top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Kry jou kop reg
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raaksieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s
Stephan Joubert
Nov 19, 2021


Jy is die Heilige Gees se spesialisasie terrein
Die drie-enige God is in die lewensveranderingsbedryf. Dit alles begin by die God van liefde. Hy wil Sy verlore aardse eiendom vir...
Stephan Joubert
Nov 18, 2021


Wanneer jy besef jý is die probleem!
Een van ‘n leier se grootste nodige tydverdrywe is die identifiseer en uitsorteer van probleme. Leiers het allerhande soorte probleme, soos tanende effektiwiteit, moeilike lidmate of werknemers, geestelike oppervlakkigheid, operasionele struikelblokke, eie skadelike gewoontes, eie gebrek aan selfdissipline, veeleisende aandeelhouers, dalende inkomstes, begrotings wat nie klop nie en nog baie meer.
Roedolf Botha
Nov 17, 2021


Sampioene
Ek is baie lief vir sampioene. Een van die mooiste geluide in die kombuis, is die ptsjhhhhh-geluid wat opgekerfde oestersampioene maak wanneer hulle die warm pan se bodem tref. My liefde vir sampioene het veroorsaak dat ek ʼn spesiale emmertjie aangeskaf het waarin ek kweekmedium, soos strooi, moet sit. Ek moet met groot geduld en afwagting deur ʼn hele proses gaan om uiteindelik die vrug van die organisme te kan geniet: die sampioen self.
Siegfried Louw
Nov 16, 2021


Van bekering een tot bekering twee (deel 1)
My eerste bekering was belangrik, léwensbelangrik. Maar my tweede bekering is lewenstransformerend. Die eerste een, toe ek kop-aan-Kop in...
Stephan Joubert
Nov 15, 2021


Hoe werk die Gees se gawes?
Om te keer dat gelowiges nie hulle gawes tot hul eie voordeel gebruik nie, bied Paulus in 1 Korintiërs 12-14 ‘n omvattende “handleiding” oor hoe die Here se gawes reg gebruik moet word. Hierdie beginsels is só belangrik dat Paulus sê dat ons liewers moet ophou om ons gawes te beoefen, as ons dit nie hiervolgens gebruik nie. Gedurende die volgende paar dae gaan ons hierby stilstaan. Hoor egter weer wat Paulus se uitgangspunt is: ons moet ons gawes reg gebruik. Vir die Here is
Stephan Joubert
Nov 12, 2021


Gebruik minder woorde
Toe Dr Seuss sy kinderboek The Cat in the Hat geskryf het, het sy uitgewer 225 woorde aan hom gegee, wat hy deurgaans kon gebruik. Met...
Stephan Joubert
Nov 11, 2021


Wie is besig om my knoppies te druk?
‘n Vriendin het onlangs ervaar dat iemand haar “knoppies druk”: ‘n winkelassistent se onbehulpsame en onbeskofte houding het daartoe...
Elmarie van der Westhuizen
Nov 10, 2021


Die oersonde wat ons vrede steel
‘n Bietjie vrees kan goed wees. ‘n Klein dosis tydige vrees kan ons help om in ‘n gevaarlike omgewing op die uitkyk te wees vir gevaar en...
Roedolf Botha
Nov 9, 2021


Kry die regte kwalifikasie
Toe ek een keer deur Facebook blaai, kom ek op ’n "suggested post" af, oftewel 'n advertensie, wat vertel hoedat jy deesdae 'n PhD kan...
Stephan Joubert
Nov 8, 2021


Ter wille van mekaar
Binne elke liggaam kan daar maar net twee oë en twee ore en een neus wees. Die voet kan nie sê: “Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie.” Elke ledemaat, hoe onbenullig sy taak ook al mag lyk, help om die liggaam reg te laat funksioneer. As ’n ledemaat beseer word, beïnvloed dit die werking van al die ander ledemate. As een ledemaat siek is, trek al die ander ledemate swaarder. Die ganse liggaam se funksionering word soms gekniehalter deur een swak sk
Stephan Joubert
Nov 5, 2021


My taal is my wêreld
“The limits of my language means the limits of my world,” het die bekende denker, Ludwig Wittgenstein, een keer gesê. Ware woorde! As die...
Stephan Joubert
Nov 4, 2021


Woorde wat genees
Wanneer ‘n mens elke dag met tieners werk, kan dit soms ‘n uitdaging wees. Ons ken almal tieners se nukke en grille. Ons ken ook hulle humeure en vry sê. Om met ‘n klaskamer vol van tieners te werk, bly daagliks ‘n voorreg, maar ook ‘n geweldige uitdaging. Jy weet hoe dit soms in jou huis gaan, wat nog te sê in ‘n klaskamer vol van daardie ouderdom. ‘n Mens moet mooi dink en mooi praat om nie leerders te beledig of jou humeur te verloor nie.
Marietjie Joubert
Nov 2, 2021


Om weg te stap van sukses
Ek het nie die universiteit verlaat en tussen gestremde mense gaan leef, omdat ek hulle wou help nie. Die eintlike rede hoekom ek dit...
Stephan Joubert
Nov 1, 2021


Elkeen is onmisbaar
In die wêreld is daar ‘n gewilde spreekwoord: Niemand is onmisbaar nie. Wel, dit geld nie volgens Paulus in Jesus se aardse liggaam nie. Hier is elke ledemaat onmisbaar. Net soos wat ‘n gesonde liggaam nie enige ledemate kan ontbeer nie, net so kan die kerk nie sonder elke lid behoorlik funksioneer nie. Maar ons het al so gewoond geraak aan ‘n siek kerk in die intensiewe eenheid met een of twee leraars, wat soos dwarrelwinde van vroeg tot laat rondhardloop en ‘n klein groepie
Stephan Joubert
Oct 29, 2021
bottom of page
