top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Doen die evangelie “laagdrempelig”
Onlangs moes ek ’n draai in Nederland maak. Toe gaan loer ek in by vriende, wat onlangs soontoe verhuis het. Hulle leer my toe ‘n mooi Nederlandse woord, wat ek nog nooit gehoor het nie: “laagdrempelig.” Hierdie woord beteken iets soos toeganklik of maklik verstaanbaar. In elk geval, Nederlandse gemeentelede het vir my vriend, wat self nou ook ‘n leraar daar is, vertel dat sy preke altyd “laagdrempelig” moet wees. Die teenoorgestelde hiervan is sekerlik dan hoogdrawend. Daari
Stephan Joubert
Oct 27, 2022


Ons het mekaar nodig
“Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val, wat alleen is, is daar...
Elmarie van der Westhuizen
Oct 26, 2022


Die einde is nie die einde van die wêreld nie!
Soms word ons angsvlakke bepaal deur ons swak teologie of ongesonde klemme op sekere Bybels-teologiese sake. Ek slaan veral in koue koors...
Roedolf Botha
Oct 25, 2022


Nie behoefte-aangedrewe nie
“You can’t always get what you want.” So sing Mick Jagger en die Rolling Stones. Inderdaad! Ons kan nie altyd kry wat ons wil hê nie. Daarom is baie mense ongelukkig, want hulle is “wants and needs driven”, soos wat die Engelse dit sou sê. Hulle leef behoeftegedrewe. So ’n leefwyse is ’n bodemlose put. Behoeftegedrewe mense het nooit genoeg nie. Daar is altyd nog iets, wat hulle kortkom voordat hulle regtig gelukkig in hulle eie oë kan wees. Hulle glo dat die volgende item op
Stephan Joubert
Oct 24, 2022


Maandag ook
Terwyl die wêreld 27 triljoen SMS’e elke jaar rondstuur, 60% jongmense hulle verhoudings via selfone en Instagram bou en beoefen en rekenaarverkope in Suid-Afrika met meer as 12% per jaar groei, is ons iewers langs die pad besig om ‘n stukkie menswees in te boet. Ons eindelose beheptheid met nuwe tegnologiese speelgoed en ons gedurige behoefte om vermaak te word, veroorsaak dat ons, ons Godgegewe verstandelike vermoëns en ons dienbare verkwansel.
Stephan Joubert
Oct 21, 2022


Oppas vir daardie GEVAARLIKE VYF
In die gelykenis van die saaier in Markus 4 waarsku Jesus dat sommige mense hulle geloof langs die lewenspad sal prysgee. Vyf geloofsdiewe is die rede hiervoor. Jesus noem hierdie GEVAARLIKE VYF by die naam: (a) lyding, (b) ernstige teenstand teen die evangelie, c) bekommernisse oor alles, wat verkeerd gaan in die lewe, (d) liefde vir besittings en (e) die suigkrag van vernietigende begeertes.
Stephan Joubert
Oct 20, 2022


‘n Gesonde kultuur is ‘n kultuur van dankbaarheid
Ons leef in ‘n denksisteem van meer. Almal wil meer hê, afgesien van hoeveel hulle alreeds het. Dis ook so in elke besigheid. Omdat ons in ‘n groeiende ekonomie leef, moet elke organisasie se wins elke jaar groei en die produksie en verkope moet verhoog. Dit kan lei tot ‘n kultuur waar almal hulleself doodwerk, maar nooit voel hulle haal die paal nie. Elke jaar word die doelwitte maar net weer verhoog. So ‘n kultuur kan later toksies raak, terwyl die meeste mense ondergewaard
Roedolf Botha
Oct 19, 2022


Drie hallo’s
Drie klein kinders het my in een enkele week met hulle spontaneïteit oorrompel. Dit gebeur in presies dieselfde week waartydens ek moeg en moedeloos voel oor die agterdog tussen verskillende groepe mense in ons land. Ek het begin leer om maar net voor my te kyk en te maak of ek niks en niemand sien nie.
Siegfried Louw
Oct 18, 2022


Saam-saam, eerder as een-alleen
Twee is beter as een, vertel die Prediker vir ons. Hy skryf in Prediker 4:9 - 12 dat wanneer twee mense saam is en een van hulle val, dan kan die ander een hom ophelp. Of as twee mense langs mekaar slaap, kan hulle mekaar warm hou. Twee kan ook beter weerstand bied, as hulle aangeval word. Uiteindelik kom die Prediker dan tot die gevolgtrekking dat ’n driedubbele tou nie maklik breek nie. Kortom, hy leer ons dat ons nie gemaak is om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het m
Stephan Joubert
Oct 17, 2022


Grassny kan ‘n ligskyngebeure word
Een van die belangrikste dinge, wat die Gees in ons doen, is om ons diensbaar te maak. Hy gebruik ons as effektiewe spreekbuise vir Jesus in die klein dingetjies en in die oënskynlike toevallighede van ons daaglikse lewe. Nou die dag vertel iemand dat haar man vanweë werksdruk vir twee weke nie die gras gesny het nie. Toe sy sien iemand sny die nuwe bure se gras, het sy oorgestap en vir die “tuinhulp” gevra of hy ook hulle gras sal kom sny. Hy het ingewillig.
Stephan Joubert
Oct 14, 2022


Praat nadat jy gedink het
Gebruik jou kop voordat jy jou mond gebruik. Dit klink na wyse raad. Wag, dit is nie net goeie raad nie - dis die waarheid. Praat sonder om te dink is pure dwaasheid. Die Spreukeboek sê oor en oor ons moet ons woorde in toom hou. Ons moet ons woorde se skerpheid stomp vyl.
Stephan Joubert
Oct 13, 2022


SA maak saak!
‘n Vriend van my vertel vir my die ander dag hoe ‘n vriend van hóm teruggekeer het na Suid-Afrika na ‘n paar jaar in Australië. My vriend...
Roedolf Botha
Oct 11, 2022


Nie regrukkers nie maar oorvertellers
“Pa, jy preek my ore pap!” Jare gelede het my jongste een oggend na kerk dit kwytgeraak. Dit was nogal ’n waterskeidingopmerking. Toe ek na die tyd hieroor nadink, het ek besef dat ekself dit my voltydse besigheid gemaak het om ander mense uit te sorteer, reg te ruk, en te “fix.” Ek vermoed baie ander gelowiges doen dit ook. Ons is gedurig besig om vir ander te vertel wat fout in hulle lewe is. Of wat fout met Suid Afrika en met die res van die wêreld is. “Help dit ooit?” he
Stephan Joubert
Oct 10, 2022


Piesangs maak soms die verskil
Chris Seay, ‘n Amerikaanse leraarsvriend van my sit op ‘n keer in ‘n vliegtuig. Hy hoor hoe ‘n man agter hom vir die lugwaardin vra of hulle ‘n piesang vir sy kind het, maar hulle kon hom nie help nie. Chris het egter ‘n piesang in sy handbagasie gehad. Dadelik het hy toe sy piesang aan die onbekende gesin agter hom weggegee. Die pa kon dit nie glo nie. Hy het oor en oor vir hom dankie gesê. Later vind hy uit my vriend is ‘n leraar. Toe was hy eers in ekstase en vertel vir a
Stephan Joubert
Oct 7, 2022


Hou op om jou foute in die oë te kyk
“Ek moet ’n slag my foute in die oë kyk,” sê iemand tydens ’n gesprek. “Om wat daarmee te maak?” vra iemand anders. Hierdie vraag het ons almal onkant betrap. Oorhaastig raak ons dinge kwyt soos: “’n Mens moet leer uit jou foute.” Maar doen ons dit ooit? Leer ons regtig uit ons foute? Dan sou ons dit tog nie herhaal het nie. Kyk ons ooit ons probleme in die oë? Dan sou ons dit tog raakgesien het wanneer daardie einste foute weer voor ons oë opduik.
Stephan Joubert
Oct 6, 2022
bottom of page
