top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Kan ek U net een keer sien, Here!
“Kan ek U net een keer sien!” So klink Moses se versoek aan die Here in Eksodus 33. Op sy beurt vra Filippus in Johannes 14 vir Jesus: “Wys vir ons die Vader en dit is vir ons genoeg!” Nee, hulle het dit nie ligsinnig bedoel nie. Dit is nie asof hierdie een van hulle “bucket list”-wense was, voordat hulle eendag sterf nie. Moses en Filippus se versoek weerspieël iets van gelowiges se dieper dors na die Here regdeur die eeue.
Stephan Joubert
Oct 14, 2021


Geluk of betekenis?
In hierdie My Wêreld nuusbrief vra Roedolf Botha wat die belangrikste is, geluk of betekenis?
Roedolf Botha
Oct 12, 2021


God trek nie klipharde strepies nie
“Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal. U het dit neergelê en hy kan dit nie oorskry nie.” So sê Job in Job 14:5. Nee, dit is nie een of ander Bybelse leerstuk, wat Job hier uitspel nie. Inteendeel! Hy is in hoofstuk 14 besig om God aan te kla. Hy meen God is onregverdig, want Hy het blykbaar een of ander onwrikbare plan in plek, waarvan Job die slagoffer is. Job voel hy is soos ’n marionet aan ’n toutjie in God se hande. Dit lyk vir hom of God doen
Stephan Joubert
Oct 11, 2021


Soos wat Hy wil
Wat is nie alles opgesluit in hierdie enkele paar woorde van Paulus oor die Gees se werk nie: “Soos wat Hy wil.” Dis lewensbelangrike woorde hierdie, woorde, wat te dikwels in die kerk geïgnoreer word, wanneer daar oor die gawes van die Gees gepraat word. Hoor dit weer: die een Gees gee aan elkeen afsonderlik daardie gawes, wat nodig is, soos wat Hy wil. Nee, jy kan nie daardie gawes naboots, wat jy nie het nie. As jy nie die gawe van geestelike leierskap het nie, dan kan jy
Stephan Joubert
Oct 8, 2021


God is ook daar waar deernis afwesig is
“Ubi caritas et amor, Deus ibi est.” “Waar daar mededeelsaamheid en liefde is, daar is God.” So lui die woorde van ’n ou bekende Christelike lied. Inderdaad! Ons sien God se genade raak, wanneer gelowiges Sy liefde teenoor mekaar uitleef en medelye aan ander bewys. Maar beteken dit God is slegs op daardie plekkeaanwesig, waar sy liefde gesien en ervaar word? Nee! Hy is ook daar waar Hy nie raakgesien word nie. Hy is ook daar waar haat en dood aanwesig is. Jesus se kruis vert
Stephan Joubert
Oct 7, 2021


Selfgesprekke – hoe beheer ek dit?
“Wees versigtig wat jy dink. Jou denke kan jou lewe ingrypend beïnvloed.” Spreuke 4:23, Die Boodskap Ek het persoonlik gevind dat...
Elmarie van der Westhuizen
Oct 6, 2021


Verlies en die menslike toestand
Verlies hang soos ’n grou, digte mis oor die mensdom. Nie net verlies aan geliefdes nie, maar verlies aan gesondheid, vryheid van beweging en finansiële stabiliteit. Ook beheer oor emosies, hoop en somtyds geloof. Dan is daar die skreiende verlies aan menslike kontak en aanraking. Selfs die algemene verlies aan “common sense”, takt en begrip wanneer brandpunte bespreek word.
Liezel Lüneburg
Oct 5, 2021


Moenie net vas vir Jesus nie, vier ook fees saam met Hom
“Vir wat is julle so liberaal?” Dit is eintlik wat die Fariseërs vir Jesus in Markus 2:18-22 vra, as hulle wil weet hoekom Sy eie dissipels nie vas nie. Toe Jesus op aarde was, was vasgebruike immers een van die heel belangrikste bewyse van mense se godsdienstigheid. Die Fariseërs het selfs twee dae per week gevas, vanaf sonop tot sononder. Op Maandae en Donderdae het hulle sonder kos klaargekom en met lang gesigte rondgeloop. Jesus en Sy dissipels se vrolike etes op daardie
Stephan Joubert
Oct 4, 2021


Wat ‘n wonderlike reënboog van genade!
Wanneer die Here my vrymaak sodat my aandag onselfsugtig begin wegskuif na ander mense toe, dan ontdek ek ‘n splinternuwe wêreld. Dan loop ek in God se reënboog van genade vas, as ek sien hoe Hy mense met unieke gawes oorlaai. Dan sien ek hoe Hy aan een gelowige ‘n besondere gawe van wysheid gee om op die regte tyd die regte ding te sê. Of hoe die Gees aan iemand anders die vermoë gee om die regte insig in God se wil te hê. Ook sien ek midde in Sy genadereënboog mense, wat di
Stephan Joubert
Oct 1, 2021


Oppas vir “ligte troos”
Iemand vertel by ’n groot ete hy het pas sy beursie verloor met baie geld daarin. Almal simpatiseer met hom. Iemand sê toe iets goeds sal hieruit voortspruit. “Wat nogal?” vra iemand anders. “Alles werk maar ten goede uit,” kom sy antwoord. “Ja, jy is reg. Iets goed sal hieruit voortspruit as jy uit jou sak die geld vir hierdie arme man teruggee,” sê die omgekrapte. Toe is “alles wat ten goede moet werk” ook daarmee heen. Hierdie voorstel is gou-gou doodgepraat.
Stephan Joubert
Sep 30, 2021


Die onmoontlike opdrag: om kwaad met goed te vergeld
Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, want daartoe is julle geroep,...
Alet Gardner
Sep 29, 2021


Hulle kon hom nie onderkry nie
Roedolf Botha skryf in sy nuutste My Wêreld nuusbrief oor Paulus en hoe hulle hom nie kon onderkry nie.
Roedolf Botha
Sep 28, 2021


Wie sê vir jou jy is ’n gelowige?
Moenie vir my sê jy is ’n gelowige nie; laat ek vir jou sê jy is een.” Dit het ek iemand een keer hoor sê. Hy het bedoel ons geloof moet so duidelik sigbaar wees in alles wat ons doen dat ander mense dit maklik moet raaksien. Maar die feit is: dit gebeur nie aldag nie. Soms dra ons lewensboom nie goeie vrugte nie. Ons is nie altyd goeie advertensieborde vir God se liefde nie. Kleivoete is een van die minder aangename realiteite van ons elkeen se geloofslewe. Nee, dit is nie ‘
Stephan Joubert
Sep 27, 2021


‘n Verskeidenheid uit die hande van Een
1 Korintiërs 12:4 - 6 is aangrypend. Dit vertel in geen onduidelike taal nie dat die drie-enige God self aktief by die uitdeel van die gawes aan Sy kinders betrokke is. Kyk net: in vers 4 verwys Paulus na die een Gees, wat ‘n verskeidenheid van genadegawes uitdeel. In vers 5 hoor ons van een Here, wat verskillende dienste uitdeel, terwyl vers 6 weer vertel van verskillende werkinge, wat van een God afkomstig is. Het jy die patroon raakgesien? Dit gaan oor Een wat baie gee. Ee
Stephan Joubert
Sep 24, 2021


Praat reg, praat met wysheid
Praat eerlik. Jy skuld ander mense altyd ’n stuk eerlikheid, veral as daar fout is in hulle lewe. Prediker 7:5 sê die eerlike woorde van ’n wyse is kosbaarder as die vleitaal van ’n dwaas. Nee, jy praat nie eerlik op ongeskikte maniere nie. Met sagmoedigheid wys jy ander tereg, as dit nodig is.
Stephan Joubert
Sep 23, 2021
bottom of page
