top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Skuldig!
Skuldig! Dis die Gees se aanklag jeens die nie-gelowige wêreld. Elkeen, wat Christus die rug toekeer, word deur Hom skuldig bevind. Dis die Gees se werk om namens die hemel waarheid en leuen te onderskei. Hy ken die verskil tussen navolgers van Christus en diegene, wat Hom verwerp, die beste van almal.
Stephan Joubert
Jul 8, 2022


“Onthou jy my?” Of is die vraag eerder: “Onthou Ek jou?”
“Onthou jy my?” Ek moet sê, ek vrees hierdie vraag. Dikwels moet ek al teenoor sulke vraagstellers erken dat my geheue my in die steek gelaat het. As ek in mense vasloop wat ek veronderstel is om te ken, maar ek doen nie, is ek aldag verleë. In elk geval, eendag in die toekoms gaan hierdie einste vraag: “onthou jy my?” baie gewild wees. Jesus sê in Matteus 7 dat baie mense hierdie vraag vir Hom gaan vra op die heel laaste dag. Hulle sal by Hom wil weet of Hy nog weet wie hull
Stephan Joubert
Jul 7, 2022


Gee ek toe aan pessimisme?
“The pessimist sees difficulty in every opportunity. The optimist sees opportunity in every difficulty.” - Winston Churchill As ons na...
Elmarie van der Westhuizen
Jul 6, 2022


Hancock, die evangelie en die aard van liefde
Waarom is dit dat soveel mense, wat sê dat hulle in liefde glo, dit nie regkry om liefde volledig te beleef nie? Gelowige pa’s, wat in...
Roedolf Botha
Jul 5, 2022


Aandag, vandag is ’n goeie Maandag!
Skietvoorvalle waar indiwidue losbrand op skares, neem by die dag toe regoor die wêreld. Dit is veral Amerika wat deurloop. Na vyf agtereenvolgende naweke dat sulke skietvoorvalle plaasgevind het, is die naweek van 24-26 Junie 2022 gekenmerk deur tien afsonderlike voorvalle. Gedurende hierdie wilde naweek is 7 mense doodgeskiet en 46 gewond. Sulke skietvoorvalle vind ook gereeld plaas in Suid Afrika. In die laaste week van Junie is vier mense in Kaapstad doodgeskiet in vermee
Stephan Joubert
Jul 4, 2022


Nogeens geen hemelse vakuum nie
Dis vir Jesus baie belangrik dat ons die boodskap duidelik moet kry dat dit nie tot ons voordeel is dat Hy nie hier tussen ons op aarde aanbly nie. Daarom dat Hy dit vir ‘n tweede keer in Sy onderrig oor die Gees se werk in Johannes 14 en 16 hier sê. Jesus kon net een plek op ‘n keer wees toe Hy nog op aarde was. Maar die Gees is oral gelyktydig. Daarom is dit ‘n wonderlike omruiling: in die plek van Jesus, wat op pad is hemel toe, kom die Gees vanuit die hemel aarde toe. Daa
Stephan Joubert
Jul 1, 2022


Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 vC), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het hoekom hy dit doen, het hy geantwoord hy is op soek na ’n man. Diogenes het bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. Nêrens kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie.
Stephan Joubert
Jun 30, 2022


Om daagliks saam met Jesus te stap
‘n Ouer vriendin van ons moes onlangs nege tande in een sessie laat trek. Omdat sy nie baie goed op medikasie reageer nie, het sy besluit...
Alet Gardner
Jun 29, 2022


Selfs wanneer jy nie kyk nie
Dit neem lank voordat ek hom gewaar. ʼn Mens kyk nou nie juis kniehoogte in ʼn skare in, met die verwagting om iets sinvol te sien nie. Die tienergroepe en hulle leiers is vrolik. Hulle drom rondom die nagmaaltafel saam om hulle sap en broodjies te kry. Dit is die einde van die kwartaal en dit is hoog tyd vir hierdie kuiernagmaal. Groepleiers maak seker elkeen kry ʼn glasie en ʼn stukkie droë brood. Lofprysingsmusiek speel in die agtergrond. Die gewemel rondom die tafel kry nie e
Siegfried Louw
Jun 28, 2022


Weet waarheen jy op pad is
Ek het iewers op Facebook die verhaal gedeel, wat ek raakgelees het, oor ’n kort toespraak, wat Billy Graham in Charlotte, North Carolina gehou het. Dit was kort voor sy 93ste verjaarsdag. Hy het vir die mense van Albert Einstein vertel, wat eendag op ’n trein nie sy kaartjie kon kry toe die kondukteur by hom aangekom het nie. Die kondukteur het egter geantwoord: “Dr. Einstein, I know who you are. I’m sure you bought a ticket. Don’t worry about it.” Toe het hy aangestap.
Stephan Joubert
Jun 27, 2022


Wat ‘n erfporsie!
Jesus se weggaan is tot ons voordeel. Dit sê Hy baie duidelik in Johannes 14:26: Want nou kan God se Gees orals in Sy mense werk. Dis Jesus se versekering aan ons. Ons kry die volle voordeel van Sy hemelvaart in die Persoon van die Heilige Gees. Hy vul die geweldige leemte, wat Jesus se weggaan gelaat het, tot oorlopens toe. Die Gees staan die ganse plek van Jesus vol. Nee, Hy verteenwoordig Jesus in en by ons. Hy het immers gekom om Jesus te verheerlik en om Sy woorde in ons
Stephan Joubert
Jun 24, 2022


Doen die hiernoumaals reg, dan is die hiernamaals vanself uitgesorteer
Die hemel en hoe om daar te kom, is vir party mense die somtotaal van die Bybelse boodskap. Dit gaan vir hulle eintlik net oor die hiernamaals. Die hiernoumaals, waar ons tans leef, is blykbaar nie so belangrik nie. Hierdie fout sluip in, omdat hulle die Nuwe Testament se groot klem op Jesus as die Here miskyk. Al wat baie mense eintlik oor Jesus leer, is dat Hy die Verlosser is wat moet sorg dat mense eendag in die hemel kom. Goddank, Jesus doen dit ook, maar Hy is heel eers
Stephan Joubert
Jun 23, 2022


Paulus en die bestuur van tyd
Baie leiers sukkel met die bestuur van tyd. Die goeie nuus is dat dit iets is wat ‘n mens kan leer: Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom. (Psalm 90:12 – OAV) As jy sukkel met die bestuur van tyd, mag hierdie vier stappe van Paulus jou help.
Coen Slabber
Jun 22, 2022


Die slaggat van vergelyking
“Comparison is the thief of joy” - Theodore Roosevelt Die media en veral sosiale media plaas baie klem op voorkoms en prestasie, wat dit...
Elmarie van der Westhuizen
Jun 22, 2022


Is daar ‘n voordeel aan swaarkry?
Vir bevoorregte, ryk mense, soos ons, wie se prentjie van God in mooi-weersdae gevorm is, bly dit maar moeilik om met lyding om te gaan....
Roedolf Botha
Jun 21, 2022
bottom of page
