top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Liefde verander my
Die liefde van die Gees verander die manier waarop ons na ander kyk. Terwyl hierdie wêreld vir die meeste mense na ’n tronk lyk, verstel die Heilige Gees ons visie sodat ons die wêreld as ’n kunsgalery begin sien, met die mense rondom ons as God se eie handewerke. Ongelukkig het die sonde groot skade aan baie mense aangerig, maar die Heilige Gees help ons om verby dit alles te kyk. In hierdie proses raak ons dan ook betrokke by mense. Ons dien hulle ten einde die lewe se krap
Stephan Joubert
Jan 7, 2022


In 2022 bid ek nie “outomaties” nie
In 2013 het ’n ervare rotsklimmer, Susan Mailloux, tragies in Amerika gesterf. Sy het vergeet om haar klimharnas aan die reddingstou vas te maak, toe sy teen ’n rotsmuur in ’n gimnasium uitgeklim het. Een kenner het na die tyd gesê sy was so gewoond aan hierdie manier van klim dat sy dit op “autopilot” gedoen het. Sulke noodlottige foute kan insluip as ons vir jare lank iets oor en oor doen. Ons lees die Bybel outomaties. Ons ry outomaties dieselfde roetes werktoe. Ons sê out
Stephan Joubert
Jan 6, 2022


COVID-19 en kie doof nie Jesus se helder lig uit in 2022 nie
Kan jy dit glo, nog ’n feesseisoen is agter ons! Kersfees en die Nuwejaar is oor en verby. Party mense sal egter dadelik vra: Was daar ooit so iets soos ’n feesseisoen? Sedert die Covid-pandemie ons almal se onwelkome metgesel is, is daar al hoe minder redes vir feesviering. Die afgelope jaar of twee was vir derduisende nie vreugdevol nie. Werkloosheid, armoede en ander probleme het baie mense se laaste bietjie hoop in die sand laat wegsyfer.
Stephan Joubert
Jan 3, 2022


Die liefde dra alles
Ons het reeds twee belangrike beginsels geleer oor die regte gebruik van die gawes. Die eerste een is dat die Gees se gawes veroorsaak dat ons bely Christus is die Here. Tweedens word dit aan ons gegee tot voordeel van ander gelowiges. Derdens is dit die doel van die gawes om te gedy en te groei binne die bedding van God se liefde.
Stephan Joubert
Dec 31, 2021


Die lewe is kort - laat joune tel!
In 2007 het die kontemporêre Christelike sanger, Steven Curtis Chapman, ’n lied geskryf genaamd Cinderella. Dit moes hom herinner om baie tyd deur te bring saam met sy twee klein dogtertjies. ’n Paar maande later is sy een dogtertjie, Maria, in ’n fratsongeluk dood toe sy seun haar met sy voertuig omgery het. Chapman vertel dat hy nie gedink het hy kan ooit weer Cinderella sing na sy kind se dood nie. Genadiglik hy het hy dit later weer reggekry. Hy het homself daaraan herinn
Stephan Joubert
Dec 30, 2021


My leefpad is op die tafel
Mag ek gou ’n paar vrae vir jou vra oor jou eie lewensroetes gedurende die afgelope jaar: WAAR HET JY IN 2021 ’N PRAKTIESE IMPAK VIR CHRISTUS GEMAAK? HOEVEEL KEER WAS JY DIE VERSKIL VAN EEN IN IEMAND SE LEWE? WATTER MENSE SAL KAN GETUIG DAT JY IN 2021 OP KONKRETE MANIERE VIR HULLE HOOP GEBRING HET?
Stephan Joubert
Dec 27, 2021


Maak tee vir Christus!
Een van die grootste lesse van my lewe het ek as ‘n jong outjie by ‘n kerklike kongres geleer. ‘n Klompie belangrike sprekers het ons oor nuwe maniere van kerkwees toegespreek. Tussendeur het ‘n vriendelike tannie elke dag vir ons almal daar by die kongres tee gemaak. Op die laaste dag gaan sê een van my vriende toe vir haar dankie. Haar antwoord het hom (en my) skoongeboul: “Ag Meneer, ek het net een gawe by God ontvang en dis om lekker tee te maak. Daarom maak ek oral vir m
Stephan Joubert
Dec 24, 2021


Kom kyk wat is in Jesus se hand
Terwyl die dissipels besig was om weg te kruip agter geslote deure op daardie Sondagaand na Jesus se dood, daag Hyself by hulle op met ‘n oop hand, ‘n hand vol hemelse vrede. Soos wat dit die Joodse gebruik in daardie tyd was, sou Hy Sy regterhand in die lug opgesteek het, terwyl Hy Sy dissipels groet met die woorde: “Vrede vir julle!” Maak seker dat jy ook hier in Kersfeestyd Jesus se oop hand raaksien, Sy hand vol genade,liefde en beskerming. Dit is hierdie einste hand, wat
Stephan Joubert
Dec 23, 2021


Kersgeskenk – ‘n Pa!
Ons is alweer in die tyd van Kersgeskenke uitsoek en toedraai vir veral kinders, wat met verwagting uitsien na die oopmaak van hulle...
Alet Gardner
Dec 22, 2021


Kom na my toe
Op 27 November 2021 word SA wakker met die nuus dat daar ‘n nuwe variant van die coronavirus is. Dit voel vir my of ek op ‘n ander planeet wakker word. Corona, Delta en Omnikron klink soos ver planete in ‘n afgeleë sonnestelsel. Vriende van Down Under laat weet hulle kan nie meer kom kuier nie. ‘n Dierbare vriendin uit Londen sit gestrand, want sy kan nie terugvlieg na haar gesin nie. Alles klink soos ‘n fliek uit die buitenste ruimte. Op Sondagaand, 28 November, hou ons pres
Marietjie Joubert
Dec 21, 2021


’n Nuwe vandag is hier
God se nuwe vandag is hier. Dit het aangebreek toe die engel in Lukas 2:11 uitgeroep het dat Jesus vandag vir ons gebore is. Die Verlosser het aangekom. ’n Splinternuwe vandag het op God se kalender verskyn. Die tyd het skielik gedraai. Die ewige nuwe dag van die Here het begin, toe Jesus na ons toe gekom het. Om in Hom te glo, is om te leef binne ‘n nuwe tydsone, Syne! Dit is om deel te wees van God se ewige vandag. Die ou dae van dood en donkerte is oor en verby vir elkeen,
Stephan Joubert
Dec 20, 2021


Skyn teen volsterkte
My oupa het dikwels na sekere kerkmense verwys as “diep” gelowiges. Toe ek hom eenkeer vra wat ‘n “diep” gelowige is, sê hy dis mense wat reguit hemel toe gaan, omdat hulle groot dinge vir die Here doen. Met respek aan my oupa, ‘n mens ken nie diep gelowiges so maklik uit nie. Groot gelowiges werk agter die skerms. Hulle werksterrein is ander mense wat nood en seer het. Tussen armes, verwerptes en verdwaaldes loop hulle stilweg tweede myle. Daar dien en help hulle gereeld. Hu
Stephan Joubert
Dec 17, 2021


Briek nou daardie Kersfees-onvreugde
Ek onthou hoe beswaard Ou-dominee in my kinderdae oor die “verwêreldliking” van Kersfees was. Party ouens is nog steeds nog beswaard hieroor. Klagtes oor die kommersialisering van hierdie fees is steeds die in-ding. Om alles te kroon is daar ook nog die diegene wat sê Kersfees is ’n heidense fees. Dan is hulle sommer ook diklip oor almal rondom hulle wat dit reg vier.
Stephan Joubert
Dec 16, 2021


Die lewe deurvleg met bitter en soet
“1992 is not a year on which I shall look back with undiluted pleasure. In the words of one of my more sympathetic correspondents, it has...
Elmarie van der Westhuizen
Dec 15, 2021


Sien jy die arm, hartseer of eensame Jesus raak?
Agnes Bonxha Bojaxhiu, ‘n eenvoudige, maer, vroutjie vol plooie, is een van my rolmodelle. Sy is beter bekend as Moeder Teresa, ‘n non, wat in Indië onder siekes, armes en weeskinders gewerk het. Die omstandighede waarin sy gewerk het, was haglik en vuil. Soms het sy honger gely, omdat sy haar kos met die armes gedeel het. Toe iemand haar eenkeer vra waarom sy dit doen, het sy gesê: “Ek sien Jesus in elke mens. As ek iemand sien wat honger is, dink ek ek moet vir hom kos gee
Helena Smith
Dec 14, 2021
bottom of page
