top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Net vir die Here!
Baie van ons ken bekende Christen name, soos CS Lewis, Dietrich Bonhoeffer, Martin Luther of James Hudson Taylor. Maar wie ken die naam...
Roedolf Botha
Mar 1, 2022


Gerieflik afgestomp, of nie!
“Comfortably numb.” Hierdie titel van een van Pink Floyd se liedere bly my steeds by, veral daardie woorde: “The child is grown. The dream is gone. I have become comfortably numb.” Dit gebeur met baie van ons. Ons raak gerieflik afgestomp. Die realiteite van die lewe slyp ons algaande stomp. Ons raak gewoond aan enigiets en aan alles - misdaad, geweld, vermaak, sport, mekaar, kerk, godsdiens … Jy noem dit en ons ken dit! Niks hou ons aandag meer vir lank nie. Ons raak voltyds
Stephan Joubert
Feb 28, 2022


Bou ander se geloof op
Die Heilige Gees verander my vanaf ’n selfsugtige wese, wat dink dat die ganse heelal om my draai, in iemand wat agterkom dat God en ander mense op die ou end belangriker as ekself is. Eintlik is alle Christene ewe belangrik vir die Here. Daar’s nie een Christen, wat so ‘n paar treë nader aan die Here staan as iemand anders nie. Ek leef maar net asof alle ander mense belangriker as ekself is, maar die feit is dat ons almal gelyk is in God se oë.
Stephan Joubert
Feb 25, 2022


Amper is nie stamper nie
“Jy het my amper tot aksie beweeg,” sê iemand droogweg vir my na ‘n preek. Later, toe ek hieraan terugdink, skiet koning Agrippa se woorde in Handelinge 26:28 deur my kop. Dit was terwyl hy na Paulus geluister het, toe hy ’n gevangene in Sesarea-Maratima was. Toe het Agrippa gesê Paulus beweeg hom byna om ’n Christen te word. “Amper is nog nie stamper nie,” sou my oupa dadelik gesê het.
Stephan Joubert
Feb 24, 2022


Drome beweeg ons na vore
Wat is jou droom? Kan jy dit in jou leeftyd bereik? Jy hoop jy sal dit bereik, maar sal jy dit werklik doen? John Maxwell het ‘n boek oor drome geskryf.
Coen Slabber
Feb 23, 2022


Waardes en beginsels
Ek het die afgelope tyd ‘n paar vreemde belewenisse gehad. Ek het nie besef dat ‘n mens in die moeilikheid kan kom as jy by jou beginsels staan nie. As onderwyser kom ‘n mens daagliks met baie leerders in kontak. Wanneer ‘n mens oor waardes en beginsels praat, ontstaan daar heerlike gesprekke. Mag my ma my foon nagaan. Mag my ouers sien wat my webgeskiedenis is of op watter internetwebblaaie ek rondkuier.
Marietjie Joubert
Feb 22, 2022


Hier lê iemand wat groot potensiaal gehad het…
Toe ek dit nou die dag kwyt raak op Twitter, het ek na die tyd vir ’n oomblik gewonder of ek met myself saamstem (🤭!) Dit het vir ’n oomblik al te veel geklink na een of ander ”sweet nothing.” Maar toe dink ek by myself: ek probeer elke dag om op so ’n manier in die Heer se Naam te leef dat my lewe sin en betekenis het. Ook probeer ek so leef dat dit iewers ’n goeie verskil maak. Niemand van ons wil tog ’n nuttelose lewe leef nie. Ons wil nie hê mense moet na ons dood op on
Stephan Joubert
Feb 21, 2022


Gebruik hulle reg
Wat ’n voorreg dat die Heilige Gees by elkeen van ons juis daardie hemelse geskenke kom aflaai, wat ons nodig het om regtig bruikbaar in Sy diens te wees. Ongelukkig het baie Christene nog nooit die geskenkpapier van hulle hemelse geskenke afgehaal nie. Andere weer haal die papier slegs vir ’n rukkie af, net om dit daarna weer in ’n kas weg te pak om stof te vergader. Ons moet dadelik ophou hiermee. Ons moet ons gawes daagliks gebruik en dit ook reg doen.
Stephan Joubert
Feb 18, 2022


Jy kan nie donker wolke raaksien as Jesus se lig op jou skyn nie
“Daar hang ’n donker wolk van vrees en hooploosheid oor ons land,” sê ‘n onbekende vir my na kerk. “Waar?” vra ek dadelik. “Alles val uitmekaar. Niemand het hoop vir die toekoms nie,” reageer hy. “Leef ons ooit in dieselfde koninkryk?” vra ek.
Stephan Joubert
Feb 17, 2022


Hardloop 2022 só dat jy wén!
Soos baie van ons het ek ook tydens die Desembervakansie ‘n nuwe reeks op Netflix ge-“binge watch”! Somtyds hou ek daarvan om my in te...
Roedolf Botha
Feb 15, 2022


Hier is twee dinge wat God vir ewig onthou oor jou
God onthou, maar Hy onthou nie alles oor ons nie. Dit het ons in verlede week se Goeie Nuus vir mekaar gesê. Met name kies Hy om nie daardie sondes te onthou wat in Jesus se Naam by Sy voete neergesit is nie. Maar dit beteken nie God is vergeetagtig wat ander dinge betref nie. Hy het ’n langtermyngeheue. Hy onthou alles, wat Hy wil onthou, vir ewig. In die Bybel leer ek dat daar ten minste twee dinge is wat God tot in ewigheid oor ons onthou. Die eerste ding is dat Hy vir alt
Stephan Joubert
Feb 14, 2022


Stilte
Geraas is ‘n doodnormale deel van die meeste van ons se lewe. Ons motorradio gaan sommer vanself aan, wanneer ons die motor aansluit. Boonop oorspoel TV’s, DVD’s, iPods en wat nog alles ons wêreld van vroeg tot laat met geraas, beelde en klank. Stilte maak ons eintlik bang. Ons verban dit die meeste van die tyd eenkant toe. Tog praat die Here dikwels in stilte. Hy skree nooit bokant ons mensgemaakte geraas uit om ons aandag te kry nie. Hy kompeteer ook nie met die geluide en
Stephan Joubert
Feb 11, 2022


Oppas vir die verkeerde hoofpaaie!
Om ruimte te gee vir dieselfde tipe gevoelens, gedagtes en gedrag in jou lewe, skep hoofpaaie daarvoor in jou kop. Jou brein leer dan letterlik om alle informasie langs hierdie bane te stuur. Anders gesê, deur die aanhoudende herhaling van dieselfde denke, emosies en gedrag vorm vaste gewoontes in jou lewe. Bestaande neuroroetes in jou kop wat egter nie gebruik word nie, krimp en verval in onbruik. Navorsers praat hier van die sogenaamde“use it or lose it”-verskynsel.
Stephan Joubert
Feb 10, 2022


Vrygewigheid is liefde in aksie
Die uitgesproke en toegewyde Victoriaanse filantroop, barones Angela Burdett-Coutts is op 21 April 1814 in Piccadilly, London, gebore as...
Elmarie van der Westhuizen
Feb 9, 2022


Dit het tyd geword om te ontrommel
Ons kinders is almal uit die huis en binne ‘n paar jaar is dit tyd vir aftrede. Ek en my man het besluit dat dit tyd is om kleiner te gaan. Ons wil graag verhuis na ‘n meenthuis. Die gedagte maak my effens benoud, want ons sal van baie goed ontslae moet raak. Hier sal ‘n grootskaalse “decluttering” moet plaasvind. As ‘n mens nog jou eie skoolrapporte van ongeveer 50 jaar gelede opgaar, weet jy dat daar baie ontrommeling sal moet gebeur! Ons woon in ‘n samelewing met ‘n ver
Helena Smith
Feb 8, 2022
bottom of page
