top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Staan in die Wind, die regte Een
Pinksterdag was glad nie windstil nie. Alles behalwe. Op daardie dag het die Heilige Gees se magtige wind teen stormsterkte in Jerusalem begin waai. Hierdie wind het al die gelowiges, wat daar bymekaar was, getref, soos wat Handelinge 2 vertel. Dadelik het hierdie groepie mense, wat deur die Gees se wind en vuur vervul is, vreesloos oor God se groot dade begin praat. Hulle eie tonge het in ’n oogwink losgeraak. Hemelse krag, daardie soort waaroor die Ou Testamentiese profete
Stephan Joubert
May 26, 2022


Generasie Alfa
In Matteus 16 lees ons ‘n interessante gesprek. Jesus vra vir sy dissipels: Wie sê die mense is die Seun van die Mens? (vers 13). Hulle antwoord deur die verskillende stories, wat hulle gehoor het, te herhaal: Sommige sê Johannes die Doper, ander Elia en ander weer Jeremia of een van die profete. Sonder om hierop te reageer, vra Jesus toe: Maar julle, wie sê julle is Ek?
Coen Slabber
May 25, 2022


Hoeveel is genoeg?
Sommige mense (soos ek) eis darem heeltemal te veel van die lewe. Ek het nog altyd gewonder oor die eerste paar woorde van Psalm 23,...
Roedolf Botha
May 24, 2022


So lyk die lewe van ’n geseënde
Die Here se seën op Sy kinders se lewe bring ook seën vir almal rondom hulle, soos wat Genesis 39:1-5 vertel. Hier hoor ons hoe Potifar, die hoof van die spesiale magte van die Farao, vir Josef as slaaf gekoop het. Omdat die Here by Josef was, het dit baie goed met hom in die huis van sy eienaar gegaan. Potifar het ook opgemerk die Here is by Josef. Toe het hy vir Josef oor sy hele huishouding aangestel. Van toe af het die Here die huis van die Egiptenaar geseën. Die seën van
Stephan Joubert
May 23, 2022


Geestelike intelligensie
Gepas en ordentlik - dis die vereiste wat Paulus stel vir alle byeenkomste van gelowiges. Nee, Paulus is nie teen die vrye werking van die Heilige Gees nie, maar hy laat ook nie toe dat selfsug in die naam van godsdiens die oorhand kry nie.
Stephan Joubert
May 20, 2022


Jy is nie een-alleen nie
In die 2005 film, “Batman begins”, wonder polisiekommisaris Gordon van Gotham City hoe hy op sy eie kan opstaan teen al die magte van die duisternis in sy stad. Batman sluit dan by hom aan en sê: “Now we are two!” Net so! Twee vaar beter as een. Dit leer Prediker 4 ons. Op ons eie is ons te min, maar as nog iemand aanmeld vir diens, raak dinge sommer stukke beter.
Stephan Joubert
May 19, 2022


Hoe skep leiers gesonde kulture?
Soos in ‘n vorige nuusbrief gesê, weet ons nou al teen hierdie tyd dat die skep van goeie kultuur deurslaggewend is vir goeie leierskap. By “goeie” kultuur, bedoel ek ‘n kultuur waar goedheid heers. Goeie leiers skep goeie kulture, wat bevorderlik is vir die groei van die gemeente of maatskappy. ‘n Kultuur van ‘n maatskappy is die oorsaak dat sekere dinge (goed of sleg) spontaan en natuurlik gebeur. Die kultuur is die soms ongeskrewe, narratiewe aksies, beginsels en beleide,
Roedolf Botha
May 18, 2022


Rassisme: Kaktus in die vrugteslaai
Daar is min dinge so lekker soos vrugteslaai: Mango, papaja, spanspek, kersies, bloubessies, macadamianeute en mintblare, bedruip in tropiese vrugtesap. Voeg nou ʼn paar kaktusse by en meng dit goed en die sappige, stroopsoet vrugteslaai verander in ʼn oneetbare spul op die komposhoop…
Liezel Lüneburg
May 17, 2022


So leef ek stylvol vir die Here
Ek vergelyk myself nooit met ander mense wat op sekere gebiede van die lewe slegter daaraan toe is as ek nie. Nooit gebruik ek hulle omstandighede om myself of ander rondom my aan te spoor om meer dankbaar te wees nie. Ek leer by die Here self om dankbaar te wees, nie by ander mense wat goor omstandighede beleef nie. Ek is nie ’n lewende dreigement, wat gedurig vir almal vertel dat ons dankbaar moet wees nie. Ek IS dankbaar. Ek staan elke dag dankbaar op. Ek leef elke dag dan
Stephan Joubert
May 16, 2022


Nog eens, heilige chaos!
Terwyl te veel kerklike aktiwiteite doodveilig en voorspelbaar is, is die regte lewe daarbuite meestal onveilig en onvoorspelbaar. Die lewe is soms chaoties, seer en swaar. Mense se lewens val daarom nie ordelik uitmekaar nie. Dinge loop nie beskaafd buite beheer nie. Sommiges hou maar net ‘n vroom front voor, maar chaos kenmerk hierdie woeste lewe waarbinne ons leef. Storms woed. Donker wolke rol in. Chaos volg op die hakke van armoede, siekte, misdaad, wanvoeding, gebroke f
Stephan Joubert
May 13, 2022


Geen ouderdomsbeperking op geloof nie
“Jongmense kom nie meer kerk toe nie,” hoor ek iemand sê. “Hoe gaan ons tieners bereik met die evangelie?” vra iemand anders. Terwyl almal hieroor praat, onthou ek dat ek iewers gelees het die woord “teenager” het eers in 1673 in ‘n Engelse leksikon verskyn. Die idee van generasiegapings het eers vanaf die negentiende eeu af opgeduik. Toe besef ek opnuut dat die Bybel nooit in terme van ouderdom dink, wanneer die uitleef van geloof ter sprake is nie. Anders gesê, mense is noo
Stephan Joubert
May 12, 2022


Goedheid (kindness)
Daar is ‘n groot verskeidenheid wonderlike maniere, waarop ek goedheid teenoor ander kan bewys. Ek kan bv. vir iemand se koffie betaal,...
Elmarie van der Westhuizen
May 11, 2022


Die Narsissus-effek
Die slim mense maak dit duidelik dat narsisisme drasties aan die toeneem is. Opnames toon aan dat maatskappye, instansies en veral ook...
Roedolf Botha
May 10, 2022


Gedetailleerd getrou aan die Here!
Die St. Paul’s Katedraal is ’n belangrike baken in Londen. Die grafsteen van Christopher Wren, die argitek van hierdie indrukwekkende gebou, is ook hier te sien. ‘n Latynse opskrif hierop, as deel van die herinnering, lui as volg: “Indien jy ‘n monument ter herinnering aan hom soek, kyk rondom jou.” Wat ‘n getuigskrif! Dit laat my wonder watter woorde reg aan ons elkeen se lewe sal laat geskied as eendag nie meer hier is nie? Ek hoop nie dit is iets soos: “Hy het lewenslank n
Stephan Joubert
May 9, 2022


Die verskil tussen heilige chaos en gewone chaos
Christene is te bang vir chaos. Miskien is dit omdat ons in die kerk grootgemaak is met ‘n vrees vir die onbekende en vir die “sondige wêreld” daarbuite. Ek onthou hoeveel male kerkraadslede al vir my gesê het om tog nie die mense te ontstel nie. Seker daarom dat ‘n leraar onlangs, toe ek genooi is om by sy gemeente te kom preek, vir my gevra het om nie sy lidmate ongemaklik te laat voel nie!
Stephan Joubert
May 6, 2022
bottom of page
