top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Van kennis tot begrip
Kennis en feite verander nie noodwendig mense se lewens nie. Vra maar vir kerklikes, wat week na week in kerke met hope inligting gebombardeer word. Daar’s weekliks ‘n stapel nuwe kerklike afkondigings, nog ‘n preek of twee om te verteer, die kinders se nuwe lesse in die kategeseklas en noem maar op. Help dit? Ek’s nie heeltemal so seker nie. Blote inligting is wel ... presies net dit - inligting! Eers wanneer harde feite met insig vervang word, dan vind egte geestelike leer
Stephan Joubert
Jul 29, 2022


Die dwaasheid van die kruis is God se krag
As ekself ’n godsdiens moes uitdink, sou ek definitief nie die Christelike geloof uitgedink het nie. Jesus se aardse pad is net te vreemd, te vernederend, en te anders as dié van enige ander godsdiens. Paulus besef dit baie goed wanneer hy in 1 Korintiërs 1:18-25 skryf die kruis van Jesus is dwaasheid vir die Grieke, en aanstootlik vir die Jode. Die Grieke het geweet hulle gode kan eintlik nie ly onder hulle nie. Hulle gode is net te sterk en vol glorie. Die Jode weer het gem
Stephan Joubert
Jul 28, 2022


Die wapenrusting van God
Die hart is bedriegliker as alles; dit is ongeneeslik. Wie kan die hart verstaan? (Jeremia 17:9) Al my pogings om eienaarskap van my sondes te aanvaar, is strydig met my vermoë om te aanvaar wat Christus vir my gedoen het. Hy is gekruisig, juis omdat ons nie volle verantwoordelikheid vir ons sondes kan neem nie. Martin Luther het hierdie denkfout hanteer
Coen Slabber
Jul 27, 2022


Aanbidding: Wie of wat?
Een deel van ‘n kerkdiens, wat vir my heerlik is, is die lofprysing en aanbidding. Ek sing hartlik saam en geniet die kalmte en rustigheid, wat dit vir my bring. Nadat ek onlangs die boek, “The air I breathe”, van Louie Giglio gelees het, het ek agtergekom dat ek nie regtig geweet het waaroor lofprysing en aanbidding regtig gaan nie. Ek het agtergekom dat lofprysing en aanbidding nie net net tot die kerk beperk is nie, maar dat ek ‘n lewe van aanbidding moet lei.
Helena Smith
Jul 26, 2022


Hoe om vir langer as 14 dae gelukkig te wees
Abd al-Rahman III was die leier van Cordoba tussen die jare 912-961. Sy onderdane was baie lief vir hom. Sy vyande het hom gevrees. Hy was skatryk en magtig. Toe hy egter op 70 jarige ouderdom al die dae van sy lewe bymekaar tel wat oorgeloop het van geluk, kon hy slegs veertien sulke dae identifiseer. Wag! Briek net vir ’n oomblik en lees dit weer: Abd al-Rahman III kon net veertien super-gelukkige dae identifiseer in sy lewe, ten spyte van al sy rykdom en mag!
Stephan Joubert
Jul 25, 2022


Nie net woorde nie
Ons leef in ‘n wêreld van informasie-oorlading. Kan jy glo dat ‘n naweekuitgawe van die bekende New York Times meer inligting bevat as wat ‘n gemiddelde persoon tydens sy of haar ganse leeftyd in die sewentiende eeu moes baasraak. Daagliks word daar meer as vyf biljoen SMS’e rondgestuur, sewe miljoen webblaaie tot die internet toegevoeg, 500,000 virtuele “blogs” op MySpace bygevoeg en noem maar op. Inligting oorspoel ons van alle kante en dit lê ons lam. So bevind navorsers.
Stephan Joubert
Jul 22, 2022


Meld aan en help dat lewens gered word
Volodymyr Zelensky, die leier van die Oekraïne, is gevra hoe sou hy ’n oorwinning beskryf in die skrikwekkende oorlog met Rusland. Toe antwoord hy: “Victory is being able to save as many lives as possible.” Tot soveel as 10 miljoen van sy land se mense het reeds gevlug volgens sommige skattings. Hulle stede is aan flarde geskiet. Hulle huise is verwoes. Vroue en kinders slaap in openbare sale in buurlande terwyl hulle
Stephan Joubert
Jul 21, 2022


‘n Rusplek langs die pad vir tuisverpleërs
Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe...
Alet Gardner
Jul 20, 2022


Gee aandag, eerder as om afgelei te word
Ervaring leer ons dat iets soos toegewyde en konstante fokus ‘n groot uitdaging blyk te wees in ons samelewing. Daarom is een van die...
Roedolf Botha
Jul 19, 2022


So leef iemand wat God se hart roer
Marietjie, my beste helfte, vertel nou die dag hoedat ’n dame wat sy ken, en wat dit self nie finansieel breed het nie, by ’n supermark ’n tweede myl gestap het vir iemand anders. Dit was ’n bejaarde man wat hulpeloos daar voor die winkel rondgestaan het. Toe vra hierdie dame spontaan vir hom wat het hy nodig. “Dis my vrou se verjaarsdag, en ek kan nie eers vir haar ’n verjaarsdagkoek koop nie,” het die 86 jarige man verleë geantwoord. Toe gaan koop sy net daar R800 se kos vi
Stephan Joubert
Jul 18, 2022


Die waarheid het nie baie kante nie
Sommige mense het die vermoë om alles in die lewe ingewikkeld te maak. Hulle sien altyd net probleme raak, nooit oplossings nie. Gelukkig is daar darem baie ander, wat oor die gawe beskik om dinge te vereenvoudig. Maar nou ja, Albert Einstein het ook op ‘n dag gesê: “We must keep things as simple as possible, but never simpler!” Miskien is die uitdaging om dinge nie heeltyd nog ingewikkelder te maak nie, maar om dit terselfdertyd ook nie te oorvereenvoudig nie.
Stephan Joubert
Jul 15, 2022


Raak geduldiger
Geduld gebeur nie spontaan vir die meeste van ons nie. Om geïrriteerd te wees is ’n baie makliker opsie. Geduld is hier in ons dag so skaars as wat kan kom. Ek wens ons almal kon wegkom met die verskoning dat dit ander mense se skuld is dat ons so sukkel met geduld. Die res maak dit regtig vir ons moeilik om geduldig te wees. Maar ons kan nie. Die Here vra geduld van ons elkeen. Daarom moet ons dit gedurig van Hom afbid. Daarna moet ons dit aanhoudend inoefen.
Stephan Joubert
Jul 14, 2022


Wanneer leiers moet konfronteer…
Konfrontasie en vermaning is eenvoudig deel van ‘n leier se werk. Selfs van uiters goeie en verhoudingsensitiewe leiers is dit waar. Of ‘n spesifieke leier passievol glo in ‘n diensbare leierskapstyl, demokratiese leierskap, pannekoekstyl leierskap, empatiese leierskap of transformasieleierskap, dit maak geen verskil aan die feit dat op die een of ander tydstip, gaan die leier iemand moet aanspreek, teregwys of ten minste konfronteer nie. Die konfrontasie kan wees as gevolg
Roedolf Botha
Jul 13, 2022


“Bevoorregting”: Polities verkeerd
Ek is bevoorreg. Tot so ʼn mate dat ek elke slag, as ek iemand in ellendige omstandighede sien, met groot hartseer skuldig voel: Die gogo met vier Pick ‘n Pay-sakkies in haar hande en ʼn huilende baba op die rug; die gryskop madala, wat op twee afgeleefde krukke aansukkel, twee kilometer van die staatshospitaal af; die leerder, wat met ʼn kortbroek aan en sonder ʼn baadjie in sig, deur die dik, wit ryp skool toe stap; en die magdom mense wat elke middag vir die bus staan en wag,
Liezel Lüneburg
Jul 12, 2022


Navolgers van Christus is nie toeskouers nie
“Baie mense dien nie meer die Here nie.” “Dit gaan sleg omdat die mense van Suid Afrika nie vir God eerste stel nie.” “As mense net terugkeer na die Here toe, sal Hy ons land seën.” “As mense net wil kerk toe kom, sal dit beter gaan met ons mense.” Elke keer as ek sulke uitdrukkings hoor, is ek uitasem. Ek meen, wanneer sal diegene wat sulke dinge sê, tevrede wees?
Stephan Joubert
Jul 11, 2022
bottom of page
