top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Waardes en beginsels
Ek het die afgelope tyd ‘n paar vreemde belewenisse gehad. Ek het nie besef dat ‘n mens in die moeilikheid kan kom as jy by jou beginsels staan nie. As onderwyser kom ‘n mens daagliks met baie leerders in kontak. Wanneer ‘n mens oor waardes en beginsels praat, ontstaan daar heerlike gesprekke. Mag my ma my foon nagaan. Mag my ouers sien wat my webgeskiedenis is of op watter internetwebblaaie ek rondkuier.
Marietjie Joubert
Feb 22, 2022


Hier lê iemand wat groot potensiaal gehad het…
Toe ek dit nou die dag kwyt raak op Twitter, het ek na die tyd vir ’n oomblik gewonder of ek met myself saamstem (🤭!) Dit het vir ’n oomblik al te veel geklink na een of ander ”sweet nothing.” Maar toe dink ek by myself: ek probeer elke dag om op so ’n manier in die Heer se Naam te leef dat my lewe sin en betekenis het. Ook probeer ek so leef dat dit iewers ’n goeie verskil maak. Niemand van ons wil tog ’n nuttelose lewe leef nie. Ons wil nie hê mense moet na ons dood op on
Stephan Joubert
Feb 21, 2022


Gebruik hulle reg
Wat ’n voorreg dat die Heilige Gees by elkeen van ons juis daardie hemelse geskenke kom aflaai, wat ons nodig het om regtig bruikbaar in Sy diens te wees. Ongelukkig het baie Christene nog nooit die geskenkpapier van hulle hemelse geskenke afgehaal nie. Andere weer haal die papier slegs vir ’n rukkie af, net om dit daarna weer in ’n kas weg te pak om stof te vergader. Ons moet dadelik ophou hiermee. Ons moet ons gawes daagliks gebruik en dit ook reg doen.
Stephan Joubert
Feb 18, 2022


Jy kan nie donker wolke raaksien as Jesus se lig op jou skyn nie
“Daar hang ’n donker wolk van vrees en hooploosheid oor ons land,” sê ‘n onbekende vir my na kerk. “Waar?” vra ek dadelik. “Alles val uitmekaar. Niemand het hoop vir die toekoms nie,” reageer hy. “Leef ons ooit in dieselfde koninkryk?” vra ek.
Stephan Joubert
Feb 17, 2022


Hardloop 2022 só dat jy wén!
Soos baie van ons het ek ook tydens die Desembervakansie ‘n nuwe reeks op Netflix ge-“binge watch”! Somtyds hou ek daarvan om my in te...
Roedolf Botha
Feb 15, 2022


Hier is twee dinge wat God vir ewig onthou oor jou
God onthou, maar Hy onthou nie alles oor ons nie. Dit het ons in verlede week se Goeie Nuus vir mekaar gesê. Met name kies Hy om nie daardie sondes te onthou wat in Jesus se Naam by Sy voete neergesit is nie. Maar dit beteken nie God is vergeetagtig wat ander dinge betref nie. Hy het ’n langtermyngeheue. Hy onthou alles, wat Hy wil onthou, vir ewig. In die Bybel leer ek dat daar ten minste twee dinge is wat God tot in ewigheid oor ons onthou. Die eerste ding is dat Hy vir alt
Stephan Joubert
Feb 14, 2022


Stilte
Geraas is ‘n doodnormale deel van die meeste van ons se lewe. Ons motorradio gaan sommer vanself aan, wanneer ons die motor aansluit. Boonop oorspoel TV’s, DVD’s, iPods en wat nog alles ons wêreld van vroeg tot laat met geraas, beelde en klank. Stilte maak ons eintlik bang. Ons verban dit die meeste van die tyd eenkant toe. Tog praat die Here dikwels in stilte. Hy skree nooit bokant ons mensgemaakte geraas uit om ons aandag te kry nie. Hy kompeteer ook nie met die geluide en
Stephan Joubert
Feb 11, 2022


Oppas vir die verkeerde hoofpaaie!
Om ruimte te gee vir dieselfde tipe gevoelens, gedagtes en gedrag in jou lewe, skep hoofpaaie daarvoor in jou kop. Jou brein leer dan letterlik om alle informasie langs hierdie bane te stuur. Anders gesê, deur die aanhoudende herhaling van dieselfde denke, emosies en gedrag vorm vaste gewoontes in jou lewe. Bestaande neuroroetes in jou kop wat egter nie gebruik word nie, krimp en verval in onbruik. Navorsers praat hier van die sogenaamde“use it or lose it”-verskynsel.
Stephan Joubert
Feb 10, 2022


Vrygewigheid is liefde in aksie
Die uitgesproke en toegewyde Victoriaanse filantroop, barones Angela Burdett-Coutts is op 21 April 1814 in Piccadilly, London, gebore as...
Elmarie van der Westhuizen
Feb 9, 2022


Dit het tyd geword om te ontrommel
Ons kinders is almal uit die huis en binne ‘n paar jaar is dit tyd vir aftrede. Ek en my man het besluit dat dit tyd is om kleiner te gaan. Ons wil graag verhuis na ‘n meenthuis. Die gedagte maak my effens benoud, want ons sal van baie goed ontslae moet raak. Hier sal ‘n grootskaalse “decluttering” moet plaasvind. As ‘n mens nog jou eie skoolrapporte van ongeveer 50 jaar gelede opgaar, weet jy dat daar baie ontrommeling sal moet gebeur! Ons woon in ‘n samelewing met ‘n ver
Helena Smith
Feb 8, 2022


God onthou regtig nie alles oor jou nie
Wanneer sommige mense te na gekom word, roep hulle graag vir God tot getuie dat Hy die skuldiges hiervoor sal terugkry. Dan hoor jy opmerkings soos: “Die Here slaap nie!” Of: “Die Here onthou.” Daarmee bedoel hulle eintlik dat God ’n langtermyngeheue het vir terugkry. Hy onthou blykbaar sulke dinge teen mense. Wel, die korrekte Bybelse feit is dat God nie altyd so ’n langtermyngeheue het, soos wat party mense dink nie. Dikwels ly Hy aan amnesia.
Stephan Joubert
Feb 7, 2022


Dit vat alles
Die liefde, wat die Gees in ons harte werk, swem teen alle strome in. Wanneer ander die handdoek ingooi, stap die liefde verder. Wanneer almal van die skip afspring, bly die liefde aan boord tussen al die sterwendes en gewondes. Wanneer almal sê dis klaar met ons, sien die Here se soort liefde die klein straaltjies van hoop, wat vanuit die hemel in ons donkerte bly skyn. Die liefde kan onreg verdra en nogtans glimlag. Dit kan uitgeskel en beledig word en steeds in sagtheid an
Stephan Joubert
Feb 4, 2022


Die tragedie van om sonder Christus te leef
“He died and we buried him in a Christless grave.” So het die bekende prediker, D. L. Moody (1837-1899), gesê na die begrafnis van iemand met wie hy vir jare lank oor Christus gesels het. Elke keer het die man vir Moody gesê hy sal binnekort sy saak met die Here regmaak. Maar nooit het hy so ver gekom nie. Toe die man uiteindelik in ‘n hospitaal op sterwe gelê het, het Moody vir oulaas by hom gaan pleit om tot inkeer te kom.
Stephan Joubert
Feb 3, 2022


Wie is jou God?
“Wie is jou God?” is nie ‘n vraag wat ‘n mens jouself normaalweg sal afvra, wanneer jy met ‘n groot stuk bekommernis of ‘n groot...
Alet Gardner
Feb 2, 2022


Dit gaan nie oor die krag van gebed nie; dit gaan oor God
“Gebed het krag.” Baie mense sê dit. Tog is dit nie die eintlike punt van gebed nie. As gebed bloot net krag sou hê, dan verskuif dit die fokus na onsself, wat hierdie krag gedurig moet ontsluit. Dan handel die “krag” van gebed eintlik net oor die effek wat gebed hier aan ons kant van die draad moet hê. Kort voor lank verskraal ons God dan tot die Een wat moet regstaan om ons gebede te verhoor.
Stephan Joubert
Jan 31, 2022
bottom of page
