top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Word wyser. Doen dit op die Here se manier
Wysheid kom met die grysheid. So sê die ou spreekwoord. Spreuke 16:31 sê juis dat grys hare soos ’n kosbare kroon is vir mense wat weet hoe om reg te leef. Soms daag grysheid egter alleen op sonder al die nodige wysheid. Party mense word nie mooier ouer nie. Hulle raak sommer net omgesukkeld. Hulle is nukkerig en ongepoets. Hulle sê wat hulle wil, wanneer hulle wil. Hulle skryf venynige briewe in koerante. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid ge
Stephan Joubert
Apr 19, 2021


Is jy betyds?
In sy nuutste Heilige Gees artikel vra Stephan Joubert of jy betyds is vir God se groot planne van vandag?
Stephan Joubert
Apr 16, 2021


Die lewe is nie regverdig nie, maar God is
In sy nuwe Goeie Nuus skryf Stephan Joubert dat die lewe nie regverdig is nie, maar God is.
Stephan Joubert
Apr 15, 2021


Pasop vir sukses!
Een van die mees toonaangewende besigheidsnavorsers vandag – Jim Collins – wys uit hoe gevaarlik sukses vir ‘n maatskappy of vir die leiers van ‘n maatskappy kan wees. Die vraag, wat hy wou beantwoord in sy boek How The Mighty Fall, is hoe dit gebeur dat sterk maatskappye, wat goed vaar en oor baie potensiaal beskik, uiteindelik veld verloor in die mark en uiteindelik sóskipbreuk ly dat hulle geheel en al kwyn en tot niet gaan. Die eerste en belangrikste rede, wat hy ontdek h
Roedolf Botha
Apr 14, 2021


Prys die Here, in alle omstandighede
In haar nuutste artikel vir ekerk skryf Alet Gardner hoe ons die Here kan prys in alle omstandighede.
Alet Gardner
Apr 14, 2021


Beter leiers of beter volgelinge?
Roedolf Botha skryf in sy nuutste My Wêreld nuusbrief wat beter is, beter leiers of beter volgelinge?
Roedolf Botha
Apr 13, 2021


Vat eerste voor
“Vat voor!” Dit het ek gereeld gehoor toe ek doer in my studentedae vir sakgeld by die lughawe se vragkantore gewerk het. Dan moes ek letterlik aan die voorkant gaan dra wanneer ons groot bokse en kratte rondgeskuif het. Gou-gou het ek besef dit is die swaarste kant, maar dit is ook die kant waar jy die beste kan sien waarheen om te loop. Wel, nou is dit sulke tyd. Dit is tyd om voor te vat in die Heer se Naam. Moenie wag vir ander mense nie. Dan gaan jy jouself dood wag. Jy
Stephan Joubert
Apr 12, 2021


Op Sy voorwaardes
God is nie in ons diens nie. Hy werk nie vir ons nie. Ons bepaal nooit die voorwaardes van hierdie verhouding nie. Nee, ons behoort aan Hom omdat sy Gees ons eksklusief vir sy diens afgesonder het. Daarom moet ons God dien, soos wat Hy Homself in die Bybel aan ons bekendstel en nie ons eie idees van hoe Hy behoort te wees op Hom projekteer nie.
Stephan Joubert
Apr 9, 2021


As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie
“Life must be undergone.” So skryf die bekende digter, John Keats (1795–1821), op ’n keer vir ’n goeie vriend van hom. Keats was nie onbekend met depressie of met wisselende emosies nie. Hy het geweet van daardie groot donkertes wat soms op jou lewe toesak. Tog het hy geweet dat hy met sy goeie vriende hieroor kon praat. Van depressie gepraat - ook hier in ons dag kuier sulke ongenooide gevoelens by baie mense. Moenie dit in die geheim ontvang nie. Moenie gratis verblyfreg hi
Stephan Joubert
Apr 8, 2021


Wanneer sal eredienste kan hervat?
Ed Stetzer het onlangs met dr. Francis Collins, die direkteur van die National Institutes of Health, ‘n onderhoud oor hierdie onderwerp gevoer.
Coen Slabber
Apr 7, 2021


Tydskrifrak
Die laatmiddag verkeer voel aggressief. Die een helfte van die motors probeer voor die ander helfte indruk. Verontwaardig probeer die ander keer. Niemand het lus om hiér te wees nie. Ek moet gou by die supermark vir melk stop. In die wandelgang praat byna niemand met mekaar nie. Sweterige maskers suig aan sommige se kenne vas. Niemand het krag oor om kwaai te probeer wees met diegene met die uisteekneuse nie. Skoenhakke klak moegerig teen die teëls. Meer as die helfte van die
Siegfried Louw
Apr 6, 2021


Ek sien nie kans hiervoor nie
Ek sien nie kans om een stel waardes te hê vir my geestelike lewe en nog ’n ander stel vir my “normale” lewe nie. Dit is te veeleisend. Nog erger, dit is skynheilig. En die heel ergste, dit staan God glad nie aan nie. Dit is glad nie wat Hy van my verwag nie. Ek sien nie kans om ‘n voorvegter vir die waarheid te wees, maar in dieselfde asem verneder ek almal wat nie soos ek glo of dink nie. Ek stoomroller nooit liefdeloos bo-oor ander mense nie. Ek verskil met integriteit, in
Stephan Joubert
Apr 5, 2021


Dit gaan oor Hom, nie oor my nie
Dit gaan nie oor jou nie! Ek praat van jou geloof. God werk nie vir jou nie. Nie eens jou gebede is geleenthede om allerlei opdragte aan Hom te gee oor wat Hy vir jou en ander moet doen nie. Dink mooi hieroor na, want te veel mense, wat ek ken, loop deesdae dikmond oor God rond. Hy het hulle glo nie gehelp, toe Hy moes nie. Hy het nie die siekte weggevat of die misdadigers gekeer nie. Ook het Hy nie vinnig genoeg kos op hulle tafel gesit nie. Daarom dat hulle nou agteraf loop
Stephan Joubert
Apr 2, 2021


Wat ons weggee vertel wat ons werd is
Moses Montefiore (1784-1885) was een van die rykste mense in England. Met sy honderdste verjaarsdag het die London Times ’n onderhoud met hom gevoer. Die joernalis vra toe vir Montefiore wat sy netto waarde in geldterme is. Toe hy ’n bedrag noem, sê die verslaggewer hy moet sekerlik baie meer geld as dit hê. Montefiore het geantwoord: “Jy het my nie gevra hoeveel ek besit nie; jy het gevra wat ek werd is. Toe het ek uitgewerk hoeveel ek al weggegee het aan mense in nood. Dit
Stephan Joubert
Apr 1, 2021


Tevredenheid, ook in die swaar tye
N.a.v. ‘n artikel in Premier Christianity: The art of catching contentment – Liz Carter Vanaf haar vroegste kinderjare het Liz Carter...
Alet Gardner
Mar 31, 2021
bottom of page
