top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Littekens in ons geloofslewe wys dat ons sterker is…
Daar is ‘n verskil tussen ‘n wond en ‘n litteken. ‘n Wond vertel van vars pyn. Dit vertel van seerkry, wat onlangs gebeur het. Dit vertel van seerkry wat steeds pynlik is. Littekens vertel van wonde, wat reeds genees het. Dit vertel dat ons groot pyn oorleef het en dat ons nou sterker is. Littekens is immers van die sterkste weefsel in ons liggaam. Dit herinner my ook aan Jesus. Die boek Openbaring ken Hom juis as die Lam, wat geslag is. Met ander woorde, Hy dra steeds in die
Stephan Joubert
Mar 29, 2021


Ligloop vir vals vryhede
Die Gees het ons vrygemaak. Ons is lankal nie meer die mense, wat ons vroeër was nie. Gister se gemors is vir goed verby. Vandag is hier, die Here se vandag. Maar dit beteken nie ons het die vryheid om te doen wat ons wil nie. Allermins. Ook het ons nie die vryheid om ons nou besig te hou met beuselagtighede nie. Daarom kan ons nie, soos sommige Korintiërs, onsself troos met ‘n valse gerustheid dat alles nou wettig is vir ons nie. Want, sê Paulus, nie alles is noodwendig nutt
Stephan Joubert
Mar 26, 2021


Dit is nou ons diensbeurt
Klagtes oor die jeug wat buite beheer is, of politici wat korrup is, is niks nuuts nie. Doer in 1913 het professor G.T.W. Patrick in “The Popular Science Monthly” geskryf dat hy in ‘n museum in Istanbul ’n inskripsie raakgeloop het van die Chaldese koning, Naram Sin (2254-2218 vC). Hy het dit as volg vertaal: “We have fallen upon evil times… Politics are very corrupt. Children are no longer respectful to their parents.”
Stephan Joubert
Mar 25, 2021


Paulus as leier
In Handelinge lees ons van Paulus se sendingreise. In Handelinge 16 word vier eienskappe van Paulus as leier beskryf. Paulus, Silas, Timoteus en later ook Lukas besoek van die gemeentes, wat Paulus vantevore besoek het of gestig het.
Coen Slabber
Mar 24, 2021


Jy moet jou naaste liefhê soos jouself
Die afgelope tyd het ek weer diep bewus geword van hierdie gebod. Hierdie is die grootste gebod! Soms dink ek dit gaan by die een oor in en dan sommer by die ander oor uit. Dit haak nêrens vas nie. Ons het nie velcro tussen die ore nie.
Marietjie Joubert
Mar 23, 2021


Dink anders!
Hoeveel keer het sulke gedagtes nie al deur jou kop gemaal nie? Jy besluit jy wil nooit weer aan iets dink wat lei tot sonde nie. Jy probeer hard om dit te vermy. Maar voordat jy jouself kan kry, het jy al weer daaraan gedink. Of dit gedoen. Hoekom faal jy gedurig as jy besluit om nooit weer te dink aan iets wat verkeerd is nie, maar nogtans daaraan dink? En weer en weer ... ? Die rede is interessant. Jou brein is eintlik nie gemaak om agterstevoor te dink nie. Dit kan nie ef
Stephan Joubert
Mar 22, 2021


Verandering is permanent
Na Paulus se tragiese beskrywing van sommige Christene se gedrag jeens mekaar in 1 Korintiërs 6:1-8, vertel hy hoe God in ons almal, wat gewas is in die bloed van die Lam, se lewens kom ingryp het. Nou is ons van ons tone tot by ons krone oorgemaak, nuutgemaak, gekoop, afgesonder en eenkant gesit vir die Here. Nou het die Gees ons kom verander tot die permanente uitstalvenster van die Here se genadegawes. Nou is ons anders, nuut, vars!
Stephan Joubert
Mar 19, 2021


Wie se opinies tel in ons lewe?
Iemand skryf ‘n mens hoef nie insig of kennis te hê om ’n opinie te hê nie. Inderdaad! Maar dit is juis die probleem - almal het opinies. Maar moet ons onsself aan almal se opinies steur? Moet ons ons ore aan almal uitleen? Kom ons sê net eers vir mekaar ons moet minstens bereid wees om te luister. God het vir ons twee ore en een mond gegee. Hy wil hê ons moet dit dienooreenkomstig gebruik. Nogtans moet ons kies wie se stemme en wie se menings wen in ons lewe.
Stephan Joubert
Mar 18, 2021


Jesus, sisteme en transformasie-leierskap
Ek ken ‘n gewaardeerde gemeentelid, wat onlangs sy MBA-verhandeling oor transformasieleierskap gedoen het. Dis die nuwe buzz word in leierskapkringe. Leiers bring gesonde transformasie en vernuwing. Dis goed en reg so. Ons het inderdaad goeddeurdagte en gepaste verandering nodig in die meeste van die arenas, waarin ons leef en werk. In so ‘n transformasieproses is dit egter van die grootste belang om te kan weet wat moet verander en wat nie. Dit mag dalk vir sommige mense een
Roedolf Botha
Mar 17, 2021


Soms moet ‘n mens eenvoudig aangaan
Soms word gevoelens te hoog geag. Ek sien onlangs hoe dat die bekende Kanadese sangeres, Celine Dion, vertel hoe sy geleer het hoe om...
Roedolf Botha
Mar 16, 2021


Wat het vrye toegang tot jou kop?
Jy is wat jy dink. Dit waarvan jou kop vol is, lek uit in die res van jou lewe. Dit wat jy deur die hekke van jou kop inlaat en daar verwelkom, bepaal jou denke, jou emosies, jou perspesies, en jou gedrag. Terloops, jou gedagtes gebeur teen ‘n verbysterende spoed. Impulse word van een senuwee-eindpunt na die ander in die brein teen snelhede van oor die 300 km/s oorgedra.
Stephan Joubert
Mar 15, 2021


Luister na die eggo’s van jou woorde
Het jy al in ‘n kloof gestaan en geluister na die eggo van jou eie woorde? Dit laat my net besef wat die effek van my woorde is. Sodra dit my lippe verlaat, eggo my woorde in ander se ore. My woorde het oneindige moontlikhede. Ek kan kies, soos die dwaas na wie Spreuke 12:18 verwys, om my woorde as messteke te gebruik om ander mense se lewe vol gate te maak, presies soos wat die Korintiërs aangevang het deur mekaar voor die hof te daag. Of ek kan kies, soos die wyse, om my wo
Stephan Joubert
Mar 12, 2021


Is lelike taal die nuwe normaal?
Toe ek onlangs deur ’n boekwinkel stap, sien ek dit is die nuwe modegier om kragwoorde in boektitels te gebruik. Daar is darem nog ’n paar ** tussen die letters, maar almal weet tog wat daar staan. Toe dink ek baie mense praat in elk geval so - politici, sportafrigters, filmsterre, komediante, gewone mense (sic!) … Is sulke taal nou die nuwe normaal?
Stephan Joubert
Mar 11, 2021


Mobiliseer om die Groot Opdrag te voltooi
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees en hulle te leer om alles te onderhou, wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd . (Matteus 28:18 – 20)
Coen Slabber
Mar 10, 2021


Carpe diem!
Ek weet nie of jy ook soms so voel nie, maar partykeer voel dit vir my asof ek net deur die dag tjommel. Ek doen net die minimum wat van my verwag word en stap geen ekstra myle nie. Onlangs op so n tjommeldag kyk ek na ‘n video van ‘n inspirerende jong onderwyser, Dalton Barends. Hierdie jong man het my laat besef dat ek dankbaar moet wees dat ek gesond is en in hierdie pandemietyd lewe. Hy het my weer laat besef dat ek elke dag moet aangryp.
Helena Smith
Mar 9, 2021
bottom of page
