top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


My woorde: bou ek op of breek ek af?
Kleintyd het ons graag in ‘n maatjie se autograph-boekie geskryf: Sticks and stones may break my bones but words can never hurt me. So...
Alet Gardner
Apr 13, 2022


Goeie gewoontes is ... wel, goed!
Eugene Peterson het altyd gesê dat God Homself primêr deur middel van drie agente openbaar, naamlik die skepping, die geskiedenis en...
Roedolf Botha
Apr 12, 2022


Die vreemde kroning van die Koning
Die lewe kan onverwags buite beheer raak. Nou die dag nog het ons gehoor van Russiese militêre oefeninge naby die grens van Oekraïne. Toe ontaard dit eensklaps in ’n bloedige, volskaalse oorlog. Net so het dinge ook eensklaps een Vrydagoggend buite beheer in Jerusalem geraak. Dit was daardie oggend toe Jesus aan die Romeinse goewerneur, Pilatus, uitgelewer is. Skielik wou al wat ’n mens is bloed sien - Jesus s’n! Die Paasfees, waarvoor al die pelgrims in daardie tyd in Jerusa
Stephan Joubert
Apr 11, 2022


Ander se voordeel is die enigste wagwoord
Die man, wat sekerlik die diepste geestelike ervarings van almal daar in die Korintiërgemeente gehad het, naamlik Paulus self, doen die verstommende deur sy eie ervarings met die Here nooit as bewys vir sy eie geestelike volwassenheid te gebruik nie. Dis juis oor hierdie punt dat die apostel en sy gemeente gedurig haaks was. Want hulle het gedurig bewyse van sy geestelike diepte in sy ervarings met die Here gesoek, soos wat Paulus later in 2 Korintiërs 10-13 vertel. Maar Paul
Stephan Joubert
Apr 8, 2022


Loop jy nog saam wanneer dinge suid draai vir Jesus?
Kort voor Paasfees het Jesus drie keer vir Sy dissipels gesê dat Hy in Jerusalem doodgemaak gaan word. So lees ons in Markus 8:31, 9:31 en 10:33-34. Dit was ’n reuse skok vir hulle, soveel so dat Petrus Hom summier in Markus 8:32 verbied het om sulke dinge te sê. Maar hierdie pad was die roete wat die Messias enduit moes bewandel. Jesus was met ’n kruis op pad na ’n baie moeilike afspraak in die stad van Dawid.
Stephan Joubert
Apr 7, 2022


Leiers skep deugdelike omgewings vir werknemers
Geestelike leiers skep gesonde werkomgewings. Te veel werkspasies is toksies. Daar is byvoorbeeld ‘n gemeente, waaroor ek redelik bekommerd is. Min ander mense sou reken dat daar rede tot kommer is rakende hierdie spesifieke gemeente, aangesien dit uiterlik baie goed gaan. Die bywoningsgetalle van die eredienste lyk mooi, die inkomstes is glad nie sleg nie en hulle vaar goed op sosiale media. Oor die jare het ek konstant mense raakgeloop, wat daar werk of gewerk het. Deur die
Roedolf Botha
Apr 6, 2022


Ek kry arms vol krag by God
“Africa is a tough country,” sê een van my skoonseuns spelenderwys vir sy eenjarige dogtertjie, wat pas begin loop het, as sy struikel en val. Ons kan daaroor lag, maar die waarheid is dat die lewe “tough” en moeilik is. Op hierdie oomblik is Rusland besig om die Oekraïne binne te val, petrolpryse styg, werk is skaars en mense kry emosioneel swaar. Rondom my is daar baie mense, wat sonder hoop is. Teen my spieël is ‘n bordjie wat sê: “Hope is the only thing stronger than fear
Helena Smith
Apr 5, 2022


God se Seun mag nooit weer op ‘n uitverkoping wees nie!
Dertig silwer muntstukke! Vir presies dertig silwerstukke is die Seun van God se lewe aan die godsdienstige leiers in Jerusalem opgeveil. Dertig silwer muntstukke is die bedrag, wat hulle aan Judas Iskariot vir sy verraad kort voor Paasfees betaal het (Matteus 26:15). Volgens Eksodus 21:32 was dertig silwer muntstukke (of shekels, soos wat dit genoem is) die waarde van ’n Joodse slaaf. Josef is op sy beurt jare tevore vir 20 silwerstukke aan slawehandelaars deur sy broers ver
Stephan Joubert
Apr 4, 2022


Persoonlike geestelike ervarings is nie waaroor dit gaan nie
Dis jammer dat daar in verskillende groepe ‘n skeiding tussen die Gees se werk en ons denke bestaan. Vir hulle beteken Paulus se uitsprake hier in vers 15-17 oor gebed in my gees dat hierdie “dieper geestelikheid” eintlik teenoor my verstand staan. Om oor God te dink en Sy wil na te speur, is hiervolgens eintlik maar nog net die beginstadia van geloof. Eintlike geloof is daar waar die Gees oorneem en ek in geestesvervoerings raak of in my gees bid. Die punt is dat hierdie inn
Stephan Joubert
Apr 1, 2022


Om Jesus nie te herken nie, is om Hom nie te erken nie
Ek lees iewers hoedat die formule 1-kampioen, Ayrton Senna, deur ’n Britse verkeersman voorgekeer is, toe hy die spoedgrens oortree het. Die amptenaar het hom nie herken nie. Toe vra hy vir die jagende motoris of hy dink hy is Nigel Mansell, ’n ewe beroemde renjaer? Hierop het Senna geantwoord: “No, I am faster than he!” Toe snap die verkeersman eers met wie hy praat.
Stephan Joubert
Mar 31, 2022


Vriendskap – ‘n kosbare gawe
Brink en ek is bevoorreg om ‘n persoonlike vriendskapsverhouding met ‘n bekende en geliefde kunstenaar te hê. Haar entoesiastiese...
Alet Gardner
Mar 30, 2022


Onseker of oortuig?
Ons leef in ‘n tyd wat sommige mense ‘n post-waarheid-era noem. Waarheid en vaste oortuigings is in die spervuur. Daar word beweer dat om...
Roedolf Botha
Mar 29, 2022


Die waarheid is ook taktvol
Hoekom gee mense nie altyd vir jou ’n reguit antwoord as jy hulle die waarheid vra nie? Daar is sekerlik baie redes hiervoor, maar dalk gebeur dit, omdat hulle jou nie wil seermaak nie. Of omdat ’n reguit antwoord hulleself kan benadeel. Padlangse waarhede is altyd skaars. Maar wag, dit is nie elke slag die beste roete nie. Vra vir die profeet Natan.
Stephan Joubert
Mar 28, 2022


Van selfopbou na mekaar-opbou
Daar’s niks mee verkeerd dat ek omsien na my eie geloofsopbou nie. Ek moet dit juis doen. Hier op die vlak van persoonlike geloofsopbou hoort die spreek-in-tale-gawe volgens Paulus tuis. Maar die fokus van die gawes van die Gees is nie ten eerste my eie geloofsopbou nie. Gawes gaan oor ander; dit gaan oor mekaar opbou. Profesie is daarom so belangrik.
Stephan Joubert
Mar 25, 2022


Hê minder, hê oorgenoeg!
Alexander die Grote, het op ‘n keer besoek afgelê by die filosoof Diogenes (412-323 vC). Hy het buite Korinte in ’n houtvat gebly. Alexander het gevra wat hy nodig het. Toe antwoord Diogenes: “Wat jy van my af weggevat het, kan jy nie weer teruggee nie.” Alexander het dadelik gevra wat hy bedoel. Hierop het Diogenes geantwoord: “Jy staan in my son.” Diogenes het kennelik min nodig gehad.
Stephan Joubert
Mar 24, 2022
bottom of page
