top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ter wille van mekaar
Binne elke liggaam kan daar maar net twee oë en twee ore en een neus wees. Die voet kan nie sê: “Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie.” Elke ledemaat, hoe onbenullig sy taak ook al mag lyk, help om die liggaam reg te laat funksioneer. As ’n ledemaat beseer word, beïnvloed dit die werking van al die ander ledemate. As een ledemaat siek is, trek al die ander ledemate swaarder. Die ganse liggaam se funksionering word soms gekniehalter deur een swak sk
Stephan Joubert
Nov 5, 2021


My taal is my wêreld
“The limits of my language means the limits of my world,” het die bekende denker, Ludwig Wittgenstein, een keer gesê. Ware woorde! As die woorde op jou lippe destruktief, afbrekend en negatief is, is jou wêreld baie klein. O ja, en ook lewensgevaarlik. Dan maak jou woorde jou van binne af siek, asook vir elkeen binne trefafstand daarvan. Jou tong moet tot bekering kom, daagliks en aanhoudend! Jou woorde moet aanhoudend deurdrenk wees met die sagtheid en deernis van die Heilig
Stephan Joubert
Nov 4, 2021


Woorde wat genees
Wanneer ‘n mens elke dag met tieners werk, kan dit soms ‘n uitdaging wees. Ons ken almal tieners se nukke en grille. Ons ken ook hulle humeure en vry sê. Om met ‘n klaskamer vol van tieners te werk, bly daagliks ‘n voorreg, maar ook ‘n geweldige uitdaging. Jy weet hoe dit soms in jou huis gaan, wat nog te sê in ‘n klaskamer vol van daardie ouderdom. ‘n Mens moet mooi dink en mooi praat om nie leerders te beledig of jou humeur te verloor nie.
Marietjie Joubert
Nov 2, 2021


Om weg te stap van sukses
Ek het nie die universiteit verlaat en tussen gestremde mense gaan leef, omdat ek hulle wou help nie. Die eintlike rede hoekom ek dit gedoen het, is omdat ek beter leermeesters in my lewe nodig gehad het. Dit het die bekende skrywer, Henry Nouwen, gesê toe hy sy akademiese loopbaan opgeoffer het om as ’n priester gestremde mense gaan dien in die L’Arche Daybreak-gemeenskap in Ontario in Kanada. Dit het hy gedoen tot en met sy dood in 1996. Gewigtige woorde, dié van Nouwen. Go
Stephan Joubert
Nov 1, 2021


Elkeen is onmisbaar
In die wêreld is daar ‘n gewilde spreekwoord: Niemand is onmisbaar nie. Wel, dit geld nie volgens Paulus in Jesus se aardse liggaam nie. Hier is elke ledemaat onmisbaar. Net soos wat ‘n gesonde liggaam nie enige ledemate kan ontbeer nie, net so kan die kerk nie sonder elke lid behoorlik funksioneer nie. Maar ons het al so gewoond geraak aan ‘n siek kerk in die intensiewe eenheid met een of twee leraars, wat soos dwarrelwinde van vroeg tot laat rondhardloop en ‘n klein groepie
Stephan Joubert
Oct 29, 2021


Doen ook daardie tweede 50%
Spreuke is nie slegs mooiklinkende waarhede nie. Vat maar Spreuke 10-15 se 183 verse. ’n Volle 163 hiervan is teenstellings. Hierdie 163 verse werk met twee teenoorgestelde waarhede en twee maniere van leef. In gewone taal: “’n Dwaas maak só, maar ‘n wyse mens maak só.” Ons is goed daarmee om die eerste kant raak te sien, dwase en skelms s’n. Saam met Spreuke 10 se eerste kant, weet ons baie goed dat dwase se oorhaastige woorde moeilikheid bring (Spreuke 10:14). Of dat dit le
Stephan Joubert
Oct 28, 2021


Oog op die wenpaal
Omdat ek weet hoedat kleutertjies omkyk-omkyk hardloop, het ek, toe ons jongste aan haar eerste Interhuis moes deelneem, agter die...
Alet Gardner
Oct 27, 2021


Luister na die kinders!
Netflix het ons lewens in die Covid-tyd aansienlik verander. ‘n Mens kan kwalik ‘n dag by die werk deurbring sonder dat twee mense met...
Roedolf Botha
Oct 26, 2021


Ek wens partykeer God wil optree soos wat ek dink Hy moet
Net wanneer ek dink ek verstaan God, tree Hy anders op as wat ek dink.” Ek sal nooit hierdie woorde vergeetwat ’n vriend jare gelede kwytgeraak het nie. Dit was nie ligsinnig bedoel nie. Alles behalwe. Hy het dit opreg bedoel. Vandag besef ek dit is ’n diep waarheid, wat daardie vriend gedeel het. Ek besef al hoe meer God is groter, genadiger, heiliger, nader, maar ook anders as wat ek dink. Nooit kan ek God in my eie beperkte klein boksies vasgevang kry nie. My nadenke en my
Stephan Joubert
Oct 25, 2021


Niemand is te gering nie
Dis sleg dat daar sulke vals onderskeide in die kerk tussen geestelike leiers en gewone mense bestaan. Of tussen mense, wat groot sigbare dinge vir die Here doen, en Christene, wat stilweg vir God werk. Of tussen mense met opspraakwekkende gawes om wonders te doen en diegene met die minder opspraakwekkende gawes. Dis mensgemaakte onderskeidings. Maar helaas is hierdie sienings baie lewendig in die kerk. Te veel mense sien hulleself as minderwaardig teenoor ander Christene, om
Stephan Joubert
Oct 22, 2021


Luister meer, praat minder
My ma het dit graag gesê, al my onderwysers ook. Gereeld sê mense dit ook vir mekaar. Ek praat van daardie woord “luister!” - ek bedoel daardie “luister” met ’n groot uitroepteken. Aanhoudend word ons daaraan herinner dat ons na die Here en na mekaar moet luister. Dit is ook reg so. Om te luister is broodnodig. Stilte en heilige eerbied voor die Here is lewensbelangrike geestelike dissiplines, wat in ons lewens aanwesig moet wees. Tog sukkel ons hiermee. Ons bly nie so maklik
Stephan Joubert
Oct 21, 2021


Hart of hande?
Ek het een maal ‘n konsultasie vir ‘n maatskappy in Gauteng gefasiliteer. Terwyl ek besig was om die bestuur te oortuig dat dit ‘n gesonde en nodige praktyk is om gereeld na jou mense te luister, bars die uitvoerende bestuurder skielik uit met dié woorde:
“Man, my werknemers word betaal en hulle moet doen wat ek sê. Ek wil nie heeldag na hulle gevoelens en klagtes ook luister nie!”
Roedolf Botha
Oct 20, 2021


Die Here sien jou raak
Word jy dalk jaar na jaar oorgesien vir ‘n bevordering by jou werk, al voel dit vir jy asof jy dit verdien? Voel dit dalk vir jou asof jou huweliksmaat jou nie raaksien nie en jou afskeep? Dalk voel dit vir jou asof jou kinders jou nie genoeg waardeer nie.
Helena Smith
Oct 19, 2021


My naam staan in die boek van die lewe!
God ken ons deur en deur. Die Bybel vertel dat God so intens by ons lewens betrokke is dat Hy ons name selfs in Sy boek van die lewe opskryf. Psalm 139:16 sê jubelend: “U het my al gesien, toe ek nog ongebore was. Al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” Hierdie woorde moet egter nie deterministies verstaan word asof elke liewe mens se lewe in onveranderlike sement gegiet is nie. Hierdie woorde vorm deel van Dawid se belydenis dat ons as gelowiges n
Stephan Joubert
Oct 18, 2021


Nuwe gawes?!
Is dit nie ‘n fout dat ons vandag nog eens by 1 Korintiërs 12:11 stilstaan nie? Nee, want daar’s nog iets wat ons hier moet leer. Dit hou verband met die vraag of God in ons dag nuwe gawes deur Sy Gees gee, of nie. Anders gestel: is die gawes, wat Paulus hier in vers 8 -10 noem, ‘n onveranderlike lys? Die antwoord is geleë in vers 11, naamlik dat die Gees aan elkeen gee, soos Hy wil. Dit berus met ander woorde nie by ons om te besluit watter gawes die enigste groepie gawes is
Stephan Joubert
Oct 15, 2021
bottom of page
