top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hoe meer jy wil hê, hoe meer is jy ’n slagoffer van jou besittings
Prediker 5:9-14 deel agt lesse oor die goor gevolge van ‘n eindelose najaag van besittings. Nee, die Prediker is glad nie gekant teen geld of rykdom nie. Alles behalwe. Hyself was welvarend, maar hy weet hoe gevaarlik dit is wanneer geld ons baas word. Dan verander ons in lewenslange slawe hiervan.
Stephan Joubert
Jun 20, 2022


Nie weeskinders nie
Volgens Johannes bly die Heilige Gees vir altyd by ons om ons aan al Jesus se woorde en dade te herinner. Om ons lewe in pas met God se plan te bring, bou die Heilige Gees ons lewenshuise op Christus as enigste Fondament. Terselfdertyd rig Hy reg in die middel van ons lewenshuise vir Jesus ’n troon op en laat elke vertrek van ons lewe op hierdie “troonsaal” uitloop. Hy maak seker dat ons nie soos weeskinders voel, wat familieloos is nie. Nee, Hy verbind ons dag vir dag aan on
Stephan Joubert
Jun 17, 2022


Vergifnis ontgiftig jou
Die woord vergifnis kom slegs maklik oor jou eie lippe as jy niemand het om te vergeef nie. Maar as iemand jou ingedoen het, sit vergifnis skielik nie meer so maklik aan jou lyf nie. Om nie eens te praat van hoe moeilik dit is as jyself onder iets soos ’n sinnelose misdaad deurgeloop het nie. Of as jy geldelik ingedoen is deur iemand anders nie. Dan voel jy soos wat Clint Eastwood in ’n fliek gesê het: “God forgives, I don’t.”
Stephan Joubert
Jun 16, 2022


Gebed
Gebed is om ten diepste ‘n verhouding met God te hê. Wanneer ‘n mens in ‘n verhouding staan met iemand, praat jy gereeld, jy luister na daardie persoon, jy vertrou die persoon en jy deel dinge met hom of haar. Elke persoon beleef sy of haar gebedslewe op verskillende maniere. Party mense bid in die oggend. Ander verkies stiltetyd in die aand. Sommige mense kan nie lank bid nie en bid verskeie kere kort deur die dag. Dit maak nie saak hoe jy dit aanpak nie, die geheim is net d
Marietjie Joubert
Jun 14, 2022


Moenie maar net na mense luister nie - praat hulle ook nader
“Luister!” Dit is een van die gonswoorde van ons dag. Ons hoor om elke hoek en draai ons moet na mekaar luister. Vir seker is luister belangrik. Deur te luister na mekaar se verhale en ervarings, groei begrip en deernis vir mekaar, maar ‘n mens kan ook irrelevant luister. Jy kan almal innooi en gedurig na hulle luister, sonder om ooit self te praat. Jy kan jouself dood luister! Nog meer, jy kan gedurig luister, sonder om diegene wat verkeerd is, te korrigeer.
Stephan Joubert
Jun 13, 2022


Tegelyk onbekend en bekend
Aan die een kant is die Gees so bekend en bemind as wat kan kom. Miljoene mense die wêreld oor ken Hom persoonlik. Aan die ander kant is Hy weer vir hordes mense ‘n vreemdeling. Die rede: baie wil Hom nie as eregas in hul lewens ontvang nie. Hulle het nie eens ‘n idee wie die Heilige Gees is nie, omdat hulle nie oop is vir Sy spesiale werking nie. Daarom sien hulle Hom nie in die geloof raak nie. Nog erger, daarom ken hulle ook nie Sy vrymakende werk nie. Wat ‘n tragedie! Hoe
Stephan Joubert
Jun 10, 2022


Geloof gebeur op die Here se terme
Geloof is nie ’n selfverbeteringprogram nie. Geloof help jou nie maar net om ’n beter mens te word nie. Dit laat jou volgens Jesus se beginsels leef. Sy standaard is baie hoog. Sy standaard is dié van selfopofferende liefde. Sy liefde veroorsaak dat jy jouself prysgee in diens van God en ander. Sy liefde veroorsaak dat jy jou voorkeure, jou gerief, jou keuses, en jou leefroetes aanpas by dit wat God eer en wat ander mense bevoordeel. Dit veroorsaak dat jou keuses nie langer o
Stephan Joubert
Jun 9, 2022


Besluite, besluite!
Passiwiteit is nie ‘n opsie vir ‘n leier nie. Leiers staan (met reg) daarvoor bekend dat hulle aktief is, momentum skep en vorentoe beweeg, al is dit soms stadig en tydsaam. Daarom is gesonde leiers nie bang vir die neem van besluite nie. Hoe groter die droom, organisasie, of doelwitte, hoe meer omvangryk en kompleks kan besluite egter raak. Trouens, die kwaliteit van ‘n bepaalde span of leier se leierskap kan in ‘n groot mate in verband gebring word met die kwaliteit van bes
Roedolf Botha
Jun 8, 2022


Al van Jesus gehoor?
Godsdiens is gedurig in die spervuur en gewoonlik word die Christelike geloof ook sommer onder dieselfde kam geskeer. Onlangs het iemand...
Roedolf Botha
Jun 7, 2022


Jesus kry jou veilig tuis
Michael Murphy was ’n Navy Seal in die Amerikaanse weermag. Op 28 Junie 2005 het hy sy eie lewe opgeoffer om ‘n medesoldaat, Marcus Luttrell, se lewe te red, toe hulle deur 40 Taliban soldate in Afghanistanvasgekeer is. Op 13 Julie is hy in die VSA in die Calverton National Cemetry begrawe. Terwyl sy ma, Maureen, daardie dag na haar motor teruggestap het, het ’n teksboodskap skielik op haar selfoon verskyn. Dit was ’n teksboodskap, wat haar einste seun Michael vier maande tev
Stephan Joubert
Jun 6, 2022


Die Trooster / Helper is by ons
Bouers werk gewoonlik onder groot druk. Skaars is een gebou voltooi, dan verskuif hulle na ’n nuwe bouperseel om weer van voor af te begin. Die Heilige Gees is ook aan die bou in al Sy kinders se lewens. Die goeie nuus is dat Sy bouprogram in ons lewe nooit tot ’n einde kom nie. Hy verskuif nooit uit ons lewe na ‘n ander perseel toe nie. Ons is onder lewenslange aanbouing en herskepping van die Gees. Boonop gebruik Hy die heel beste boumateriaal. As die hemelse Meesterbouer b
Stephan Joubert
Jun 3, 2022


Intimiteit is deel van God se plan
Niks is meer taboe nie. “Anything goes,” soos wat die Engelse sou sê. Elke fliek, elke storie, elke sepie moet een of ander rowwe bedtoneel of twee inhê. Menslike liggame het verbruikersartikels geword. Seks sonder intimiteit is egter niks anders nie as drang-aangedrewe vermaak. Dit is om ander mense te behandel as blote “lyfverskaffers.” Sulke onbeheersde seksuele gedrag raak gou-gou verslawend. Statistieke vertel hoe sulke verslawings skrikwekkend toeneem onder jongmense en
Stephan Joubert
Jun 2, 2022


Jy is deel van God se storie
Vir baie lank het ek geworstel met die vraag: wat is God se doel met my lewe? Waar pas ek by God se storie in? Ek was ‘n vrou, ‘n ma, ‘n onderwyseres en vriendin, maar soms het dit gevoel asof ek nog iets moes doen om my lewensdoel te vervul. Toe kom wys God my dat alles eintlik so eenvoudig is, dat ek in my daaglikse handel en wandel my doel kan uitleef.
Helena Smith
May 31, 2022


Al is jy al een, is jy nie alleen nie
Verlede week het ons juis saam nagedink oor hoe duur Josef se integriteit hom gekos het. Hy het in die tronk beland, omdat hy nie toegegee het aan Potifar se vrou se versoekings nie. Josef was al een daar in die Egiptiese tronk wat in die lewende God geglo het, maar hy was definitief nie alleen nie. Genesis 39:20-23 vertel vir ons dat, terwyl Josef in die tronk was, was die Here by hom. Nog meer, Hy het Josef Sy troue liefde daar laat ondervind. Dit het gemaak dat die tronkbe
Stephan Joubert
May 30, 2022


Onder permanente bearbeiding
Wat ‘n belofte gee Jesus nie hier in Johannes 14 oor die Gees nie. Hierdie aardskuddende woorde volg kort voor Sy lyding en dood, wanneer Jesus Sy dissipels eenkant onderrig. Jesus maak dit eerstens duidelik dat Hy met die Vader self sal gaan praat om die Gees na alle gelowiges toe te stuur. Dis Sy waarborg aan Sy volgelinge kort voor Sy lyding en Sy vertrek hemel toe.
Stephan Joubert
May 27, 2022
bottom of page
