top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Is ek ‘n boom of ‘n bossie?
Alet Gardner skryf in haar nuutste artikel oor Psalm 1:3 en vra of jy ‘n boom of ‘n bossie is?
Alet Gardner
Aug 25, 2021


Wat elke leier nodig het: stilte en afsondering
Die genesing vir ons raserige, besige en deurmekaar wêreld is stilte en afsondering. Ons moet die neiging om altyd haastig te wees, breek. Stilte en afsondering is instrumente, wat God gebruik om ons siele te herstel. Dit sluit in dat ons weg van ander moet wees. Terwyl jy meer volwasse word, kan jy in ‘n skare mense die vernuwende krag van afsondering ondervind. Jy kan ‘n verbintenis met God ervaar selfs in ‘n luidrugtige wêreld.
Coen Slabber
Aug 25, 2021


Hoe reageer jy as jou wêreld geskud word?
In Julie vanjaar is die inperkingsmaatreëls verskerp, daar was proteste en plundery in Kwazulu Natal en Gauteng en boonop was dit yskoud in die meeste dele van die land. Dit was nie net die spreekwoordelike storm in 'n teekoppie nie, dit was érg! In 'n groot gedeelte van Pretoria was daar toe ook 'n kragonderbreking gedurende een van die koudste weke van die dekade. Toe ek 'n vriendin, wat ook deur die kragonderbreking geraak is, vra hoe dit gaan, was haar ongelooflike posit
Helena Smith
Aug 24, 2021


Gewone mense maak vir die Here saak
Die evangelies vertel om elke hoek en draai vir ons hoe Jesus omgee vir stukkendes, uitgeworpenes, afgeskryfdes en randfigure. In Markus 2 sê Jesus juis ook dat Hy nie gekom het vir mense, wat meen hulle is op die regte pad nie, maar vir sondaars. Maar dit beteken nie dat ons eers supersondaars moet wees voordat Jesus ook kans sien om ons laste en oortredings op Sy skouers te tel nie. Ons hoef nie eers ’n rowwe lewe te geleef het nie. Ons hoef nie ‘n duiwelaanbidder of ‘n dwe
Stephan Joubert
Aug 23, 2021


Kyk die gawes van die Gees reguit in die oë
Daar is geen teenvoeter vir ‘n deeglike kennis van God se Woord nie. Om sinvol oor die Gees se gawes te praat en dit reg in jou eie lewe aan te wend, is dit noodsaaklik dat jy op hoogte moet wees met wat die Bybel hieroor sê. Daarom moet jy die volgende Bybeltekste asseblief deeglik gaan deurlees: 1 Petrus 4:6 - 8, Romeine 12:7 - 8; 1 Korintiërs 12:28 - 31; Efesiërs 4:11, en 1 Petrus 4:6 - 8. Hierdie is die vier vernaamste teksgedeeltes in die Bybel oor die gawes van die Gees
Stephan Joubert
Aug 20, 2021


God hou meer van ons as andersom
God hou meer van ons as andersom. Ons sing graag dat ons die Here lief het, maar te veel kere laat ons Hom in die steek. Dikwels gee ons meer vir onsself om as vir Hom. Ons stel ons eie belange te veel kere bokant God s’n. Nogtans, al het ons die Here nie altyd lief genoeg nie, het Hy ons onvoorwaardelik lief. Niks kan enigiets hieraan verander nie. Sy liefde strek vanaf Jesus se kruis tot in die verste ewigheid. Sy liefde het geen einde nie. Nie eens ons klein geloof, ons st
Stephan Joubert
Aug 19, 2021


Die dinamika van bemagtiging
Volgens die sakekonsultant, Etsko Schuitema, is versorging en groei die twee hoof-verantwoordelikhede van ‘n leier jeens sy volgelinge of werknemers. Die tweede punt, groei, kan volgens Schuitema nie sonder bemagtiging plaasvind nie. Almal van ons is bekend met die term bemagtiging. Wanneer ek so na leiers se interaksie met hulle mense kyk, dan wonder ek soms of sommiges werklik verstaan wat die woord beteken.
Roedolf Botha
Aug 18, 2021


Kompleksiteit vra vir verdraagsaamheid
Roedolf Botha skryf in sy nuutste My Wêreld nuusbrief oor kompleksiteit wat vra vir verdraagsaamheid
Roedolf Botha
Aug 17, 2021


Ek is dankbaar vir genade … regtig, ek is!
Ek is dankbaar vir genade. Nee, dit is nie net ’n cliché nie. Ek is my ganse lewe verskuldig aan die oorvloedige, gratis-en-verniet genade van God. Ek is so bly ek hoef nie met Hom te onderhandel om Sy guns te probeer wen nie. Of enige teenprestasies aan Hom te lewer in ruil vir Sy hulp nie. In die woorde van Miga 6:6 - 8 hoef ek ook nie gedurig reuse offers en duur geskenke na die Here toe te neem om Sy goedkeuring te behou nie. Ek weet Hy het my eerste lief gehad, nog lank
Stephan Joubert
Aug 16, 2021


Geskenkuitdeler
Lees gerus Stephan Joubert se nuutste Heilige Gees artikel "GeskAs deel van die Heilige Gees se “liggaamsbouprogram” om Sy kerk uit die intensiewe eenheid te kry, deel Hy geskenke aan ons uit, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 12:1 - 11 vertel. Paulus noem hierdie geskenke genadegawes (“charismata” in Grieks). Elke Christen ontvang minstens een gawe by die Here. Nou ja, net ter wille van duidelikheid: Gawes is al ons talente wat ons tot God se eer en tot ander se voordeel gebru
Stephan Joubert
Aug 13, 2021


Wees ’n lewende antwoord vir die Here
Eers was dit ver. Nou is dit naby. Ek praat van dié Virus. Vroeër het ander mense dit gekry. Nou gebeur dit sommer hier in ons eie huis. Skielik moet ons almal die dood, wat op ons eie voorstoeppe opgedaag het, hanteer. COVID is nie grappies nie. Ja, dit is verlede jaar se nuus dat die koronavirus die wêreld onherroeplik verander het. Maar hier in 2021 voel ons elkeen dit al hoe meer aan ons eie lywe. Ook is dit nie nuwe nuus dat daar derduisende godsdienstige verklarings is
Stephan Joubert
Aug 12, 2021


Hoe motiveer ek ander
Om personeel en vrywilligers te motiveer is belangrik. Dit bring onmiddellik die vraag na vore: Hoe moet ek dit beter doen? Die neurowetenskap kan ons hier help. Dit identifiseer vyf domeine, wat gedrag beïnvloed. Hierdie domeine beïnvloed breinfunksionering en dus hoe ons werk en bedien.
Coen Slabber
Aug 11, 2021


Julie 2021: Suid-Afrikaners onder die besembos
Julie 2021 sal nog lank onthou word as ’n tyd van uiterstes. Verwoesting, wanorde, anargie, vrees, verslaentheid, wanhoop, pyn en lyding, desperaatheid, geweldige armoede en hongersnood. Eers was daar die derde Covid-vlaag en toe die gebeure in KwaZulu-Natal en elders. En moenie vergeet van die aanvang van die geregtelike ondersoek na die Life Esidimeni-gebeure, wat weer wonde oopkrap en elkeen van ons pynlik bewus maak van die hartseer, ongeregtigheid en onregverdigheid, wat
Liezel Lüneburg
Aug 10, 2021


Elke dag tel!
Charles Francis Adams was die Amerikaanse ambassadeur in Brittanje gedurende Abraham Lincoln se presidentskap. ’n Inskrywing in sy dagboek, gedateer 4 Junie, het gelui: “Wasted the whole day fishing with Jimmy. Didn't catch a thing.” Sy seun, Jimmy, se inskrywing in sy eie dagboek op daardie dag het egter die volgende gesê: “Went fishing with my dad. Best day of my life.” Wat ’n verskil tussen ’n pa en seun se belewenis van dieselfde dag. Een persoon se mislukte dag was ’n a
Stephan Joubert
Aug 9, 2021


Verskeidenheid en eenheid
Die groot les wat Paulus vir ‘n verskeurde kerk in Korinte wil leer, is dat die liggaam van Christus hier op aarde, oftewel Sy kerk, soos wat ons dit noem, een is. Christus se kerk is ‘n organiese eenheid. Hier val die klem nie op elke afsonderlike ledemaat nie, maar op die liggaam as geheel. Daarom is dit elke ledemaat se funksie om die groter prentjie raak te sien en in diens te staan van die ganse liggaam. Tussen Christus se mense gaan dit nie oor elkeen se uniekheid, wat
Stephan Joubert
Aug 6, 2021
bottom of page
