Testament hieroor skryf:Die dood is nie vir God ‘n verleentheid nie. Christus hou die sleutels van die dood in Sy eie hand vas. (Op. 1:17 - 18)
Stephan Joubert
Aug 5, 2021


Luister is ‘n daad van liefde
Elmarie van der Westhuizen skryf in haar nuutste blog oor die daad van luister.
Elmarie van der Westhuizen
Aug 4, 2021


Die spasie tussen jou ore
Lees Roedolf Botha se nuutste My Wêreld nuusbrief "Die spasie tussen jou ore"
Roedolf Botha
Aug 3, 2021


Ek bid as die land brand … en elke ander dag ook
Julie-maand was afbrandmaand in Suid-Afrika. Ons almal was (en is) nog besig om te treur oor soveel geliefdes, wat gesterf het as gevolg van Covid, toe bars chaos los. Winkelsentrums en fabrieke is geplunder en geboue is afgebrand. Dit was traumaties. Vanuit alle oorde is ons opgeroep om te bid. Terwyl ek dit gedoen het, het ek vir ’n oomblik gewonder hoekom roep mense mekaar eintlik net in krisistye op tot gebed. Voordat jy my verkeerd hoor, ons moet mekaar vir seker aanspoo
Stephan Joubert
Aug 2, 2021


‘n Gemeente in die intensiewe eenheid
Daar het ’n vreemde ding in Korinte gebeur. ‘n Klompie snaakse liggame het skielik hul opwagting daar gemaak. Wat ‘n vreemde gesig was dit nie: ‘n spul oë op ‘n hoop; dan weer ‘n klomp neuse, ore, wysvingers - noem maar op. Die skokkendste van alles was dat hierdie vreemde lywe in die kerk te siene was. Wat was die rede hiervoor? Wel, sommige gemeentelede het begin dink hulle is die belangrikste. Daarom moes al die aandag op hulleself val - op al hulle indrukwekkende gawes en
Stephan Joubert
Jul 30, 2021


Waarheid is nie outomaties te vind tussen die massas nie
Getalle as meetinstrument vir sukses is misleidend. Nee, getalle is nie onbelangrik nie. Wat sou die punt wees van enige webtuiste, saal, of stadion as daar nie genoeg mense is om byeenkomste daar by te woon nie? Maar dit is nie outomaties waar dat groter getalle gelyk is aan groter waarheid, wanneer dit by geloofsake kom nie. Jesus self was nie aldag beïndruk met groot skares nie. In Johannes 6 krimp Hy ’n skare van 5000 plus binne 24 uur tot slegs 12 dissipels. Aanvanklik,
Stephan Joubert
Jul 29, 2021


’n Veilige plek
“As ek net weer kan loop!” sê ‘n vriendin in haar hospitaalbed, maande nadat sy ‘n hoofbesering opgedoen het. So het ‘n man, wat 38 jaar...
Alet Gardner
Jul 28, 2021


Vashou
Die een Maandag was besonder gewoon. Daar was geen pandemie nie. Geen inperkings nie. Geen vreemde nuus nie. Niks opwindends nie. Selfs die politieke nuus was vervelig en voorspelbaar. My vrou het na haar chemo-sessie kom lê. Sommerso in die studeerkamer, op die oopslaanbank.
Siegfried Louw
Jul 27, 2021


Hou op om ander mense te probeer verander
Hoekom wil party mense gedurig almal rondom hulle verander? Is dit dalk omdat hulle dink hulle eie lewens is reeds uitgesorteer? Al wat eintlik nog moet gebeur, is om ander mense sover te kry om presies soos hulle te wees. Wel, die Here roep ons nie om ander mense te probeer verander nie. Of die land nie. Of die wêreld nie. Wag, dit beteken nie ons het geen verantwoordelikheid teenoor mekaar nie. Tekste soos Genesis 4, Esegiël 18 en Matteus 18 sê juis dat ons het. Ons is aans
Stephan Joubert
Jul 26, 2021


Geloofskepper
Egte geloof is ‘n gawe van die Gees. Ja, dis ek wat my tot God bekeer. En dis ek wat glo. Maar agter dit alles staan die Gees. Dis Hy wat die saad van geloof in my laat ontkiem. Daarom is geloof
Stephan Joubert
Jul 23, 2021


Sit jou laste neer, vra die Heer
Iewers het ek die verhaal gelees van twee priesters, wat op reis was. Toe hulle by ’n rivier aankom, het daar ’n vrou hulpeloos rondgestaan. Sy kon nie op haar eie deur die rivier stap nie, omdat dit te sterk gevloei het. Toe vra sy of die priesters haar dalk kan deurhelp. Die jonger priester het geweier omdat dit teen hulle orde se reëls was om aan ’n vrou te raak. Maar die ouer priester het haar woordeloos op sy rug getel en haar deur die rivier gedra. Toe hulle later verde
Stephan Joubert
Jul 22, 2021


Dinge wat Jesus gesê het, wat ons vergeet
Waarom noem julle My ‘Here, Here’ maar julle doen nie wat Ek sê nie? (Lukas 6:46). As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen. (Johannes 13:17)
Coen Slabber
Jul 21, 2021


Perspektief, die groot gelykmaker
In sy nuutste My Wêreld, skryf Roedolf Botha oor "Perspektief, die groot gelykmaker"
Roedolf Botha
Jul 20, 2021


Die groot gelykmaker is nie die dood nie
'n Ou spreuk sê na elke skaakwedstryd beland al die pionne en die koning in dieselfde boks, bedoelende die dood is die groot gelykmaker. Dan maak dit nie saak of jy ’n koning of ’n pion was nie. Korreksie: die lewe is eintlik die groot gelykmaker. Wag, gelóóf is! Dit is geloof, wat die speelveld hier en nou en tot in die verste ewigheid uitsorteer. Jesus sê in Johannes 3 dat elkeen, wat in Hom glo, nou reeds aan die ewige lewe deel het. Dit begin hier en nou. Dit setel in Je
Stephan Joubert
Jul 19, 2021
bottom of page
