top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Leiers skep deugdelike omgewings vir werknemers
Geestelike leiers skep gesonde werkomgewings. Te veel werkspasies is toksies. Daar is byvoorbeeld ‘n gemeente, waaroor ek redelik bekommerd is. Min ander mense sou reken dat daar rede tot kommer is rakende hierdie spesifieke gemeente, aangesien dit uiterlik baie goed gaan. Die bywoningsgetalle van die eredienste lyk mooi, die inkomstes is glad nie sleg nie en hulle vaar goed op sosiale media. Oor die jare het ek konstant mense raakgeloop, wat daar werk of gewerk het. Deur die
Roedolf Botha
Apr 6, 2022


Ek kry arms vol krag by God
“Africa is a tough country,” sê een van my skoonseuns spelenderwys vir sy eenjarige dogtertjie, wat pas begin loop het, as sy struikel en val. Ons kan daaroor lag, maar die waarheid is dat die lewe “tough” en moeilik is. Op hierdie oomblik is Rusland besig om die Oekraïne binne te val, petrolpryse styg, werk is skaars en mense kry emosioneel swaar. Rondom my is daar baie mense, wat sonder hoop is. Teen my spieël is ‘n bordjie wat sê: “Hope is the only thing stronger than fear
Helena Smith
Apr 5, 2022


God se Seun mag nooit weer op ‘n uitverkoping wees nie!
Dertig silwer muntstukke! Vir presies dertig silwerstukke is die Seun van God se lewe aan die godsdienstige leiers in Jerusalem opgeveil. Dertig silwer muntstukke is die bedrag, wat hulle aan Judas Iskariot vir sy verraad kort voor Paasfees betaal het (Matteus 26:15). Volgens Eksodus 21:32 was dertig silwer muntstukke (of shekels, soos wat dit genoem is) die waarde van ’n Joodse slaaf. Josef is op sy beurt jare tevore vir 20 silwerstukke aan slawehandelaars deur sy broers ver
Stephan Joubert
Apr 4, 2022


Persoonlike geestelike ervarings is nie waaroor dit gaan nie
Dis jammer dat daar in verskillende groepe ‘n skeiding tussen die Gees se werk en ons denke bestaan. Vir hulle beteken Paulus se uitsprake hier in vers 15-17 oor gebed in my gees dat hierdie “dieper geestelikheid” eintlik teenoor my verstand staan. Om oor God te dink en Sy wil na te speur, is hiervolgens eintlik maar nog net die beginstadia van geloof. Eintlike geloof is daar waar die Gees oorneem en ek in geestesvervoerings raak of in my gees bid. Die punt is dat hierdie inn
Stephan Joubert
Apr 1, 2022


Om Jesus nie te herken nie, is om Hom nie te erken nie
Ek lees iewers hoedat die formule 1-kampioen, Ayrton Senna, deur ’n Britse verkeersman voorgekeer is, toe hy die spoedgrens oortree het. Die amptenaar het hom nie herken nie. Toe vra hy vir die jagende motoris of hy dink hy is Nigel Mansell, ’n ewe beroemde renjaer? Hierop het Senna geantwoord: “No, I am faster than he!” Toe snap die verkeersman eers met wie hy praat.
Stephan Joubert
Mar 31, 2022


Vriendskap – ‘n kosbare gawe
Brink en ek is bevoorreg om ‘n persoonlike vriendskapsverhouding met ‘n bekende en geliefde kunstenaar te hê. Haar entoesiastiese...
Alet Gardner
Mar 30, 2022


Onseker of oortuig?
Ons leef in ‘n tyd wat sommige mense ‘n post-waarheid-era noem. Waarheid en vaste oortuigings is in die spervuur. Daar word beweer dat om...
Roedolf Botha
Mar 29, 2022


Die waarheid is ook taktvol
Hoekom gee mense nie altyd vir jou ’n reguit antwoord as jy hulle die waarheid vra nie? Daar is sekerlik baie redes hiervoor, maar dalk gebeur dit, omdat hulle jou nie wil seermaak nie. Of omdat ’n reguit antwoord hulleself kan benadeel. Padlangse waarhede is altyd skaars. Maar wag, dit is nie elke slag die beste roete nie. Vra vir die profeet Natan.
Stephan Joubert
Mar 28, 2022


Van selfopbou na mekaar-opbou
Daar’s niks mee verkeerd dat ek omsien na my eie geloofsopbou nie. Ek moet dit juis doen. Hier op die vlak van persoonlike geloofsopbou hoort die spreek-in-tale-gawe volgens Paulus tuis. Maar die fokus van die gawes van die Gees is nie ten eerste my eie geloofsopbou nie. Gawes gaan oor ander; dit gaan oor mekaar opbou. Profesie is daarom so belangrik.
Stephan Joubert
Mar 25, 2022


Hê minder, hê oorgenoeg!
Alexander die Grote, het op ‘n keer besoek afgelê by die filosoof Diogenes (412-323 vC). Hy het buite Korinte in ’n houtvat gebly. Alexander het gevra wat hy nodig het. Toe antwoord Diogenes: “Wat jy van my af weggevat het, kan jy nie weer teruggee nie.” Alexander het dadelik gevra wat hy bedoel. Hierop het Diogenes geantwoord: “Jy staan in my son.” Diogenes het kennelik min nodig gehad.
Stephan Joubert
Mar 24, 2022


Lesse vir die kerk uit Handelinge
In Handelinge kry ons ‘n patroon wat die hedendaagse kerk kan navolg. Daar is uiteraard baie lesse wat die kerk kan leer.
Coen Slabber
Mar 23, 2022


Moet ’n Christen nuus lees?
Die afgelope ruk hoor ek hoe al meer mense verklaar dat hulle nie meer nuus lees of kyk nie, want dit maak hulle net depressief, moedeloos en angstig. ʼn Predikant het selfs so ʼn ruk gelede gevra of ek hom sal inlig oor aktuele sake waaroor daar gepreek moet word, want hy lees nie meer nuus nie en weet nie mooi wat aangaan nie.
Liezel Lüneburg
Mar 22, 2022


Vanaf voltyds verveeld tot ’n voltydse volger…
Verveeldheid en ’n siniese ingesteldheid tot die lewe is deesdae aan die orde van die dag. Boonop spoel dit oor na die terrein van geloof. Tog is hierdie “verveeldheid” met godsdiens niks nuuts nie. Paulus het reeds in Athene hierin vasgeloop. Wanneer hy in Handelinge 17 daar optree, loop hy sulke verveeldes en onvervuldes. Hoor net hoe stel vers 21 dit: “Die mense van Athene, asook mense wat van ander plekke afkomstig is en wat ook in die stad gebly het, het al hulle tyd deu
Stephan Joubert
Mar 21, 2022


Praat reg namens God
Die reg om namens God te praat, het indiwidue nog altyd deur die geskiedenis op hulle skouers geneem. Profetiese figure, wat alleen teenoor die ganse samelewing staan met ‘n sterk woord van die Here se kant af, is bekend in die Ou Testament. Om God se stem te wees, is egter ‘n moeilike saak. Dit is meestal ‘n tipe “teenoor”- posisie. God en Sy profeet, wat staan teenoor die massa; die hemelse spreekbuis teenoor vals stemme. Maar wie mag namens God Sy saak stel? In die Bybel i
Stephan Joubert
Mar 18, 2022


Die Here se gunsteling dag is…
Die bekende kinderboekkaraktertjie, Winnie the Pooh, vra iewers vir Piglet: “What day is it?” Toe kry hy die antwoord: ”It's today.” Hierop antwoord Pooh toe: “My favorite day.” Dit behoort jou en my gunsteling dag ook te wees, want dit is God s’n. Hy het vandag aan ons gegee. Vandag is met komplemente van die hemel by ons elkeen se lewensdeur afgelewer. Vandag is die Here se dag. So skryf Paulus in 2 Korintiërs 6. Ontvang dit as ’n geskenk uit God se hand.
Stephan Joubert
Mar 17, 2022
bottom of page
