top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


’n Nuwe vandag is hier
God se nuwe vandag is hier. Dit het aangebreek toe die engel in Lukas 2:11 uitgeroep het dat Jesus vandag vir ons gebore is. Die Verlosser het aangekom. ’n Splinternuwe vandag het op God se kalender verskyn. Die tyd het skielik gedraai. Die ewige nuwe dag van die Here het begin, toe Jesus na ons toe gekom het. Om in Hom te glo, is om te leef binne ‘n nuwe tydsone, Syne! Dit is om deel te wees van God se ewige vandag. Die ou dae van dood en donkerte is oor en verby vir elkeen,
Stephan Joubert
Dec 20, 2021


Skyn teen volsterkte
My oupa het dikwels na sekere kerkmense verwys as “diep” gelowiges. Toe ek hom eenkeer vra wat ‘n “diep” gelowige is, sê hy dis mense wat reguit hemel toe gaan, omdat hulle groot dinge vir die Here doen. Met respek aan my oupa, ‘n mens ken nie diep gelowiges so maklik uit nie. Groot gelowiges werk agter die skerms. Hulle werksterrein is ander mense wat nood en seer het. Tussen armes, verwerptes en verdwaaldes loop hulle stilweg tweede myle. Daar dien en help hulle gereeld. Hu
Stephan Joubert
Dec 17, 2021


Briek nou daardie Kersfees-onvreugde
Ek onthou hoe beswaard Ou-dominee in my kinderdae oor die “verwêreldliking” van Kersfees was. Party ouens is nog steeds nog beswaard hieroor. Klagtes oor die kommersialisering van hierdie fees is steeds die in-ding. Om alles te kroon is daar ook nog die diegene wat sê Kersfees is ’n heidense fees. Dan is hulle sommer ook diklip oor almal rondom hulle wat dit reg vier.
Stephan Joubert
Dec 16, 2021


Die lewe deurvleg met bitter en soet
“1992 is not a year on which I shall look back with undiluted pleasure. In the words of one of my more sympathetic correspondents, it has...
Elmarie van der Westhuizen
Dec 15, 2021


Sien jy die arm, hartseer of eensame Jesus raak?
Agnes Bonxha Bojaxhiu, ‘n eenvoudige, maer, vroutjie vol plooie, is een van my rolmodelle. Sy is beter bekend as Moeder Teresa, ‘n non, wat in Indië onder siekes, armes en weeskinders gewerk het. Die omstandighede waarin sy gewerk het, was haglik en vuil. Soms het sy honger gely, omdat sy haar kos met die armes gedeel het. Toe iemand haar eenkeer vra waarom sy dit doen, het sy gesê: “Ek sien Jesus in elke mens. As ek iemand sien wat honger is, dink ek ek moet vir hom kos gee
Helena Smith
Dec 14, 2021


Glo anderkant stilstaan verby
Die koningin sê vir Alice in die bekende kinderverhaal: “It takes all the running you can do, to keep in the same place. If you want to get somewhere else, you must at least run twice as fast as that!” Presies net so! Dit verg baie energie en krag om vinniger te beweeg. Ek lees juis iewers hoe een fietsrykenner reken enige ernstige fietsryer moet meer as 60% ekstra krag insit net om 20% vinniger te kan ry. Dit is presies ook hoe die res van die lewe werk, ons geloof ook.
Stephan Joubert
Dec 13, 2021


Omgee: So maak mens
‘Wat is daarin vir my?’ Dis die eerste vraag wat mense gewoonlik vra, as hulle ‘n transaksie sluit. Soms word mense se geloof ook beïnvloed deur sulke vrae. Paulus het egter ‘n ander roete gekies. Hy het die vraag verander van: “Wat gaan ek daaruit kry?” na “Watter voordeel gaan ander uit my gawes kry?” Dis ‘n reuse skuif. Paulus was nie in diens van die evangelie ter wille van homself nie. Dit het oor God gegaan en oor ander mense. Hulle het meer as hyself saak gemaak. As hy
Stephan Joubert
Dec 10, 2021


Die duiwel is nie ’n superster nie
As jy mense wil bangmaak, dan moet jy net vir hulle sê daar’s ’n satanis in die omgewing. Dan slaan hulle uit in koue sweet. Dalk gebeur dit omdat hulle glo duiwelaanbidders het superkragte. Mense glo sulke dinge oor die duiwel en sy aanbidders, omdat hulle nie die Bybel ken nie.
Stephan Joubert
Dec 9, 2021


Konflik, Blou Sones en Rooi Sones
Konflik en die hantering van konflik is deel van ‘n leier se roeping. Trouens, indien jy ‘n konstante konflikvermyder is, dan mag leierskap dalk nie vir jou wees nie. Dis te verstane, want transformasieleierskap bring gewoonlik weerstand en ongelukkigheid, omdat dit van mense vra om te verander en verandering skep die belewenisse van verlies. Konflik is egter nie so maklik om te navigeer nie. Boonop verloor ‘n mens maklik perspektief midde-in konflikprosesse, omdat dit so per
Roedolf Botha
Dec 8, 2021


God ken
In Tobruk in Noord-Afrika - waar Hitler se generaal, Rommel, verslaan is - is daar grafstene van soldate, wat tydens die Tweede...
Roedolf Botha
Dec 7, 2021


Die regte ding om te doen, is…
Die regte ding om te doen … wanneer jy by ‘n vurk in die pad beland en jy nie weet of jy links of regs moet draai nie, is om altyd die moeiliker roete aan te durf. Die moeiliker pad vra altyd groter selfverloëning en opoffering van jou. Dit is Jesus se pad. Hyself het in Markus 10:45 gesê dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien. Hy is ons voorbeeld. Die moeiliker pad gaan jou karakter voor God vorm. Dit gaan jou laat groei in geloofsvertroue en volharding.
Stephan Joubert
Dec 6, 2021


Gawes word gebruik tot voordeel van ander
Die tweede beginsel wat ter sprake is as Paulus oor die gawes van die Gees praat, is dat gawes altyd tot voordeel van ander mense gebruik word. Ek speel nie meer die hoofrol in my eie lewe sedert ek ‘n Christen geword het nie. My gawes is nie daar vir my eie gebruik of vir my eie voordeel nie. Ek is uitgeskryf uit hierdie rol. En ek het heelhartig saamgestem dat dit gebeur. Nee, ek wil nie meer die sentrum van my eie bestaan wees nie. Daardie plek het die Here lankal oorgenee
Stephan Joubert
Dec 3, 2021


Goeddoen is nie ’n sonde nie
“Ons word nie gered deur ons goeie werke nie.” Dit is deeglik in my kinderjare by my ingedril. Dalk het dit ons geïmmuniseer teen goeie werke. As dit ons dan nie red nie, dan doen ons dit nie, of so-iets! Wat ’n jammerte, want die Bybel roep ons gedurig op om goed te doen. In Titus 2:7 moedig Paulus sy helper Titus aan om homself as ’n voorbeeld van goeie werke aan ander gelowiges voor te hou. Hulle moet sy geloof in sy mooi werke sien, presies soos wat die Jakobusbrief ons o
Stephan Joubert
Dec 2, 2021


Jesus Christus: Vigilante of wetsgehoorsame?
Op ’n keer ry Jesus Christus Jerusalem op ʼn donkie binne. Paasfees is om die draai en Hy is op pad na sy Vader se huis. ’n Onaangename verrassing wag by die tempel: Duisende drom saam. Die lawaai is oorverdowend en die gejil en gekibbel maak aanbidding in die voorhof onmoontlik. Wie gee nou om of die heidene kan aanbid of nie? Woekeraars en verkopers verleen ’n vlooimarkagtige atmosfeer en almal is vrolik, in ’n vakansiebui.
Liezel Lüneburg
Nov 30, 2021


Doen die Bybel in drie sinne
Ek kan die hele Ou Testament in drie sinne vertel, sê iemand vir Len Sweet, ’n Amerikaanse teoloog en skrywer. Toe doen hy dit: “Ander volke het ons probeer doodmaak.” “Deur die Here se goedheid het ons oorleef.” “Kom ons eet!” Toe sê die persoon vir Len hy kan ook die Nuwe Testament in drie sinne opsom: “God sê: Ek het jou lief in Christus.” “Ek vergewe jou.” “Kom ons eet!”
Stephan Joubert
Nov 29, 2021
bottom of page
