top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Staan sterk tussen al die trappers
Nikita Khrushchev was vanaf 1958 tot 1964 die Russiese leier. Hy het die berugte diktator, Josef Stalin, opgevolg. Khrushchev is een keer in die middel van ’n toespraak deur ’n onbekende persoon in die gehooronderbreek. Hierdie persoon het hardop gevra hoekom Khrushchev nie vir Josef Stalin gestuit het, wat soveel onskuldiges se bloed vergiet het nie. Toe het Khrushchev blykbaar hard uitgeroep: “Wie het dit gesê?” Niemand het gewaag om te antwoord nie. Die gehoor was doodstil
Stephan Joubert
Sep 12, 2022


Tot voordeel van ander
God se stem weerklink soms op verrassende maniere. Ons hoor Hom in die stukkende skepping rondom ons, wat om hulp smeek; in die noodkrete van ‘n hawelose kind; in die vertroosting van Goeie Nuus vanaf ‘n genadige kansel. Op so baie maniere praat God met ons, op maniere, wat ons dalk nog nooit vantevore gehoor het nie, of waarvoor ons doof geword het. God praat soms hard en ander kere sag. Jy moet derhalwe die kuns van luister aanleer. Jy moet mooi luister om Sy stem tussen al
Stephan Joubert
Sep 9, 2022


Jesus verloor alles om te wen
Tussen die jare 1904 -1906 was Ossip Bernstein die negende beste skaakspeler ter wêreld. In 1918 is hy in Moskou gearresteer, omdat hy geldelike advies aan vyande van die staat verskaf het. Toe is hy ter dood veroordeel. Die dag voor Bernstein se teregstelling het ’n senior offisier hom in die tronk herken. Hy het vir Bernstein tot ’n skaakwedstryd uitgedaag, met die belofte dat sy lewe gespaar sou word, indien hy sou wen. Bernstein het dit maklik reggekry. Sy lewe is gespaar
Stephan Joubert
Sep 8, 2022


Op pad na die kruis: Hoe Jesus gevolg moet word
Ons reis verder met ons Ekerk Lewendig Bybelreis. Ons begin by Lukas 12:22 tydens hierdie regstreekse uitsending.
Stephan Joubert
Sep 7, 2022


Die belangrikheid van emosionele veiligheid
Suid-Afrikaanse konsultant, skrywer en life coach – Hermann du Plessis – skryf in sy nuutste boek Lead with Intent, oor die belangrikheid vir ‘n leier om ‘n veilige emosionele omgewing vir werknemers en spanlede te skep. Hy struktureer die gedagte
Roedolf Botha
Sep 7, 2022


'n Boodskap aan moedelose moeders
Opvoeder en dissiplineerder, kok, taxibestuurder, versorger, sieketrooster, dokter en verpleegster, kreatiewe ontwerper van skooltake, toespraakskrywer, helper met huiswerk, geestelike ondersteuner en biegmoeder, bewaarder van goeie sedes, bidder en, in baie gevalle, broodwinner. Blykbaar gaan ’n ma, wat twee seuns grootgemaak het, reguit hemel toe en in die geval van enigiets meer as twee, gaan die bure aan alkante saam. Ek sou wel “seuns” met “kinders” vervang, want om ʼn do
Liezel Lüneburg
Sep 6, 2022


Die Here los die ligte aan
“Ons los die ligte aan vir jou.” Onlangs het ek ‘n kolom, wat ek behartig in die Beeld, vertel hoe my ouers graag hierdie woord vir my gesê het as ek in die aand uitgegaan het. Trouens, dit was ’n normale opmerking in my ouerhuis. Hulle het dit ook gedoen. Elke slag wanneer ek tuis gekom het, was die ligte aan. Later het my vrou en ek dit ook spontaan vir ons kinders gesê en dit gedoen. My vrou sê dit nou nog vir my as ek in die aande iewers moet gaan praat.
Stephan Joubert
Sep 5, 2022


Moenie foutvinderig leef nie
In ‘n onlangse omvattende studie in die VSA, waarin daar gevra is na die verskil tussen Christene en nie-Christene se optrede, het die meeste respondente gesê: “Christene is te veroordelend en liefdeloos.” Hoe jammer dat diegene, wat veronderstel is om die wêreld met liefde te verower, soms selfaangestelde regters oor ander mense geword het. Luister maar net na sommige gelowiges se skerp tonge in die kerk, dan besef jy dit opnuut.
Stephan Joubert
Sep 2, 2022


Dit maak nie saak wat ander mense van my dink nie, of doen dit?
Ek het al baie mense hoor sê hulle gee nie om wat ander van hulle dink nie. Dit is nie heeltemal waar nie, want die meeste doen. Studie op studie toon aan dat die meeste mense ’n diepgewortelde behoefte aan aanvaarding deur ander het, soveel so dat dit selfs onbewustelik gebeur. Iewers vertel Timothy Wilson, ’n Amerikaanse akademikus, wat navorsing oor groepsdruk gedoen het, hoe hy en sy vrou besluit het om hulle kind Christopher te noem, omdat hulle graag wou. Toe vind hulle
Stephan Joubert
Sep 1, 2022


Om te wees is belangriker as om te doen
Ons samelewing is saamgestel uit geweldige doeners. Baie mense se identiteit in hulle eie oë word grootliks bepaal deur wat hulle doen....
Roedolf Botha
Aug 30, 2022


Kies betyds 1 Korintiërs 13 se pad
Daar’s altyd meer vreemdelinge as bekendes rondom jou. Op die pad, in winkelsentrums, by sportgeleenthede, in die kerk … daar is meer onbekendes as bekendes! Hulle ken jou nie. Jy ken hulle ook nie. Julle weet nie wat in mekaar se harte leef nie. Of wat mekaar se motiewe of planne is nie. Daarom is daar nie aldag te veel vertroue in die lug tussen bekendes en onbekendes nie.
Stephan Joubert
Aug 29, 2022


Is jou geloof onverantwoordelik?
Diegene, wat aan Christus vashou, word dikwels in die media voorgestel as minder intelligent en soms ook afgemaak as onwetenskaplik en naïef. Die hoëgrond behoort blykbaar net aan twyfelaars, wat hul geleerde taal om elke hoek en draai in die openbare media uitstal. Maar wag, dis ewe naïef om te dink dat alle mense, wat in God se bonatuurlike werkinge glo, aan ‘n uitgediende “escape from reality”-sindroom ly, of dat hulle in een of ander kerklike donkerte gevange gehou word.
Stephan Joubert
Aug 26, 2022


Ek wag nie passief op die volgende vlug hemel toe nie
Jesus het ons nooit weggewens uit die wêreld nie. Nog minder het Hy ons uit die wêreld weggebid. Dit leer ons uit Sy gebed kort voor Sy kruisiging in Johannes 17. Hier in vers 15 bid Jesus as volg: “Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.” Nee, Jesus wil nie hê dat ons passief in een of ander geestelike wagkamer moet rondsit en wag op die volgende vlug hemel toe nie. Hy bid ons terug na die lewe toe om Sy getuies hier te gaan w
Stephan Joubert
Aug 25, 2022


Mrs. Harris Goes to Paris (“Spoiler alert”)
In Mrs. Harris Goes to Paris (2022) is daar ʼn oomblik wanneer die fliek twee bekende landmerke in Frankryk vir ons wys. Die een is die Eiffel-toring, wat seker die bekendste konstruksie in Parys is. Die ander gebou is die Sacré Coeur, ʼn kerkgebou op een van die hoogste plekke in die stad.
Siegfried Louw
Aug 23, 2022


Vandag is ’n nuwe dag in Jesus se nabyheid
Vandag is ’n nuwe dag. Vandag verskuif die wêreld in die regte rigting. Vandag is die Here se nuwe dag. So vertel die Lukas-evangelie ten minste vier keer vir ons. Hierdie nuwe vandag breek aan, wanneer die engele in Lukas 2:10 bokant Betlehem uitroep: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” Jesus se koms lei God se vandag in. Die Messias en die Verlosser van die wêreld se koms is gelyk aan God se nuwe vandag!
Stephan Joubert
Aug 22, 2022
bottom of page
