top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ons weier dat hoop verlore raak wanneer oorlog opdaag
“I’m fed up to the ears with old men dreaming up wars for young men to die in.” So het George McGovern gesê. Inderdaad! Ons harte skeur as ons sien watter wreedhede in die Oekraïne gepleeg word. Niemand is ooit wenners, wanneer oorlog uitbreek nie. Die grootste verloorders is uiteindelik al die onskuldiges, wat in die kruisvuur beland. Dit herinner my aan die tragiese woorde van Openbaring 18:22-24, wat vertel hoedat oorlog alle skoonheid vernietig.
Stephan Joubert
May 5, 2022


My lewe van seën
In 2020, terwyl die wêreld deur inperkings lamgelê was as gevolg van die Covid pandemie, het Kari Jobe, Cody Carnes en Elevation Worship...
Alet Gardner
May 4, 2022


Eerste Ervarings
Nie alle eerstes is lekker nie. ʼn Eerste see-vakansie, valskermsprong, halfmarathon of musiekkonsert is gewoonlik lekker. Of om jou eie eerste motor vir die eerste keer te bestuur. Natuurlik is dit ook lekker om vir die eerste keer op jou eie die paaie in te vaar nadat jy jou bestuurslisensie gekry het.
Siegfried Louw
May 3, 2022


Vanaf arme Willem tot goeie Gaius
“Arme Willem.” Nee, ek ken nie vir Willem nie, in elk geval nie hierdie Willem wat ons so jammer kry nie. Maar ons het heelwat van hom gehoor, terwyl ons in ‘n tou in ’n openbare plek gestaan het. Iewers agter ons het mense hardop gesels. Hulle het oor Willem gepraat. Dit het geklink asof hy net mooi niks kon reg doen nie. Dis toe dat my vrou saggies opmerk: “Arme Willem!” Dalk het daardie mense nie besef dat almal rondom hulle ook na hulle gesprek moes luister nie. Of dalk h
Stephan Joubert
May 2, 2022


Ordelikheid beteken iets anders
Die Heilige Gees as Hemelse Gawe gee verskillende hemelse gawes aan alle Christene. Daar is nie net een groep gawes nie. Die Heilige Gees gee altyd dié gawes aan ons, wat ons vandag nodig het om God te verheerlik en ander te dien. Elke gelowige se gawe(s) is noodsaaklik vir die effektiewe funksionering van die kerk. Daarom moet ons sorg dat ons dit tot voordeel en opbou van mekaar aanwend. Die Heilige Gees gee Sy oorvloedige liefde in ons harte sodat ons met woord en daad vir
Stephan Joubert
Apr 29, 2022


Mense is ook veilige hawens
Skepe het hawens nodig. Hier moet nuwe voorrade en passasiers aan boord geneem word. Hier moet herstelwerk gedoen word. Hier moet geskuil word, wanneer gevaarlike storms woed. Dieselfde geld vir onsself. Ons almal benodig hawens, waar ons veilig kan wees en waar noodsaaklike geestelike herstelwerk aan ons gedoen kan word. Ons almal kort ’n skuilplek, wanneer die stormwinde dreig om ons van koers af te waai. Waar is sulke hawens te vind? Vir seker by die Here. Hy is ons skuilp
Stephan Joubert
Apr 28, 2022


Is God toksies vir die samelewing?
“God is not great” is die titel, wat die beroemde ateïs, Christopher Hitchens, sy bekende boek gegee het. Hierdie woorde sinspeel...
Roedolf Botha
Apr 26, 2022


Jesus mors nie met woorde nie
In my kinderdae het dominees togas gedra, wanneer hulle preek. In sommige kerke het hulle ook ’n seremoniële lappie, bekend as ’n beffie, om hul nekke gedra. Toe iemand een keer vir ’n leraar vra hoekom hulle dit om hul nek dra, het hy droogweg opgemerk dat dit eintlik ’n servet is, “want ons is morsig met ons woorde!” Ongelukkig doen baie mense dit vandag nog - ek bedoel hulle mors met woorde. Hulle glo daardie persepsie: “Langer is beter!” Langer navorsing, langer nadenke,
Stephan Joubert
Apr 25, 2022


Ligloop vir selfsugtige kerkwees
Kerkwees gaan nie oor myself nie, nie eens amper nie. Dit gaan oor Christus en ander. Om my wil op ander mense af te dwing om soos ek te dink of presies soos ek die Here te dien, is om God se genadepad te versteur. Dis om geestelike geraas te maak. Terloops, ‘n mens noem dit selfsug!
Stephan Joubert
Apr 22, 2022


My uitkenningslied voor die Here
Die skryfster, Maria Popova, vertel hoe haar familie gedurende haar kinderjare ’n melodieuse uitkenningsteken vir mekaar gehad het. Wanneer een van hulle in ’n groot skare verlore geraak het, moes hulle net hierdie uitkenningsteken hardop fluit. Dan het ander familielede dadelik geweet waar hulle is. Sy sê haar pa se uitkenningsteken was die Beatles se “Yellow submarine.” Hierdie kenwysie het later verander in meer as ‘n uitkenningslied. Dit het verander in haar ouers se iden
Stephan Joubert
Apr 21, 2022


Spandeer tyd by God
“Think of a human friendship: How do we grow closer to someone on a human level? The most important way is by spending time with them –...
Elmarie van der Westhuizen
Apr 20, 2022


Van swaarkry na vreugde
Soms loop die lewe vreemde draaie. ‘n Mens verstaan nie altyd hoekom nie. Die enigste ding waarvan ek seker kan wees, is dat Jesus Christus my redder is. Wanneer jy voor ‘n geliefde se siekbed staan, worstel jy soms met moeilike vrae. Hierdie vrae het nie noodwendig antwoorde nie. Ek het tot die slotsom gekom dat ek dit nie moet vra nie. Hierdie gewaarwording het toe vir my vrede gegee. Wat help dit ek vra vrae wat nie antwoorde het nie? Dit veroorsaak net meer vrae en bring
Marietjie Joubert
Apr 19, 2022


Vreugde wen, want Jesus wen
Johannes 20:1-18 vertel vir ons van Jesus se eerste gesprek kort nadat Hy die dood gefnuik het. Dit gebeur vroeg daardie Sondag, wanneer Maria Magdalena by die graf opdaag. Sy hoor Iemand agter haar. Dit is Jesus. Haar eie hartseer veroorsaak egter dat sy Hom nie herken nie. Sy verwar Hom met die plaaslike tuinier. Fout, groot fout! “Waar is Jesus se liggaam?” vra sy vol droefheid. Toe spreek Jesus haar reguit op haar naam aan: “Maria!” Net dit. Dit ruk haar tot stilstand. Di
Stephan Joubert
Apr 18, 2022


Godsdienstige kontroleurs moet uit die pad staan
Paulus se woorde in 1 Korintiërs 14 oor die gawes word dikwels verkeerd gebruik om alle vorme van spontaniteit in die kerk aan bande te lê. Een of ander diepgewortelde behoefte aan kerklike beheer verander geestelike leiers op te veel plekke in geestelike polisiemanne, wat eksklusief wil besluit wie’s in en wie’s uit en wat’s reg en verkeerd. Nou ja, natuurlik moet sonde by die kerklike hekke gestuit word, soos wat Paulus in Handelinge 20 vra. Maar dit gebeur altyd by wyse va
Stephan Joubert
Apr 15, 2022


Een keer was ’n doodloopstraat die regte straat
Om op te eindig in ’n doodloopstraat, beteken jy het iewers verkeerd gery. Doodloopstrate is die verkeerde bestemming, as jy op pad is na ’n ander plek toe. Dit lyk of so-iets met Jesus in Jerusalem gedurende Paastydgebeur. Hy beland daar in ’n doodloopstraat, letterlik! ’n Houtkruis versper Sy pad daar.
Stephan Joubert
Apr 14, 2022
bottom of page
